Matteus 18
1 Op 'n dag het die dissipels vir Jesus kom vra: "Sê vir ons: Wie is die heel belangrikste persoon in God se wêreld? Wie maak vir Hom die meeste van almal saak?"
2 Toe doen Jesus 'n vreemde ding. Hy roep een van die kindertjies wat daar rondspeel nader. Hy laat dié toe tussen hulle staan3 en sê: "Ek gaan julle nou een van die belangrikste lesse van julle hele lewe leer. Kyk, julle moet verander en weer soos hierdie kindertjies word, anders sal julle nooit die binnekant van my Vader se nuwe wêreld sien nie. Kindertjies is nederig. Hulle dink nie te veel van hulleself nie. Hulle het respek vir ander.4 Julle moet ook so leef. Julle moet julle eie belange tweede stel en ander mense respekteer, dan is julle die belangrikste in God se nuwe wêreld.
5 "Elkeen wat een van hierdie kindertjies soos 'n vriend ontvang en hom goed behandel, ontvang My ook as vriend en behandel My goed.
6 "Maar elkeen wat veroorsaak dat een van hierdie ou kleintjies se geloof 'n knou kry, gaan in groot moeilikheid wees. Wanneer iemand daarvoor verantwoordelik is dat my kleintjies die spoor byster raak, is dit eintlik vir hulle beter in die middel van die see met 'n reuserots om hulle nek, want God gaan hulle verskriklik swaar straf.
7 "Dis nou maar een maal so dat daar allerhande sondes en versoekings in hierdie wêreld is. Maar Ek sê vir julle: daar wag groot probleme op almal wat hierdie sondes uitdink. God se oordeel wag op hulle.
8 "Natuurlik is dit nie maklik om te glo nie. Dit is net so swaar soos om een van jou eie ledemate af te kap. Jy moet as't ware jou hand of jou voet afkap en dit in die asblik gooi as jy agterkom dat jy dinge daarmee doen waarvan God niks hou nie. Leef liewer sonder hande en voete. Leef soos iemand wat lam of kruppel is, al is dit verskriklik swaar. Anders beland jy binnekort in die hel. En wat gaan jy daar met twee gesonde hande en voete maak?
9 "Pluk jou oog uit en gooi dit dadelik weg as jy agterkom dat jy op die verkeerde manier daarmee kyk. Leef eerder met een oog, al is dit baie swaar. Sondige kyke gaan jou in elk geval net in die hel laat beland. En wat help dit jou om in die hel baie goed te kan sien?"
10 "Moenie neersien op die ou kleintjies wat in My glo nie. Hulle is so kosbaar dat selfs die heel belangrikste engele daar in die hemel by my Vader se troon gedurig oor hulle praat.
12 "Stel julle die volgende prentjie voor: 'n boer het 100 skape. Een raak skielik weg. Wat dink julle sal die boer doen? Hy sal die 99 skape net daar laat staan en begin soek na die skaap wat weggeraak het.13 Wanneer hy hom uiteindelik kry, is hy sommer baie bly. Ja, hy is nog blyer oor die skaap wat hy gekry het as oor die 99 wat nie weggeraak het nie.
14 "Weet julle, my Vader maak presies net soos hierdie boer. Hy hou aan met soek na elkeen van sy ou kleintjies wat oor 'n sonde neergeslaan het totdat Hy hulle kry. Dan gaan tel Hy hulle op. Omdat hulle vir Hom kosbaar is, wil Hy nie hê dat een van hulle verlore gaan nie."
15 "As 'n ander gelowige jou op die een of ander manier sleg behandel het, moet jy die saak alleen met hom gaan uitpraat. As hy na jou luister, was dit alles die moeite werd. Dan het jy hom teruggekry op God se pad.16 As dit nie help nie, moet jy nog een of twee persone saamvat en weer gaan probeer. Die teenwoordigheid van twee of drie getuies kan hom dalk tot sy sinne ruk.17 Wanneer hy selfs nie na hulle wil luister nie, moet jy maar vir al die ander gelowiges gaan vertel wat gebeur het. As dit uiteindelik ook nie help nie, moet julle hierdie persoon as 'n ongelowige en 'n sondaar beskou. So iemand hoort dan nie meer in die kerk nie.
