previous next

MATTEUS 21

Die intog van Jesus in Jerusalem

(Mark. 11:1-11; Luk. 19:28-38; Joh. 12:12-19)

1 Toe hulle naby Jerusalem kom en Betfage aan die Olyfberg bereik, het Jesus twee dissipels vooruit gestuur 2 en vir hulle gesê: “Gaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos julle inkom, sal julle daar 'n donkie kry wat vasgemaak is, en 'n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My. 3 En as iemand vir julle iets daaroor sê, antwoord dan: Die Here het hulle nodig, en Hy sal hulle gou weer terugstuur.”

4 Dit het gebeur sodat die uitspraak van die profeet vervul sou word:

5 “Sê vir Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe; Hy is nederig en Hy ry op 'n donkie, op die vul van 'n pakdier.”t

6 Die twee dissipels het toe vooruit gegaan en gedoen wat Jesus hulle beveel het. 7 Hulle het die donkie en die vul gebring, van hulle klere op die diere gesit, en Jesus het opgeklim. 8 Die grootste deel van die skare het van hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takkies van die bome afgebreek en dit op die pad gestrooi. 9 Die mense wat voor Jesus geloop het en dié wat agter Hom aan gekom het, het begin uitroep: “Prys die Seun van Dawid! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!t Prys Hom in die hoogste hemel!”

10 Toe Jesus in Jerusalem ingaan, het die hele stad in beroering gekom en gevra: “Wie is hierdie man?”

11 Die skare het geantwoord: “Dit is die profeet Jesus van Nasaret in Galilea!”

Die reiniging van die tempel

(Mark. 11:15-19; Luk. 19:45-48; Joh. 2:13-22)

12 Jesus het tempel toe gegaan en al die mense wat op die tempelplein koop en verkoop, daar uitgejaag. Die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi 13 en vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed wees,’t maar julle maak dit 'n rowersnes.”

14 Blindes en kreupeles het daar in die tempel na Hom toe gekom, en Hy het hulle gesond gemaak. 15 Maar toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes die wonderlike dinge sien wat Hy doen, en ook die kinders wat in die tempel aanhou uitroep: “Prys die Seun van Dawid!” was hulle verontwaardig. 16 Hulle sê toe vir Hom: “Hoor jy wat sê hulle daar?” “Ja,” antwoord Jesus. “Het julle nooit gelees nie: U het daarvoor gesorg dat kinders en suigelinge u lof singt?”

17 Toe het Hy hulle verlaat en uit die stad uitgegaan na Betanië toe, waar Hy die nag gebly het.

Jesus vervloek die vyeboom

(Mark. 11:12-14,20-24)

18 Vroeg die môre op pad terug stad toe het Jesus honger gekry. 19 Toe Hy 'n alleenstaande vyeboom langs die pad sien, gaan Hy daarheen, maar Hy het niks anders as blare daaraan gekry nie. Hy sê toe vir die boom: “Jy sal in der ewigheid nooit weer vrugte dra nie.” En die vyeboom het dadelik verdroog.

20 Toe die dissipels dit sien, was hulle verbaas en het hulle gevra: “Hoe het die vyeboom dan so skielik verdroog?”

21 Daarop antwoord Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur. 22 As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.”

Die vraag oor Jesus se gesag

(Mark. 11:27-33; Luk. 20:1-8)

23 Jesus het na die tempel toe gegaan, en terwyl Hy besig was om die mense te leer, kom die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk na Hom toe en vra: “Met watter gesag doen u hierdie dinge? En wie het u hierdie gesag gegee?”

24 Toe antwoord Jesus hulle: “Ek gaan julle een ding vra, en as julle My daarop antwoord, sal Ek vir julle sê met watter gesag Ek hierdie dinge doen. 25 Die doop van Johannes, waar het dit vandaan gekom: van God, of van mense af?” Hulle redeneer toe onder mekaar: “As ons sê: ‘Van God af,’ sal hy vir ons sê: ‘Waarom het julle hom dan nie geglo nie?’

26 Maar as ons sê: ‘Van mense af,’ kom ons by die mense in die moeilikheid, want almal beskou Johannes as 'n profeet.”

27 Toe antwoord hulle vir Jesus: “Ons weet nie.” En Hy sê vir hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle met watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.”

