previous next

Matteus 25

1-4 Jesus vertel toe vir hulle nog 'n verhaal oor hoe dit in God se nuwe wêreld gaan wees: "Daar was tien jongmeisies wat 'n troue wou bywoon. Soos die gewoonte is, het hulle hulle lampe gevat en die bruidegom langs die pad gaan inwag. Hy moes sy bruid deur die loop van die aand by haar huis gaan haal. Niemand het egter die presiese tyd geweet wanneer die bruidegom en sy vriende sou kom nie. Hulle was nog by sy huis besig om partytjie te hou. Die helfte van die meisies was slim genoeg om ekstra lampolie saam te vat, ingeval die bruidegom nie gou kom nie.
5 "Dit was toe ook so. Die bruidegom het nie gou gekom nie. Hulle het gewag en gewag. Later het hulle vaak begin word en aan die slaap geraak.6 In die middel van die nag skree iemand skielik: 'Word wakker; die bruidegom kom! Gaan verwelkom hom!'7 Die jong- meisies vlieg toe vinnig op en begin hulle lampe regkry. Op daardie oomblik het die vyf wat nie ekstra olie saamgebring het nie, hulle fout agtergekom. Hulle lampe het intussen doodgegaan omdat hulle olie op was. So kon hulle nie die bruidegom gaan verwelkom nie. Dit sou 'n belediging vir hom wees.8 Hulle bedel toe olie by die vyf wat slim genoeg was om ekstra olie saam te bring.9 Maar die slimmes sê: 'Ons is vreeslik jammer, maar ons kan nie vir julle van ons olie gee nie. Daar is te min vir ons almal. Gaan koop gou vir julle.' Die vyf is toe daar weg, maar helaas, die bruidegom was vinniger as hulle.10 Terwyl hulle weg was, kom hy toe daar aan. Almal wat met hulle lampe gereed gestaan het, het hom vriendelik verwelkom. Die deur is toegemaak en die onthaal het begin.
11 "Later daardie aand kom die ander vyf uiteindelik daar aan. Maar die deur was klaar toe. Hulle het probeer roep: 'Meneer, Meneer, maak die deur vir ons oop!'12 Maar die bruidegom sê vir hulle: 'Julle kan nie my vriende wees nie. Julle het my dan nie kom verwelkom nie.'
13 "Julle moet nie dieselfde fout maak as hierdie vyf wat nie gereed was nie.
"Wees altyd gereed vir die koms van die Here. Hierdie waarskuwing is belangrik omdat ons nie presies weet wanneer Hy gaan kom nie. Dit bly 'n verrassing."
14  "Daar is nog 'n ander verhaal ook waaruit julle iets oor die koninkryk van God kan leer. 'n Ryk man moes vir 'n lang tyd weggaan. Hy roep toe al sy werkers bymekaar. 'Julle moet asseblief na my goed kyk terwyl ek weg is,' sê hy en deel sy goed onder hulle uit.15 Aan die een het hy vyf bondels geld gegee; aan die ander een twee, en aan nog een net een bondel. Hy het hulle goed geken en geweet wat om vir elkeen te gee. Daarna is die ryk man daar weg.
16 "Dadelik, sonder om op hom te laat wag, het die een met sy vyf bondels geld daarmee aan die werk gespring. Die geld het geleidelik vermeerder en tien bondels geld geword.17 Die een wat twee bondels gekry het, het net so goed gevaar; hy het ook sy geld verdubbel.18 Maar met die derde een het dit nie so goed gegaan nie. Hy het ook aan die werk gespring, maar nie soos die ander nie. Hy het 'n gat gaan grawe. Daar het hy die bondel geld wat hy gekry het mooi gaan wegsteek.
19 "Intussen het die dae verbygegaan en maande geword. Uiteindelik, na 'n lang tyd, kom die ryk man weer daar aan. Hy roep toe die werkers en wou weet wat elkeen met sy geld gedoen het.20 Die een wat die vyf bondels gekry het, sit trots sy tien bondels op die tafel neer: 'Meneer, hier is die vyf bondels wat u my gegee het. En kyk, hier is nog vyf bondels wat ek daarmee gemaak het.'21 Die ryk man prys hom toe: 'Uitstekend! Jy is regtig 'n goeie werker op wie 'n mens kan staatmaak. Jy het eintlik maar net 'n bietjie geld gehad om na te kyk, maar jy het dit goed gedoen. Eendag sal ek vir jou baie meer gee om na te kyk. Kom, wees saam met my bly, want jy is 'n ware vriend.'
22 "Toe is dit die man wat twee bondels gekry het se beurt. Trots sit hy sy vier bondels voor die ryk man neer. 'Meneer,' sê hy, 'hier is die twee bondels wat u my gegee het en hier is nog twee wat ek verdien het.'23 Die ryk man sê toe presies dieselfde vir hom as vir die vorige werker.
