Matteus 13
Die gelykenis van die saaier
(Ook Mark 4:1-9; Luk 8:4-8)
1 Daardie selfde dag het Jesus uit die huis gegaan en Hy het by die See van Galilea gaan sit. 2 Baie mense het na Hom toe gekom en hulle het by Hom kom staan. Daarom het Jesus in ’n boot geklim en Hy het daarin gaan sit. Al die mense het op die strand gestaan. 3 Jesus het vir hulle baie dinge geleer, Hy het vir hulle tgelykenisse vertel. Hy het gesê: “’n Man het saad gaan saai, hy was die saaier.
4 Toe hy die saad gesaai het, het party van die saad op die voetpad in die koringland geval. Die voëls het gekom en hulle het daardie saad opgepik.
5 “Party van die saad het op vlak grond geval. Daar was klip onder die grond. Die saad het gou begin groei omdat die grond nie diep was nie.
6 Maar toe die son opkom en warm word, het die plante doodgebrand, omdat dit nie sterk wortels gehad het nie.
7 “Party van die saad het tussen die dorings geval. Die dorings het grootgeword en dit het die ander plantjies heeltemal toegegroei.
8 “Party van die saad het in tvrugbare grond geval. Dit het gegroei en daar was baie koring. Een plant het 100 maal meer gegee as die saad, ’n ander plant het 60 maal meer gegee, en ’n ander plant 30 maal meer.
9 As iemand verstaan wat Ek sê, dan moet hy doen wat Ek sê!”Jesus sê hoekom Hy gelykenisse vertel
(Ook Mark 4:10-12; Luk 8:9-10)
10 Die tdissipels het na Jesus toe gekom en vir Hom gevra: “Hoekom vertel U tgelykenisse wanneer U met die mense praat?”
11 Jesus het vir hulle gesê: “God het vir julle gehelp om die geheim te verstaan dat Hy wat in die hemel is, die Koning is en dat Hy regeer. Maar God het die ander mense nie gehelp om dit te verstaan nie. 12 As iemand hierdie geheim net ’n klein bietjie verstaan, dan sal God hom help om dit nog beter te verstaan. Dan sal hy dit baie goed verstaan. Maar as iemand hierdie geheim nie verstaan nie, dan sal God hom niks laat verstaan nie. 13 Ek vertel vir die mense gelykenisse, want hulle kyk, maar hulle sien niks. Hulle hoor, maar hulle verstaan nie wat hulle hoor nie.
14 Die tprofeet Jesaja se woorde is waar wat hy oor hulle geskryf het. Hy het geskryf:
“tJulle sal hoor en hoor,
maar julle sal niks verstaan nie.
Julle sal kyk en kyk,
maar julle sal niks sien nie.
15 Hierdie volk het hardkoppig
geword.
Hulle het opgehou luister
sodat hulle nie kan verstaan nie.
Hulle het hulle oë toegehou
sodat hulle nie kan sien nie
en nie kan verstaan nie.
Ek wil hulle gesond maak,
maar hulle wil nie verander
en lewe soos Ek wil hê nie.”
16 Jesus het ook gesê: “Julle is gelukkige mense, want julle oë kan sien en julle ore kan hoor en julle kan verstaan.
17 Ek sê vir julle, en dit is seker: Baie profete en mense wat gehoorsaam was aan die wette van die Here, wou baie graag sien wat julle nou sien, maar hulle het dit nie gesien nie. En hulle wou baie graag hoor wat julle nou hoor, maar hulle het dit nie gehoor nie.”Jesus sê wat die gelykenis van die saaier beteken
(Ook Mark 4:13-20; Luk 8:11-15)
18 “Julle moet nou luister na wat die tgelykenis van die saaier beteken.