18 "Ek gee aan julle groot gesag: 'n ja van julle hier op aarde is 'n ja in die hemel. En 'n nee van julle is 'n nee in die hemel. Wat Ek bedoel, is dit: as julle iemand wat tot bekering gekom het as 'n broer of 'n suster binne die kerk ontvang, geld dit ook in die hemel. En as julle iemand wat in sonde leef, verbied om langer aan die kerk te behoort geld dit ook in die hemel.
19 "Ek het nog goeie nuus vir julle. As twee van julle saamstem oor enige saak wat swaar op julle hart lê en julle gaan praat met my hemelse Vader daaroor, sal julle gebed verhoor word. Julle sal kry wat julle gevra het.20 Onthou: Ek is altyd by julle, selfs daar waar net twee of drie van julle in my Naam bymekaarkom om te bid."
21 Petrus vra toe vir Jesus: "Here, sê my, hoeveel keer moet ek iemand vergewe wat verkeerd teenoor my opgetree het? Tot sewe maal?"
22 "Nee, nie net sewe keer nie," het Jesus geantwoord. "Sewentig maal sewe keer. Moenie tel hoeveel keer jy ander mense vergewe nie. Vergifnis hou net aan en aan."
23 Toe vertel Jesus vir hulle 'n verhaal om te verduidelik wat Hy bedoel: "In God se nuwe wêreld gaan dit soos met 'n koning wat op 'n dag besluit het om sy boeke na te gaan en te kyk wie van sy onderdane hom geld skuld.24 Toe hy begin sommetjies maak, kom hy agter dat een van sy amptenare hom twintig miljoen rand skuld.25 Hy was baie geskok hieroor en het die man dadelik ontbied. Toe die man opdaag, het hy vir die koning gesê dat hy bankrot is. Hy kon nie sy skuld betaal nie. Die koning was woedend daaroor. 'Verkoop hom en sy vrou en kinders daar op die mark as slawe. Verkoop ook al hulle besittings. So kry ek darem 'n paar rand terug.'
26 "Die vreesbevange amptenaar het toe op sy knieë voor die koning neergeval en om genade begin smeek. 'Gee my asseblief nog 'n laaste kans. Ek sal alles terugbetaal wat ek aan u skuld.'
27 "Die koning se hart het sag geword toe hy die amptenaar so sien smeek. Toe besluit hy daar en dan om al sy skuld af te skryf.
28 "Toe die amptenaar by die paleis uitstap, loop hy 'n ander amptenaar raak wat hom 9 000 rand skuld. Hy gryp hom toe aan die keel en sê: 'Betaal nou dadelik wat jy my skuld!'
29 "Die man het op sy knieë neergeval en gepleit: 'Gee my asseblief nog 'n laaste kans. Ek sal binnekort die geld terugbetaal wat ek jou skuld.'
30 "Die amptenaar was egter nie daarvoor te vinde nie. Hy het die man daar en dan in die tronk laat gooi.
31 "Ander amptenare het gesien wat gebeur en was baie ontsteld daaroor. Hulle het toe vir die koning daarvan gaan vertel.
32 "Die koning het die amptenaar toe dadelik ontbied en vir hom gesê: 'Jou skurk! Ek het so pas jou skuld van twintig miljoen rand afgeskryf omdat jy my om genade gesmeek het.33 Moes dit jou nie beweeg het om dieselfde vir daardie ander amptenaar te doen toe hy op sy knieë voor jou kom staan het nie?'34 Die koning was so kwaad dat hy die amptenaar daar en dan tronk toe gestuur het waar hy gemartel is.
