previous next

MATTEUS 13

Die gelykenis van die saaier

(Mark. 4:1-9; Luk. 8:4-8)

1 Dieselfde dag het Jesus van die huis af gegaan en by die see gaan sit. 2 'n Groot menigte het so om Hom saamgedrom dat Hy in 'n skuit geklim en daarin gaan sit het, maar die mense het almal op die strand bly staan. 3 Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “'n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het 'n deel van die saad op die pad geval, en

4 die voëls het gekom en dit opgepik. 5 'n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. 6 Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. 7 'n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik. 8 Die ander saad het in goeie grond geval en 'n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig.

9 “Wie ore het, moet luister!”

Die doel van die gelykenisse

(Mark. 4:10-12; Luk. 8:9-10)

10 Die dissipels het vir Jesus kom vra: “Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?”

11 Hy het hulle geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. 12 Wie het, vir hom sal nog meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. 13 Om hierdie rede praat Ek met hulle in gelykenisse: omdat hulle kyk maar nie sien nie, en hoor maar nie luister en verstaan nie. 14 In hulle geval word die profesie van Jesaja vervul wat sê: “ ‘Julle sal hoor en hoor en tog niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie.

15 Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer, en Ek hulle gesond maak nie.’t

16 “Maar julle oë is bevoorreg dat hulle sien, en julle ore dat hulle hoor. 17 Dit verseker Ek julle: Baie profete en gelowiges wou graag sien wat julle sien, maar het dit nie gesien nie, en wou graag hoor wat julle hoor, maar het dit nie gehoor nie.”

Jesus verklaar die gelykenis van die saaier

(Mark. 4:13-20; Luk. 8:11-15)

18 “Luister julle dan na wat die gelykenis van die saaier beteken: 19 Die Bose kom by elkeen wat die woord van die koninkryk hoor maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy hart gesaai is. Dit is hy by wie daar op die pad gesaai is. 20 Die man weer by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. 21 Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. 22 Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. 23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”

Die gelykenis van die onkruid tussen die koring

24 Hy het nog 'n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel kan vergelyk word met 'n man wat goeie saad op sy land gesaai het. 25 Een nag, toe die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid tussen die koring gesaai en verdwyn. 26 Toe die groen koring opskiet en in die aar begin kom, het die onkruid ook sigbaar geword. 27 Die slawe van die boer kom sê toe vir hom: ‘Meneer, het u nie goeie saad op u land gesaai nie? Waar kom die onkruid dan vandaan?’ 28 Hy antwoord hulle: ‘Dit is 'n vyand se werk.’ Die slawe sê toe vir hom: ‘Wil u hê ons moet dit gaan uittrek?’ 29 ‘Nee,’ sê hy, ‘as julle die onkruid nou bymekaarmaak, sal julle die koring saam uittrek. 30 Laat altwee saam groei tot met die oes. In die oestyd sal ek vir dié wat oes, sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring na my skuur toe.’ ”

Die gelykenisse van die mosterdsaadjie en die suurdeeg

(Mark. 4:30-32; Luk. 13:18-21)

31 Hy het nog 'n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel is soos 'n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. 32 Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit 'n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.”

33 Hy het hulle nog 'n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat 'n vrou gevat en in 'n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”

Die gebruik van gelykenisse

(Mark. 4:33-34)

34 Al hierdie dinge het Jesus vir die mense in gelykenisse geleer, en sonder 'n gelykenis het Hy hulle niks geleer nie. 35 So moes vervul word wat die Here deur 'n profeet gesê het: “Ek sal gelykenisse gebruik as Ek praat; Ek sal bekend maak wat geheim gebly het van die skepping af.”t

Verklaring van die gelykenis van die onkruid

36 Daarna het Jesus van die mense af weggegaan huis toe. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Verduidelik tog vir ons die gelykenis van die onkruid in die land.”

37 Jesus antwoord: “Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens. 38 Die saailand is die wêreld. Die goeie saad, dit is die mense van die koninkryk; die onkruid is die aanhangers van die Bose; 39 die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld; dié wat oes, is die engele.