19 “Weet julle wat dit beteken wanneer die saad op die voetpad in die koringland geval het? Dit is wanneer iemand die boodskap hoor dat God Koning is, maar nie die boodskap verstaan nie. tDie duiwel kom na hom toe en hy vat die woorde weg wat God in sy hart gesaai het. 20 Wanneer die saad in vlak grond val waar daar klippe onder die grond is, dan is dit soos wanneer iemand die boodskap hoor en glo en bly is daaroor,
21 maar hy is soos ’n plant wat nie diep wortels het nie en net ’n kort tydjie lewe. Hy hoor die boodskap en hy glo dit, maar wanneer die mense hom daaroor verdruk, en hy begin swaarkry, dan hou hy op om te glo.
22 “En wanneer die saad tussen die dorings val, is dit soos wanneer iemand die boodskap hoor, maar hy is bekommerd oor die dinge van die wêreld en hy dink hoe hy kan ryk word. Daarom kan die boodskap nie sy lewe verander nie, soos die saad wat nie vrugte dra nie.
23 Wanneer die saad in tvrugbare grond val, dan is dit soos wanneer ’n mens die boodskap hoor en dit verstaan. Die boodskap verander sy lewe, soos die saad wat vrugte dra. By party mense is die vrugte 100 maal meer as die saad wat die man gesaai het. By party mense is die vrugte 60 maal meer, en by party mense is dit 30 maal meer.”Die gelykenis van die onkruid tussen die koring
24 Jesus het vir hulle nog ’n tgelykenis vertel. Hy het gesê: “Wanneer God Koning is, God wat in die hemel is, dan is dit soos wanneer ’n man goeie saad in die grond gesaai het. 25 Een nag het sy vyand gekom en gewag totdat al die mense slaap. Toe het hy onkruid tussen die koring gesaai en daarna het hy weggegaan. 26 Die koringplantjies het mooi begin groei en die tkoring-are het uitgekom. Die werkers kon toe die onkruid ook sien. 27 Hulle gaan toe na die man toe en sê vir hom: ‘Meneer, jy het goeie saad gesaai in die grond. Van waar kom die onkruid?’ 28 Die man het vir hulle gesê: ‘My vyand het die onkruid gesaai.’ Die werkers vra toe vir die man: ‘Moet ons die onkruid gaan uittrek?’ 29 Die man het vir hulle gesê: ‘Nee. As julle nou die onkruid uittrek, dan sal julle miskien party van die koringplantjies ook uittrek.
30 Die onkruid en die koring moet saam groei totdat die koring ryp is. Dan sal ons dit afsny. Dan sal ek vir die werkers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit vas en verbrand dit. Maak dan die koring bymekaar en bring dit na my stoorkamer.’ ”Die gelykenis van die mosterd-saad en die suurdeeg
(Ook Mark 4:30-32; Luk 13:18-21)
31 Jesus het vir hulle nog ’n tgelykenis vertel. Hy het gesê: “Wanneer God Koning is, God wat in die hemel is, dan is dit soos wanneer ’n man ’n mosterd-saad in sy grond geplant het.
32 Dit is die kleinste saadjie van al die soorte saad, maar wanneer die plantjie klaar gegroei het, dan is dit groter as die ander plante in die tuin en dit word ’n boom. Dan kom die voëls en hulle maak neste in die boom se takke.”
33 Jesus het vir hulle nog ’n gelykenis vertel. Hy het gesê: “Wanneer God Koning is, God wat in die hemel is, dan is dit soos wanneer ’n vrou ’n klein stukkie tsuurdeeg neem en dit meng met drie tsea meel. Die meel word dan deeg, en die suurdeeg laat al die deeg rys en groter word.”Hoekom Jesus gelykenisse vertel het
(Ook Mark 4:33-34)
34 Jesus het al hierdie dinge vir baie mense gesê. Hy het tgelykenisse vertel wanneer Hy met die mense gepraat het. Hy het altyd gelykenisse gebruik wanneer Hy met die mense gepraat het.
