MATTEUS 24
Jesus se profesie-preek: Wees altyd waaksaam
1 Terwyl Jesus besig was om die tempelterrein te verlaat, het sy dissipels nadergestaan om vir Hom die verskillende tempelgeboue uit te wys.
2 Maar Hy het vir hulle gesê: "Ek verseker julle, al hierdie dinge wat julle voor julle sien, sal so totaal gesloop word dat nie een klip bo-op die ander een sal bly staan nie."
Jesus se profesie-preek: Rampe en vervolging
3 Later, nadat Jesus teen die hang van die Olyfberg gaan sit het, kom vra sy dissipels Hom vertroulik: "Vertel vir ons wanneer sal al hierdie dinge gebeur. En wat sal die voorteken van u koms en van die einde van die wêreld wees?"
4 Jesus het vir hulle gesê: "Wees versigtig dat niemand julle op 'n dwaalspoor bring nie.5 Baie mense sal in my Naam met die aanspraak kom: 'Ek is die Messias,' en hulle sal baie op 'n dwaalspoor bring.6 Julle sal van oorloë hoor, hier naby en daar ver. Maar moenie paniekerig word nie. Hierdie dinge is bestem om te gebeur, maar die einde sal nog nie dadelik daarna kom nie.7 Nasies en koninkryke sal teen mekaar oorlog verklaar en daar sal wydverspreide hongersnode en aardbewings wees.
8 Maar dit alles sal nog maar net die begin van die swaarkry wees.
9 "Dan sal hulle julle arresteer, vervolg en doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle mý mense is.
10 "In daardie tyd sal baie mense hulle geloof afsweer en mekaar uitlewer en haat.11 Daar sal ook talle vals profete verskyn en hulle sal baie mense op 'n dwaalspoor bring.12 Die sonde sal so toeneem dat baie se liefde sal afkoel.
13 Maar elkeen wat enduit volhard, sal verlos word.
14 "Hierdie Goeie Nuus van God se koningsheerskappy sal eers in die hele wêreld, aan al die nasies, verkondig word voordat die einde kom."
Jesus se profesie-preek: Die groot verdrukking
15 "Die tyd kom wanneer julle die afskuwelike voorwerp wat verontheiliging veroorsaak en waarvan die profeet Daniël gepraat het, in die tempel sal sien staan" - my leser, gee nou spesiale aandag! -16 "dan moet die mense van Judea na die heuwels toe vlug.17 As jy op jou dakstoep sit, moet jy nie eers in die huis ingaan om in te pak nie.18 As jy buite op die land is, moet jy nie eers omdraai om jou bo-kleed te gryp nie.19 Hoe erg sal dit nie in daardie tyd wees vir vroue wat verwag of wat nog borsvoed nie!20 En bid dat dit nie vir julle nodig sal wees om in die winter of op die Sabbat te vlug nie.21 Dit sal 'n tyd van groot verdrukking wees, erger as enigiets wat die wêreld ooit tevore beleef het of hierna sal beleef.
22 Om die waarheid te sê, as God nie ingryp en daardie tyd van swaarkry verkort nie, sal niemand dit oorleef nie. Maar ter wille van sy uitverkore mense sal dit wel verkort word."
Jesus se profesie-preek: die vals messiasse
23 "As iemand in daardie tyd vir julle sê: 'Kyk, hiér is die Messias,' of: 'Dáár is Hy,' moenie dit glo nie.24 Want daar sal baie vals messiasse en profete na vore kom. Hulle sal indrukwekkende tekens en wonders doen om, as dit moontlik sou wees, selfs God se uitverkorenes te probeer mislei.25 Let goed op, Ek het julle vooraf gewaarsku.26 As mense dan vir julle sou sê: 'Kyk, Hy is in die woestyn,' moenie gaan kyk nie. Of as hulle sou sê: 'Kyk, Hy kruip in 'n geheime plek weg,' moet hulle nie glo nie.27 Want soos die weerlig in die ooste uitslaan en sy lig tot in die weste laat skyn, so sal dit ook wees wanneer Ek, die Seun van die Mens, kom.
28 Net soos 'n versameling aasvoëls die teenwoordigheid van 'n karkas aandui, so sal hierdie tekens wys dat die einde naby is."