24 "Daarna is dit die man met die een bondel se beurt. 'Meneer,' begin hy, 'ek ken u goed. Ek weet u is baie streng en hou nie van foute nie. U verwag baie van ons en wil altyd net ons beste hê.25 Ek was so bang dat ek u gaan teleurstel of dalk 'n fout gaan maak. Toe begrawe ek maar u bondel geld veilig in 'n gat. Daar kon dit niks oorkom nie. Kyk, hier is dit veilig terug.'26 Die ryk man antwoord toe: 'Jy is nou regtig 'n hopelose werker, 'n nikswerd! Jy weet ek is streng en verwag net die beste van julle.27 Kon jy nie my geld in 'n bank gesit het nie? Dan kon ek ten minste rente op die geld gekry het.28 Vat hierdie bondel geld hier weg en gee dit vir die werker met die tien bondels. Hy weet wat om daarmee te doen.29 Hy wat bereid is om te werk met wat hy het, sal nog meer kry. Wie egter agter allerhande verskonings wegkruip en nie skouer aan die wiel wil sit met wat hulle het nie, sal uiteindelik ook die bietjie verloor wat hulle het.30 Gooi hierdie betreurenswaardige werker hier uit. Hy hoort nie tussen ons nie. Hy hoort in die hel waar mense op hulle tande kners van pyn en huil van smart."
31  "Wanneer die Seun van God kom, sal almal sien hoe belangrik Hy is. Al sy engele sal saam met Hom kom. Hy sal op die troon gaan sit waar net die belangrikste Een, die Koning self, mag sit.32 Dan sal al die mense voor Hom bymekaargebring word. Hy sal die mense in twee groepe verdeel, soos 'n skaapwagter bokke en skape van mekaar skei.33 Hy sal die een groep regs van Hom laat staan en die ander groep aan sy linkerkant.
34 "Die Koning sal dan na die mense regs van Hom draai. 'Staan nader, want my Vader is baie tevrede met julle. Heel van die begin af het Hy die hemel vir mense soos julle reggemaak. Hy wil hê dat julle dit saam met Hom moet kom geniet. Maar weet julle waarom God so tevrede met julle is?35 Laat Ek julle vertel. Ek het niks gehad om te eet nie, maar julle het My kos gegee. Toe Ek dors was, was julle daar met 'n glas water. Toe Ek nog vir julle 'n onbekende was, het julle My al in julle huise verwelkom en selfs slaapplek gegee.36 Julle het vir My klere gegee toe Ek niks gehad het om aan te trek nie. Op my siekbed het julle My geduldig versorg. Toe Ek in die tronk beland het, het julle julle nie vir My geskaam nie, maar vir My kom kuier.'
37 "Die mense wat reg gelewe het, onderbreek Hom: 'Here, wag so 'n bietjie. Waarvan praat U?38 Wanneer het ons U kos gegee toe U honger was of 'n glas water toe U dors was? Ons kan nie onthou dat ons ooit vir U klere of blyplek gegee het nie. Help ons, asseblief, ons verstaan nie mooi nie.39 Wanneer was U siek of in die tronk en het ons U gehelp?'
40 "Die Koning op die troon antwoord: 'Wil julle regtig weet wanneer julle hierdie dinge vir My gedoen het? Luister dan goed: elke glas water of stukkie brood wat julle aan 'n broer van My gegee het, het julle eintlik aan My gegee. Wie my vriende help, al is hulle hoe onbelangrik, help My.'
41 "Die Koning sal dan na die groep aan sy linkerkant draai. 'Trap! Weg voor My! God wil niks met julle te doen hê nie! Die hel wag vir julle. God het dit spesiaal reggemaak vir die duiwel en al sy helpers. Wil julle weet waarom?42 Toe Ek so gesmag het na 'n stukkie brood, wou julle nie eens vir My 'n krummeltjie gee nie. Julle wou My nie 'n druppel water gee toe Ek dors was nie.43 Julle wou My nie in julle huise ontvang toe Ek vir julle nog vreemd was nie. Klere wou julle nie vir My gee nie, selfs toe Ek nie 'n draad klere gehad het om aan te trek nie. So kan Ek aanhou. Ek was siek en in die tronk, maar julle het niks tyd vir My oorgehad nie.'
44 "Vinnig vra hulle: 'Here, ons verstaan nie wat U bedoel nie. Sê vir ons, wanneer het al hierdie dinge gebeur? Gee vir ons een voorbeeld van wanneer U honger of dors of kaal of siek of in die tronk was of waar U vreemd en alleen tussen ons was en ons U nie wou help nie.'
45 "Hy sê: 'Luister nou mooi. As julle een van my vriende, al lyk hy vir julle ook hoe onbelangrik, met 'n glas water of 'n stukkie brood of 'n besoek in nood gehelp het, het julle My so gehelp. Ek herhaal, wie my vriende help, help My.'
46 "Al hierdie mense wat so verkeerd lewe, sal gestraf word. En die hel sal nie speletjies wees nie en vir altyd duur. Maar die mense wat reg lewe, sal vir ewig saam met God leef."

