Matteus 22
1 Jesus gesels toe daarna rustig verder:2 "Julle stel seker belang in hoe God in hierdie wêreld heers? Luister dan hierna: 'n koning het vir sy seun 'n groot troue gereël.3 Hy het baie mense uitgenooi. Omdat daar baie voorbereidings was en die fees sommer 'n paar dae sou aanhou, het die koning gesê hy sal die mense kom roep sodra alles gereed is. Dan hoef hulle nie daar te kom sit en wag terwyl alles nog voorberei word nie. Toe alles mooi reg was, stuur die koning van sy helpers om die gaste te gaan haal. Snaaks genoeg wou die genooides toe nie meer kom nie.4 Die koning laat weet die genooides toe weer: 'Kom, die tafels is gelaai met die heerlikste kos. Alles is reg. Laat die fees begin!'5 Die genooides het egter hulle skouers opgetrek en aangegaan asof niks gebeur het nie. Die een het gaan kyk hoe sy boerdery vorder en die ander een is werk toe.6 Party was so ongeduldig met die helpers wat so aanhoudend kom klop het dat hulle hulle sommer hardhandig verwilder het. Glo dit as jy wil, hulle het die helpers so seergemaak dat van hulle dood is.
"Dit moes hulle nie gedoen het nie.7 Die koning was briesend! Hy stuur daarop sy soldate om die spul ongemanierde moordenaars te gaan soek en dood te maak. Sy soldate het dit gedoen en alles wat aan hierdie mense behoort het tot op die grond afgebrand.
8 "Toe sê die koning vir sy helpers: 'Kom ons probeer weer. Alles is mos reg vir die fees om te begin. Net jammer die genooides was 'n hoop nikswerds.9 Gaan nooi nou almal uit wat julle in die hande kry. Dit maak nie saak waar hulle is nie.'10 Die helpers is daar weg en het almal voor die voet genooi. Die feessaal het begin vol loop. Die fees kon begin.
"Die slawe het ook vir elkeen wat fees toe gekom het mooi klere gegee om aan te trek. Dit het gewys dat hulle nou gaste van die koning is.11 Toe die koning die saal inkom, val sy oog egter op iemand wat nie sulke feesklere aanhet nie. Die man wou natuurlik daar buite nie erken dat hy die uitnodiging nie wou aanneem en vriende met die koning wou wees nie. Tog het hy skelm by die fees ingeglip.12 Die koning vra hom toe: 'Ou maat, wat soek jy hier? Jy het seker gedink jy kan skelm hier inkom, want as jy saam met my helpers hiernatoe gekom het, sou hulle vir jou ook mooi klere gegee het. Toe hulle jou daar buite uitgenooi het, het jy natuurlik gemaak of jy jou nie aan hulle steur nie, nie waar nie?' Die man was vas; hy het nie geweet wat om te sê nie.13 Die koning sê toe vir sy helpers: 'Gooi hierdie man hier uit! Raak daar buite in die donker van hom ontslae. In die hel sal hy voel wat dit beteken om van pyn op jou tande te kners.'
14 "Onthou, baie sal die uitnodiging hoor, maar nie naastenby almal sal die hemelse fees haal nie."
15 Die Joodse godsdienstige leiers het daarna koppe bymekaar gaan sit. Hulle wou so graag hê dat Jesus iets moes sê wat Hom in die moeilikheid sou bring. Hulle het saam beplan hoe hulle dit sou regkry. Hulle het besluit om Hom met 'n moeilike politieke saak in 'n strik te laat trap.16 Daarom het hulle ondersteuners van Herodes, die koning van die gebied, saamgevat toe hulle met Jesus gaan praat het. Toe hulle by Jesus kom, stel hulle hulle plan in werking. Hulle het met die heuningkwas begin: "Meneer, jy is 'n goeie onderwyser. Ons het jou leer ken as iemand wat net die waarheid praat. Jy loop God se pad reguit en leer die mense om dit ook te doen. Ons sien jy soek nie gewildheid nie, maar net die waarheid. Wat mense oor jou sê of dink, pla jou nie."17 Daarna kom hulle met die angel: "Maar sê nou vir ons, dink jy dit is reg dat ons so baie belasting aan die keiser moet betaal?" Die keiser was immers 'n koning van 'n vreemde land wat hulle onderdruk het.
18 Jesus was te uitgeslape vir hulle. Hy het deur hulle slinkse plan gesien. Daarom sê Hy vir hulle: "Julle weet so goed soos Ek dat julle My in die moeilikheid wil bring. Maar nogtans gaan Ek julle antwoord.19 Het iemand miskien vir My 'n geldstuk waarmee ons belasting moet betaal, asseblief?" Daar was in daardie tyd baie verskillende soorte geldstukke. Vinnig gee iemand vir Hom een.20 Hy sê toe vir hulle: "Kyk mooi na hierdie geld. Wie se beeld is hierop en wie se naam staan hier?"
