Matteus 21
1 Hulle kom toe by Betfage aan die voet van die Olyfberg, nie ver van Jerusalem af nie.2 "Gaan asseblief gou na Betfage toe," vra Jesus twee van sy volgelinge. "Nes julle in die dorp kom, sal julle 'n donkie met 'n vulletjie by haar kry. Bring hulle al twee vir My.3 As iemand vra wat julle doen, sê: Die Here het die twee donkies nodig. Sodra Hy klaar is, sal ons hulle terugbring."
4 Jesaja het mos lank terug reeds gesê:
5 "Sê vir die mense van Jerusalem: Word wakker, julle Koning is op pad. Hy kom eenvoudig op 'n donkie aangery, Hy sit op die vul van 'n pakdier."
6 Die twee dissipels het gedoen wat Hy gevra het.7 Toe hulle met die donkies daar aankom, het sy dissipels vir Hom 'n saal van klere gemaak. Toe Jesus begin ry, het baie mense om Hom saamgedrom.8 Die meeste van hulle het los stukke klere wat hulle by hulle gehad het mooi voor sy donkie oopgevou. Ander het weer boomtakkies op die pad voor Hom gegooi sodat Hy op die groen tapyt kon ry.9 Hulle het Hom soos 'n koning verwelkom en hard uitgeroep:
"Hoera vir die Seun van Dawid! Prys Hom wat op gesag van die Here self kom. Laat die hemel van ons vrolike hoera's weergalm!"
10 So is Jesus met die hele groep mense Jerusalem in. Dit het nogal 'n opskudding in die stad veroorsaak. "Wat gaan aan? Wie is hy?" het11 die mense in Jerusalem probeer uitvind. "Dit is Jesus, die profeet uit Nasaret in Galilea," het mense in Jesus se groep uitgeroep.
12 In Jerusalem is Jesus reguit tempel toe. Langs die hoë tempelgebou was daar 'n groot, oop plein. Dit was ommuur en is as deel van die tempel beskou. Op hierdie tempelplein is allerhande offerdiere verkoop aan die dorpsmense wat nie self diere gehad het nie of aan mense wat ver gereis het en nie diere die hele ent kon saambring nie. Jy kon daar ook vreemde geld omruil vir die regte soort geld wat vir tempelbelasting gebruik is. Die plein was die ene bedrywigheid. Jesus het die gedoente so gekyk en toe die spul daar weggejaag. Tot die tafels en stoele het Hy omgekeer.13 Vir die mense wat verbaas gestaan en kyk het, sê Hy toe: "Gaan lees wat in die Skrif staan:
'Die bedoeling is dat mense My moet kom aanbid hier waar Ek woon! Julle het dit egter die bymekaarkomplek van skelms en diewe gemaak.'"
14 Op die tempelplein was daar nou weer plek vir die blindes en lammes. Hulle het na Jesus toe gestroom en Hy het hulle gesond gemaak.15 Die Joodse godsdienstige leiers het Jesus natuurlik soos valke dopgehou. Niks het hulle oë ontglip nie. Hulle het gesien hoe wonderlik Jesus die mense help. Hulle het ook gehoor hoe die kinders op die plein rondhardloop en skreeu: "Hoera, koning Dawid se Seun is hier!" Dit alles het hulle baie omgekrap.16 Hulle konfronteer Jesus toe: "Hoor jy wat skreeu hierdie kinders oor jou?"
"Ja," sê Jesus. "Het julle dan nog nooit geleer nie: as kinders, wat nog nie eens behoorlik kan loop nie, iemand loof, verdien hy regtig daardie lof."
17 Jesus was nie lus om verder met hulle te stry nie en is daar weg, Betanië toe. Daar het Hy die nag geslaap.
18 Die volgende môre is Jesus vroeg terug stad toe. Op pad het Hy honger begin voel.19 Hy sien toe 'n vyeboom langs die pad en gaan soek 'n paar vye. Die boom was die ene blare, maar daar was nie 'n enkele vy nie. "Een ding is seker: niemand sal ooit weer 'n vy van hierdie boom afpluk nie," sê Jesus toe. Dadelik het die boom wortel en tak verdroog.
