Matteus 23
1 Jesus draai toe na die groep mense wat naby Hom gesit het. Sy getrouste volgelinge was ook onder hulle.2 "Glo My," sê Hy, "die Joodse teoloë en Fariseërs weet presies wat daar in die wet van Moses geskryf staan. Al wat hulle heeldag doen, is om die wet te lees.3 Julle kan gerus maar luister na wat hulle oor die wet van Moses sê en dan ook so leef. Maar oppas! Moet net nie doen wat hulle doen nie. Wat hulle sê en wat hulle doen, is twee verskillende dinge. Hulle woorde en hulle dade verskil soos dag en nag.
4 "Hulle skryf boeke vol streng godsdienstige reëls en stop dit dan in julle hande met die woorde: Doen dit! In hulle eie lewe doen hulle egter nie eens wat op die eerste bladsy staan nie.5 Al wat vir hulle tel, is wat mense van hulle dink. Dit maak nie saak wat God van hulle dink nie, net solank die mense vir hulle hande klap. Hulle koop die grootste Bybels, bid die langste en sing die hardste in die kerk. Hulle probeer ook so vroom lyk dat 'n mens hulle dadelik tussen duisend ander mense sal uitken.6 In die kerk hoef julle nie na hulle te soek nie. Julle sal hulle op daardie sitplekke kry waar niemand hulle kan miskyk nie.7 En dit is vir hulle tog te lekker om in die winkels eerbiedig deur die mense gegroet te word met: 'Goeiemôre, liewe Dominee,' of watter titel hulle ook al belangrik laat voel."
8 "Wees gewaarsku, julle almal wat My volg! Moenie toelaat dat mense dit aan julle doen nie. Moenie dat hulle julle so op 'n verhogie sit met 'n gedominee hier of 'n gepastoor daar nie. Onthou, julle is net belangrik omdat Jesus by wie julle alles gehoor het, belangrik is. Laat al die lof en eer maar na Hom toe gaan. Vir julle moet dit genoeg wees om mekaar se broers en susters genoem te word. Christene is mos deel van God se familie.
9 "Daarom moet julle selfs hier op aarde julle hemelse Vader se gesag bo alles erken, selfs bo die gesag van julle aardse pa.
10 "Oppas daarvoor dat mense na julle begin opsien as 'supergelowiges' omdat julle meer weet of meer ervare as hulle in die godsdienstige dinge is. Daar is net Een na wie opgesien mag word, en dit is Christus.
11 "Die reël wat elke gelowige moet onthou, is: onder God se kinders is die een wat die ander dien die belangrikste.12 Dit beteken dat God die een wat gedurig die belangrikste wil wees en oor ander baas wil speel, heel agter in die ry sal laat staan. Die een wat egter ander dien sonder om gedurig te wonder hoe belangrik dit alles hom gaan maak, sal van God self die ereplek voor in die ry kry."
13 "Luister, Fariseërs, godsdienstige leiers, julle wat mense so mislei, julle kan maar uit vrees vir God begin bewe. Julle beroof die mense van die kans om naby God te wees en Hom te dien. Julle self weet nie hoe dit voel nie en daarom gun julle dit ook vir niemand anders nie.
15 "Ek sê weer, julle kan maar begin bewe! Julle ry halfpad om die wêreld om een persoon te oortuig dat hy die Joodse godsdiens moet aanneem. En as hy dit doen, wat maak julle dan? Dan maak julle hom soos wat julle self is. En daarmee help julle die arme man die afgrond in, reguit die hel in.
16 "Ja-nee, julle is in die moeilikheid by God. Julle vertel vir almal dat julle net die mense is om hulle geestelik op die regte pad te lei.17 Tog is julle so blind soos molle. Kyk net wat doen julle: julle sê vir mense dat as hulle iets beloof met hulle vingers gekruis, hulle nie hulle belofte hoef na te kom nie.18 Maar beloof hulle iets met hulle hand op die Bybel, moet hulle dit ernstig bedoel.19 Wat 'n klomp onsin! Is daar nou skielik baie meer krag in die buiteblad van die Bybel as in julle gekruiste vingers?