40 “Soos die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit by die voleinding van die wêreld wees. 41 Die Seun van die mens sal sy engele stuur, en hulle sal uit sy koninkryk verwyder almal wat ander mense in sonde laat val, en almal wat die wet van God oortree, 42 en sal hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners. 43 Dan sal die gelowiges in die koninkryk van hulle Vader skitter soos die son. “Wie ore het, moet luister.”

Drie kort gelykenisse

44 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n skat wat in 'n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.

45 “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n handelaar wat op soek is na goeie pêrels. 46 As hy 'n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel.

47 “Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met 'n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang. 48 As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit en gaan sit om die goeie vis in mandjies bymekaar te maak, maar die onbruikbares gooi hulle weg. 49 So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies 50 en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”

Ou en nuwe skatte

51 “Verstaan julle al hierdie dinge?” “Ja,” antwoord hulle Hom.

52 Hy sê toe vir hulle: “So is elke skrifgeleerde wat 'n leerling word in die koninkryk van die hemel, soos 'n huiseienaar wat uit sy voorraad nuwe en ou dinge te voorskyn bring.”

Jesus word in Nasaret misken

(Mark. 6:1-6; Luk. 4:16-30)

53 Toe Jesus hierdie gelykenisse klaar vertel het, het Hy daarvandaan weggegaan. 54 Hy het in die dorp gekom waar Hy grootgeword het, en Hy het die mense in hulle sinagoge so geleer dat hulle verstom was en gesê het: “Waar kry hy hierdie wysheid vandaan en die vermoë om die kragtige dade te doen? 55 Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy ma nie Maria en sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas nie? 56 En sy susters, is hulle nie almal hier by ons nie? Waar kry hy dan al hierdie dinge vandaan?”

57 En hulle wou niks van Hom weet nie. Jesus sê toe vir hulle: “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring.”

