Matteus 25
Die gelykenis van die tien meisies
1 Jesus het gesê: “Wanneer God Koning is, God wat in die hemel is, dan is dit soos wanneer tien meisies hulle tlampe neem en uitgaan om die bruidegom te ontmoet. 2 Vyf van die meisies was tdwaas, en vyf was tverstandig. 3 Die vyf dwase meisies het hulle lampe geneem, maar hulle het nie olyf-olie saamgeneem nie. 4 Die verstandige meisies het hulle lampe geneem en hulle het ook olyf-olie in tkruike saamgeneem. 5 Die bruidegom het laat gekom, en die meisies het almal vaak geword en hulle het aan die slaap geraak. 6 In die middel van die nag het die mense geskree: ‘Hier kom die bruidegom! Julle moet uitgaan om hom te gaan ontmoet.’ 7 Toe staan al daardie meisies op en hulle maak hulle lampe gereed. 8 Die dwase meisies sê toe vir die verstandige meisies: ‘Gee vir ons van julle olyf-olie, want ons lampe gaan dood.’
9 Die verstandige meisies het vir die dwase meisies gesê: ‘As ons vir julle van ons olyf-olie gee, dan sal daar nie genoeg olyf-olie wees vir ons en ook vir julle nie. Julle moet winkel toe gaan en julle moet julle eie olyf-olie gaan koop.’
10 “Terwyl die dwase meisies olyf-olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Die vyf verstandige meisies wat gereed was, het saam met hom ingegaan in die huis waar die fees-ete was, en mense het die deur toegesluit. 11 Later het die ander meisies gekom en gesê: ‘Meneer, Meneer, maak die deur oop vir ons.’
12 Maar die bruidegom het gesê: ‘Ek sê vir julle, en dit is seker: Ek ken julle nie.’ ”
13 Jesus het toe gesê: “Julle moet ook wakker wees, want julle weet nie op watter dag en hoe laat in die dag die tSeun van die mens sal kom nie.”Die gelykenis van die drie slawe en die geldstukke
(Ook Mark 13:34; Luk 19:11-27)
14 Jesus het ook gesê: “Wanneer God Koning is, dan is dit soos wanneer ’n man ’n tyd lank weggegaan het van sy huis. Hy het sy tslawe geroep en gesê hulle moet al sy goed oppas. 15 Hy het vir die een slaaf vyf ttalente gegee, vir ’n ander slaaf het hy ttwee talente gegee, en vir die derde slaaf teen talent. Hy het besluit met hoeveel geld elke slaaf kon werk. Toe het hy weggegaan. 16 Die slaaf wat vyf talente gekry het, het dadelik gegaan en hy het daarmee baie dinge gaan koop en verkoop en hy het nog vyf ander talente bygekry. 17 Die slaaf wat twee talente gekry het, het dieselfde gedoen en hy het nog twee talente bygekry.
18 Maar die slaaf wat een talent gekry het, het ’n gat in die grond gegrawe en hy het sy eienaar se geld daarin weggesteek.
19 “Ná ’n lang tyd het die eienaar van die slawe teruggekom en gevra wat hulle met die geld gedoen het. 20 Die slaaf wat vyf talente gekry het, bring toe nog vyf talente en hy sê: ‘Meneer, jy het vir my vyf talente gegee, en hier is nou nog vyf talente wat ek bygekry het.’ 21 Sy eienaar sê toe: ‘Dit is goed. Jy is ’n goeie slaaf, jy het gedoen wat ek wou hê. Jy het goed gewerk met die bietjie geld wat ek vir jou gegee het, ek sal nou vir jou baie meer geld gee sodat jy daarmee kan werk. Kom in, jy moet bly wees saam met my, jou eienaar.’ 22 Die slaaf wat twee talente gekry het, kom toe en sê: ‘Meneer, jy het vir my twee talente gegee. Hier is nou nog twee talente wat ek bygekry het.’ 23 Sy eienaar sê toe: ‘Dit is goed. Jy is ’n goeie slaaf, jy het gedoen wat ek wou hê. Jy het goed gewerk met die bietjie geld wat ek vir jou gegee het, ek sal nou vir jou baie meer geld gee sodat jy daarmee kan werk. Kom in, jy moet bly wees saam met my, jou eienaar.’ 24 Die slaaf wat een talent gekry het, kom toe en sê: ‘Meneer, ek weet jy is ’n kwaai man. Jy wil koring afsny wat jy nie gesaai het nie en jy wil koring bymekaarmaak waar jy nie geplant het nie. 25 Ek was bang, daarom het ek jou geld in die grond gaan begrawe en dit weggesteek. Ek gee nou vir jou die een talent terug.’ 26 Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Jy is ’n slegte en lui slaaf. Jy het geweet ek sny koring af wat ek nie gesaai het nie en ek maak bymekaar waar ek nie geplant het nie. 27 Daarom moes jy my geld in die bank gesit het. Dan kon ek my geld en die trente gekry het toe ek teruggekom het.’ 28 Hy sê toe vir sy ander slawe: ‘Vat die geld weg van hom en gee dit vir die slaaf wat die tien talente het. 29 Ek sal vir elkeen wat baie het, nog meer gee. Dan sal hy baie hê. Maar ek sal van elkeen wat nie baie het nie, ook die bietjie wegvat wat hy het.
