Matteus 13
1 Later die dag is Jesus af na die meer toe.2 Daar was so baie mense saam met Hom dat Hy in 'n bootjie moes klim sodat almal Hom kon sien. Die mense het op die wal bly staan. Jesus was lief om verhale in sy preke te gebruik om so sy boodskap vir die mense duideliker te maak. Met die bootjie as sy kansel het Hy begin preek:3 "Daar was 'n boer wat saad in sy land gaan saai het. Hy het die saad met sy hand oor die grond uitgestrooi. Met die strooi het van die saadjies op die voetpad deur die land geval.4 Die voëls was dadelik by en gou was daar niks van hierdie saad meer oor nie.5 Van die ander saad het op die groot rotse in die land geval. In die holtes van die rotse was daar grond. Die saad het gou opgekom, maar kon nie wortels maak in die vlak grond nie. Daarom kon die plantjies nie grootword nie.6 Die son het hulle gou doodgebrand.7 Van die saad het ook tussen lae doringbosse beland. Soos die bosse groter geword het, het dit die plantjies heeltemal doodgedruk.8 Dan het daar ook saad in die land self geval waar die grond goed voorberei was. Daardie plante het goed gegroei en 'n oes gegee wat alle verwagtings oortref het.
"Hoor julle wat Ek vir julle sê?
9 "Asseblief, luister mooi!"
10 Voor Jesus verder kon praat, vra sy getrouste volgelinge Hom: "U vertel altyd verhale wanneer U preek. Hoekom?"
11 "As julle mooi na my verhale luister, sal julle baie oor God se mag in hierdie wêreld leer. Julle sal dinge hoor wat julle nog nooit oor God se nuwe wêreld gehoor het nie. Julle wat My ken, sal die verhale reg kan verstaan.
"Maar wie die verhale nie met die oog op my boodskap wil verstaan nie, sal nooit weet wat dit beteken nie.12 Hoe meer julle van God se nuwe wêreld verstaan, hoe duideliker sal die verhale vir julle word. Hoe duideliker dit word, hoe meer sal julle van God se nuwe wêreld verstaan. Vir mense wat egter nie die verhale wil verstaan soos Ek dit bedoel nie, sal dit net leë stories bly.13 Daarom vertel Ek vir hulle verhale. Mense wat nie my boodskap wil hoor nie, sal hier rondstaan en nie 'n woord begryp van wat hier aangaan nie. Mense wat nie wil aanvaar dat God hier en nou werk nie, sal niks verstaan van wat besig is om te gebeur nie.
14 "Wat die profeet Jesaja gesê het, is hier net so waar: julle sal alles hoor wat gesê word, maar dit sal by die een oor ingaan en by die ander oor uit; alles sal voor julle oë gebeur, maar julle sal voorgee dat niks gebeur het nie.15 Hierdie mense is hardekop. Hulle hou hulle doof en blind. Daarom dring niks tot hulle deur nie. Van wat besig is om te gebeur verstaan hulle net mooi niks nie.
"En wat is die gevolg? Hulle wil niks aan hulle verkeerde gesindheid teenoor My doen nie. Daarom sal Ek hulle ook nie geestelik gesond maak nie.
16 "Met julle is dit egter anders. Julle is gelukkig, want julle geestelike oë sien en julle geestelike ore hoor.17 Baie van julle voorgeslagte wat God gedien het (soos profete en ander gelowiges wat aan God getrou was), sou wat wou gee om net hier te kon wees waar julle is. Hulle sou so graag wou hoor en sien wat julle hoor en sien. Maar natuurlik kan hulle nie, want hulle het nie die kans gehad nie."
18 "Laat Ek nou eers vir julle verduidelik hoe julle die verhaal van die boer wat gaan saai het, moet verstaan.
"Daar het saad op die voetpad geval ... Wel, baie mense luister na die boodskap van God se nuwe wêreld, maar dit sink nie in nie en hulle steur hulle nie daaraan nie.19 Die Bose sorg dan dat daardie mense baie gou vergeet wat hulle gehoor het. Die Bose pik as't ware die woorde uit daardie mense se gedagtes uit.
20 "Daar het ook saad in die holtes van die rotse geval ... Party mense hoor die boodskap van God en is dan baie opgewonde, maar net 'n rukkie lank. Sodra hulle geloof iets van hulle begin vra of hulle opofferings moet maak, is hulle skielik nie meer so opgewonde en oortuig van alles nie.21 Gou bly daar niks meer van hulle sogenaamde nuwe geloof oor nie.