Jesus se profesie-preek: die koms van die Seun van die Mens
29 "Onmiddellik na hierdie tyd van swaarkry
'sal die son donker word,
en die maan nie meer lig gee nie.
Die sterre sal van die hemel val
en die kragte
wat die hemelruim saambind,
sal geskud word.'
30 "Dan uiteindelik sal daar 'n teken teen die hemel verskyn om aan te dui dat Ek, die Seun van die Mens, aan die kom is. Daarop sal al die nasies van die aarde geskok en ontsteld wees. Hulle sal My, die Seun van die Mens, met krag en groot heerlikheid op die wolke van die hemel sien kom.
31 Ek sal my engele met die magtige klank van 'n basuin uitstuur en hulle sal my uitverkorenes uit al vier windstreke bymekaarmaak, ja, selfs vanaf die verste uithoeke van die wêreld."
Jesus se profesie-preek: die voorbeeld van die vyeboom
32 "Leer van die vyeboom hierdie les. Wanneer sy lote reeds begin sag word en sy blare begin stoot, besef julle dat die somer op hande is.33 Net so kan julle, wanneer julle al hierdie dinge sien gebeur, weet dat die einde op hande is.34 Ek verseker julle, die mense wat vandag leef, sal nog nie uitgesterf het wanneer al hierdie dinge gebeur nie.
35 Selfs al sou die hemel en die aarde ophou bestaan, sal my woorde nog vir altyd vas bly staan."
Jesus se profesie-preek: die presiese tyd van die einde van die wêreld onbekend
36 "Tog ken niemand die presiese datum en tyd wanneer hierdie dinge sal gebeur nie - ook nie die engele of selfs die Seun nie. Dit weet net die Vader.
37 "Wanneer Ek, die Seun van die Mens, verskyn, sal dit gaan soos in die tyd van Noag.38 Destyds, voor die groot vloedwater gekom het, het die mense soos gewoonlik voortgegaan om fees te vier en oor en weer te trou, selfs nog totdat Noag in die ark ingegaan het.
39 Hulle het eers besef wat aan die gang was toe die vloedwater kom en hulle almal verswelg het. Net so sal die koms van die Seun van die Mens wees.
40 "Twee persone sal saam op die land werk. Die een sal saamgeneem word en die ander een sal agtergelaat word.41 Twee vroue sal saam by die meul koring maal. Die een sal saamgeneem en die ander een sal agtergelaat word.
42 Wees dus waaksaam, want julle weet nie watter dag julle Here kom nie.
43 "Julle besef tog goed, as 'n huiseienaar vooraf weet hoe laat in die nag die dief gaan kom, sal hy op sy hoede bly en nie toelaat dat daar by sy huis ingebreek word nie.
44 Daarom moet julle ook voorbereid wees, want die Seun van die Mens kom op 'n tyd wanneer julle dit nie verwag nie."
Jesus se profesie-preek: die verstandige en slegte slaaf
45 "Wie van julle sal dan soos die betroubare en verstandige slaaf wees aan wie die huisheer die verantwoordelikheid toevertrou om sy huishouding te bestuur en aan sy mense hulle kos op die regte tyd te gee?46 As die huisheer terugkom en vind dat daardie slaaf sy plig goed uitgevoer het, sal hy hom goed beloon.47 Ek verseker julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.48 Maar as die slaaf sleg is en by homself redeneer: 'Dis nog lank voordat my huisheer kom,'49 en hy begin die ander slawe aanrand en saam met die drinkers fuifpartye hou,50 sal die heer van daardie slaaf terugkom op 'n dag en tyd waarop hy nie voorbereid is nie.
51 Dan sal hy hom 'n wrede dood laat sterf en hom laat deel in die lot van alle skynheiliges. Hulle sal bitterlik huil en van selfverwyt op hulle tande kners."
MATTHEW 24
The Temple Will Be Destroyed
(Mark 13.1,2; Luke 21.5,6)
1 After Jesus left the temple, his disciples came over and said, “Look at all these buildings!”
2 Jesus replied, “Do you see these buildings? They will certainly be torn down! Not one stone will be left in place.”Warning about Trouble
(Mark 13.3-13; Luke 21.7-19)
3 t Later, as Jesus was sitting on the Mount of Olives, his disciples came to him in private and asked, “When will this happen? What will be the sign of your coming and of the end of the world?”
