previous next

MATTEUS 13

Die gelykenis van die boer en sy saad

1 Later daardie dag het Jesus uit die huis gegaan en langs die see gaan sit.2 'n Groot klomp mense het rondom Hom saamgedrom. Gevolglik was Hy verplig om in 'n skuit te klim en daarin te gaan sit om die mense te onderrig. Hulle het almal op die strand bly staan om na Hom te luister.

3 Hy het vir hulle baie gelykenisse vertel, soos die volgende een:
"'n Boer het eendag lande toe gegaan om te saai.
4 In die saaiproses het party van die saad op 'n voetpaadjie geval en die voëls het dit kom oppik.5 'n Ander deel het weer op klipperige aarde sonder enige diepte geval. As gevolg van die vlak grond het dit vinnig opgeskiet.6 Maar toe die son warm begin bak, het dit verlep en omdat dit nie diep wortelgeskiet het nie, het dit toe heeltemal verdroog.7 Nog 'n deel het tussen die dorings geval. Toe die dorings opkom, het dit die koring verstik.8 Nog ander saad het op goeie grond geval. Dit het 'n oes voortgebring, party 100 maal, party 60 maal en party 30 maal soveel as wat oorspronklik gesaai is.

9 Elkeen wat kan hoor, moet goed luister na wat Ek sê."

10 Sy dissipels kom toe na Hom toe en sê: "Waarom gebruik U altyd sulke diepsinnige gelykenisse as U met die mense praat?"
11 Hy antwoord hulle toe: "Omdat julle bevoorreg word om die geheime van God se koningsheerskappy te verstaan. Húlle word nie so bevoorreg nie.12 Hulle wat reeds verstaan, vir hulle sal nog meer gegee word en hulle sal oorvloedige kennis hê. Maar hulle wat nie insig het nie, van hulle sal ook nog die bietjie weggeneem word wat hulle wel verstaan.13 Ek praat met hulle by wyse van gelykenisse, want hulle kyk en tog sien hulle nie, en hulle hoor, maar tog luister en verstaan hulle nie.14 Die profesie van Jesaja word in hulle geval bewaarheid:
'Julle sal my woorde hoor
en tog nie verstaan nie.
Julle sal sien wat Ek doen
en dit tog nie werklik begryp
nie.
15 Ja, die hart van hierdie volk
het verhard,
en hulle hoor swaar met hulle ore,
en hulle het hulle oë toegemaak
sodat hulle nie dalk
met hulle oë sien
en met hulle ore hoor
en met hulle hart begryp
en tot bekering kom
en Ek hulle gesond maak nie.'
16 "Maar julle - gelukkig is julle oë omdat hulle sien en julle ore omdat hulle hoor.

17 Dít verseker Ek julle, baie profete en godvresende mense het begeer om te sien en te hoor wat julle sien en hoor, maar dit was hulle nie beskore nie.
18 "Luister julle nou wat die gelykenis van die saaier beteken:19 Hulle by wie die saad op die voetpad gesaai is, is elkeen wat die boodskap van God se koningsheerskappy hoor, maar dit nie begryp nie. Die Bose kom en roof wat in hulle harte gesaai is.20 Hulle by wie op klipperige grond gesaai is, is die mense wat die boodskap hoor en dit dadelik met blydskap aanneem.21 Maar hulle wortels gaan nie diep nie en hulle hou net vir 'n rukkie. Sodra daar swaarkry of vervolging ter wille van die boodskap kom, struikel hulle in hulle geloof.22 Daardie mense by wie tussen die dorings gesaai is, is hulle wat die boodskap hoor, maar die bekommernis van hierdie lewe en die verleidelikheid van die rykdom verstik die boodskap en dit bly sonder vrug.

23 Hulle by wie op die goeie grond gesaai is, is dié wat die boodskap hoor en verstaan. Hulle dra vrug en bring 'n oorvloedige oes voort: 100 of 60 of 30 maal soveel as wat oorspronklik gesaai is."