22 "Ander saad het weer tussen die doringbosse geval ... Dit is soos iemand wat God se boodskap gretig aanvaar. En tog, in die alledaagse lewe word die eise wat sy beroep stel en al die ander dinge waarmee hy hom besig hou, ja, selfs die gejaag na geld, vir hom belangriker as sy geloof. Hy het nie meer tyd of krag oor om vir die Here te werk nie. So verdring al hierdie ander dinge die geloof eenvoudig uit sy lewe uit. Later kan 'n mens nie eens meer agterkom dat hierdie persoon Jesus se boodskap so gretig aanvaar het nie.
23 "Daar was ook goeie grond waarin die saad geval het ... Dit is iemand wat die boodskap van God gehoor het en diep daardeur getref is. Hy het met oorgawe reg begin leef. In alles wat hy doen of sê, borrel sy Christenskap eenvoudig uit. Daar is geen keer aan nie."
24 "Maar Ek het nog 'n verhaal vir julle. Vergelyk nou hierdie verhaal met 'n geestelike waarheid oor hoe God in die wêreld regeer.
"Daar was 'n boer. Hy het skoon saad, sonder enige onkruid tussenin, in sy land gesaai.25 Daardie nag, terwyl almal slaap, kom sy vyand skelm en saai 'n klomp onkruid tussen sy koring. Hierdie onkruid het baie soos koring gelyk, maar toe die oes kom, was daar nie 'n enkele koringaar aan die plante nie. Die koring en die onkruid het natuurlik lustig saamgegroei.26 Toe die koringare begin vorm, kom die plaaswerkers die probleem agter.27 Hulle is toe reguit na die boer toe. 'Meneer, jy het dan sulke mooi skoon saad gesaai. Hoe is dit moontlik dat die land so vol onkruid staan?'28 Die boer sê toe: 'Wie anders as die vyand sal so iets doen?'
"'Moet ons die lande gaan skoonmaak?' wou die werkers weet.29 'Nee,' sê die boer, 'netnou trek julle van die koring saam met die onkruid uit.30 Die onkruid moet nou maar saam met die koring groei tot die koring ryp is. As ons begin oes, sal ons eers die onkruid uithaal en verbrand. Dan kan ons die koring oes en in die skuur bêre.'"
31 Jesus het voortgegaan met nog 'n verhaal: "God se nuwe wêreld kan met 'n baie klein saadjie, 'n mosterdsaadjie, vergelyk word. Iemand vat daardie klein saadjie en plant dit buite.32 Uit hierdie piepklein saadjie groei so 'n groot struik dat dit bo al die ander plante in die tuin uitstaan. Om die waarheid te sê, dit is so groot dat voëls selfs daarin nes kan maak."
33 Jesus het verder gepreek: "Luister nou na die verhaal oor die suurdeeg. God se nuwe wêreld werk net so. 'n Vrou vat 'n bietjie suurdeeg en knie dit goed in 'n groot skottel deeg in. Na 'n ruk sal die suurdeeg elke stukkie deeg in daardie skottel laat rys."
34 So het Jesus die een verhaal na die ander vertel.35 Die profete het mos al voorspel:
"Ek sal verhale gebruik as Ek preek. So sal Ek julle dinge vertel wat niemand nog ooit gehoor het nie."
36 Daarna is Jesus en sy getrouste volgelinge alleen huis toe. Daar gekom, vra hulle Hom: "Ons verstaan nie mooi wat U met die verhaal van die onkruid bedoel het nie. Verduidelik dit asseblief vir ons."
37 Jesus het begin verduidelik: "Die boer wat die skoon saad saai, is die Seun.38 Die land waarin Hy saai, kan vergelyk word met die wêreld. Die goeie saad is die mense in die wêreld wat God dien. Die onkruid is die mense wat die Bose dien.39 Die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel self. Die oestyd verwys na die tyd wanneer God die mense finaal kom oordeel. Die mense wat die oes insamel, is die engele van God.
"Nou het ons die sleutel om die verhaal te verstaan. Kom ons sit nou alles bymekaar.40 Ons het gesien dat die onkruid ná die oes eenkant gegooi en verbrand word. Wanneer God mense finaal kom oordeel, gaan hierdie wêreld net so aan 'n einde kom.41 Die Seun gaan sy engele stuur om te kom oes. Hulle gaan eers al die mense bymekaarmaak wat ander so op die verkeerde pad lei en nie doen wat God wil nie.42 Vir hierdie mense is daar dan geen uitkoms meer nie, net die vlamme van die hel. Daar sal hulle van pyn krul en om hulp skreeu, maar alles tevergeefs.43 Die mense wat reg geleef het, sal dan die nuwe wêreld van hulle Vader skitterend versier.
"Neem hierdie dinge ernstig op.
"Luister mooi na wat Ek sê."