35 So het die woorde waar geword wat die tprofeet in die Ou Testament gesê het. Hy het gesê:
“tEk sal gelykenisse gebruik
wanneer Ek met hulle praat.
Daar is dinge wat mense
nie geweet het nie,
dit was ’n geheim.
Ek sal dit vir almal vertel.”Jesus sê wat die gelykenis van die onkruid tussen die koring beteken
36 Jesus het toe weggegaan van die mense en Hy het huis toe gegaan. Sy tdissipels het na Hom toe gekom en hulle het gesê: “Verduidelik asseblief vir ons wat beteken die tgelykenis van die onkruid in die koringland.”
37 Jesus het vir hulle gesê: “Die Persoon wat die goeie saad saai, is Ek, die tSeun van die mens. 38 Die koringland is die wêreld. Die goeie saad is die goeie mense, God regeer oor hulle. Die onkruid is die slegte mense, die slegte een, tdie duiwel, regeer oor hulle. 39 Die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die tyd wanneer die koring ryp is en die werkers dit afsny, is die tyd wanneer dit die einde van die wêreld sal wees. Die werkers wat die koring-oes bymekaarmaak, is die tengele. 40 Hulle maak die onkruid bymekaar en gooi dit in die vuur. Dit sal dieselfde wees wanneer die einde van die wêreld kom. 41 Die Seun van die mens sal dan sy engele stuur, en hulle sal die sondaars bymekaarmaak en wegvat daar waar God regeer. Hulle sal die mense wegvat wat ander mense tverlei het om sonde te doen en die mense wat nie gedoen het wat God se wette sê nie. 42 Die engele sal al daardie sondaars in die vuur gooi. Daar in die vuur sal hulle huil en hulle sal hard op hulle tande byt van pyn.
43 Dan sal die mense wat gehoorsaam is aan die wette van die Here, blink soos die son. Hulle sal daar wees waar hulle Vader Koning is. As iemand verstaan wat Ek sê, dan moet hy doen wat Ek sê!”Die gelykenisse van die geldkis en die pêrel
44 Jesus het ook gesê: “Waar God wat in die hemel is, Koning is, is dit soos wanneer iemand sy duur goed in die veld begrawe het. Eendag het ’n ander man die goed gekry. Hy het dit dadelik weer toegemaak. Hy was baie bly, en daarom het hy weggegaan en alles verkoop wat hy gehad het. Toe het hy daardie stuk grond gaan koop.
45 “Waar God wat in die hemel is, Koning is, is dit ook soos wanneer ’n man duur tpêrels gesoek het en dit wou koop.
46 Toe hy ’n baie duur pêrel sien, het hy alles verkoop wat hy gehad het en toe het hy die pêrel gaan koop.”Die gelykenis van die visnet
47 “Waar God wat in die hemel is, Koning is, is dit ook soos wanneer vissermanne ’n visnet in die see gooi, en hulle vang baie soorte visse. 48 Wanneer die visnet vol visse is, dan trek die vissermanne dit uit die see tot op die sand. Dan gaan sit hulle en gooi die goeie visse bymekaar in bakke, maar hulle gooi die visse weg wat hulle nie kan eet nie. 49 Dit sal dieselfde wees wanneer die einde van die wêreld kom. Die tengele sal kom en hulle sal al die slegte mense wegvat, weg van die mense wat gehoorsaam is aan die wette van die Here.
50 En die engele sal dan al die slegte mense in die vuur gooi. Daar in die vuur sal hulle huil en hard op hulle tande byt van pyn.”Die gelykenis van die eienaar van die huis
51 Jesus vra toe vir sy tdissipels: “Verstaan julle al hierdie dinge?”
Hulle sê vir Hom: “Ja.”
