Matteus 22
Die gelykenis van die groot fees-ete
(Ook Luk 14:15-24)
1 Jesus het weer vir die mense tgelykenisse vertel. Hy het gesê: 2 “Waar God wat in die hemel is, Koning is, is dit soos wanneer ’n koning ’n fees-ete gehou het vir sy seun wat getrou het. 3 Hy het mense na die troue genooi, en hy het sy tslawe gestuur om die mense te gaan roep om te kom. Maar die mense wou nie kom nie. 4 Die koning het ander slawe gestuur en vir hulle gesê: ‘Sê vir die mense wat ek genooi het: Alles is nou gereed vir my fees-ete. Ek het beeste en vet kalwers laat slag, en alles is gereed. Kom na die fees-ete.’ 5 Maar die mense wat genooi was, wou nie kom nie, hulle het weggegaan. Een man het na sy stuk grond gegaan, en ’n ander man na sy besigheid. 6 Ander mense het sy slawe gegryp, hulle het slegte dinge gedoen aan sy slawe en hulle het die slawe doodgemaak. 7 Die koning het toe kwaad geword, en hy het sy soldate gestuur om daardie moordenaars dood te maak en hulle stad te verbrand. 8 Die koning sê toe vir sy slawe: ‘Alles is gereed vir die fees-ete, maar die mense wat ek genooi het, was nie die regte mense om na die fees te kom nie. 9 Gaan nou na die plekke waar die hoofpaaie uit die stad uitgaan en nooi almal wat julle sien om te kom na die fees-ete.’ 10 Die slawe het toe uitgegaan op die paaie en hulle het almal bymekaargemaak wat hulle gesien het, slegte mense en goeie mense. Die saal vir die fees-ete het vol geword van die mense wat kom eet het. 11 Toe die koning in die saal ingaan om die mense te groet, sien hy daar is iemand wat nie tfees-klere aan het nie. 12 Die koning het vir hom gesê: ‘My vriend, hoe het jy hier ingekom? Jy dra nie die regte klere vir ’n fees nie.’ Maar die man kon nie sê hoekom hy nie die regte klere aangetrek het nie. 13 Toe sê die koning vir sy slawe: ‘Bind sy hande en voete vas en gooi hom in die tdonker plek. Daar sal die mense huil en hard op hulle tande byt van die pyn.’
14 Want God nooi baie mense, maar Hy kies net ’n paar mense.”Aan wie die mense belasting moet betaal
(Ook Mark 12:13-17; Luk 20:20-26)
15 Die tFariseërs het toe gaan planne maak. Hulle wou hê Jesus moet iets sê wat verkeerd is, hulle wou hê Hy moet probleme kry. 16 Hulle stuur toe hulle leerlinge saam met tHerodiane na Jesus toe om vir Hom te sê: “Meneer, ons weet jy praat altyd die waarheid. Jy leer vir die mense wat God wil hê hulle moet doen, en alles wat jy vir hulle leer, is waar. Jy is nie bang vir wat die mense van jou sê nie. Jy kyk nie wie mense is nie, jy doen dieselfde aan almal.
17 Maar sê vir ons: Is dit reg om aan die tkeiser belasting te betaal of nie?”
18 Maar Jesus het geweet hulle is slegte mense en Hy het vir hulle gesê: “Julle tskynheilige mense, hoekom wil julle hê Ek moet iets sê wat vir My probleme kan gee?
19 Bring vir My die geldstuk waarmee mense belasting betaal.”
Hulle bring toe vir Jesus ’n tsilwer geldstuk,
20 en Hy vra vir hulle: “Wie se kop en wie se naam is op hierdie geld?”
21 Hulle het vir Hom gesê: “Dit is die keiser se kop en sy naam.”
Jesus sê toe vir hulle: “Julle moet aan die keiser betaal wat aan die keiser behoort, en julle moet ook aan God betaal wat aan God behoort.”