44 "Luister ook hierna. Om God as jou Here te hê is so spesiaal dat dit vergelyk kan word met 'n skat. Die skat het in die veld gelê. Toevallig ontdek iemand dit toe eendag, maar hy kon dit nie vat nie omdat dit nie sy grond was nie. Hy maak die skat toe weer mooi toe. Hy was so opgewonde daaroor dat hy al sy besittings gaan verkoop het. Met die geld het hy toe daardie stuk grond gaan koop.
45 "Die vergelykings met 'n juwelier en 'n visnet kan julle ook help om te verstaan wat God se nuwe wêreld vir mense kan beteken.
46 "'n Juwelier het die wêreld vol gereis op soek na goeie pêrels. Skielik loop hy 'n uitsonderlike en baie waardevolle pêrel raak. Hy wou dit vreeslik graag hê. Daarom gaan verkoop hy toe alles wat hy het en koop die pêrel.
47 "Julle weet mos dat allerhande soorte vis gewoonlik met nette in die meer gevang word.48 As die net vol vis is, sleep hulle dit wal toe. Dan soek hulle eers die vis uit. Die eetbare vis hou hulle, en hulle raak ontslae van die vis wat hulle nie wil hê nie.
49 "By die laaste oordeel sal dit ook so gaan met die mense. Die mense wat reg gelewe het, sal by God gaan staan.
50 "Maar die hel is die voorland van hierdie klomp slegte mense wat niks vir God omgegee het nie. Daar sal hulle skreeu en kerm van pyn, maar alles tevergeefs.
51 "Begin julle nou verstaan wat Ek vir julle wil sê?"
Die dissipels antwoord: "Beslis!"
52 Jesus sê toe vir hulle: "Iemand wat geleerd is in die Joodse wet ken die ou boodskap. As hy My begin volg en verstaan, leer hy ook die nuutheid van God se boodskap ken. Hy is soos iemand wat ou en nuwe dinge in sy huis het en presies weet waar elkeen se plek is."
53 Jesus is van die meer af terug huis toe.54 Later is Hy na die byeenkoms van die Jode toe waar Hy lank met die mense oor God se nuwe wêreld gesels het. Hy het aan hulle verduidelik hoe hulle dit moet verstaan. Dit het die mense baie nuuskierig aan die praat gesit. "Waar kom hy aan al hierdie kennis en die krag om hierdie wonderlike dinge te doen?" het hulle gewonder.55 "Is sy pa nie maar 'n eenvoudige skrynwerker nie? By hom kon hy dit sekerlik nie geleer het nie! En die res van sy familie? By hulle ook nie. Ons ken hulle almal goed, van sy ma Maria af, sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas en sy susters ook, die hele klomp van hulle.
56 "Hulle is maar ongeleerde mense net soos ons. Dit kon nie een van hulle gewees het wat hom dit geleer het nie. Nou wonder ons, waar kom hy aan alles?" Met alles wat Hy geweet en gedoen het, het Hy vir hulle soos 'n vreemdeling gevoel. Hulle kon Hom nie verstaan nie en het nie gevoel dat Hy deel van hulle was nie.57 Daarom het hulle hul skouers vir Hom opgetrek en gemaak asof hulle Hom nie raaksien nie.
Jesus was gelate daaroor: "Nou ja, so gaan dit maar. Oral erken mense dat hulle by My die boodskap van God duidelik hoor. Maar hier by die huis hou my eie mense hulle snaaks en wil niks hoor en nie na rede luister nie." Jesus het nie eens verder gesukkel nie.58 Omdat hulle Hom so sleg behandel het, het Hy nie juis veel wonderwerke daar gedoen nie.
Matthew 13
The Parable of the Sower
1 On that day after Jesus went out of the house, he sat by the lake.2 And such a large crowd gathered around him that he got into a boat to sit whilet the whole crowd stood on the shore.3 Het told them many things in parables,s saying: “Listen!t A sower went out to sow.s4 And as he sowed, some seedst fell along the path, and the birds came and devoured them.5 Othert seeds fell on rocky grounds where they did not have much soil. They sprang up quickly because the soil was not deep.t6 But when the sun came up, they were scorched, and because they did not have sufficient root, they withered.7 Other seeds fell among the thorns,s and they grew up and choked them.s8 But other seeds fell on good soil and produced grain, some a hundred times as much, some sixty, and some thirty.
9 The one who has ears had better listen!”t
10 Thent the disciples came to him and said, “Why do you speak to them in parables?”11 He replied,t “You have been givent the opportunity to knowt the secretsts of the kingdom of heaven, but they have not.12 For whoever has will be given more, and will have an abundance. But whoever does not have, even what he has will be taken from him.s13 For this reason I speak to them in parables: Although they see they do not see, and although they hear they do not hear nor do they understand.
14 And concerning them the prophecy of Isaiah is fulfilled that says:
‘You will listen carefullytyet will never understand,
you will look closelytyet will never comprehend.