20 Sy volgelinge was nogal uit die veld geslaan hieroor. "Het julle dit gesien? Hoe op aarde is dit moontlik?" vra hulle.
21 Jesus antwoord toe: "Luister nou mooi, want Ek wil vir julle iets belangriks sê. As julle op God vertrou, Ek bedoel regtig vertrou, sal julle dinge kan doen wat dít wat met die vyeboom gebeur het, na kinderspeletjies sal laat lyk. Ek praat van groot dinge soos om vir 'n berg te sê om op te staan en in die see te gaan spring - en sowaar te sien hoe dit gebeur!
22 "Om heeltemal op God te vertrou gee krag aan jou gebed. Bid met daardie vertroue en God sal vir jou gee wat jy vra, of dit iets kleins of iets groots is."
23 Toe Jesus in Jerusalem aankom, is Hy weer reguit tempel toe. Die mense het om Hom begin saamdrom. Hy het hulle alles geleer van God se nuwe wêreld. Van die godsdienstige leiers en 'n paar van die belangrike mense uit Jerusalem sluit toe by die groep mense om Jesus aan en vra: "Wie gee jou die reg om al hierdie dinge te doen? Op wie se gesag tree jy op?"
24 Jesus was reg vir hulle: "Laat Ek julle eers 'n vraag vra. As julle my vraag kan antwoord, sal Ek julle vraag antwoord.25 Wie het Johannes die reg gegee om te doop? Was dit God of die mense?"
Die Jode het dadelik besef dat Jesus hulle nou in 'n hoek gedryf het. Hulle was in die moeilikheid, want sê hulle: "God het hom die reg gegee," sal Jesus hulle vra waarom hulle nie geglo het wat Johannes gesê het nie.26 Sê hulle weer: "Die mense het hom die reg gegee," sal hulle in die gewone mense se slegte boekies kom. Die gewone mense het almal gedink dat Johannes 'n boodskapper van God was.27 Om uit die moeilikheid te bly kon hulle maar net sê: "Nee, ons weet nie."
Jesus trek toe sy skouers op en sê: "Maar dan kan Ek ook nie vir julle sê wie My die reg gee om te doen wat Ek doen nie."
28 Voor die Joodse leiers nog kon padgee, sê Jesus: "Wag so 'n bietjie. Sê My, wat dink julle van hierdie verhaal?
"Daar was 'n pa met twee seuns. Hy is eers na die eerste seun toe. 'Ou seun,' vra hy, 'sal jy nie asseblief vandag met die boerdery gaan help nie?'29 'Ek is nie lus nie,' sê die seun. Sy gewete het hom egter gou begin pla. Hy is tog daar weg om te gaan help.30 Die pa is intussen na die tweede seun toe. Hy vra hom ook om te gaan help. 'Goed, Pa, ek sal gaan,' sê die seun dadelik. Dit was egter net leë woorde, want hy het nooit gegaan nie.31 Nou vra Ek julle: Watter seun het gedoen wat sy pa gevra het?"
"Hoekom vra jy nog? Die eerste een natuurlik."
"Weet julle wat?" sê Jesus toe. "Julle gaan eendag staan en kyk hoe die mense op wie julle so neersien voor julle by God se nuwe wêreld instap. Ja, Ek praat van mense soos prostitute of die tollenaars van wie julle niks hou nie. Julle dink mos julle is beter as hulle! En weet julle hoekom gaan hulle voor julle instap?32 Johannes het julle die pad kom wys wat God wil hê julle moet loop, maar julle het julle natuurlik nie aan hom gesteur nie. Die prostitute en die tollenaars het egter aan sy lippe gehang en God se pad begin loop. Julle het die neus vir hulle opgetrek, en wat is die gevolg? Julle is nog steeds op die verkeerde pad!"
33 "Maar dit is nie al nie," sê Jesus. "Luister 'n bietjie na hierdie verhaal: daar was 'n ryk boer wat 'n wingerd aangeplant het met alles wat nodig was. Rondom die wingerd het hy 'n stewige draad gespan. Hy het ook 'n plek reggemaak waar hy wyn kon maak. Die boer moes op 'n lang reis gaan en hy verhuur toe die wingerd aan ander boere. Hy het met hulle ooreengekom om vir hom van die druiwe as huur vir die grond te betaal.34 Toe die druiwe begin ryp word, stuur die eienaar van sy werkers na die wingerd toe om sy druiwe te kry.35 In plaas van druiwe het hierdie werkers 'n onaangename verrassing gekry. Een is deur die boere aangerand. Gelukkig het hy nog bly leef, want 'n ander een is doodgemaak. Die boere het nog een onder die klippe gesteek, maar hy het darem weggekom.