22 Toe hulle dit hoor, was hulle verbaas en hulle het weggegaan van Jesus.Mense wat gesterf het, sal weer lewe
(Ook Mark 12:18-27; Luk 20:27-40)
23 Daardie dag het ’n paar tSadduseërs na Jesus toe gekom. Die Sadduseërs het nie geglo dat die mense wat dood is, weer sal lewe nie. Hulle het vir Jesus gesê:
24 “Meneer, Moses het in sy wette geskryf wat ons moet doen. Moses het gesê: ‘tWanneer ’n man sterf en sy vrou lewe nog, en hulle het nie kinders nie, dan moet sy broer met die weduwee trou. Wanneer die vrou dan kinders kry, dan sal dit sy broer wat dood is, se tnageslag wees.’
25 “Daar was sewe broers hier by ons. Die oudste broer het getrou. Hy het gesterf, maar hy het nie kinders gehad nie. Daarom het die tweede broer met die oudste broer se weduwee getrou. 26 Dieselfde het gebeur met die tweede broer en met die derde broer en met al die ander broers tot die sewende broer. 27 Later het die vrou ook gesterf.
28 Nou vra ons: Wie se vrou sal sy wees wanneer almal wat dood is, weer lewe? Want die sewe broers was almal met haar getroud.”
29 Jesus het vir hulle gesê: “Julle is heeltemal verkeerd. Dit is omdat julle nie die Ou Testament en die krag van God ken nie. 30 Wanneer die mense weer lewe, dan sal hulle nie getroud wees nie, en hulle sal nie trou nie. Hulle sal dan wees soos die tengele in die hemel. 31 Julle vra oor mense wat gesterf het wat weer sal lewe. Maar het julle nie gelees nie? God het vir julle gesê:
32 ‘tEk is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.’
“God is nie die God van dooie mense nie, Hy is die God van mense wat lewe.”
33 Toe hulle dit hoor, was al die mense baie verbaas oor wat Jesus vir hulle geleer het.Die belangrikste wet in die Ou Testament
(Ook Mark 12:28-31; Luk 10:25-27)
34 Die tFariseërs het gehoor Jesus het die tSadduseërs so goed geantwoord dat die Sadduseërs nie geweet het wat om nog te vra nie. Die Fariseërs het toe bymekaargekom. 35 Een van hulle wat die Joodse wette goed geken het, wou hê Jesus moet iets sê wat vir Hom probleme sal gee.
36 Hy het vir Jesus gevra: “Wat is die belangrikste wet van die Here?”
37 Jesus het vir hom gesê: “ ‘tJy moet vir jou God die Here lief wees met jou hele hart en met jou hele lewe en met jou hele verstand.’ 38 Dit is die eerste en belangrikste wet.
39 Die tweede wet is net so belangrik. Dit is: ‘tJy moet lief wees vir jou tnaaste soos jy lief is vir jouself.’
40 “Hierdie twee wette sê alles wat die tWette van Moses en die boeke van die tprofete vir ons leer.”Is die Christus die Seun van Dawid?
(Ook Mark 12:35-37; Luk 20:41-44)
41 Toe die tFariseërs daar bymekaar was, het Jesus vir hulle gevra:
42 “Wat dink julle van tdie Christus? Wie se seun is Hy?”
Hulle het gesê: “Hy is die tSeun van Dawid.”
43 Jesus sê toe vir hulle: “Hoekom het die Heilige Gees vir Dawid gesê hy moet die Christus ‘Here’ noem?
44 “Dawid het gesê:
“tDie Here het vir my Here,
die Koning, gesê:
Sit hier langs My,
op die belangrikste plek.
Ek sal jou vyande
voor jou laat buig,
en jy sal jou voete op hulle sit.
45 “Dawid self noem die Christus ‘Here.’ Hoe kan die Christus dan Dawid se seun wees?”
46 Niemand kon vir Jesus antwoord nie. Van daardie dag af wou niemand weer vir Jesus iets vra nie.
Matthew 22
The Parable of the Wedding Feast
(Lk 14.15–24)
1 Jesus again used parables in talking to the people. 2 “The Kingdom of heaven is like this. Once there was a king who prepared a wedding feast for his son. 3 He sent his servants to tell the invited guests to come to the feast, but they did not want to come. 4 So he sent other servants with this message for the guests: ‘My feast is ready now; my bullocks and prize calves have been butchered, and everything is ready. Come to the wedding feast!’ 5 But the invited guests paid no attention and went about their business: one went to his farm, another to his shop, 6 while others grabbed the servants, beat them, and killed them. 7 The king was very angry; so he sent his soldiers, who killed those murderers and burnt down their city. 8 Then he called his servants and said to them, ‘My wedding feast is ready, but the people I invited did not deserve it. 9 Now go to the main streets and invite to the feast as many people as you find.’
