previous next

Matteus 23

Jesus waarsku die mense teen die godsdienstige leiers

(Ook Mark 12:37-40; Luk 20:45-47; 11:39-52)

1 Jesus het toe vir die mense en vir sy tdissipels gesê: 2 “Die tskrifgeleerdes en die tFariseërs is die mense wat die tWette van Moses kan verduidelik. 3 Daarom moet julle alles doen wat hulle vir julle sê, julle moet gehoorsaam wees. Maar julle moenie doen wat hulle doen nie, want hulle sê wat julle moet doen, maar hulle doen dit nie self nie. 4 Hulle wil hê mense moet dinge doen wat die wette sê, maar hulle laat die mense swaarkry, soos wanneer die mense goed op hulle skouers moet dra wat te swaar is vir hulle. Maar die skrifgeleerdes en die Fariseërs wil self niks doen om die mense te help nie.

5 Hulle doen alles sodat die mense hulle moet sien. Hulle maak die tgebedsdosies baie groot, en die ttossels aan hulle klere baie lank.
6 “Hulle sit graag op die belangrikste plekke by die tfeeste en in die tsinagoges.

7 Hulle wil hê die ander mense moet hulle groet op die plekke in die stad waar die mense bymekaarkom, en hulle hou daarvan dat die mense vir hulle ‘tRabbi’ sê.
8 “Maar julle moenie dat mense vir julle ‘Rabbi’ sê nie, want daar is net een Persoon wat vir julle leer, en julle is almal mekaar se broers. 9 Julle moenie hier op die aarde vir iemand ‘tVader’ noem nie, want daar is net een Persoon wat julle Vader is, en dit is julle Vader in die hemel. 10 Julle moenie dat mense vir julle ‘tleermeester’ noem nie, want net tdie Christus is julle Leermeester. 11 Die persoon wat by julle die belangrikste is, hy moet die ander dien.

12 As iemand dink hy is belangrik, dan sal God hom onbelangrik maak. En as iemand dink hy is onbelangrik, dan sal God hom belangrik maak.
13 “Dit sal sleg gaan met julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, julle wat tskynheilige mense is. Dit sal sleg gaan met julle, want julle keer mense sodat hulle nie kan ingaan na God nie, God die Koning wat in die hemel is. Julle gaan self nie in nie en julle laat nie die mense ingaan wat wil ingaan nie.

14 t

15 “Dit sal sleg gaan met julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, julle is skynheilige mense. Julle gaan oral oor die see en in al die lande om een mens te leer om God te aanbid soos julle dit doen. En wanneer iemand soos julle geword het, dan maak julle hom twee maal slegter as julleself en dan gaan hy hel toe.
16 “Dit sal sleg gaan met julle, julle is soos blinde mense wat vir ander blindes wil wys waar hulle moet loop. Julle sê: ‘As iemand iets belowe en hy sê die ttempel is die tgetuie, dan maak dit nie saak as hy nie doen wat hy belowe het nie. Maar as iemand iets belowe en hy sê die goud van die tempel is die getuie, dan moet hy doen wat hy belowe het.’ 17 Julle is blind en tdwaas. Wat is die belangrikste: die goud of die tempel? Want die tempel maak die goud tgewyd. 18 En julle sê: ‘As iemand iets belowe en hy sê die taltaar is die getuie, dan maak dit nie saak as hy nie doen wat hy belowe het nie. Maar as iemand iets belowe en hy sê die toffer aan God op die altaar is die getuie, dan moet hy doen wat hy belowe het.’ 19 Julle is blind! Wat is die belangrikste: die offer of die altaar wat die offer gewyd maak? 20 Iemand wat iets belowe en sê die altaar is sy getuie, belowe dit en sê die altaar en alles daarop is sy getuie. 21 En iemand wat iets belowe en sê die tempel is sy getuie, belowe dit en sê die tempel en God wat in die tempel woon, is sy getuie.

