previous next

Matteus 18

Wie is die belangrikste?

(Ook Mark 9:33-37; Luk 9:46-48; Joh 13:20)

1 ’n Kort tydjie daarna het die tdissipels na Jesus toe gekom en vir Hom gevra: “Wie is die belangrikste mens oor wie God regeer, God wat in die hemel is?”
2 Jesus het ’n kindjie geroep om nader te kom en Hy het die kindjie voor hulle laat staan. 3 Jesus het vir die dissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle moet julle hele lewe verander en soos kinders word. As julle dit nie doen nie, dan sal julle nie by God kan kom nie, God die Koning wat in die hemel is. 4 Elkeen wat soos hierdie kindjie dink hy is nie belangrik nie, hy sal die belangrikste mens wees oor wie God regeer, God wat in die hemel is.

5 En wanneer iemand vir een so ’n kindjie wat aan My behoort, sê hy is welkom, dan sê so iemand Ek is ook welkom by hom.”

Dinge wat ’n mens laat ophou glo

(Ook Mark 9:42-47; Luk 17:1-2)


6 “En as iemand een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat ophou glo, dan sal dit baie sleg gaan met hom. Dit sal vir hom beter wees as hulle ’n baie groot klip om sy nek vasmaak en hom op die diepste plek in die see laat verdrink. 7 God sal dit sleg laat gaan met mense wat ander mense laat ophou glo. Daar sal altyd dinge wees wat mense laat ophou glo, maar dit sal sleg gaan met iemand wat ander mense laat ophou glo. 8 As dit jou hand of jou voet is wat jou laat ophou glo, kap dit af en gooi dit weg. Dit is beter om net een hand of een voet te hê en die tewige lewe te kry as om twee hande en twee voete te hê en na die vuur te gaan wat altyd brand.

9 As dit jou oog is wat jou laat ophou glo, ruk dit uit en gooi dit weg. Dit is beter om net een oog te hê en die ewige lewe te kry, as om met twee oë in die hel te brand.”

Die gelykenis van die skaap wat weggeraak het

(Ook Luk 15:3-7)


10 Jesus het ook gesê: “Julle moet nooit dink dat een van hierdie kleintjies wat in My glo, nie belangrik is nie. Want Ek sê vir julle dat hulle tengele in die hemel het wat altyd by my Vader is, my Vader wat in die hemel is. 11 t 12 Wat sal gebeur wanneer ’n man 100 skape het, en een van hulle raak weg? Wat dink julle sal die man doen? Hy sal die ander 99 skape daar op die berg los en hy sal die een skaap gaan soek wat weggeraak het. 13 Ek sê vir julle, en dit is seker: As hy die een skaap kry wat weg was, dan sal hy baie bly wees, hy sal blyer wees oor daardie skaap as oor die 99 skape wat nie weggeraak het nie.

14 Julle Vader in die hemel wil ook nie hê een van hierdie mense moet tverlore gaan nie, hierdie mense wat nie belangrik is nie.”

’n Gelowige wat sonde doen

(Ook Luk 17:3)


15 “As een van die ander tgelowiges sonde gedoen het teen jou, dan moet jy eers met hom raas waar julle twee alleen is. As hy luister na jou, dan is hierdie gelowige weer saam met jou. 16 Maar as hy nie wil luister na jou nie, dan moet jy nog een of twee gelowiges saam met jou neem. Die Ou Testament sê ttwee of drie tgetuies moet sê wat gebeur het. 17 Maar as hy ook nie na hulle wil luister nie, dan moet jy dit vir die gemeente sê. En as hy ook nie na die gemeente wil luister nie, dan moet hy vir julle wees soos ’n theiden en ’n ttollenaar. 18 Ek sê vir julle, en dit is seker: Almal wat nie by julle die boodskap van God wil leer nie, sal nie in die hemel kom nie, maar almal wat dit leer, sal in die hemel kom. 19 Ek sê vir julle nog iets, en dit is seker: Wanneer twee van julle hier op aarde bid en saamstem oor enige iets wat julle vir God vra, dan sal my Vader wat in die hemel is, dit vir hulle gee.

20 Want waar twee of drie van julle bymekaar is om My te aanbid, daar is Ek by hulle.”

Die gelykenis van die slaaf wat nie wou vergewe nie

(Ook Luk 17:4)


21 Toe het Petrus na Jesus toe gekom en vir Hom gevra: “Here, hoeveel maal moet ek ’n ander tgelowige vergewe wanneer hy sonde doen teen my? Moet ek hom baie maal vergewe, tot sewe maal?”
22 Jesus sê toe vir Petrus: “Ek sê vir jou: Jy moet hom nie net sewe maal vergewe nie, maar sewentig maal sewe maal. 23 Ek sê dit, want God wat in die hemel is, is Koning. Dit is soos wanneer ’n koning besluit om te vra wat sy tamptenare met sy geld gedoen het. 24 En toe hy begin vra wat hulle gedoen het, het hulle een amptenaar na hom toe gebring wat vir die koning 10 000 ttalente geskuld het.