Gelykenis van die onkruid tussen die koring

24 Hy het 'n ander gelykenis aan hulle voorgehou met die woorde: "God se koningsheerskappy kan vergelyk word met 'n man wat goeie saad op sy land saai.25 Maar een nag, terwyl die mense geslaap het, het sy vyand gekom en onkruid tussen die koring gesaai en verdwyn.26 Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, verskyn terselfdertyd ook die onkruid.

27 Die slawe van die boer kom toe en sê vir hom: 'Meneer, u het tog goeie saad op u land gesaai. Waar kom die onkruid dan vandaan?'
28 "'Dis 'n vyand se werk!' het hy uitgeroep.
"'Moet ons die onkruid gaan uittrek?' vra sy slawe hom.
29 "Maar hy antwoord: 'Nee, dalk trek julle die koring saam uit wanneer julle die onkruid in bondels uittrek.

30 Laat albei saam groei tot oestyd. Dan sal ek vir die mense wat oes, sê: 'Maak eers die onkruid bymekaar. Bind dit dan in bondels vas om verbrand te word. Maar bring die koring bymekaar in my skuur.'"

Gelykenis van die mosterdsaad

31 Hier is nog 'n gelykenis wat Hy vir hulle vertel het: "God se koningsheerskappy is soos 'n mosterdsaad wat iemand in sy tuin geplant het.

32 Dit is die kleinste van alle saadsoorte, maar as dit groei, word dit groter as al die ander plante in die tuin. Dit word so 'n groot boom dat die voëls in sy takke kan kom nesmaak."

Gelykenis van die suurdeeg

33 Hy het ook die volgende gelykenis vir hulle vertel: "God se koningsheerskappy is soos suurdeeg wat 'n vrou gebruik het om brood te bak. Al het sy net 'n bietjie suurdeeg in 'n groot baksel meel ingewerk, het dit uiteindelik alles deursuur."

34 Jesus het altyd gelykenisse soos hierdie gebruik as Hy met die skare praat. Om die waarheid te sê, Hy het nooit met hulle gepraat sonder om gelykenisse te gebruik nie.
35 So het die uitspraak van die profeet uitgekom:
"Ek sal deur middel van gelykenisse
met julle praat.
Ek sal bekendmaak
wat geheim gebly het
van die skepping van die
wêreld af."

Jesus verduidelik die gelykenis van die onkruid tussen die koring

36 Daarna het Jesus van die skare af weggegaan huis toe. Sy dissipels kom toe na Hom toe en vra: "Verduidelik asseblief vir ons die gelykenis van die onkruid op die saailand."
37 "Goed," antwoord Jesus. "Ek, die Seun van die Mens, is die boer wat die goeie saad saai.38 Die saailand is die wêreld. Die goeie saad is die mense wat aan God se koninkryk behoort. Die onkruid is hulle wat aan die Bose behoort.

39 Die duiwel is die vyand wat die onkruid saai. Die oestyd is die voleinding van die wêreld en dié wat oes, is die engele.

40 "Net soos die onkruid bymekaargemaak word en verbrand word, so sal dit ook wees by die voleinding van die wêreld.
41 "Ek, die Seun van die Mens, sal my engele uitstuur. Hulle sal alles wat sonde veroorsaak en almal wat God se wet oortree uit my koninkryk verwyder

42 en hulle in die brandende oond gooi. Daardie mense sal bitterlik huil en van selfverwyt op hulle tande kners.

43 "Dan sal dié wat reg voor God gelewe het, soos die son skitter in die koninkryk van hulle Vader. Elkeen wat kan hoor, moet goed luister na wat Ek sê."

Gelykenis van die weggesteekte skat

44 "God se koninkryk is soos 'n skat wat in 'n stuk grond weggesteek lê. Iemand kry dit daar, maar steek dit dadelik weer weg. Oorstelp van blydskap gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop daardie stuk grond."

Gelykenis van die baie kosbare pêrel

45 "God se koninkryk is ook soos 'n pêrelhandelaar op soek na mooi pêrels.

