MATTEUS 23
Jesus waarsku teen die skrifgeleerdes en die Fariseërs
(Mark. 12:38-39; Luk. 11:43-46; 20:45-46)
1 Toe het Jesus die menigte en sy dissipels toegespreek 2 en gesê: “Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het die gesag om die wet van Moses te vertolk. 3 Julle moet alles doen en onderhou wat hulle vir julle sê, maar hulle voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hulle doen self nie wat hulle sê nie. 4 Hulle bind swaar en ondraaglike laste saam en sit dit op die mense se skouers, maar self wil hulle nie 'n vinger verroer om dit te dra nie. 5 Alles wat hulle doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot. 6 Hulle hou van die ereplekke by die feesmaaltye, en van die voorste plekke in die sinagoges 7 en om op straat deur die mense begroet en as ‘rabbi’ aangespreek te word.
8 “Maar julle moet julle nie ‘rabbi’ laat noem nie; net Een is julle Leermeester en julle is almal broers. 9 Moet niemand hier op aarde as ‘vader’ aanspreek nie, want Een is julle Vader: die Vader in die hemel. 10 Julle moet julle nie ‘leiers’ laat noem nie, want Een is julle Leier: die Christus.
11 “Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien. 12 Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word.”
Jesus veroordeel huigelary
(Mark. 12:40; Luk. 11:39-42; 20:47)
13 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder dié wat wel wil ingaan.t
15 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle trek oor see en land rond om een bekeerling te maak, en as hy dit word, maak julle hom twee maal so ryp vir die hel as wat julle self is.
16 “Ellende wag vir julle, julle wat ander wil lei en self blind is. Julle sê: ‘As iemand by die tempel 'n eed aflê, is hy nie aan sy eed gebind nie, maar as hy by die goud van die tempel 'n eed aflê, moet hy die eed nakom.’ 17 Blinde dwase! Wat is belangriker: die goud of die tempel waardeur die goud geheilig word? 18 Julle sê ook: ‘As iemand by die altaar 'n eed aflê, is hy nie aan sy eed gebind nie, maar as hy by die offergawe bo-op die altaar 'n eed aflê, moet hy die eed nakom.’ 19 Julle blindes! Wat is belangriker: die offergawe of die altaar waardeur die offergawe geheilig word? 20 Wie by die altaar 'n eed aflê, lê 'n eed af by die altaar en by alles wat daarop is. 21 Wie by die tempel 'n eed aflê, lê 'n eed af by die tempel en by God wat daarin woon. 22 En wie by die hemel 'n eed aflê, lê 'n eed af by die troon van God en by God wat daarop sit.
23 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgens die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Juis hierdie dinge moet 'n mens doen en die ander nie nalaat nie. 24 Blinde leiers! Julle skep die muggie uit julle beker uit, maar julle sluk die kameel in.
25 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binne is hulle vol hebsug en onmatigheid. 26 Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees.
27 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is. 28 So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet.”
Jesus kondig hulle straf aan
(Luk. 11:47-51)
29 “Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle hou die grafte van die profete in stand en versier die gedenktekens van die vromes, 30 en julle sê: ‘As ons in die dae van ons voorvaders gelewe het, sou ons nie medepligtig gewees het aan die vergieting van die bloed van die profete nie.’ 31 Op dié manier erken julle self dat julle nakomelinge is van die moordenaars van die profete. 32 Gaan maar aan, maak klaar wat julle voorvaders begin het!
33 “Julle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel? 34 Luister dus goed! Ek stuur profete, wyse manne en leraars na julle toe. Julle sal party van hulle doodmaak en kruisig, en party in julle sinagoges gesel en hulle van die een dorp na die ander vervolg. 35 So sal julle verantwoordelik wees vir die bloed van al die vromes wat op die aarde uitgestort is, van die bloed van die onskuldige Abel af tot by die bloed van Sagaria seun van Berekja, vir wie julle tussen die tempel en die altaar vermoor het. 36 Dit verseker Ek julle: Die straf vir al hierdie dinge sal op die mense van vandag neerkom.”
