previous next

MATTEUS 23

Jesus waarsku teen die godsdienstige leiers

1 Daarop het Jesus die menigte en sy dissipels soos volg toegespreek:2 "Die skrifkenners en die Fariseërs is die amptelike vertolkers van die wet van Moses.3 Doen en gehoorsaam dus alles wat hulle julle beveel, maar hulle voorbeeld moet julle nie volg nie. Hulle preek, maar leef nie self daarvolgens nie.

4 Hulle oorlaai die mense met absoluut onmoontlike godsdienstige verpligtings, maar verroer nie 'n vinger om dit self uit te voer nie.
5 "Alles wat hulle doen, is vir die uiterlike vertoon. Daarvoor dra hulle op hulle arms en voorkoppe ekstra groot gebedsdosies met Skrifverse daarin en hulle maak die tossels aan hulle klere opvallend groot.6 En hoe verlustig hulle hulle nie in die ereplekke by feesmaaltye en in die sinagoges nie!7 Hulle geniet dit om spesiaal op straat gegroet te word en om deur die mense as 'rabbi' aangespreek te word.8 Maar julle moet julleself nooit as 'rabbi' laat aanspreek nie, want julle het net een Leermeester en julle is almal broers en susters.9 En moenie enige geestelike leier hier op aarde as 'vader' aanspreek nie, want julle het net een Vader: julle Vader wat in die hemel is.10 En julle moet julleself nie as 'leier' laat aanspreek nie, want julle het net een Leier: die Messias self.11 Die belangrikste een onder julle moet die een wees wat dien.

12 Dié wat vir hulleself eer soek - God sal hulle verneder. Maar dié wat hulle geringheid voor God besef - God sal hulle hoog vereer."

Jesus stel die skynheiligheid van die Joodse godsdienstige leiers aan die kaak

13 "Ellende wag vir julle, julle skynheilige skrifkenners en Fariseërs! Want julle blokkeer die koninkryk van God vir die mense. Julle gaan self nie daar in nie en boonop verhinder julle dié wat wel probeer ingaan.

15 Ellende wag vir julle, julle skynheilige skrifkenners en Fariseërs! Want julle trek rond oor see en land om één proseliet te werf en dan maak julle van hom iemand wat op pad is hel toe, twee maal erger as julleself.
16 "Ellende wag vir julle, julle blinde gidse wat beweer: 'As iemand by die heiligdom sweer, het dit geen bindende krag nie, maar as hy by die goud van die tempel sweer, dan is dit bindend.'17 Julle blinde dwase! Wat is die belangrikste, die goud of die tempel waardeur die goud geheilig word?18 Verder sê julle: 'As iemand by die altaar sweer, het dit geen bindende krag nie, maar as hy by die offer bo-op die altaar sweer, is dit bindend.'19 Hoe blind kan julle tog wees! Wat is immers belangriker, die offer of die altaar waardeur die offer geheilig word?20 Wanneer jy by die altaar sweer, sweer jy tog nie net daarby nie, maar ook by alles wat daarop is.21 En wanneer jy by die tempel sweer, sweer jy tog nie net daarby nie, maar ook by Hom wat daarin woon.

22 Net so, wanneer jy sweer by die hemel, sweer jy ook by die troon van God en boonop by Hom wat op die troon sit.
23 "Ellende wag vir julle, julle skynheilige skrifkenners en Fariseërs! Want julle gee noukeurig tiendes van die nietigste deeltjies van julle inkomste, maar julle ignoreer die eintlik belangrike dinge waarom dit in die wet gaan: om te doen wat reg is, om ontferming te betoon en om mense van julle woord te wees. Julle behoort die tiendes te gee, maar die belangriker dinge mag julle ook nie nalaat nie.

24 Blinde gidse! Julle sif die muggie uit julle drinkwater, maar die kameel sluk julle sonder meer af!
25 "Ellende wag vir julle, julle skynheilige skrifkenners en Fariseërs! Want julle maak die buitekant van die beker en die skottel blinkskoon, maar aan die binnekant is julle vuil van grypsug en selfsug.

26 Blinde Fariseër, was die beker eers aan die binnekant, en die buitekant sal vanself skoon word.
27 "Ellende wag vir julle, julle skynheilige skrifkenners en Fariseërs! Want julle is soos grafte wat aan die buitekant spierwit gekalk is, maar aan die binnekant vol is van doodsbeendere en allerlei onreinheid.

28 So lyk julle ook van buite vir die mense baie vroom, maar van binne is julle vol skynheiligheid en minagting van die wet.

29 "Ellende wag vir julle, julle skynheilige skrifkenners en Fariseërs! Want julle rig grafstene op vir die profete en julle versier die gedenkstene van die vromes.
30 "Julle verklaar: 'As ons in ons vaders se tyd gelewe het, sou ons nie by die moord op die profete betrokke gewees het nie.'31 Daarmee wys julle die vinger na julleself, want julle erken ronduit dat julle die nageslag is van dié wat die profete vermoor het.32 En júlle - maak julle dan maar die maat van julle voorouers vol!33 Julle slange! Julle addernes! Hoe sal julle ooit die oordeel van die hel kan ontvlug?