10 So the servants went out into the streets and gathered all the people they could find, good and bad alike; and the wedding hall was filled with people.
11 “The king went in to look at the guests and saw a man who was not wearing wedding clothes. 12 ‘Friend, how did you get in here without wedding clothes?’ the king asked him. But the man said nothing.
13 Then the king told the servants, ‘Tie him up hand and foot, and throw him outside in the dark. There he will cry and grind his teeth.’ ” t
14 And Jesus concluded, “Many are invited, but few are chosen.” The Question about Paying Taxes
(Mk 12.13–17; Lk 20.20–26)
15 The Pharisees went off and made a plan to trap Jesus with questions. 16 Then they sent to him some of their disciples and some members of Herod's party. “Teacher,” they said, “we know that you tell the truth. You teach the truth about God's will for people, without worrying about what others think, because you pay no attention to anyone's status.
17 Tell us, then, what do you think? Is it against our Law to pay taxes to the Roman Emperor, or not?”
18 Jesus, however, was aware of their evil plan, and so he said, “You hypocrites! Why are you trying to trap me?
19 Show me the coin for paying the tax!”
They brought him the coin,
20 and he asked them, “Whose face and name are these?”
21 “The Emperor's,” they answered.
So Jesus said to them, “Well, then, pay the Emperor what belongs to the Emperor, and pay God what belongs to God.”
22 When they heard this, they were amazed; and they left him and went away.The Question about Rising from Death
(Mk 12.18–27; Lk 20.27–40)
23 That same day some Sadducees came to Jesus and claimed that people will not rise from death.t 24 “Teacher,” they said, “Moses said that if a man who has no children dies, his brother must marry the widow so that they can have children who will be considered the dead man's children.t 25 Now, there were seven brothers who used to live here. The eldest got married and died without having children, so he left his widow to his brother. 26 The same thing happened to the second brother, to the third, and finally to all seven. 27 Last of all, the woman died.
28 Now, on the day when the dead rise to life, whose wife will she be? All of them had married her.”
29 Jesus answered them, “How wrong you are! It is because you don't know the Scriptures or God's power. 30 For when the dead rise to life, they will be like the angels in heaven and will not marry. 31 Now, as for the dead rising to life: haven't you ever read what God has told you? He said,
32 ‘I am the God of Abraham, the God of Isaac, and the God of Jacob.’ He is the God of the living, not of the dead.”t
33 When the crowds heard this, they were amazed at his teaching.The Great Commandment
(Mk 12.28–34; Lk 10.25–28)
34 When the Pharisees heard that Jesus had silenced the Sadducees, they came together, 35 and one of them, a teacher of the Law, tried to trap him with a question.t
36 “Teacher,” he asked, “which is the greatest commandment in the Law?”
37 Jesus answered, “ ‘Love the Lord your God with all your heart, with all your soul, and with all your mind.’t 38 This is the greatest and the most important commandment. 39 The second most important commandment is like it: ‘Love your neighbour as you love yourself.’t
40 The whole Law of Moses and the teachings of the prophets depend on these two commandments.” The Question about the Messiah
(Mk 12.35–37; Lk 20.41–44)
41 When some Pharisees gathered together, Jesus asked them,
42 “What do you think about the Messiah? Whose descendant is he?”
“He is David's descendant,” they answered.
43 “Why, then,” Jesus asked, “did the Spirit inspire David to call him ‘Lord’? David said,
44 ‘The Lord said to my Lord: t
Sit here on my right
until I put your enemies under your feet.’
45 If, then, David called him ‘Lord’, how can the Messiah be David's descendant?”
46 No one was able to give Jesus any answer, and from that day on no one dared to ask him any more questions.