36 "Toe stuur die eienaar 'n hele klomp van sy werkers. Met hulle het dit egter nie beter gegaan nie. Hulle is net so sleg behandel.
37 "Uiteindelik besluit hy om sy seun te stuur. Hy het geredeneer dat hulle niks aan sy seun sou doen nie. Vir sy seun behoort hulle mos net soveel respek te hê as vir hom. Hulle sal hom sekerlik goed behandel.38 Maar dit het nie so gebeur nie. Toe die boere die seun sien aankom, sit hulle koppe bymekaar. 'Weet julle,' sê hulle vir mekaar, 'daardie seun gaan eendag hierdie grond erf. Dis nou ons kans. As ons hom nou doodmaak, sal ons mos later self die grond in die hande kan kry. Wanneer die eienaar eendag doodgaan, sal daar niemand meer oor wees om hier te boer nie.'39 Voor die seun mooi weet wat aangaan, pak almal hom en sleep hom die veld in. Daar het hulle hom doodgemaak."
40 Jesus vra toe die klomp Joodse godsdienstiges: "Wat dink julle gaan die eienaar met die spul boere doen wanneer hy terugkom?"
41 Die godsdienstiges was gou om te antwoord: "Ons dink die hel gaan om daardie boere losbrand. Daardie wingerd gaan nooit hulle s'n word nie, want die eienaar gaan hulle op die verskriklikste manier denkbaar straf. Hy sal dan die wingerd aan ander boere verhuur wat hulle huur op die regte tyd sal betaal."
42 Toe sê Jesus vir hulle: "Reg, maar moet Ek julle herinner aan wat daar in die Joodse Bybel staan?
''n Klip wat die bouers nie eens wou gebruik nie en eenkant toe gegooi het, het God reg bokant die voordeur ingebou vir almal om te sien!'
43 "Nou wil Ek by julle kom. Julle gaan julle plekke by God verloor. Om die waarheid te sê, God gaan julle soos die eerste boere uit sy nuwe wêreld gooi. Soos die tweede groep boere die eerste boere se plek gekry het, so sal God julle plekke dan aan mense gee wat doen wat Hy van hulle vra.
44 "Oppas! Wie op hierdie Klip val, gaan bitter seerkry. Maar op wie die Klip val, van hom gaan niks oorbly nie."
45 Die groep Joodse godsdienstige leiers het die skimp verstaan en hulle kon dit nie verwerk nie.46 Daarom wou hulle Jesus sommer daar en dan in die tronk stop. Die gewone mense was egter oortuig dat Jesus regtig die Boodskapper van God is. Daarom kon die leiers op daardie tydstip niks aan Jesus doen nie.
Matthew 21
The Triumphal Entry
1 Nowt when they approached Jerusalems and came to Bethphage,s at the Mount of Olives,s Jesus sent two disciples,2 telling them, “Go to the village ahead of you.t Right away you will find a donkey tied there, and a colt with her. Untie them and bring them to me.3 If anyone says anything to you, you are to say, ‘The Lord needs them,’s and he will send them at once.”
4 Thist took place to fulfill what was spoken by the prophet:t
5 “Tell the people of Zion,t
‘Look, your king is coming to you,
unassuming and seated on a donkey,
and on a colt, the foal of a donkey.’”t
6 Sot the disciples went and did as Jesus had instructed them.7 They brought the donkey and the colt and placed their cloakst on them, and he sat on them.8 At very large crowd spread their cloaks on the road. Others cut branches from the trees and spread them on the road.9 The crowds that went ahead of him and those following kept shouting,t “Hosannats to the Son of David! Blessed is the one who comes in the name of the Lord!sHosanna in the highest!”10 As he entered Jerusalem the whole city was thrown into an uproar,t saying, “Who is this?”
