Matteus 24
Vyande sal die tempel afbreek
(Ook Mark 13:1-2; Luk 21:5-6)
1 Toe Jesus uit die ttempel kom en wegstap, het sy tdissipels na Hom toe gekom. Hulle het vir Hom die geboue van die tempel gewys.
2 Maar Jesus het vir hulle gevra: “Sien julle al hierdie geboue? Ek sê vir julle, en dit is seker: Die vyande sal al hierdie geboue afbreek. Daar sal nie een muur regop bly staan nie.”Mense sal baie swaar kry
(Ook Mark 13:3-13; Luk 21:7-19)
3 Jesus het op die Olyf-berg gaan sit. Die tdissipels het toe na Hom toe gekom, en hulle was alleen. Hulle het vir Hom gevra: “Sê vir ons: Wanneer sal hierdie dinge gebeur waarvan U gepraat het? Watter tteken sal vir ons wys dat U sal kom en wanneer dit die einde van die wêreld sal wees?”
4 Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet oppas dat niemand julle tbedrieg nie, 5 want baie mense sal my Naam gebruik en sê: ‘Dit is Ek! Ek is tdie Christus!’ En hulle sal baie mense bedrieg. 6 Julle sal hoor daar is oorlog, naby julle of ver van julle. Pasop, julle moenie skrik wanneer julle dit hoor nie. Hierdie dinge moet gebeur, maar dit is dan nog nie die einde van alles nie. 7 Die een volk sal teen die ander volk oorlog maak, die mense van een land sal teen die mense van ’n ander land veg. Mense sal min kos hê om te eet. Daar sal ook aardbewings op baie plekke wees. 8 Hierdie dinge is die begin, julle sal dan begin om baie swaar te kry. 9 Dan sal mense julle vir ander mense gee, en daardie mense sal julle verdruk en doodmaak. Al die volke sal julle haat omdat julle aan My behoort. 10 Dan sal baie mense ophou om in My te glo. Hulle sal mekaar tverraai en hulle sal mekaar vir die vyand gee. Hulle sal mekaar haat. 11 Daar sal baie tvals profete kom en hulle sal vir baie mense verkeerd leer. 12 Meer en meer mense sal nie doen wat God se wette sê nie, en daarom sal die liefde van die meeste mense min word. 13 Maar as iemand tot die einde aanhou om My te volg, dan sal God hom red.
14 In die hele wêreld sal mense hierdie goeie boodskap bring, die boodskap dat God Koning is. Al die volke sal dit kan hoor. Daarna sal die einde van die wêreld kom.”Mense sal die gelowiges verdruk
(Ook Mark 13:14-23; Luk 21:20-24; 17:23-24,37)
15 Jesus het gesê: “Julle sal tiets sien wat vir God baie kwaad maak en wat alles verwoes. Dit sal staan in die tgewyde plek. Die tprofeet Daniël het daaroor geskryf. Almal wat hierdie woorde lees, moet goed dink wat dit beteken. 16 Wanneer dit gebeur, dan moet die mense wat in Judea is, na die berge vlug. 17 Iemand wat op die dak van sy huis is, moenie wanneer hy afklim, eers iets in die huis gaan haal nie. 18 En iemand wat op die koringland werk, moenie eers omdraai huis toe om sy klere te gaan haal nie. 19 Dit sal in daardie tyd sleg gaan met vroue wat ’n baba verwag of wat kinders het wat nog aan hulle drink. 20 Julle moet bid dat julle nie in die winter of op ’n tSabbatdag sal moet vlug nie. 21 In daardie tyd sal mense baie swaar kry. Tot vandag toe het niemand so swaar gekry nie, van die begin af toe God alles gemaak het, tot nou toe. Niemand sal weer so swaar kry nie. 22 In daardie tyd sal die mense swaarkry, maar die Here het besluit om daardie tyd korter te maak. As Hy dit nie besluit het nie, dan sal niemand in daardie tyd aanhou lewe nie. Maar die Here het besluit om daardie tyd korter te maak om die mense te help wat Hy gekies het. 23 Wanneer iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hier is tdie Christus!’ of ‘Daar is Hy!’ dan moet julle hom nie glo nie, 24 want daar sal mense kom wat vals is en wat sê hulle is die Christus. Daar sal ook tvals profete kom en hulle sal groot ttekens wys en twonderwerke doen. God het mense gekies, en die vals profete sal probeer om ook daardie mense verkeerd te laat doen. Maar die vals profete sal dit nie regkry nie. 25 Julle moet luister, Ek het dit alles vir julle gesê voordat dit gebeur. 26 En as die mense vir julle sê: ‘Kyk, Hy is in die woestyn!’ dan moet julle nie daarnatoe gaan nie. En as hulle vir julle sê: ‘Kyk, Hy is in ’n kamer!’ dan moet julle dit nie glo nie. 27 Wanneer Ek, die tSeun van die mens, kom, dan sal dit wees soos wanneer die weerlig van die ooste tot in die weste skyn.