4 Jesus answered:
Don't let anyone fool you.
5 Many will come and claim to be me. They will say they are the Messiah, and they will fool many people.
6 You will soon hear about wars and threats of wars, but don't be afraid. These things will have to happen first, but that isn't the end. 7 t Nations and kingdoms will go to war against each other. People will starve to death, and in some places there will be earthquakes.
8 But this is just the beginning of troubles.
9 t You will be arrested, punished, and even killed. Because of me, you will be hated by people of all nations. 10 Many will give up and will betray and hate each other. 11 Many false prophets will come and fool a lot of people. 12 Evil will spread and cause many people to stop loving others. 13 t But if you keep on being faithful right to the end, you will be saved.
14 When the good news about the kingdom has been preached all over the world and told to all nations, the end will come.The Horrible Thing
(Mark 13.14-23; Luke 21.20-24)
15 t Someday you will see that “Horrible Thing” in the holy place, just as the prophet Daniel said. Everyone who reads this must try to understand! 16 If you are living in Judea at that time, run to the mountains. 17 t If you are on the rooft of your house, don't go inside to get anything. 18 If you are out in the field, don't go back for your coat. 19 It will be a terrible time for women who are expecting babies or nursing young children. 20 And pray that you won't have to escape in winter or on a Sabbath.t 21 t This will be the worst time of suffering since the beginning of the world, and nothing this terrible will ever happen again.
22 If God doesn't make the time shorter, no one will be left alive. But because of God's chosen ones, he will make the time shorter.
23 Someone may say, “Here is the Messiah!” or “There he is!” But don't believe it. 24 False messiahs and false prophets will come and work great miracles and signs. They will even try to fool God's chosen ones. 25 But I have warned you ahead of time. 26 t If you are told the Messiah is out in the desert, don't go there! And if you are told he is in some secret place, don't believe it! 27 The coming of the Son of Man will be like lightning that can be seen from east to west.
28 t Where there is a corpse, there will always be vultures.tWhen the Son of Man //Appears
(Mark 13.24-27; Luke 21.25-28)
29 t Right after those days of suffering,
“The sun will become dark,
and the moon
will no longer shine.
The stars will fall,
and the powers in the skyt
will be shaken.”
30 t Then a sign will appear in the sky. And there will be the Son of Man.t All nations on earth will weep when they see the Son of Man coming on the clouds of heaven with power and great glory.
31 At the sound of a loud trumpet, he will send his angels to bring his chosen ones together from all over the earth.A Lesson from a Fig Tree
(Mark 13.28-31; Luke 21.29-33)
32 Learn a lesson from a fig tree. When its branches sprout and start putting out leaves, you know summer is near. 33 So when you see all these things happening, you will know the time has almost come.t 34 I can promise you that some of the people of this generation will still be alive when all this happens.
35 The sky and the earth won't last forever, but my words will.No One Knows the Day //or Time
(Mark 13.32-37; Luke 17.26-30,34-36)
36 No one knows the day or hour. The angels in heaven don't know, and the Son himself doesn't know.t Only the Father knows. 37 t When the Son of Man appears, things will be just as they were when Noah lived. 38 People were eating, drinking, and getting married right up to the day the flood came and Noah went into the big boat.
39 t They didn't know anything was happening until the flood came and swept them all away. This is how it will be when the Son of Man appears.
40 Two men will be in the same field, but only one will be taken. The other will be left. 41 Two women will be together grinding grain, but only one will be taken. The other will be left. 42 So be on your guard! You don't know when your Lord will come. 43 t Homeowners never know when a thief is coming, and they are always on guard to keep one from breaking in.
44 Always be ready! You don't know when the Son of Man will come.Faithful and Unfaithful Servants
(Luke 12.35-48)
45 Who are faithful and wise servants? Who are the ones the master will put in charge of giving the other servants their food supplies at the proper time? 46 Servants are fortunate if their master comes and finds them doing their job. 47 You may be sure a servant who is always faithful will be put in charge of everything the master owns. 48 But suppose one of the servants thinks the master won't return until late. 49 Suppose this evil servant starts beating the other servants and eats and drinks with people who are drunk. 50 If that happens, the master will surely come on a day and at a time when the servant least expects him. 51 This servant will then be punished and thrown out with the ones who only pretended to serve their master. There they will cry and grit their teeth in pain.