46 As hy een baie kosbare pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop daardie pêrel."

Gelykenis van die treknet

47 "Verder is God se koninkryk soos 'n treknet wat in die see uitgegooi word en allerhande soorte vis bymekaarbring.48 Wanneer dit vol is, sleep die vissers dit op die strand uit. Hulle gaan sit, sorteer die goeie vis in kratte en gooi die slegtes weg.49 So sal dit ook wees by die voleinding van die wêreld. Die engele sal kom, die slegte mense wegneem van die goeies50 en hulle in die brandende oond gooi. Hulle sal bitterlik huil en van selfverwyt op hulle tande kners.51 Verstaan julle dit alles?"
Hulle antwoord Hom: "Ja, ons verstaan."

52 Hy voeg toe by: "Elke skrifkenner wat 'n ware student in God se koninkryk geword het, is soos 'n huiseienaar wat nuwe sowel as ou dinge uit sy stoorkamer te voorskyn haal."

Jesus word deur sy eie mense verwerp

53 Toe Jesus hierdie gelykenisse klaar vertel het, het Hy daarvandaan vertrek.54 In Nasaret aangekom waar Hy grootgeword het, het Hy die mense in hulle sinagoge onderrig. Hulle was verbaas en het gesê: "Waar kry hy hierdie wysheid en wonderwerke vandaan?55 Is hy dan nie maar net die timmerman se seun nie? En is Maria nie sy ma en Jakobus, Josef, Simon en Judas sy broers nie?56 En sy susters, hulle woon tog almal hier onder ons. Wat maak hom so danig belangrik?"

57 Hulle was verontwaardig en wou niks van Hom weet nie.
Daarop het Jesus vir hulle gesê: "'n Profeet word oral gerespekteer behalwe in sy tuisdorp en in sy eie familiekring."

58 As gevolg van hulle ongeloof het Hy daar maar min wonderwerke gedoen.

MATTHEW 13

A Story about a Farmer

(Mark 4.1-9; Luke 8.4-8)

1 That same day Jesus left the house and went out beside Lake Galilee, where he sat down to teach.t 2 t Such large crowds gathered around him that he had to sit in a boat, while the people stood on the shore.

3 Then he taught them many things by using stories. He said:
A farmer went out to scatter seed in a field.
4 While the farmer was scattering the seed, some of it fell along the road and was eaten by birds. 5 Other seeds fell on thin, rocky ground and quickly started growing because the soil wasn't very deep. 6 But when the sun came up, the plants were scorched and dried up, because they did not have deep roots. 7 Some other seeds fell where thornbushes grew up and choked the plants. 8 But a few seeds did fall on good ground where the plants produced 100 or 60 or 30 times as much as was scattered.

9 If you have ears, pay attention!

Why Jesus Used Stories

(Mark 4.10-12; Luke 8.9,10)


10 Jesus' disciples came to him and asked, “Why do you use stories to speak to the people?”

11 Jesus answered:
I have explained the secrets about the kingdom of heaven to you, but not to others.
12 t Everyone who has something will be given more. But people who don't have anything will lose even what little they have. 13 I use stories when I speak to them because when they look, they cannot see, and when they listen, they cannot hear or understand.

14 t So God's promise came true, just as the prophet Isaiah had said,
“These people will listen
and listen,
but never understand.
They will look and look,
but never see.

15 All of them have
stubborn minds!
They refuse to listen;
they cover their eyes.
They cannot see or hear
or understand.
If they could,
they would turn to me,
and I would heal them.”
16  t But God has blessed you, because your eyes can see and your ears can hear!

17 Many prophets and good people were eager to see what you see and to hear what you hear. But I tell you they did not see or hear.

Jesus Explains the Story //about the Farmer

(Mark 4.13-20; Luke 8.11-15)


18 Now listen to the meaning of the story about the farmer:
19 The seeds that fell along the road are the people who hear the message about the kingdom, but don't understand it. Then the evil one comes and snatches the message from their hearts. 20 The seeds that fell on rocky ground are the people who gladly hear the message and accept it at once.

21 But they don't have deep roots, and they don't last very long. As soon as life gets hard or the message gets them in trouble, they give up.
22 The seeds that fell among the thornbushes are also people who hear the message. But they start worrying about the needs of this life and are fooled by the desire to get rich. So the message gets choked out, and they never produce anything.

23 The seeds that fell on good ground are the people who hear and understand the message. They produce as much as 100 or 60 or 30 times what was planted.