22 En iemand wat iets belowe en sê die hemel is sy getuie, belowe dit en sê die ttroon van God en God wat op die troon sit, is sy getuie.
23 “Dit sal sleg gaan met julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, julle is skynheilige mense. Want julle gee ttiendes, ook van tkruisement, anys en koljander, maar julle doen nie die belangrikste dinge wat die wette van God vra nie. Die belangrikste dinge is: Julle moet reg doen aan mense, julle moet goed wees vir mense en julle moet doen wat julle belowe het. Hierdie dinge moet julle doen en julle moenie ophou om tiendes te gee nie.

24 Julle is blindes wat vir ander blindes wil wys waar hulle moet loop. Julle is soos mense wat water deur ’n doek gooi sodat hulle nie ’n klein muggie sal insluk nie, maar hulle sluk ’n kameel in.
25 “Dit sal sleg gaan met julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, julle wat skynheilige mense is. Julle maak die buitekant van julle bekers en borde skoon, maar julle het alles gevat wat in die bekers en op die borde is, julle het dit van ander mense gevat omdat julle net vir julleself wil sorg.

26 Fariseër, jy wat blind is, jy moet eers die binnekant van die beker skoonmaak, dan sal die buitekant ook skoon wees.
27 “Dit sal sleg gaan met julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, julle is skynheilige mense. Julle is soos tgrafte wanneer mense dit wit geverf het. Die buitekant lyk mooi, maar binne-in is dit vol bene van dooie mense en ander dinge wat tonrein is.

28 Julle is ook so: Wanneer mense na julle kyk, dan lyk julle soos mense wat gehoorsaam is aan die wette van die Here, maar in julle harte is julle skynheilig en doen julle nie wat God se wette sê nie.

29 “Dit sal sleg gaan met julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, julle is skynheilige mense. Julle bou grafkamers vir die tprofete en julle maak die tmonumente mooi vir die mense wat gehoorsaam was aan die wette van die Here.
30 “Julle sê: ‘As ons gelewe het in die tyd toe ons tvoorouers gelewe het, dan sou ons nie vir hulle gehelp het om die profete te vermoor nie.’ 31 So sê julle self dat julle die tnageslag is van die mense wat die profete vermoor het. 32 Julle moet klaarmaak wat julle voorouers begin het! 33 Julle is soos slange, soos ’n klomp adders! Wie het vir julle gesê julle kan vlug sodat God julle nie sal straf in die hel nie? 34 Daarom, Ek sal nou profete en twyse mense en skrifgeleerdes na julle toe stuur. Julle sal party van hulle doodmaak en tkruisig. Julle sal party van hulle met tswepe slaan in julle sinagoges, en julle sal hulle jaag en in elke stad laat swaarkry. 35 Ek stuur hulle sodat God vir julle kan straf omdat julle baie tonskuldige mense op die aarde vermoor het. Julle het begin by die onskuldige Abel, julle het hom vermoor en julle het aangehou om onskuldige mense te vermoor totdat julle ook vir Sagaria seun van Berekja vermoor het. Julle het hom vermoor tussen die tempel en die altaar.

36 Ek sê vir julle, en dit is seker: God sal julle straf oor alles, julle wat nou lewe.”

Jesus kla oor Jerusalem

(Ook Luk 13:34-35)


37 Jesus het ook gesê: “Mense van Jerusalem, julle maak die tprofete dood, julle gooi die tboodskappers wat God na julle toe gestuur het, dood met klippe. Mense van Jerusalem, Ek wou julle baie maal bymekaarmaak soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie kom nie. 38 Julle moet nou goed luister: Daar sal niemand in Jerusalem oorbly wat lewe nie. 39 Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af nie weer sien nie tot daardie dag wanneer julle sal sê: ‘tPrys die Man wat kom! Die Here het Hom gestuur om sy werk te kom doen.’ ”

Matthew 23

Jesus Warns against the Teachers of the Law and the Pharisees

(Mk 12.38–39; Lk 11.43, 46; 20.45–46)