15 For the heart of this people has become dull;
they are hard of hearing,
and they have shut their eyes,
so that they would not see with their eyes
and hear with their ears
and understand with their hearts
and turn, and I would heal them.’s
16 “But your eyes are blesseds because they see, and your ears because they hear.
17 For I tell you the truth,t many prophets and righteous people longed to sees what you see but did not see it, and to hear what you hear but did not hear it.
18 “So listen to the parable of the sower:19 When anyone hears the word about the kingdom and does not understand it, the evil ones comes and snatches what was sown in his heart;s this is the seed sown along the path.20 Thet seed sown on rocky groundt is the person who hears the word and immediately receives it with joy.21 But he has no root in himself and does not endure;t whent trouble or persecution comes because of the word, immediately he falls away.22 Thet seed sown among thorns is the person who hears the word, but worldly cares and the seductiveness of wealtht choke the word,s so it produces nothing.
23 But as for the seed sown on good soil, this is the person who hears the word and understands. He bears fruit, yielding a hundred, sixty, or thirty times what was sown.”t
The Parable of the Weeds
24 He presented them with another parable:t “The kingdom of heaven is like a person who sowed good seed in his field.25 But while everyone was sleeping, an enemy came and sowed weedst among the wheat and went away.26 Whent the plants sprouted and bore grain, then the weeds also appeared.27 So the slavest of the owner came and said to him, ‘Sir, didn’t you sow good seed in your field? Then where did the weeds come from?’28 He said, ‘An enemy has done this.’ Sot the slaves replied, ‘Do you want us to go and gather them?’29 But he said, ‘No, since in gathering the weeds you may uproot the wheat with them.
30 Let both grow together until the harvest. Att harvest time I will tell the reapers, “First collect the weeds and tie them in bundles to be burned, but thent gathert the wheat into my barn.”’”
The Parable of the Mustard Seed
31 He gavet them another parable:t “The kingdom of heaven is like a mustard seeds that a man took and sowed in his field.
32 It is the smallest of all the seeds, but when it has grown it is the greatest garden plant and becomes a tree,s so that the wild birdst come and nest in its branches.”s
The Parable of the Yeast
33 He told them another parable: “The kingdom of heaven is like yeast that a woman took and mixed witht three measuress of flour until all the dough had risen.”ts
The Purpose of Parables
34 Jesus spoke all these things in parables to the crowds; he did not speak to them without a parable.
35 This fulfilled what was spoken by the prophet:st
“I will open my mouth in parables,
I will announce what has been hidden from the foundation of the world.”s
Explanation for the Disciples
36 Then he left the crowds and went into the house. And his disciples came to him saying, “Explain to us the parable of the weeds in the field.”37 Het answered, “The one who sowed the good seed is the Son of Man.38 The field is the world and the good seed are the peoplet of the kingdom. The weeds are the peoplet of the evil one,39 and the enemy who sows them is the devil. The harvest is the end of the age, and the reapers are angels.40 Ast the weeds are collected and burned with fire, so it will be at the end of the age.41 The Son of Man will send his angels, and they will gather from his kingdom everything that causes sin as well as all lawbreakers.t42 They will throw them into the fiery furnace,s where there will be weeping and gnashing of teeth.
43 Then the righteous will shine like the sun in the kingdom of their Father.s The one who has ears had better listen!t
Parables on the Kingdom of Heaven
44 “The kingdom of heaven is like a treasure, hidden in a field, that a person found and hid. Then because of joy he went and sold all that he had and bought that field.
45 “Again, the kingdom of heaven is like a merchant searching for fine pearls.
46 When he found a pearl of great value, he went out and sold everything he had and bought it.
47 “Again, the kingdom of heaven is like a net that was cast into the sea that caught all kinds of fish.48 When it was full, they pulled it ashore, sat down, and put the good fish into containers and threw the bad away.49 It will be this way at the end of the age. Angels will come and separate the evil from the righteous
50 and throw them into the fiery furnace,s where there will be weeping and gnashing of teeth.
51 “Have you understood all these things?” They replied, “Yes.”
52 Then he said to them, “Therefore every expert in the lawt who has been trained for the kingdom of heaven is like the owner of a house who brings out of his treasure what is new and old.”
Rejection at Nazareth
53 Now whent Jesus finished these parables, he moved on from there.54 Thent he came to his hometowns and began to teach the peoplet in their synagogue.s Theyt were astonished and said, “Where did this man get such wisdom and miraculous powers?55 Isn’t this the carpenter’s son? Isn’t his mother named Mary?s And aren’t his brothers James, Joseph, Simon, and Judas?56 And aren’t all his sisters here with us? Where did he get all this?”t57 And so they took offense at him. But Jesus said to them, “A prophet is not without honor except in his hometown and in his own house.”
58 And he did not do many miracles there because of their unbelief.