58 Vanweë hulle ongeloof het Hy daar nie baie wonderwerke gedoen nie.

Matthew 13

1 THE same day Jesus going out of the house, sat by the sea side.2 And great multitudes were gathered unto him, so that he went up into a boat and sat: and all the multitude stood on the shore.3 And he spoke to them many things in parables, saying: Behold the sower went forth to sow.4 And whilst he soweth some fell by the way side, and the birds of the air came and ate them up.5 And other some fell upon stony ground, where they had not much earth: and they sprung up immediately, because they had no deepness of earth.6 And when the sun was up they were scorched: and because they had not root, they withered away.7 And others fell among thorns: and the thorns grew up and choked them.8 And others fell upon good ground: and they brought forth fruit, some an hundredfold, some sixtyfold, and some thirtyfold.9 He that hath ears to hear, let him hear.10 And his disciples came and said to him: Why speakest thou to them in parables?11 Who answered and said to them: Because to you it is given to know the mysteries of the kingdom of heaven: but to them it is not given.12 For he that hath, to him shall be given, and he shall abound: but he that hath not, from him shall be taken away that also which he hath.13 Therefore do I speak to them in parables: because seeing they see not, and hearing they hear not, neither do they understand.14 And the prophecy of Isaias is fulfilled in them, who saith: By hearing you shall hear, and shall not understand: and seeing you shall see, and shall not perceive.15 For the heart of this people is grown gross, and with their ears they have been dull of hearing, and their eyes they have shut: lest at any time they should see with their eyes, and hear with their ears, and understand with their heart, and be converted, and I should heal them.16 But blessed are your eyes, because they see, and your ears, because they hear.17 For, amen, I say to you, many prophets and just men have desired to see the things that you see, and have not seen them, and to hear the things that you hear and have not heard them.18 Hear you therefore the parable of the sower.19 When any one heareth the word of the kingdom, and understandeth it not, there cometh the wicked one, and catcheth away that which was sown in his heart: this is he that received the seed by the way side.20 And he that received the seed upon stony ground, is he that heareth the word, and immediately receiveth it with joy.21 Yet hath he not root in himself, but is only for a time: and when there ariseth tribulation and persecution because of the word, he is presently scandalized.22 And he that received the seed among thorns, is he that heareth the word, and the care of this world and the deceitfulness of riches choketh up the word, and he becometh fruitless.23 But he that received the seed upon good ground, is he that heareth the word, and understandeth, and beareth fruit, and yieldeth the one an hundredfold, and another sixty, and another thirty.24 Another parable he proposed to them, saying: The kingdom of heaven is likened to a man that sowed good seeds in his field.25 But while men were asleep, his enemy came and oversowed cockle among the wheat and went his way.26 And when the blade was sprung up, and had brought forth fruit, then appeared also the cockle.27 And the servants of the goodman of the house coming said to him: Sir, didst thou not sow good seed in thy field? whence then hath it cockle?28 And he said to them: An enemy hath done this. And the servants said to him: Wilt thou that we go and gather it up?29 And he said: No, lest perhaps gathering up the cockle, you root up the wheat also together with it.30 Suffer both to grow until the harvest, and in the time of the harvest I will say to the reapers: Gather up first the cockle, and bind it into bundles to burn, but the wheat gather ye into my barn.31 Another parable he proposed unto them, saying: The kingdom of heaven is like to a grain of mustard seed, which a man took and sowed in his field.32 Which is the least indeed of all seeds; but when it is grown up, it is greater than all herbs, and becometh a tree, so that the birds of the air come, and dwell in the branches thereof.33 Another parable he spoke to them: The kingdom of heaven is like to leaven, which a woman took and hid in three measures of meal, until the whole was leavened.34 All these things Jesus spoke in parables to the multitudes: and without parables he did not speak to them.35 That it might be fulfilled which was spoken by the prophet, saying: I will open my mouth in parables, I will utter things hidden from the foundation of the world.36 Then having sent away the multitudes, he came into the house, and his disciples came to him, saying: Expound to us the parable of the cockle of the field.37 Who made answer and said to them: He that soweth the good seed, is the Son of man.38 And the field, is the world. And the good seed are the children of the kingdom. And the cockle, are the children of the wicked one.39 And the enemy that sowed them, is the devil. But the harvest is the end of the world. And the reapers are the angels.40 Even as cockle therefore is gathered up, and burnt with fire: so shall it be at the end of the world.41 The Son of man shall send his angels, and they shall gather out of his kingdom all scandals, and them that work iniquity.42 And shall cast them into the furnace of fire: there shall be weeping and gnashing of teeth.43 Then shall the just shine as the sun, in the kingdom of their Father. He that hath ears to hear, let him hear.44 The kingdom of heaven is like unto a treasure hidden in a field. Which a man having found, hid it, and for joy thereof goeth, and selleth all that he hath, and buyeth that field.45 Again the kingdom of heaven is like to a merchant seeking good pearls.46 Who when he had found one pearl of great price, went his way, and sold all that he had, and bought it.47 Again the kingdom of heaven is like to a net cast into the sea, and gathering together of all kind of fishes.48 Which, when it was filled, they drew out, and sitting by the shore, they chose out the good into vessels, but the bad they cast forth.49 So shall it be at the end of the world. The angels shall go out, and shall separate the wicked from among the just.50 And shall cast them into the furnace of fire: there shall be weeping and gnashing of teeth.51 Have ye understood all these things? They say to him: Yes.52 He said unto them: Therefore every scribe instructed in the kingdom of heaven, is like to a man that is a householder, who bringeth forth out of his treasure new things and old.53 And it came to pass: when Jesus had finished these parables, he passed from thence.54 And coming into his own country, he taught them in their synagogues, so that they wondered and said: How came this man by this wisdom and miracles?55 Is not this the carpenter's son? Is not his mother called Mary, and his brethren James, and Joseph, and Simon, and Jude:56 And his sisters, are they not all with us? Whence therefore hath he all these things?57 And they were scandalized in his regard. But Jesus said to them: A prophet is not without honour, save in his own country, and in his own house.58 And he wrought not many miracles there, because of their unbelief.