Matthew 25

The Parable of the Ten Virgins

1 “At that time the kingdom of heaven will be like ten virgins who took their lamps and went out to meet the bridegroom.2 Fivet of the virginst were foolish, and five were wise.3 Whent the foolish ones took their lamps, they did not take extrat olive oilt with them.4 But the wise ones took flasks of olive oil with their lamps.5 Whent the bridegroom was delayed a long time, they all became drowsy and fell asleep.6 But at midnight there was a shout, ‘Look, the bridegroom is here! Come out to meet him.’s7 Then all the virgins woke up and trimmed their lamps.8 Thet foolish ones said to the wise, ‘Give us some of your oil, because our lamps are going out.’9 ‘No,’ they replied.t ‘There won’t be enough for you and for us. Go instead to those who sell oil and buy some for yourselves.’10 But while they had gone to buy it, the bridegroom arrived, and those who were ready went inside with him to the wedding banquet. Thent the door was shut.11 Later,t the other virgins came too, saying, ‘Lord, lord! Let us in!’t12 But he replied,t ‘I tell you the truth,t I do not know you!’

13 Therefore stay alert, because you do not know the day or the hour.s

The Parable of the Talents

14 “For it is like a man going on a journey, who summoned his slavest and entrusted his property to them.15 Tot one he gave five talents,s to another two, and to another one, each according to his ability. Then he went on his journey.16 The one who had received five talents went off right away and put his money to workt and gained five more.17 In the same way, the one who had two gained two more.18 But the one who had received one talent went out and dug a hole in the ground and hid his master’s money in it.19 Aftert a long time, the master of those slaves came and settled his accounts with them.20 Thet one who had received the five talents came and brought five more, saying, ‘Sir,t you entrusted me with five talents. See, I have gained five more.’21 His master answered,t ‘Well done, good and faithful slave! You have been faithful in a few things. I will put you in charge of many things. Enter into the joy of your master.’22 Thet one with the two talents also came and said, ‘Sir, you entrusted two talents to me. See, I have gained two more.’23 His master answered, ‘Well done, good and faithful slave! You have been faithful with a few things. I will put you in charge of many things. Enter into the joy of your master.’24 Then the one who had received the one talent came and said, ‘Sir, I knew that you were a hard man, harvesting where you did not sow, and gathering where you did not scatter seed,25 sot I was afraid, and I went and hid your talent in the ground. See, you have what is yours.’26 But his master answered,t ‘Evil and lazy slave! So you knew that I harvest where I didn’t sow and gather where I didn’t scatter?27 Then you should have deposited my money with the bankers,t and on my return I would have received my money back with interest!s28 Therefore take the talent from him and give it to the one who has ten.t29 For the one who has will be given more,ts and he will have more than enough. But the one who does not have, even what he has will be taken from him.s

30 And throw that worthless slave into the outer darkness, where there will be weeping and gnashing of teeth.’

The Judgment

31 “Whent the Son of Man comes in his glory and all the angels with him, then he will sit on his glorious throne.32 Allt the nations will be assembled before him, and he will separate people one from another like a shepherd separates the sheep from the goats.33 Het will put the sheep on his right and the goats on his left.34 Then the king will say to those on his right, ‘Come, you who are blessed by my Father, inherit the kingdom prepared for you from the foundation of the world.35 For I was hungry and you gave me food, I was thirsty and you gave me something to drink, I was a stranger and you invited me in,36 I was naked and you gave me clothing, I was sick and you took care of me, I was in prison and you visited me.’37 Then the righteous will answer him,t ‘Lord, when did we see you hungry and feed you, or thirsty and give you something to drink?38 Whent did we see you a stranger and invite you in, or naked and clothe you?39 Whent did we see you sick or in prison and visit you?’

40 And the king will answer them,t ‘I tell you the truth,t just as you did it for one of the least of these brothers or sisterst of mine, you did it for me.’
41 “Then he will sayt to those on his left, ‘Depart from me, you accursed, into the eternal fire that has been prepared for the devil and his angels!42 For I was hungry and you gave me nothing to eat, I was thirsty and you gave me nothing to drink.43 I was a stranger and you did not receive me as a guest, naked and you did not clothe me, sick and in prison and you did not visit me.’44 Then they too will answer,t ‘Lord, when did we see you hungry or thirsty or a stranger or naked or sick or in prison, and did not give you whatever you needed?’45 Then he will answer them,t ‘I tell you the truth,t just as you did not do it for one of the least of these, you did not do it for me.’

46 And these will depart into eternal punishment, but the righteous into eternal life.”

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.