28 Al die mense sal weet dat Ek kom, soos mense weet dat daar ’n dooie liggaam is wanneer hulle sien die aasvoëls kom bymekaar.”Die Seun van die mens sal weer kom
(Ook Mark 13:24-27; Luk 21:25-27)
29 Jesus het gesê: “En nadat mense die tgelowiges verdruk het, sal dit nie lank wees nie,
“tdan sal die son donker word
en die maan sal nie skyn nie.
Die sterre sal uit die lug val
en alles in die lug sal skud.
30 “Dan sal mense ’n tteken in die lug sien wat sal wys dat Ek, die tSeun van die mens, kom. En die volke van die aarde sal huil en treur. Almal sal My, die Seun van die mens, sien. Ek sal op die wolke kom en Ek sal alles kan doen wat Ek wil doen. Ek sal die Groot Koning wees.
31 Wanneer iemand die groot ttrompet blaas, dan sal Ek my tengele stuur en Ek sal al die mense bymekaarmaak wat Ek gekies het. Ek sal hulle bymekaarmaak van die ooste, die weste, die noorde en die suide, van die een kant van die aarde tot by die ander kant.”Die gelykenis van die vyeboom
(Ook Mark 13:28-31; Luk 21:29-33)
32 Jesus het ook gesê: “Julle moet hierdie les leer van die vyeboom: Wanneer ’n vyeboom se takke sag word en die blare begin groei, dan weet julle die somer is naby. 33 So ook: Wanneer julle al hierdie dinge sien gebeur, dan moet julle weet die Here is naby, Hy sal gou kom. 34 Ek sê vir julle, en dit is seker: Party mense wat nou lewe, sal nog lewe wanneer al hierdie dinge gebeur.
35 Die hemel en die aarde sal eendag verdwyn, maar my woorde sal altyd waar wees.”Niemand weet wanneer die Seun van die mens weer sal kom nie
(Ook Mark 13:32-33,35; Luk 17:26-36; 12:39-40)
36 “Niemand weet op watter dag en hoe laat in die dag Ek sal kom nie. Die tengele in die hemel weet nie, ook nie Ek, die Seun, nie. Net die Vader weet dit. 37 Wanneer Ek, die tSeun van die mens, kom, dan sal dit wees soos in die tyd van Noag. 38 Want in daardie dae voor die twatervloed het die mense aangehou om te eet en te drink en te trou en hulle kinders te laat trou tot die dag toe Noag in die tark ingegaan het. 39 En hulle het nie geweet wat gebeur het nie, totdat die watervloed gekom het en alles weggespoel het. So sal dit ook wees wanneer Ek, die Seun van die mens, kom. 40 Dan sal twee mense in ’n koringland werk, en God sal die een mens kies maar nie die ander een nie.
41 Twee vroue sal met dieselfde tmaalklippe koring maal, en God sal een vrou kies maar nie die ander een nie.
42 Julle moet wakker wees, want julle weet nie op watter dag julle Here sal kom nie.
43 “Maar julle moet dit weet: As die eienaar van ’n huis weet hoe laat in die nag ’n dief sal kom, dan sal hy wakker bly en nie toelaat dat die dief by sy huis inbreek nie.
44 Daarom moet julle ook altyd gereed wees, want Ek, die Seun van die mens, sal kom wanneer julle dit nie verwag nie.”Die verstandige en die slegte slaaf
(Ook Luk 12:41-46)
45 Jesus het ook gesê: “Ek wil vir julle vertel hoe is ’n tslaaf wat tverstandig is en wat doen wat sy eienaar wil hê. Die eienaar kies een van sy slawe en stel hom aan om die hoof te wees oor al die ander slawe. Hy moet ook elke dag vir hulle kos gee. 46 Wanneer die eienaar terugkom en hy sien die slaaf is besig om alles te doen wat hy vir hom gesê het, dan sal daardie slaaf baie gelukkig wees. 47 Ek sê vir julle, en dit is seker: Die eienaar sal daardie slaaf die hoof maak wat vir al die goed van sy eienaar moet sorg. 48 Maar ’n slegte slaaf sal miskien dink sy eienaar bly baie lank weg en sal miskien nie weer terugkom nie. 49 Dan begin hierdie slaaf die ander slawe slaan en hy eet en drink saam met die slegte mense wat altyd dronk is. 50 En eendag kom die eienaar van die slaaf skielik terug, hy kom wanneer die slegte slaaf dit nie verwag nie, en nie weet hoe laat die eienaar kom nie. 51 Dan sal die eienaar daardie slegte slaaf baie swaar straf, hy sal hom straf soos God mense straf wat tskynheilig is. Die slegte slaaf sal saam met hulle huil en hard op sy tande byt van die pyn.”
Matthew 24
Jesus Speaks of the Destruction of the Temple
(Mk 13.1–2; Lk 21.5–6)
1 Jesus left and was going away from the Temple when his disciples came to him to call his attention to its buildings.
2 “Yes,” he said, “you may well look at all these. I tell you this: not a single stone here will be left in its place; every one of them will be thrown down.” Troubles and Persecutions
(Mk 13.3–13; Lk 21.7–19)
3 As Jesus sat on the Mount of Olives, the disciples came to him in private. “Tell us when all this will be,” they asked, “and what will happen to show that it is the time for your coming and the end of the age.”