21 "Die keiser s'n," antwoord hulle vinnig.
"As die geld met die keiser se beeld daarop die keiser s'n is, gee dit vir hom.
"Maar onthou, julle is volgens God se 'beeld' gemaak. Julle behoort aan Hom en daarom moet julle seker maak dat julle julleself aan God gee."
22 Hierdie antwoord het die opposisie se plan heeltemal deurmekaargekrap. Hulle het nie geweet wat om te sê nie. So stil-stil is hulle maar daar weg.
23 Dieselfde dag nog het die Sadduseërs Jesus ook probeer vastrek. Hulle was die Joodse party wat nie in die lewe na die dood geglo het nie. Hulle het veral uit die ryk en belangrike families in Jerusalem gekom.24 "Jy is mos iemand wat ander leer," begin hulle. "Laat ons jou net herinner aan Moses se woorde: 'As 'n getroude man sonder kinders sterf, moet sy broer met sy weduwee trou. Hulle moet dan 'n seun kry om so te sorg dat die familienaam nie uitsterf nie.'25 Sê nou daar is 'n familie met sewe seuns. Die eerste seun trou, maar gaan dood voor hy 'n kind kon hê. Volgens Moses se wet moet die weduwee met die tweede seun trou.26 Hy is egter ook dood sonder dat daar 'n kind is. So gaan dit met al sewe broers.27 Uiteindelik is die vrou sonder 'n kind dood.28 As daar dan nou 'n opstanding na die dood is, soos jy beweer, sê vir ons, met watter man gaan daardie vrou in die hemel getroud wees? Al sewe was mos hier op aarde met haar getroud."
29 Jesus se antwoord was: "Dit is nou 'n dom vraag, veral om twee redes: julle ken nie die Skrif nie en julle onderskat die krag van God heeltemal.30 As mense uit die dood opstaan, tel sulke dinge soos getroud wees nie meer nie. Nee, hulle gaan soos die engele geestelike wesens wees.31 Het julle ook nog nie in julle Bybel gelees wat God oor die opstanding uit die dood sê nie? Hy sê:32 Ek is nou nog die God van Abraham, Isak en Jakob. God is nie 'n dooie God of die God van dooies nie. Hy is die God van die lewendes. As dit so is, beteken dit Abraham, Isak en Jakob is dood of lewendig? As God, asook hierdie voorvaders, dan leef, wat sê dit van die lewe na die dood?"
33 Die mense het stil na Hom gesit en luister. Hy het hulle net al hoe meer beïndruk met die manier waarop Hy oor hierdie moeilike sake gepraat het.
34 Die nuus het gou by die Fariseërs uitgekom dat Jesus die Sadduseërs in 'n hoek gedryf het. Hulle het besluit om weer te probeer en het soos een man om Jesus saamgetrek.35 Een van hulle beste geleerdes vra toe vir Jesus 'n vraag. Hy wou hê Jesus moes Hom vaspraat. Daarom het hy sy vraag dubbelsinnig gestel.36 "Watter opdrag is die belangrikste in die wet?" Die Fariseër het geweet dat as Jesus sê een opdrag is belangriker as die ander, Hy die eenheid van die wet sou aantas. Sê Hy weer almal is ewe belangrik, sou sommige voel Hy tas die eer van God aan. So sou Hy God, wat die belangrikste van almal is, natuurlik beledig.
37 Weer het Jesus Hom nie laat vastrek nie. "'Jy moet die Here jou God liefhê met alles wat jy is en het.' Niks in jou lewe mag vir jou so belangrik soos God wees nie.38 Hierdie opdrag staan boaan die lys.39 Maar daar is 'n tweede opdrag wat langs die eerste een op die lys staan: 'Jy moet ander mense so liefhê asof hulle jy is.'40 Hierdie twee opdragte vorm die pilare waarop alles rus waarvan ons in die Bybel lees."
41 Die Fariseërs het daarna kajuitraad gehou, maar Jesus het nie op Hom laat wag nie. Op sy beurt vra Hy weer vir die Fariseërs 'n strikvraag:42 "Wie se Seun dink julle is die Messias?"
"Dawid s'n," sê hulle dadelik.
43 "Wel, as dit so is, hoe verklaar julle dan dat Dawid in een van sy psalms die Messias sy 'Here' noem? Luister hier wat sê Dawid self:
44 'God, die Here, het vir my Here gesê: Kom sit op die spesiale ereplek hier langs My, totdat Ek al jou vyande magteloos voor jou voete laat lê.'