52 Toe sê Jesus vir hulle: “Elke tskrifgeleerde wat ’n dissipel word van God, die Koning wat in die hemel is, is soos iemand wat ’n huis het en wat nuwe goed en ook ou goed uithaal uit sy stoorkamer wanneer hy dit nodig het.”Die mense van Nasaret glo nie in Jesus nie
(Ook Mark 6:1-6; Luk 4:16,22,24)
53 Toe Jesus hierdie tgelykenisse klaar vertel het, het Hy weggegaan. 54 Hy het in Nasaret gekom, die stad waar Hy grootgeword het. Hy het vir die mense in hulle tsinagoge geleer. Hulle was baie verbaas oor wat Hy vir hulle geleer het. Hulle vra toe: “Waar het hy hierdie twysheid gekry? Hoe kan hy hierdie twonderwerke doen? 55 Ons weet hy is die seun van die man wat houtwerk doen. Sy ma se naam is Maria, en sy broers is Jakobus, Josef, Simon en Judas.
56 Sy susters is ook almal by ons. Hoe kan Jesus dit alles doen?”
57 Die mense het glad nie gehou van wat Jesus gesê en gedoen het nie. Jesus het vir hulle gesê: “Die mense in ander stede luister na ’n tprofeet en hulle respekteer hom. Maar die mense in die stad waar hy grootgeword het en die mense in sy eie huis respekteer hom nie.”
58 Jesus het nie baie wonderwerke daar gedoen nie, want die mense het nie in Hom geglo nie.
Matthew 13
The Story of the Farmer
1 That same day Jesus left the house and sat by the Sea of Galilee.2 Large crowds gathered around him. So he got into a boat. He sat down in it. All the people stood on the shore.3 Then he told them many things by using stories.
He said, "A farmer went out to plant his seed.4 He scattered the seed on the ground. Some fell on a path. Birds came and ate it up.5 Some seed fell on rocky places, where there wasn't much soil. The plants came up quickly, because the soil wasn't deep.6 When the sun came up, it burned the plants. They dried up because they had no roots.7 Other seed fell among thorns. The thorns grew up and crowded out the plants.8 Still other seed fell on good soil. It produced a crop 100, 60 or 30 times more than what was planted.9 Those who have ears should listen."
10 The disciples came to him. They asked, "Why do you use stories when you speak to the people?"
11 He replied, "You have been given the chance to understand the secrets of the kingdom of heaven. It has not been given to outsiders.12 Everyone who has that kind of knowledge will be given more. In fact, they will have very much. If anyone doesn't have that kind of knowledge, even what little he has will be taken away from him.
13 Here is why I use stories when I speak to the people. I say,
"They look, but they don't really see.
They listen, but they don't really hear or understand.
14 "In them the words of the prophet Isaiah come true. He said,
" 'You will hear but never understand.
You will see but never know what you are seeing.
15 The hearts of these people have become stubborn.
They can barely hear with their ears.
They have closed their eyes.
Otherwise they might see with their eyes.
They might hear with their ears.
They might understand with their hearts.
They might turn to the Lord, and then he would heal them.' (Isaiah 6:9,10)
16 "But blessed are your eyes because they see. And blessed are your ears because they hear.17 What I'm about to tell you is true. Many prophets and godly people wanted to see what you see. But they didn't see it. They wanted to hear what you hear. But they didn't hear it.
18 "Listen! Here is the meaning of the story of the farmer.19 People hear the message about the kingdom but do not understand it. Then the evil one comes. He steals what was planted in their hearts. Those people are like the seed planted on a path.20 Others received the seed that fell on rocky places. They are those who hear the message and at once receive it with joy.21 But they have no roots. So they last only a short time. They quickly fall away from the faith when trouble or suffering comes because of the message.22 Others received the seed that fell among the thorns. They are those who hear the message. But then the worries of this life and the false promises of wealth crowd it out. They keep it from producing fruit.23 But still others received the seed that fell on good soil. They are those who hear the message and understand it. They produce a crop 100, 60 or 30 times more than the farmer planted."