Klag oor Jerusalem
(Luk. 13:34-35)
37 “Jerusalem, Jerusalem! Jy wat die profete doodmaak en die boodskappers stenig wat na jou toe gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie! 38 Kyk, nou word julle stad as puinhoop aan julle oorgelaat. 39 Maar Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal uitroep: Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!t”
Matthew 23
1 THEN Jesus spoke to the multitudes and to his disciples,2 Saying: The scribes and the Pharisees have sitten on the chair of Moses.3 All things therefore whatsoever they shall say to you, observe and do: but according to their works do ye not; for they say, and do not.4 For they bind heavy and insupportable burdens, and lay them on men's shoulders; but with a finger of their own they will not move them.5 And all their works they do for to be seen of men. For they make their phylacteries broad, and enlarge their fringes.6 And they love the first places at feasts, and the first chairs in the synagogues,7 And salutations in the market place, and to be called by men, Rabbi.8 But be not you called Rabbi. For one is your master; and all you are brethren.9 And call none your father upon earth; for one is your father, who is in heaven.10 Neither be ye called masters; for one is you master, Christ.11 He that is the greatest among you shall be your servant.12 And whosoever shall exalt himself shall be humbled: and he that shall humble himself shall be exalted.13 But woe to you scribes and Pharisees, hypocrites; because you shut the kingdom of heaven against men, for you yourselves do not enter in; and those that are going in, you suffer not to enter.14 Woe to you scribes and Pharisees, hypocrites: because you devour the houses of widows, praying long prayers. For this you shall receive the greater judgment.15 Woe to you scribes and Pharisees, hypocrites; because you go round about the sea and the land to make one proselyte; and when he is made, you make him the child of hell twofold more than yourselves.16 Woe to you blind guides, that say, Whosoever shall swear by the temple, it is nothing; but he that shall swear by the gold of the temple, is a debtor.17 Ye foolish and blind; for whether is greater, the gold, or the temple that sanctifieth the gold?18 And whosoever shall swear by the altar, it is nothing; but whosoever shall swear by the gift that is upon it, is a debtor.19 Ye blind: for whether is greater, the gift, or the altar that sanctifieth the gift?20 He therefore that sweareth by the altar, sweareth by it, and by all things that are upon it:21 And whosoever shall swear by temple, sweareth by it, and by him that dwelleth in it:22 And he that sweareth by heaven, sweareth by the throne of God, and by him that sitteth thereon.23 Woe to you scribes and Pharisees, hypocrites; because you tithe mint, and anise, and cummin, and have left the weightier things of the law; judgment, and mercy, and faith. These things you ought to have done, and not to leave those undone.24 Blind guides, who strain out a gnat, and swallow a camel.25 Woe to you scribes and Pharisees, hypocrites; because you make clean the outside of the cup and of the dish, but within you are full of rapine and uncleanness.26 Thou blind Pharisee, first make clean the inside of the cup and of the dish, that the outside may become clean.27 Woe to you scribes and Pharisees, hypocrites; because you are like to whited sepulchres, which outwardly appear to men beautiful, but within are full of dead men's bones, and of all filthiness.28 So you also outwardly indeed appear to men just; but inwardly you are full of hypocrisy and iniquity.29 Woe to you scribes and Pharisees, hypocrites; that build the sepulchres of the prophets, and adorn the monuments of the just,30 And say: If we had been in the days of our Fathers, we would not have been partakers with them in the blood of the prophets.31 Wherefore you are witnesses against yourselves, that you are the sons of them that killed the prophets.32 Fill ye up then the measure of your fathers.33 You serpents, generation of vipers, how will you flee from the judgment of hell?34 Therefore behold I send to you prophets, and wise men, and scribes: and some of them you will put to death and crucify, and some you will scourge in your synagogues, and persecute from city to city:35 That upon you may come all the just blood that hath been shed upon the earth, from the blood of Abel the just, even unto the blood of Zacharias the son of Barachias, whom you killed between the temple and the altar.36 Amen I say to you, all these things shall come upon this generation.37 Jerusalem, Jerusalem, thou that killest the prophets, and stonest them that are sent unto thee, how often would I have gathered together thy children, as the hen doth gather her chickens under her wings, and thou wouldest not?38 Behold, you house shall be left to you, desolate.39 For I say to you, you shall not see me henceforth till you say: Blessed is he that cometh in the name of the Lord.