4 Jesus answered, “Be on your guard, and do not let anyone deceive you. 5 Many men, claiming to speak for me, will come and say, ‘I am the Messiah!’ and they will deceive many people. 6 You are going to hear the noise of battles close by and the news of battles far away; but do not be troubled. Such things must happen, but they do not mean that the end has come. 7 Countries will fight each other, kingdoms will attack one another. There will be famines and earthquakes everywhere.
8 All these things are like the first pains of childbirth.
9 “Then you will be arrested and handed over to be punished and be put to death. All nations will hate you because of me. t 10 Many will give up their faith at that time; they will betray one another and hate one another. 11 Then many false prophets will appear and deceive many people. 12 Such will be the spread of evil that many people's love will grow cold. 13 But whoever holds out to the end will be saved.t
14 And this Good News about the Kingdom will be preached through all the world for a witness to all nations; and then the end will come. The Awful Horror
(Mk 13.14–23; Lk 21.20–24)
15 “You will see ‘The Awful Horror’ of which the prophet Daniel spoke. It will be standing in the holy place.” (Note to the reader: be sure to understand what this means!) t 16 “Then those who are in Judea must run away to the hills. 17 Someone who is on the roof of his house must not take the time to go down and get his belongings from the house.t 18 Someone who is in the field must not go back to get his cloak. 19 How terrible it will be in those days for women who are pregnant and for mothers with little babies! 20 Pray to God that you will not have to run away during the winter or on a Sabbath! 21 For the trouble at that time will be far more terrible than any there has ever been, from the beginning of the world to this very day. Nor will there ever be anything like it again.t
22 But God has already reduced the number of days; had he not done so, nobody would survive. For the sake of his chosen people, however, God will reduce the days.
23 “Then, if anyone says to you, ‘Look, here is the Messiah!’ or ‘There he is!’ — do not believe it. 24 For false Messiahs and false prophets will appear; they will perform great miracles and wonders in order to deceive even God's chosen people, if possible.
25 Listen! I have told you this before the time comes.
26 “Or, if people should tell you, ‘Look, he is out in the desert!’ — don't go there; or if they say, ‘Look, he is hiding here!’ — don't believe it. t
27 For the Son of Man will come like the lightning which flashes across the whole sky from the east to the west.
28 “Wherever there is a dead body, the vultures will gather. tThe Coming of the Son of Man
(Mk 13.24–27; Lk 21.25–28)
29 “Soon after the trouble of those days, the sun will grow dark, the moon will no longer shine, the stars will fall from heaven, and the powers in space will be driven from their courses. t 30 Then the sign of the Son of Man will appear in the sky; and all the peoples of earth will weep as they see the Son of Man coming on the clouds of heaven with power and great glory.t
31 The great trumpet will sound, and he will send out his angels to the four corners of the earth, and they will gather his chosen people from one end of the world to the other. The Lesson of the Fig Tree
(Mk 13.28–31; Lk 21.29–33)
32 “Let the fig tree teach you a lesson. When its branches become green and tender and it starts putting out leaves, you know that summer is near. 33 In the same way, when you see all these things, you will know that the time is near, ready to begin. t 34 Remember that all these things will happen before the people now living have all died.
35 Heaven and earth will pass away, but my words will never pass away. No One Knows the Day and Hour
(Mk 13.32–37; Lk 17.26–30, 34–36)
36 “No one knows, however, when that day and hour will come — neither the angels in heaven nor the Son; t the Father alone knows. 37 The coming of the Son of Man will be like what happened in the time of Noah.t 38 In the days before the flood people ate and drank, men and women married, up to the very day Noah went into the boat; 39 yet they did not realize what was happening until the flood came and swept them all away. That is how it will be when the Son of Man comes.t 40 At that time two men will be working in a field: one will be taken away, the other will be left behind.
41 Two women will be at a mill grinding meal: one will be taken away, the other will be left behind.
42 “Be on your guard, then, because you do not know what day your Lord will come. 43 If the owner of a house knew the time when the thief would come, you can be sure that he would stay awake and not let the thief break into his house. t
44 So then, you also must always be ready, because the Son of Man will come at an hour when you are not expecting him. The Faithful or the Unfaithful Servant
(Lk 12.41–48)
45 “Who, then, is a faithful and wise servant? It is the one that his master has placed in charge of the other servants to give them their food at the proper time. 46 How happy that servant is if his master finds him doing this when he comes home! 47 Indeed, I tell you, the master will put that servant in charge of all his property. 48 But if he is a bad servant, he will tell himself that his master will not come back for a long time, 49 and he will begin to beat his fellow-servants and to eat and drink with drunkards. 50 Then that servant's master will come back one day when the servant does not expect him and at a time he does not know. 51 The master will cut him in pieces t and make him share the fate of the hypocrites. There he will cry and grind his teeth.