45 "Onthou, hy het dit gesê toe hy onder die inspirasie van die Heilige Gees was. Verklaar dan nou vir My: As Dawid die Messias 'Here' noem, hoe is dit moontlik dat Hy Dawid se seun ook nog kan wees?"
46 En daar staan die Fariseërs weer met 'n mond vol tande. Nie een het geweet wat om te sê nie. Hulle het van toe af maar besluit om Hom nie weer in die openbaar iets te vra nie. Net mooi elke keer as hulle Hom probeer vasvra het, het Hy 'n gek van hulle gemaak.
Matthew 22
The Parable of the Wedding Banquet
1 Jesus spoket to them again in parables, saying:2 “The kingdom of heaven can be compared to a king who gave a wedding banquet for his son.3 He sent his slavest to summon those who had been invited to the banquet, but they would not come.4 Again he sent other slaves, saying, ‘Tell those who have been invited, “Look! The feast I have prepared for you is ready.t My oxen and fattened cattle have been slaughtered, and everything is ready. Come to the wedding banquet.”’5 But they were indifferent and went away, one to his farm, another to his business.6 Thet rest seized his slaves, insolently mistreated them, and killed them.7 Thet king was furious! He sent his soldiers, and they put those murderers to deatht and set their cityt on fire.8 Then he said to his slaves, ‘The wedding is ready, but the ones who had been invited were not worthy.9 So go into the main streets and invite everyone you find to the wedding banquet.’10 And those slaves went out into the streets and gathered all they found, both bad and good, and the wedding hall was filled with guests.11 But when the king came in to see the wedding guests, he saw a man there who was not wearing wedding clothes.12 And he said to him, ‘Friend, how did you get in here without wedding clothes?’ But he had nothing to say.t13 Then the king said to his attendants, ‘Tie him up hand and foot and throw him into the outer darkness, where there will be weeping and gnashing of teeth!’
14 For many are called, but few are chosen.”
Paying Taxes to Caesar
15 Then the Phariseess went out and planned together to entrap him with his own words.t16 They sent to him their disciples along with the Herodians,s saying, “Teacher, we know that you are truthful, and teach the way of God in accordance with the truth.s You do not court anyone’s favor because you show no partiality.t
17 Tell us then, what do you think? Is it rightt to pay taxests to Caesart or not?”
18 But Jesus realized their evil intentions and said, “Hypocrites! Why are you testing me?19 Show me the coin used for the tax.” Sot they brought him a denarius.ts20 Jesust said to them, “Whose imagets is this, and whose inscription?”21 They replied,t “Caesar’s.” He said to them,t “Then give to Caesar the things that are Caesar’s, and to God the things that are God’s.”s
22 Now when they heard this they were stunned,t and they left him and went away.
Marriage and the Resurrection
23 The same day Sadduceess (who say there is no resurrection)s came to him and asked him,t24 “Teacher, Moses said, ‘If a man dies without having children, his brother must marry the widow and father childrentfor his brother.’s25 Now there were seven brothers among us. The first one married and died, and since he had no children he left his wife to his brother.26 The second did the same, and the third, down to the seventh.27 Lastt of all, the woman died.28 In the resurrection, therefore, whose wife of the seven will she be? For they all had married her.”t29 Jesust answered them, “You are deceived,t because you don’t know the scriptures or the power of God.30 For in the resurrection they neither marry nor are given in marriage, but are like angelsss in heaven.31 Now as for the resurrection of the dead, have you not read what was spoken to you by God,t32 ‘I am the God of Abraham, the God of Isaac, and the God of Jacob’?s He is not the God of the dead but of the living!”s
33 When the crowds heard this, they were amazed at his teaching.
The Greatest Commandment
34 Now when the Phariseess heard that he had silenced the Sadducees,s they assembled together.t35 And one of them, an expert in religious law,t asked him a question to testt him:36 “Teacher, which commandment in the law is the greatest?”t37 Jesust said to him, “‘Lovetthe Lord your God with all your heart, with all your soul, and with all your mind.’s38 This is the first and greatestt commandment.39 The second is like it: ‘Love your neighbor as yourself.’s
40 All the law and the prophets dependt on these two commandments.”
The Messiah: David’s Son and Lord
41 Whilet the Phariseess were assembled, Jesus asked them a question:t42 “What do you think about the Christ?ts Whose son is he?” They said, “The son of David.”s
43 He said to them, “How then does David by the Spirit call him ‘Lord,’ saying,
44 ‘The Lord said to my lord,s
“Sit at my right hand,
until I put your enemies under your feet”’?s
45 If David then calls him ‘Lord,’ how can he be his son?”t
46 No onet was able to answer him a word, and from that day on no one dared to question him any longer.