25 Die amptenaar kon nie sy skuld betaal nie, en daarom het die koning gesê hulle moet die amptenaar verkoop, en ook sy vrou en sy kinders en alles wat hy gehad het. Hulle moes die geld dan gebruik om sy skuld te betaal.
26 “Die amptenaar het toe gekniel voor die koning en hy het hom gesoebat en gesê: ‘U moet asseblief geduldig wees met my. Ek sal alles terugbetaal wat ek vir u skuld.’ 27 Die koning was toe baie jammer vir die amptenaar. Hy het hom laat gaan en hy het gesê dit is nie nodig dat die amptenaar die skuld betaal nie. 28 Toe daardie amptenaar uitgaan, kry hy een van die ander amptenare wat vir hom geld geskuld het, hy het net 100 tsilwer geldstukke geskuld. Hy gryp hom toe aan die keel en begin om hom te wurg en hy sê: ‘Jy moet betaal wat jy vir my skuld!’ 29 Die ander amptenaar val toe op sy knieë voor hom en soebat en sê: ‘Jy moet asseblief geduldig wees met my, ek sal alles terugbetaal wat ek vir jou skuld.’ 30 Maar die eerste amptenaar wou nie. Hy het gegaan en hy het die ander amptenaar in die tronk laat gooi. Hy moes daar bly totdat hy die skuld betaal het. 31 Toe die ander amptenare sien wat gebeur het, het hulle baie hartseer geword. Hulle gaan toe en vertel vir die koning alles wat gebeur het. 32 Toe roep die koning die eerste amptenaar en sê vir hom: ‘Jy is ’n slegte amptenaar! Jy het gesoebat en ek het gesê jy mag die geld hou, dit is nie nodig dat jy daardie skuld betaal nie. 33 Jy moes ook jammer gewees het vir die ander amptenaar, soos ek jammer was vir jou.’ 34 Die koning was baie kwaad. Hy het die amptenaar vir die tronkbewaarders gegee. Hulle moes aanhou om hom te slaan totdat hy alles betaal het wat hy skuld. 35 My Vader in die hemel sal dieselfde doen met julle as julle nie mekaar wil vergewe nie. Julle moet dit doen met julle hele hart.”

Matthew 18

Who Is the Most Important Person in the Kingdom?

1 At that time the disciples came to Jesus. They asked him, "Who is the most important person in the kingdom of heaven?"
2 Jesus called a little child over to him. He had the child stand among them.3 Jesus said, "What I'm about to tell you is true. You need to change and become like little children. If you don't, you will never enter the kingdom of heaven.4 Anyone who becomes as free of pride as this child is the most important in the kingdom of heaven.
5 "Anyone who welcomes a little child like this in my name welcomes me.
6 "But what if someone leads one of these little ones who believe in me to sin? If he does, it would be better for him to have a large millstone hung around his neck and be drowned at the bottom of the sea.
7 "How terrible it will be for the world because of the things that lead people to sin! Things like that must come. But how terrible for those who cause them!
8 "If your hand or foot causes you to sin, cut it off and throw it away. It would be better for you to enter the kingdom of heaven with only one hand or one foot than to go into hell with two hands and two feet. In hell the fire burns forever.9 If your eye causes you to sin, poke it out and throw it away. It would be better for you to enter the kingdom of heaven with one eye than to have two eyes and be thrown into the fire of hell.

The Story of the Lost Sheep

10-11 "See that you don't look down on one of these little ones. Here is what I tell you. Their angels in heaven can go at any time to see my Father who is in heaven.
12 "What do you think? Suppose a man owns 100 sheep and one of them wanders away. Won't he leave the 99 sheep on the hills? Won't he go and look for the one that wandered off?13 What I'm about to tell you is true. If he finds that sheep, he is happier about the one than about the 99 that didn't wander off.14 It is the same with your Father in heaven. He does not want any of these little ones to be lost.

When Someone Sins Against You

15 "If your brother sins against you, go to him. Tell him what he did wrong. Keep it between the two of you. If he listens to you, you have won him back.
16 "But what if he won't listen to you? Then take one or two others with you. Scripture says, 'Every matter must be proved by the words of two or three witnesses.' (Deuteronomy 19:15)17 But what if he also refuses to listen to the witnesses? Then tell it to the church. And what if he refuses to listen even to the church? Then don't treat him as your brother. Treat him as you would treat an ungodly person or a tax collector.
18 "What I'm about to tell you is true. What you lock on earth will be locked in heaven. What you unlock on earth will be unlocked in heaven.
19 "Again, here is what I tell you. Suppose two of you on earth agree about anything you ask for. My Father in heaven will do it for you.20 Where two or three people meet together in my name, I am there with them."

The Servant Who Had No Mercy

21 Peter came to Jesus. He asked, "Lord, how many times should I forgive my brother when he sins against me? Up to seven times?"
22 Jesus answered, "I tell you, not seven times, but 77 times.
23 "The kingdom of heaven is like a king who wanted to collect all the money his servants owed him.24 As the king began to do it, a man who owed him millions of dollars was brought to him.25 The man was not able to pay. So his master gave an order. The man, his wife, his children, and all he owned had to be sold to pay back what he owed.
26 "The servant fell on his knees in front of him. 'Give me time,' he begged. 'I'll pay everything back.'
27 "His master felt sorry for him. He forgave him what he owed and let him go.
28 "But then that servant went out and found one of the other servants who owed him a few dollars. He grabbed him and began to choke him. 'Pay back what you owe me!' he said.
29 "The other servant fell on his knees. 'Give me time,' he begged him. 'I'll pay you back.'
30 "But the first servant refused. Instead, he went and had the man thrown into prison. The man would be held there until he could pay back what he owed.31 The other servants saw what had happened. It troubled them greatly. They went and told their master everything that had happened.
32 "Then the master called the first servant in. 'You evil servant,' he said. 'I forgave all that you owed me because you begged me to.33 Shouldn't you have had mercy on the other servant just as I had mercy on you?'34 In anger his master turned him over to the jailers. He would be punished until he paid back everything he owed.
35 "This is how my Father in heaven will treat each of you unless you forgive your brother from your heart."