11 And the crowds were saying, “This is the prophet Jesus, from Nazareths in Galilee.”
Cleansing the Temple
12 Thent Jesus entered the temple areats and drove out all those who were selling and buying in the temple courts,ts and turned over the tables of the money changers and the chairs of those selling doves.
13 And he said to them, “It is written, ‘My house will be called a house of prayer,’s but you are turning it into a dentof robbers!”s
14 The blind and lame came to him in the temple courts, and he healed them.15 But when the chief priests and the experts in the lawt saw the wonderful things he did and heard the children crying out in the temple courts,t “Hosanna to the Son of David,” they became indignant16 and said to him, “Do you hear what they are saying?” Jesus said to them, “Yes. Have you never read, ‘Out of the mouths of children and nursing infants you have prepared praise for yourself’?”s
17 And leaving them, he went out of the city to Bethany and spent the night there.
The Withered Fig Tree
18 Now early in the morning, as he returned to the city, he was hungry.19 After noticing a fig treets by the road he went to it, but found nothing on it except leaves. He said to it, “Never again will there be fruit from you!” And the fig tree withered at once.20 When the disciples saw it they were amazed, saying, “How did the fig tree wither so quickly?”21 Jesust answered them, “I tell you the truth,t if you have faith and do not doubt, not only will you do what was done to the fig tree, but even if you say to this mountain, ‘Be lifted up and thrown into the sea,’ it will happen.
22 And whatever you ask in prayer, if you believe,t you will receive.”
The Authority of Jesus
23 Now after Jesust entered the temple courts,t the chief priests and elders of the people came up to him as he was teaching and said, “By what authorityt are you doing these things, and who gave you this authority?”24 Jesust answered them, “I will also ask you one question. If you answer me then I will also tell you by what authority I do these things.25 Where did John’s baptism come from? From heaven or from people?”ts They discussed this among themselves, saying, “If we say, ‘From heaven,’ he will say, ‘Then why did you not believe him?’26 But if we say, ‘From people,’ we fear the crowd, for they all consider John to be a prophet.”
27 Sot they answered Jesus,t “We don’t know.”s Then he said to them, “Neither will I tell yous by what authorityt I am doing these things.
The Parable of the Two Sons
28 “Whatt do you think? A man had two sons. He went to the first and said, ‘Son, go and work in the vineyard today.’29 The boy answered,t ‘I will not.’ But later he had a change of heartt and went.30 The fathert went to the other son and said the same thing. This boy answered,t ‘I will, sir,’ but did not go.31 Which of the two did his father’s will?” They said, “The first.”s Jesus said to them, “I tell you the truth,t tax collectorss and prostitutes will go ahead of you into the kingdom of God!
32 For John came to you in the way of righteousness, and you did not believe him. But the tax collectors and prostitutes did believe. Althought you saw this, you did not later change your mindss and believe him.
The Parable of the Tenants
33 “Listen to another parable: There was a landownert who planted a vineyard.s He put a fence around it, dug a pit for its winepress, and built a watchtower. Thent he leased it to tenant farmerss and went on a journey.34 When the harvest time was near, he sent his slavests to the tenants to collect his portion of the crop.t35 But the tenants seized his slaves, beat one,s killed another, and stoned another.36 Again he sent other slaves, more than the first, and they treated them the same way.37 Finally he sent his son to them,s saying, ‘They will respect my son.’38 But when the tenants saw the son, they said to themselves, ‘This is the heir. Come, let’s kill him and get his inheritance!’39 Sot they seized him,t threw him out of the vineyard,s and killed him.40 Now when the owner of the vineyard comes, what will he do to those tenants?”
41 They said to him, “He will utterly destroy those evil men! Then he will lease the vineyard to other tenants who will give him his portion at the harvest.”
42 Jesus said to them, “Have you never read in the scriptures:
‘The stone the builders rejected has become the cornerstone.ts
This is from the Lord, and it is marvelous in our eyes’?s
43 For this reason I tell you that the kingdom of God will be taken from you and given to a peoplet who will produce its fruit.44 The one who falls on this stone will be broken to pieces, and the one on whom it falls will be crushed.”ssts45 Whent the chief priests and the Phariseess heard his parables, they realized that he was speaking about them.
46 They wanted to arrest him, but they were afraid of the crowds, because the crowdst regarded him as a prophet.