35 "My Vader in die hemel sal net soos hierdie koning met julle maak as julle weier om mekaar van harte te vergewe."
Matthew 18
Questions About the Greatest
1 At that time the disciples came to Jesus saying, “Who is the greatest in the kingdom of heaven?”2 He called a child, had him stand among them,3 and said, “I tell you the truth,t unless you turn around and become like little children,s you will nevert enter the kingdom of heaven!4 Whoever then humbles himself like this little child is the greatest in the kingdom of heaven.
5 And whoever welcomest a child like this in my name welcomes me.
6 “But if anyone causes one of these little ones who believe in me to sin,t it would be better for him to have a huge millstonets hung around his neck and to be drowned in the open sea.t7 Woe to the world because of stumbling blocks! Itt is necessary that stumbling blocks come, but woe to the person through whom they come.8 Ift your hand or your foot causes you to sin,s cut it off and throw it away. It is better for you to enter life crippled or lame than to havet two hands or two feet and be thrown into eternal fire.
9 And if your eye causes you to sin, tear it out and throw it away. It is better for you to enter into life with one eye than to havet two eyes and be thrown into fiery hell.ts
The Parable of the Lost Sheep
10 “See that you do not disdain one of these little ones. For I tell you that their angels in heaven always see the face of my Father in heaven.ss12 What do you think? If someonet owns a hundreds sheep and one of them goes astray, will he not leave the ninety-nine on the mountains and go look for the one that went astray?s13 And if he finds it, I tell you the truth,t he will rejoice more over it than over the ninety-nine that did not go astray.
14 In the same way, your Father in heaven is not willing that one of these little ones be lost.
Restoring Christian Relationships
15 “Ift your brothert sins,s go and show him his faultt when the two of you are alone. If he listens to you, you have regained your brother.16 But if he does not listen, take one or two others with you, so that at the testimony of two or three witnesses every matter may be established.s
17 Ift he refuses to listen to them, tell it to the church. Ift he refuses to listen to the church, treat him liket a Gentilet or a tax collector.s
18 “I tell you the truth,t whatever you bind on earth will have been bound in heaven, and whatever you release on earth will have been released in heaven.19 Again, I tell you the truth,t if two of you on earth agree about whatever you ask, my Father in heaven will do it for you.t
20 For where two or three are assembled in my name, I am there among them.”
21 Then Peter came to him and said, “Lord, how many times must I forgive my brothert who sins against me? As many as seven times?”
22 Jesus said to him, “Not seven times, I tell you, but seventy-seven times!t
The Parable of the Unforgiving Slave
23 “For this reason, the kingdom of heaven is like a king who wanted to settle accounts with his slaves.t24 Ast he began settling his accounts, a man who owed ten thousand talentss was brought to him.25 Becauset he was not able to repay it,t the lord ordered him to be sold, along witht his wife, children, and whatever he possessed, and repayment to be made.26 Then the slave threw himself to the groundt before him, saying,s ‘Be patient with me, and I will repay you everything.’27 The lord had compassion on that slave and released him, and forgave him the debt.28 Aftert he went out, that same slave found one of his fellow slaves who owed him one hundred silver coins.t Sot he grabbed him by the throat and started to choke him,t saying, ‘Pay back what you owe me!’t29 Then his fellow slave threw himself down and begged him,t ‘Be patient with me, and I will repay you.’30 But he refused. Instead, he went out and threw him in prison until he repaid the debt.31 Whent his fellow slaves saw what had happened, they were very upset and went and told their lord everything that had taken place.32 Then his lord called the first slavet and said to him, ‘Evil slave! I forgave you all that debt because you begged me!33 Should you not have shown mercy to your fellow slave, just as I showed it to you?’34 And in anger his lord turned him over to the prison guards to torture himt until he repaid all he owed.
35 So also my heavenly Father will do to you, if each of you does not forgive yourt brothert from your heart.”