Die gelykenis van die twee seuns

28 “Wat sê julle hiervan? Daar was 'n man met twee seuns. Hy het vir die een gaan sê: ‘Seun, gaan werk vandag in die wingerd.’ 29 ‘Ek wil nie!’ antwoord hy, maar later het hy spyt gekry en tog gegaan. 30 Die man het toe na die ander seun toe gegaan en vir hom dieselfde gesê. Hy het geantwoord: ‘Goed, Pa,’ maar hy het nie gegaan nie. 31 Wie van die twee het gedoen wat hulle pa wou hê?” Hulle sê: “Die eerste.” Toe sê Jesus vir hulle: “Dit verseker Ek julle: Tollenaars en prostitute gaan eerder as julle in die koninkryk van God in.

32 Johannes het gekom om julle die regte pad te wys, en julle het hom nie geglo nie, maar tollenaars en prostitute het hom geglo. Maar selfs toe julle dit sien, het julle nie agterna berou gekry en hom geglo nie.”

Die gelykenis van die boere en die wingerd

(Mark. 12:1-12; Luk. 20:9-19)

33 “Luister na nog 'n gelykenis,” het Jesus gesê. “Daar was 'n grondbesitter wat 'n wingerd geplant en 'n klipmuur daar rondom gebou het. Hy het daarin ook 'n parskuip uitgekap en 'n wagtoring opgerig. Toe het hy dit aan boere verhuur en op reis gegaan. 34 Toe dit tyd geword het vir die druiweoes, het hy van sy slawe na die boere toe gestuur om sy deel van die oes te gaan haal. 35 Maar die boere het sy slawe gevang, die een geslaan, en 'n ander een doodgemaak en 'n ander een gestenig. 36 Die eienaar het toe weer ander slawe gestuur, meer as die eerstes, maar die boere het met hulle net so gemaak. 37 Heel laaste het hy sy seun na hulle toe gestuur met die gedagte: hulle sal tog my seun ontsien. 38 Maar toe die boere die seun sien, sê hulle vir mekaar: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood en vat sy erfenis.’ 39 Hulle het hom toe gegryp en hom uit die wingerd uitgegooi en doodgemaak.

40 “As die eienaar van die wingerd terugkom, wat sal hy met daardie boere doen?”

41 Hulle antwoord Hom: “Hy sal daardie slegte mense 'n vreeslike dood laat sterwe en die wingerd aan ander boere verhuur wat hom op die regte tyd sy deel van die oes sal gee.”

42 Toe sê Jesus vir hulle: “Julle het tog al in die Skrif gelees: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword. Dit is deur die Here gedoen en is 'n wonder in ons oë.t

43 “Daarom sê Ek vir julle dat die koninkryk van God van julle weggeneem sal word en aan 'n volk gegee sal word wat die vrugte daarvan sal lewer. 44 “Wie op hierdie klip val, sal verpletter word, en die een op wie hy val, sal hy vermorsel.”

45 Toe die priesterhoofde en die Fariseërs Jesus se gelykenisse hoor, het hulle besef dat Hy op hulle sinspeel. 46 Daarom wou hulle Hom gevange neem, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom as 'n profeet beskou het.

