previous next

MATTEUS 24

Die profetiese rede: die tempel sal afgebreek word

(Mark. 13:1-2; Luk. 21:5-6)

1 Toe Jesus van die tempel af weggaan, het sy dissipels nader gekom en sy aandag op die tempelgeboue gevestig. 2 Maar Hy antwoord hulle: “Julle sien al hierdie dinge? Dit verseker Ek julle: Hier sal nie een klip op die ander bly nie; alles sal afgebreek word.”

Die profetiese rede: rampe en vervolging

(Mark. 13:3-13; Luk. 21:7-19)

3 Nadat Jesus op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom toe en vra: “Sê vir ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat sal die teken van u koms en van die einde van hierdie wêreld wees?”

4 Jesus antwoord hulle: “Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Baie sal onder my Naam kom en sê: ‘Ek is die Christus,’ en hulle sal baie mense mislei. 6 Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie. 7 Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander; daar sal op baie plekke hongersnode en aardbewings wees. 8 Al hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd.

9 “Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely. 10 In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.

11 “Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei. 12 Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. 13 Maar wie tot die einde volhard, sal gered word. 14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.”

Die profetiese rede: die groot verdrukking

(Mark. 13:14-23; Luk. 21:20-24)

15 “Wanneer julle ooreenkomstig die woord van die profeet Daniël die ding wat 'n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, in die heilige plek sien staan — wie dit lees, moet dit goed begryp — 16 dan moet dié wat in Judea is, die berge in vlug. 17 Die man wat op die dakstoep sit, moet nie ingaan om sy goed uit die huis te gryp nie, 18 en die man wat op die land is, moet nie omdraai om sy klere te gaan haal nie.

19 “Dit sal bitter swaar gaan met die vrouens wat in daardie tyd swanger is en met dié wat nog klein kindertjies het. 20 Bid dat julle nie in die winter of op 'n sabbatdag hoef te vlug nie, 21 want in daardie tyd sal daar so 'n groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af nie was nie en ook nie weer sal wees nie. 22 En as dit nie was dat God daardie tyd ingekort het nie, sou geen mens dit oorleef nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal God daardie tyd inkort.

23 “As iemand in daardie tyd vir julle sê: ‘Kyk, hier is die Christus!’ of: ‘Kyk, daar is Hy!’ moet julle dit nie glo nie. 24 Daar sal vals christusse en vals profete na vore kom, en hulle sal groot tekens en wonderwerke doen om, as dit moontlik was, selfs die uitverkorenes te mislei. 25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. 26 En as die mense vir julle sê: ‘Kyk, Hy is in die woestyn!’ moet julle nie daarheen gaan nie; of as hulle sê: ‘Hy is in die slaapkamer!’ moet julle dit nie glo nie. 27 Die koms van die Seun van die mens sal wees soos 'n weerligstraal wat in die ooste uitslaan en die hele lugruim tot in die weste verlig.

28 “Waar die aas ook al lê, daar sal die aasvoëls bymekaarkom.”

Die profetiese rede: die koms van die Seun van die mens

(Mark. 13:24-27; Luk. 21:25-28)

29 “Kort na die verdrukking van daardie tyd sal die son verduister word, en die maan sal nie skyn nie; die sterre sal uit die ruimte val, en die kragte van die hemelruim sal ontwrig word.

30 “Dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemelruim verskyn, en al die volke van die aarde sal verslae wees. Hulle sal die Seun van die mens op die wolke van die hemel sien kom met groot krag en majesteit. 31 Die groot trompet sal weerklink, en Hy sal sy engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te maak uit die vier windstreke, van elke uithoek van die aarde af.”

Die profetiese rede: die voorbeeld van die vyeboom

(Mark. 13:28-31; Luk. 21:29-33)

32 “Leer dit van die vyeboom as voorbeeld: wanneer sy takke begin sag word en hy blare kry, weet julle die somer is naby. 33 So moet julle ook wanneer julle al hierdie dinge sien, weet dat die tyd naby is, voor die deur. 34 Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal dit alles gebeur. 35 Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.”

Die profetiese rede: die dag en die uur van die wederkoms

(Mark. 13:32-37; Luk. 17:26-30,34-36)

36 “Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit. 37 Soos dit in die dae van Noag was, sal dit ook wees by die koms van die Seun van die mens. 38 In daardie dae voor die sondvloed het hulle soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. 39 Hulle het nie besef wat aan die gang was nie, totdat die sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het. Net so sal dit gaan by die koms van die Seun van die mens. 40 Dan sal twee mense op die land werk, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word. 41 Twee vroue sal by die meul koring maal, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word. 42 Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie.

43 “Onthou dit: as die huiseienaar geweet het watter tyd van die nag die dief kom, sou hy wag gehou het en nie toegelaat het dat daar in sy huis ingebreek word nie. 44 Om dieselfde rede moet julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.”

Die profetiese rede: die getroue en die ontroue slaaf

(Luk. 12:41-48)

45 “Wie is eintlik die getroue en verstandige slaaf vir wie sy eienaar oor sy ander slawe aangestel het om hulle op tyd kos te gee? 46 Dit is die slaaf vir wie sy eienaar by sy tuiskoms so aan die werk sal kry. Gelukkig is hy! 47 Dit verseker Ek julle: Hy sal hom aanstel oor alles wat hy besit.