20 "Julle sê ook: 'As iemand plegtig belowe dat hy iets sal doen, hoef hy nie sy woord te hou nie. As hy egter dieselfde ding beloof, maar dit op 'n stuk papier ook skryf, mag hy nie sy woord breek nie.' Kry julle nie skaam nie? Wat dink julle is die belangrikste: Julle woorde of die stuk papier?21-22 Antwoord vir My net dié vraag: Hoe kan gekruiste vingers, 'n stuk papier of die buiteblad van die Bybel nou 'n belofte maak of breek? 'n Belofte is mos 'n belofte! God steur Hom nie aan al hierdie dinge soos vingers of papier nie; vir Hom is 'n belofte 'n belofte wat nie gebreek mag word nie. Dit maak nie saak hoe die belofte gemaak is nie.23 "Ek waarsku julle, Fariseërs en Joodse teoloë. Julle is pynlik presies oor hoe julle kerk hou en julle werk julle tiendes tot op die laaste sent uit. Maar as dinge gedoen moet word wat regtig vir God saak maak, skitter julle in julle afwesigheid. Ek praat van dinge soos om vir almal 'n regverdige kans te gee; of dat julle so vir mense omgee dat julle hulle graag wil help; of dat mense weet dat hulle julle kan vertrou. Ek sê nou nie die ander dinge wat julle doen, is noodwendig verkeerd nie. Maar dit is niks werd as julle nie ook die dinge doen wat regtig vir God saak maak nie.
24 "Maar nou het julle van die godsdiens iets gemaak wat dit nie is nie. Julle het alles deurmekaargekrap. Wat belangrik is, het julle onbelangrik gemaak, en wat onbelangrik is, het julle belangrik gemaak. Julle is regtig soos mense wat vreeslik oor 'n sent baklei, maar julle nie aan 100 rand steur nie.
25 "Sowaar, julle is soos iemand wat die buitekant van 'n skottel silwerskoon maak, maar dit binne-in net so vuil los. Dit is vir julle baie belangrik hoe mense van buite lyk. Hoe hulle egter van binne lyk, pla julle glad nie. Hulle kan selfs maar vol haat en allerhande ander lelike dinge wees, dit maak nie saak nie.26 Fariseërs, maak tog asseblief julle oë oop! Sorg eers dat die binnekant mooi skoon is. Dan sal die skottel weer gebruik kan word."
27 "Julle is regtig op die verkeerde pad. Julle is soos grafte wat bo-op netjies versorg is. Die grafsteen is mooi en die blomme op die graf is te pragtig. Maar binne-in die graf self is daar net 'n klomp dooie bene. Wat 'n kontras!28 Grafte laat My aan julle dink. As 'n mens na julle kyk, lyk julle soos engeltjies. Maar as 'n mens 'n bietjie dieper kyk, lyk die prentjie anders: dan sien jy huigelaars en mense wat hulle glad nie aan God se wil steur nie."
29 "Julle rig groot grafstene op vir julle belangrike mense. Julle bou monumente vir julle helde van ouds en sit gedurig met eerbied blomme daar neer. Hieroor is julle ernstig.30 Julle beweer dat as julle destyds geleef het, julle nie hierdie manne van God kwaad sou aangedoen of sou doodgemaak het soos die mense destyds gedoen het nie.31 Maar julle is maar net die kinders van daardie mense wat die manne van God vermoor het. Die appel val nie ver van die boom nie. Julle voorouers het die beker halfpad met die bloed van die manne van God volgemaak.32 Toe, maak julle nou maar daardie werk vir hulle klaar. Maak die beker vol!
33 "Julle klomp bedrieërs! Dink julle julle sal julle uit die hel kan loslieg?34 Dink dan maar weer! Daarom stuur Ek aanhoudend manne van God na julle toe. Hulle probeer julle op allerhande maniere op die regte pad help. En wat doen julle met hulle? Hierdie een gryp julle en maak hom dood. Daardie een laat julle aan 'n kruis vasslaan. Ander verneder julle voor almal deur hulle by julle vergaderings uit te skel en selfs te slaan. As hulle probeer wegkom, probeer julle dit ook vir hulle so moeilik moontlik maak. Oral waar hulle gaan, is dit dieselfde storie: belediging en vervolging. Daarvoor sorg julle maar alte goed.
35 "Maar julle skuld hoop op. Glo My, God sal julle aankla vir elke druppel bloed van elke goeie mens wat op die grond geval het. Hy gaan julle by Abel begin aankla. Abel was mos 'n goeie mens, maar hy is doodgemaak. Een vir een sal julle na God se aanklagte moet luister tot by Sagaria, Berekja se seun. Julle het hom mos in die middel van die tempel reg voor God se oë doodgemaak.36 Ek sê julle, julle is net so skuldig soos julle voorouers. God sal julle nie laat loskom nie.
37 "Ai, wat maak julle, mense van Jerusalem? Julle gooi die boodskappers wat God na julle toe stuur met klippe dood. Ek wou julle so graag omhels en julle Vriend wees; glo My, Ek wou. Ek het oor julle gevoel soos 'n hen oor haar kuikens. Maar julle wou niks weet nie. Julle het julle rug vir My gedraai. Daarom kan dit nie anders nie. Daar sal niks vir julle oorbly nie. Alles om julle gaan inmekaarstort.38 Jerusalem gaan 'n spookdorp word.