Matthew 21

1 AND when they drew nigh to Jerusalem, and were come to Bethphage, unto mount Olivet, then Jesus sent two disciples,2 Saying to them: Go ye into the village that is over against you, and immediately you shall find an ass tied, and a colt with her: loose them and bring them to me.3 And if any man shall say anything to you, say ye, that the Lord hath need of them: and forthwith he will let them go.4 Now all this was done that it might be fulfilled which was spoken by the prophet, saying:5 Tell ye the daughter of Sion: Behold thy king cometh to thee, meek, and sitting upon an ass, and a colt the foal of her that is used to the yoke.6 And the disciples going, did as Jesus commanded them.7 And they brought the ass and the colt, and laid their garments upon them, and made him sit thereon.8 And a very great multitude spread their garments in the way: and others cut boughs from the trees, and strewed them in the way:9 And the multitudes that went before and that followed, cried, saying: Hosanna to the son of David: Blessed is he that cometh in the name of the Lord: Hosanna in the highest.10 And when he was come into Jerusalem, the whole city was moved, saying: Who is this?11 And the people said: This is Jesus the prophet, from Nazareth of Galilee.12 And Jesus went into the temple of God, and cast out all them that sold and bought in the temple, and overthrew the tables of the money changers, and the chairs of them that sold doves:13 And he saith to them: It is written, My house shall be called the house of prayer; but you have made it a den of thieves.14 And there came to him the blind and the lame in the temple; and he healed them.15 And the chief priests and scribes, seeing the wonderful things that he did, and the children crying in the temple, and saying: Hosanna to the son of David; were moved with indignation.16 And said to him: Hearest thou what these say? And Jesus said to them: Yea, have you never read: Out of the mouth of infants and of sucklings thou hast perfected praise?17 And leaving them, he went out of the city into Bethania, and remained there.18 And in the morning, returning into the city, he was hungry.19 And seeing a certain fig tree by the way side, he came to it, and found nothing on it but leaves only, and he saith to it: May no fruit grow on thee henceforward for ever. And immediately the fig tree withered away.20 And the disciples seeing it wondered, saying: How is it presently withered away?21 And Jesus answering, said to them: Amen, I say to you, if you shall have faith, and stagger not, not only this of the fig tree shall you do, but also if you shall say to this mountain, Take up and cast thyself into the sea, it shall be done.22 And in all things whatsoever you shall ask in prayer, believing, you shall receive.23 And when he was come into the temple, there came to him, as he was teaching, the chief priests and ancients of the people, saying: By what authority dost thou these things? and who hath given thee this authority?24 Jesus answering, said to them: I also will ask you one word, which if you shall tell me, I will also tell you by what authority I do these things.25 The baptism of John, whence was it? from heaven or from men? But they thought within themselves, saying:26 If we shall say, from heaven, he will say to us: Why then did you not believe him? But if we shall say, from men, we are afraid of the multitude: for all held John as a prophet.27 And answering Jesus, they said: We know not. He also said to them: Neither do I tell you by what authority I do these things.28 But what think you? A certain man had two sons; and coming to the first, he said: Son, go work to day in my vineyard.29 And he answering, said: I will not. But afterwards, being moved with repentance, he went.30 And coming to the other, he said in like manner. And he answering, said: I go, Sir; and he went not.31 Which of the two did the father's will? They say to him: The first. Jesus saith to them: Amen I say to you, that the publicans and the harlots shall go into the kingdom of God before you.32 For John came to you in the way of justice, and you did not believe him. But the publicans and the harlots believed him: but you, seeing it, did not even afterwards repent, that you might believe him.33 Hear ye another parable. There was a man an householder, who planted a vineyard, and made a hedge round about it, and dug in it a press, and built a tower, and let it out to husbandmen; and went into a strange country.34 And when the time of the fruits drew nigh, he sent his servants to the husbandmen that they might receive the fruits thereof.35 And the husbandmen laying hands on his servants, beat one, and killed another, and stoned another.36 Again he sent other servants more than the former; and they did to them in like manner.37 And last of all he sent to them his son, saying: They will reverence my son.38 But the husbandmen seeing the son, said among themselves: This is the heir: come, let us kill him, and we shall have his inheritance.39 And taking him, they cast him forth out of the vineyard, and killed him.40 When therefore the lord of the vineyard shall come, what will he do to those husbandmen?41 They say to him: He will bring those evil men to an evil end; and will let out his vineyard to other husbandmen, that shall render him the fruit in due season.42 Jesus saith to them: Have you never read in the Scriptures: The stone which the builders rejected, the same is become the head of the corner? By the Lord this has been done; and it is wonderful in our eyes.43 Therefore I say to you, that the kingdom of God shall be taken from you, and shall be given to a nation yielding the fruits thereof.44 And whosoever shall fall on this stone, shall be broken: but on whomsoever it shall fall, it shall grind him to powder.45 And when the chief priests and Pharisees had heard his parables, they knew that he spoke of them.46 And seeking to lay hands on him, they feared the multitudes: because they held him as a prophet.