The Story of the Weeds
24 Jesus told the crowd another story. "Here is what the kingdom of heaven is like," he said. "A man planted good seed in his field.25 But while everyone was sleeping, his enemy came. The enemy planted weeds among the wheat and then went away.26 The wheat began to grow and form grain. At the same time, weeds appeared.
27 "The owner's servants came to him. They said, 'Sir, didn't you plant good seed in your field? Then where did the weeds come from?'
28 " 'An enemy did this,' he replied.
"The servants asked him, 'Do you want us to go and pull the weeds up?'
29 " 'No,' the owner answered. 'While you are pulling up the weeds, you might pull up the wheat with them.30 Let both grow together until the harvest. At that time I will tell the workers what to do. Here is what I will say to them. First collect the weeds. Tie them in bundles to be burned. Then gather the wheat. Bring it into my storeroom.' "
The Stories of the Mustard Seed and the Yeast
31 Jesus told the crowd another story. He said, "The kingdom of heaven is like a mustard seed. Someone took the seed and planted it in a field.32 It is the smallest of all your seeds. But when it grows, it is the largest of all garden plants. It becomes a tree. Birds come and rest in its branches."
33 Jesus told them still another story. "The kingdom of heaven is like yeast," he said. "A woman mixed it into a large amount of flour. The yeast worked its way all through the dough."
34 Jesus spoke all these things to the crowd by using stories. He did not say anything to them without telling a story.
35 So the words spoken by the prophet came true. He had said,
"I will open my mouth and tell stories.
I will speak about things that were hidden since the world was made." (Psalm 78:2)
Jesus Explains the Story of the Weeds
36 Then Jesus left the crowd and went into the house. His disciples came to him. They said, "Explain to us the story of the weeds in the field."
37 He answered, "The one who planted the good seed is the Son of Man.38 The field is the world. The good seed stands for the people who belong to the kingdom. The weeds are the people who belong to the evil one.39 The enemy who plants them is the devil. The harvest is judgment day. And the workers are angels.
40 "The weeds are pulled up and burned in the fire. That is how it will be on judgment day.41 The Son of Man will send out his angels. They will weed out of his kingdom everything that causes sin. They will also get rid of all who do evil.42 They will throw them into the blazing furnace. There people will sob and grind their teeth.43 Then God's people will shine like the sun in their Father's kingdom. Those who have ears should listen.
The Stories of the Hidden Treasure and the Pearl
44 "The kingdom of heaven is like treasure that was hidden in a field. When a man found it, he hid it again. He was very happy. So he went and sold everything he had. And he bought that field.
45 "Again, the kingdom of heaven is like a trader who was looking for fine pearls.46 He found one that was very valuable. So he went away and sold everything he had. And he bought that pearl.
The Story of the Net
47 "Again, the kingdom of heaven is like a net. It was let down into the lake. It caught all kinds of fish.48 When it was full, the fishermen pulled it up on the shore. Then they sat down and gathered the good fish into baskets. But they threw the bad fish away.49 This is how it will be on judgment day. The angels will come. They will separate the people who did what is wrong from those who did what is right.50 They will throw the evil people into the blazing furnace. There the evil ones will sob and grind their teeth.
51 "Do you understand all these things?" Jesus asked.
"Yes," they replied.
52 He said to them, "Every teacher of the law who has been taught about the kingdom of heaven is like the owner of a house. He brings new treasures out of his storeroom as well as old ones."
A Prophet Without Honor
53 Jesus finished telling these stories. Then he moved on from there.54 He came to his hometown of Nazareth. There he began teaching the people in their synagogue. They were amazed.
"Where did this man get this wisdom? Where did he get this power to do miracles?" they asked.55 "Isn't this the carpenter's son? Isn't his mother's name Mary? Aren't his brothers James, Joseph, Simon and Judas?56 Aren't all his sisters with us? Then where did this man get all these things?"57 They were not pleased with him at all.
But Jesus said to them, "A prophet is not honored in his hometown. He doesn't receive any honor in his own home."
58 He did only a few miracles there because they had no faith.