39 "Wat kan Ek nog sê? Ek het niks meer om vir julle te sê nie. Ons paaie sal nie weer op hierdie manier kruis nie, in elk geval nie voor die dag waarop julle sal erken en sal moet uitroep nie: 'God is baie goed vir Hom wat op die gesag van die Here kom.'"
Matthew 23
Seven Woes
1 Then Jesus said to the crowds and to his disciples,2 “Thet experts in the lawt and the Phariseess sit on Moses’ seat.3 Therefore pay attention to what they tell you and do it. But do not do what they do, for they do not practice what they teach.t4 Theyt tie up heavy loads, hard to carry, and put them on men’s shoulders, but they themselves are not willing even to lift a finger to move them.5 Theyt do all their deeds to be seen by people, for they make their phylacteriess wide and their tasselsts long.6 Theyt love the place of honor at banquets and the best seats in the synagoguess7 and elaborate greetingss in the marketplaces, and to have people call them ‘Rabbi.’8 But you are not to be called ‘Rabbi,’ for you have one Teacher and you are all brothers.9 And call no one your ‘father’ on earth, for you have one Father, who is in heaven.10 Nor are you to be called ‘teacher,’ for you have one teacher, the Christ.ts11 Thet greatest among you will be your servant.
12 And whoever exalts himself will be humbled, and whoever humbles himself will be exalted.
13 “But woe to you, experts in the lawt and you Pharisees, hypocrites!t You keep locking people out of the kingdom of heaven!t For you neither enter nor permit those trying to enter to go in.ss
15 “Woe to you, experts in the lawt and you Pharisees, hypocrites! You cross land and sea to make one convert,t and when you get one,t you make him twice as much a child of hellts as yourselves!
16 “Woe to you, blind guides, who say, ‘Whoever swears by the temple is bound by nothing.t But whoever swears by the gold of the temple is bound by the oath.’17 Blind fools! Which is greater, the gold or the temple that makes the gold sacred?18 And, ‘Whoever swears by the altar is bound by nothing.t But if anyone swears by the gift on it he is bound by the oath.’19 You are blind! For which is greater, the gift or the altar that makes the gift sacred?20 So whoever swears by the altar swears by it and by everything on it.21 And whoever swears by the temple swears by it and the one who dwells in it.
22 And whoever swears by heaven swears by the throne of God and the one who sits on it.
23 “Woe to you, experts in the lawt and you Pharisees, hypocrites! You give a tentht of mint, dill, and cumin,s yet you neglect what is more important in the law – justice, mercy, and faithfulness! Yous should have done these things without neglecting the others.
24 Blind guides! You strain out a gnat yet swallow a camel!t
25 “Woe to you, experts in the lawt and you Pharisees, hypocrites! You clean the outside of the cup and the dish, but inside they are full of greed and self-indulgence.
26 Blind Pharisee! First clean the inside of the cup,s so that the outside may become clean too!
27 “Woe to you, experts in the lawt and you Pharisees, hypocrites! You are like whitewashed tombs that look beautiful on the outside but inside are full of the bones of the dead and of everything unclean.s
28 In the same way, on the outside you look righteous to people, but inside you are full of hypocrisy and lawlessness.
29 “Woe to you, experts in the lawt and you Pharisees, hypocrites! Yout build tombs for the prophets and decorate the gravest of the righteous.30 And you say, ‘If we had lived in the days of our ancestors,t we would not have participated with them in shedding the blood of the prophets.’31 By saying this you testify against yourselves that you are descendants of those who murdered the prophets.32 Fill up then the measure of your ancestors!
33 You snakes, you offspring of vipers! How will you escape being condemned to hell?ts
34 “For this reason It am sending you prophets and wise men and experts in the law,t some of whom you will kill and crucify,s and some you will flogt in your synagoguess and pursue from town to town,35 so that on you will come all the righteous blood shed on earth, from the blood of righteous Abel to the blood of Zechariah son of Barachiah,s whom you murdered between the temple and the altar.
36 I tell you the truth,t this generation will be held responsible for all these things!t
Judgment on Israel
37 “O Jerusalem, Jerusalem,ss you who kill the prophets and stone those who are sent to you!t How often I have longeds to gather your children together as a hen gathers her chicks under her wings, butt you would have none of it!t38 Look, your house is left to you desolate!
39 For I tell you, you will not see me from now until you say, ‘Blessed is the one who comes in the name of the Lord!’”s