48 “Maar as dit 'n slegte slaaf is, sal hy by homself dink: my eienaar bly lank weg. 49 Dan sal hy die ander slawe begin slaan en saam met die dronkaards eet en drink. 50 Die eienaar van daardie slaaf sal op 'n dag kom dat hy dit nie verwag nie, en op 'n uur wat hy nie vooraf weet nie. 51 Dan sal sy eienaar hom laat doodmaak en hom die lot van huigelaars laat deel. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”

Matthew 24

1 AND Jesus being come out of the temple, went away. And his disciples came to shew him the buildings of the temple.2 And he answering, said to them: Do you see all these things? Amen I say to you there shall not be left here a stone upon a stone that shall not be destroyed.3 And when he was sitting on mount Olivet, the disciples came to him privately, saying: Tell us when shall these things be? and what shall be the sign of thy coming, and of the consummation of the world?4 And Jesus answering, said to them: Take heed that no man seduce you:5 For many will come in my name saying, I am Christ: and they will seduce many.6 And you shall hear of wars and rumours of wars. See that ye be not troubled. For these things must come to pass, but the end is not yet.7 For nation shall rise against nation, and kingdom against kingdom; and there shall be pestilences, and famines, and earthquakes in places:8 Now all these are the beginnings of sorrows.9 Then shall they deliver you up to be afflicted, and shall put you to death: and you shall be hated by all nations for my name's sake.10 And then shall many be scandalized: and shall betray one another: and shall hate one another.11 And many false prophets shall rise, and shall seduce many.12 And because iniquity hath abounded, the charity of many shall grow cold.13 But he that shall persevere to the end, he shall be saved.14 And this gospel of the kingdom, shall be preached in the whole world, for a testimony to all nations, and then shall the consummation come.15 When therefore you shall see the abomination of desolation, which was spoken of by Daniel the prophet, standing in the holy place: he that readeth let him understand.16 Then they that are in Judea, let them flee to the mountains:17 And he that is on the housetop, let him not come down to take any thing out of his house:18 And he that is in the field, let him not go back to take his coat.19 And woe to them that are with child, and that give suck in those days.20 But pray that your flight be not in the winter, or on the sabbath.21 For there shall be then great tribulation, such as hath not been from the beginning of the world until now, neither shall be.22 And unless those days had been shortened, no flesh should be saved: but for the sake of the elect those days shall be shortened.23 Then if any man shall say to you: Lo here is Christ, or there, do not believe him.24 For there shall arise false Christs and false prophets, and shall show great signs and wonders, insomuch as to deceive (if possible) even the elect.25 Behold I have told it to you, beforehand.26 If therefore they shall say to you: Behold he is in the desert, go ye not out: Behold he is in the closets, believe it not.27 For as lightning cometh out of the east, and appeareth even into the west: so shall the coming of the Son of man be.28 Wheresoever the body shall be, there shall the eagles also be gathered together.29 And immediately after the tribulation of those days, the sun shall be darkened and the moon shall not give her light, and the stars shall fall from heaven, and the powers of heaven shall be moved:30 And then shall appear the sign of the Son of man in heaven: and then shall all tribes of the earth mourn: and they shall see the Son of man coming in the clouds of heaven with much power and majesty.31 And he shall send his angels with a trumpet, and a great voice: and they shall gather together his elect from the four winds, from the farthest parts of the heavens to the utmost bounds of them.32 And from the fig tree learn a parable: When the branch thereof is now tender, and the leaves come forth, you know that summer is nigh.33 So you also, when you shall see all these things, know ye that it is nigh, even at the doors.34 Amen I say to you, that this generation shall not pass, till all these things be done.35 Heaven and earth shall pass, but my words shall not pass.36 But of that day and hour no one knoweth, not the angels of heaven, but the Father alone.37 And as in the days of Noe, so shall also the coming of the Son of man be.38 For as in the days before the flood, they were eating and drinking, marrying and giving in marriage, even till that day in which Noe entered into the ark,39 And they knew not till the flood came, and took them all away; so also shall the coming of the Son of man be.40 Then two shall be in the field: one shall be taken, and one shall be left.41 Two women shall be grinding at the mill: one shall be taken, and one shall be left.42 Watch ye therefore, because ye know not what hour your Lord will come.43 But know this ye, that if the goodman of the house knew at what hour the thief would come, he would certainly watch, and would not suffer his house to be broken open.44 Wherefore be you also ready, because at what hour you know not the Son of man will come.45 Who, thinkest thou, is a faithful and wise servant, whom his lord hath appointed over his family, to give them meat in season.46 Blessed is that servant, whom when his lord shall come he shall find so doing.47 Amen I say to you, he shall place him over all his goods.48 But if that evil servant shall say in his heart: My lord is long a coming:49 And shall begin to strike his fellow servants, and shall eat and drink with drunkards:50 The lord of that servant shall come in a day that he hopeth not, and at an hour that he knoweth not:51 And shall separate him, and appoint his portion with the hypocrites. There shall be weeping and gnashing of teeth.