34 Let op, Ek sal vir julle profete en wyses en skrifkenners stuur. Julle sal sommige van hulle vermoor en kruisig en julle sal ander in julle sinagoges met swepe slaan en van die een dorp na die ander vervolg.

35 "So sal julle skuldig word aan die moord op al die vromes, van die regverdige Abel af tot by Sagaria, die seun van Berekja, wat julle by die tempel, tussen die heiligdom en die altaar vermoor het.

36 "Ek verseker julle, al die opgehoopte oordeel sal losbars oor hierdie generasie."

Jesus treur oor Jerusalem

37 "O Jerusalem, stad wat die profete doodmaak en God se boodskappers stenig! Hoeveel maal wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos 'n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar jy wou My dit nie toelaat nie!
38 "Julle moet besef, julle woning word vir julle verlate agtergelaat.

39 Ek verseker julle, julle sal My van nou af nooit weer sien nie tot op die dag wanneer julle sal sê: 'Geseënd is die Een wat kom in die Naam van die Here!'"

MATTHEW 23

Jesus Condemns the Pharisees //and the Teachers of //the Law of Moses

(Mark 12.38-40; Luke 11.37-52; 20.45-47)

1 Jesus said to the crowds and to his disciples:
2 The Pharisees and the teachers of the Law are experts in the Law of Moses.

3 So obey everything they teach you, but don't do as they do. After all, they say one thing and do something else.
4 They pile heavy burdens on people's shoulders and won't lift a finger to help. 5 t Everything they do is just to show off in front of others. They even make a big show of wearing Scripture verses on their foreheads and arms, and they wear big tasselst for everyone to see. 6 They love the best seats at banquets and the front seats in the synagogues.

7 And when they are in the market, they like to have people greet them as their teachers.
8 But none of you should be called a teacher. You have only one teacher, and all of you are like brothers and sisters. 9 Don't call anyone on earth your father. All of you have the same Father in heaven. 10 None of you should be called the leader. The Messiah is your only leader. 11 t Whoever is the greatest should be the servant of the others.

12 t If you put yourself above others, you will be put down. But if you humble yourself, you will be honored.

13-14 You Pharisees and teachers of the Law of Moses are in for trouble! You're nothing but show-offs. You lock people out of the kingdom of heaven. You won't go in yourselves, and you keep others from going in.t

15 You Pharisees and teachers of the Law of Moses are in for trouble! You're nothing but show-offs. You travel over land and sea to win one follower. And when you have done so, you make that person twice as fit for hell as you are.
16 You are in for trouble! You are supposed to lead others, but you are blind. You teach that it doesn't matter if a person swears by the temple. But you say it does matter if someone swears by the gold in the temple.

17 You blind fools! Which is greater, the gold or the temple that makes the gold sacred?
18 You also teach that it doesn't matter if a person swears by the altar. But you say it does matter if someone swears by the gift on the altar. 19 Are you blind? Which is more important, the gift or the altar that makes the gift sacred? 20 Anyone who swears by the altar also swears by everything on it. 21 And anyone who swears by the temple also swears by God, who lives there.

22 t To swear by heaven is the same as swearing by God's throne and by the one who sits on that throne.
23  t You Pharisees and teachers are show-offs, and you're in for trouble! You give God a tenth of the spices from your garden, such as mint, dill, and cumin. Yet you neglect the more important matters of the Law, such as justice, mercy, and faithfulness. These are the important things you should have done, though you should not have left the others undone either.

24 You blind leaders! You strain out a small fly but swallow a camel.
25 You Pharisees and teachers are show-offs, and you're in for trouble! You wash the outside of your cups and dishes, while inside there is nothing but greed and selfishness.

26 You blind Pharisee! First clean the inside of a cup, and then the outside will also be clean.
27  t You Pharisees and teachers are in for trouble! You're nothing but show-offs. You're like tombs that have been whitewashed.t On the outside they are beautiful, but inside they are full of bones and filth.

28 That's what you are like. Outside you look good, but inside you are evil and only pretend to be good.
29 You Pharisees and teachers are nothing but show-offs, and you're in for trouble! You build monuments for the prophets and decorate the tombs of good people. 30 And you claim you would not have taken part with your ancestors in killing the prophets. 31 But you prove you really are the relatives of the ones who killed the prophets. 32 So keep on doing everything they did.

33 t You are nothing but snakes and the children of snakes! How can you escape going to hell?
34 I will send to you prophets and wise people and experts in the Law of Moses. You will kill them or nail them to a cross or beat them in your synagogues or chase them from town to town. 35 t That's why you will be held guilty for the murder of every good person, beginning with the good man Abel. This also includes Barachiah's son Zechariah, t the man you murdered between the temple and the altar.

36 I can promise that you people living today will be punished for all these things!

Jesus Loves Jerusalem

(Luke 13.34,35)


37 Jerusalem, Jerusalem! Your people have killed the prophets and have stoned the messengers who were sent to you. I have often wanted to gather your people, as a hen gathers her chicks under her wings. But you wouldn't let me. 38 t And now your temple will be deserted.

39 t You won't see me again until you say,
“Blessed is the one who comes
in the name of the Lord.”