Weeds among the Wheat


24 Jesus then told them this story:
The kingdom of heaven is like what happened when a farmer scattered good seed in a field.

25 But while everyone was sleeping, an enemy came and scattered weed seeds in the field and then left.
26 When the plants came up and began to mature, the farmer's servants could see the weeds.

27 The servants came and asked, “Sir, didn't you scatter good seed in your field? Where did these weeds come from?”

28 “An enemy did this,” he replied.
His servants then asked, “Do you want us to go out and pull up the weeds?”
29 “No!” he answered. “You might also pull up the wheat.

30 Leave the weeds alone until harvest time. Then I'll tell my workers to gather the weeds and tie them up and burn them. But I'll order them to store the wheat in my barn.”

Stories about a Mustard Seed //and Yeast

(Mark 4.30-32; Luke 13.18-21)


31 Jesus told them another story:
The kingdom of heaven is like what happens when a farmer plants a mustard seed in a field.

32 Although it is the smallest of all seeds, it grows larger than any garden plant and becomes a tree. Birds even come and nest on its branches.

33 Jesus also said:
The kingdom of heaven is like what happens when a woman mixes a little yeast into three big batches of flour. Finally, all the dough rises.

The Reason for Teaching //with Stories

(Mark 4.33,34)


34 Jesus used stories when he spoke to the people. In fact, he did not tell them anything without using stories.

35 t So God's promise came true, just as the prophett had said,
“I will use stories
to speak my message
and to explain things hidden
since the creation
of the world.”

Jesus Explains the Story //about the Weeds


36 After Jesus left the crowd and went inside, t his disciples came to him and said, “Explain to us the story about the weeds in the wheat field.”

37 Jesus answered:
The one who scattered the good seed is the Son of Man.
38 The field is the world, and the good seeds are the people who belong to the kingdom. The weeds are those who belong to the evil one,

39 and the one who scattered them is the devil. The harvest is the end of time, and angels are the ones who bring in the harvest.
40 Weeds are gathered and burned. That's how it will be at the end of time. 41 The Son of Man will send out his angels, and they will gather from his kingdom everyone who does wrong or causes others to sin. 42 Then he will throw them into a flaming furnace, where people will cry and grit their teeth in pain.

43 t But everyone who has done right will shine like the sun in their Father's kingdom. If you have ears, pay attention!

A Hidden Treasure


44 The kingdom of heaven is like what happens when someone finds a treasure hidden in a field and buries it again. Such a person is happy and goes and sells everything in order to buy that field.

A Valuable Pearl


45 The kingdom of heaven is like what happens when a shop owner is looking for fine pearls.

46 After finding a very valuable one, the owner goes and sells everything in order to buy that pearl.

A Fish Net


47 The kingdom of heaven is like what happens when a net is thrown into a lake and catches all kinds of fish. 48 When the net is full, it is dragged to the shore, and the fishermen sit down to separate the fish. They keep the good ones, but throw the bad ones away. 49 That's how it will be at the end of time. Angels will come and separate the evil people from the ones who have done right.

50 Then those evil people will be thrown into a flaming furnace, where they will cry and grit their teeth in pain.

New and Old Treasures


51 Jesus asked his disciples if they understood all these things. They said, “Yes, we do.”

52 So he told them, “Every student of the Scriptures who becomes a disciple in the kingdom of heaven is like someone who brings out new and old treasures from the storeroom.”

The People of Nazareth Turn //against Jesus

(Mark 6.1-6; Luke 4.16-30)


53 When Jesus had finished telling these stories, he left 54 and went to his hometown. He taught in their synagogue, and the people were so amazed that they asked, “Where does he get all this wisdom and the power to work these miracles? 55 Isn't he the son of the carpenter? Isn't Mary his mother, and aren't James, Joseph, Simon, and Judas his brothers? 56 Don't his sisters still live here in our town? How can he do all this?”

57 t So the people were upset because of what he was doing.
But Jesus said, “Prophets are honored by everyone, except the people of their hometown and their own family.”
58 And because the people did not have any faith, Jesus did not work many miracles there.