1  Then Jesus spoke to the crowds and to his disciples. 2  “The teachers of the Law and the Pharisees are the authorized interpreters of Moses' Law. 3  So you must obey and follow everything they tell you to do; do not, however, imitate their actions, because they don't practise what they preach. 4  They tie on to people's backs loads that are heavy and hard to carry, yet they aren't willing even to lift a finger to help them carry those loads. 5  They do everything so that people will see them. Look at the straps with scripture verses on them which they wear on their foreheads and arms, and notice how large they are! Notice also how long are the tassels on their cloaks! t t 6 They love the best places at feasts and the reserved seats in the synagogues; 7 they love to be greeted with respect in the market places and to be called ‘Teacher’. 8 You must not be called ‘Teacher’, because you are all members of one family and have only one Teacher. 9 And you must not call anyone here on earth ‘Father’, because you have only the one Father in heaven. 10 Nor should you be called ‘Leader’, because your one and only leader is the Messiah. 11 The greatest one among you must be your servant.t

12 Whoever makes himself great will be humbled, and whoever humbles himself will be made great.t

Jesus Condemns their Hypocrisy

(Mk 12.40; Lk 11.39–42, 44, 52; 20.47)


13  “How terrible for you, teachers of the Law and Pharisees! You hypocrites! You lock the door to the Kingdom of heaven in people's faces, and you yourselves don't go in, nor do you allow in those who are trying to enter! t

15  “How terrible for you, teachers of the Law and Pharisees! You hypocrites! You sail the seas and cross whole countries to win one convert; and when you succeed, you make him twice as deserving of going to hell as you yourselves are!
16  “How terrible for you, blind guides! You teach, ‘If someone swears by the Temple, he isn't bound by his vow; but if he swears by the gold in the Temple, he is bound.’ 17  Blind fools! Which is more important, the gold or the Temple which makes the gold holy? 18  You also teach, ‘If someone swears by the altar, he isn't bound by his vow; but if he swears by the gift on the altar, he is bound.’ 19  How blind you are! Which is the more important, the gift or the altar which makes the gift holy? 20  So then, when a person swears by the altar, he is swearing by it and by all the gifts on it; 21  and when he swears by the Temple, he is swearing by it and by God, who lives there;

22  and when someone swears by heaven, he is swearing by God's throne and by him who sits on it. t
23  “How terrible for you, teachers of the Law and Pharisees! You hypocrites! You give to God a tenth even of the seasoning herbs, such as mint, dill, and cumin, but you neglect to obey the really important teachings of the Law, such as justice and mercy and honesty. These you should practise, without neglecting the others. t

24 Blind guides! You strain a fly out of your drink, but swallow a camel!
25  “How terrible for you, teachers of the Law and Pharisees! You hypocrites! You clean the outside of your cup and plate, while the inside is full of what you have obtained by violence and selfishness.

26  Blind Pharisee! Clean what is inside the cup first, and then the outside will be clean too!
27  “How terrible for you, teachers of the Law and Pharisees! You hypocrites! You are like whitewashed tombs, which look fine on the outside but are full of bones and decaying corpses on the inside. t

28 In the same way, on the outside you appear good to everybody, but inside you are full of hypocrisy and sins.

Jesus Predicts their Punishment

(Lk 11.47–51)


29  “How terrible for you, teachers of the Law and Pharisees! You hypocrites! You make fine tombs for the prophets and decorate the monuments of those who lived good lives; 30  and you claim that if you had lived during the time of your ancestors, you would not have done what they did and killed the prophets. 31  So you actually admit that you are the descendants of those who murdered the prophets! 32  Go on, then, and finish what your ancestors started! 33  You snakes and children of snakes! How do you expect to escape from being condemned to hell? t 34 And so I tell you that I will send you prophets and wise men and teachers; you will kill some of them, crucify others, and whip others in the synagogues and chase them from town to town. 35 As a result, the punishment for the murder of all innocent people will fall on you, from the murder of innocent Abel to the murder of Zachariah son of Berachiah, whom you murdered between the Temple and the altar.t

36 I tell you indeed: the punishment for all these murders will fall on the people of this day!

Jesus' Love for Jerusalem

(Lk 13.34–35)


37  “Jerusalem, Jerusalem! You kill the prophets and stone the messengers God has sent you! How many times have I wanted to put my arms round all your people, just as a hen gathers her chicks under her wings, but you would not let me! 38  And so your Temple will be abandoned and empty. t 39 From now on, I tell you, you will never see me again until you say, ‘God bless him who comes in the name of the Lord.’ ”t