30 Gooi hierdie slaaf wat niks beteken nie, in die tdonker plek. Daar sal hy huil en hard op sy tande byt van die pyn.’ ”Die Seun van die mens sal oordeel oor die volke
31 Jesus het gesê: “Wanneer Ek, die tSeun van die mens, die Koning, saam met al my tengele kom, dan sal Ek op my ttroon sit en Koning wees. 32 Dan sal al die volke voor My bymekaarkom, en dan sal Ek die mense van mekaar skei, soos ’n skaapwagter die skape van die bokke skei. 33 En Ek sal die skape regs langs My laat staan en die bokke links langs My. 34 Dan sal Ek, die Seun van die mens, vir die mense regs langs My sê: ‘Kom, my Vader het julle tgeseën. Hy wil van altyd af Koning wees oor julle, vandat Hy die aarde gemaak het. Julle moet dit nou aanvaar en bly wees daaroor. 35 Want toe Ek honger was, het julle vir My iets gegee om te eet, en toe Ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink. Toe Ek ’n tvreemdeling by julle was, het julle gesê Ek is welkom by julle. 36 Ek het nie klere gehad nie, en julle het vir My klere gegee om aan te trek. Ek was siek, en julle het vir My gesorg. Ek was in die tronk, en julle het My besoek.’ 37 Die mense wat gehoorsaam is aan die wette van die Here, sal dan vir My sê: ‘Here, wanneer het ons gesien U is honger en het ons vir U iets gegee om te eet? Wanneer het ons gesien U is dors en het ons vir U iets gegee om te drink? 38 Wanneer het ons gesien U is ’n vreemdeling en het ons gesê U is welkom by ons? Wanneer het ons gesien U het nie klere nie en het ons vir U klere gegee om aan te trek? 39 Wanneer het ons gesien U is siek of in die tronk, en het ons U besoek?’ 40 Die Koning sal dan vir hulle sê: ‘Ek sê vir julle, en dit is seker: Toe julle dit gedoen het vir een van my vriende, ook vir die een wat die minste belangrik is, toe het julle dit vir My gedoen.’ 41 Dan sal die Koning vir die mense links langs Hom sê: ‘Gaan weg van My! God het julle tvervloek. Julle moet na die vuur gaan wat altyd brand, die vuur wat Hy gereedgemaak het vir tdie duiwel en sy tengele. 42 Want toe Ek honger was, het julle vir My niks gegee om te eet nie, en toe Ek dors was, het julle vir My niks gegee om te drink nie. 43 Toe Ek ’n vreemdeling was, het julle nie gesê Ek is welkom by julle nie, en toe Ek nie klere gehad het nie, het julle nie vir My klere gegee om aan te trek nie. Ek was siek en in die tronk en julle het nie vir My gesorg nie.’ 44 Dan sal ook húlle vir die Koning sê: ‘Here, wanneer het ons gesien U is honger of dors, of U is ’n vreemdeling of U het nie klere nie, of U is siek of in die tronk? Wanneer het ons U nie gedien nie?’ 45 Dan sal die Koning vir hulle sê: ‘Ek sê vir julle, en dit is seker: Toe julle dit nie gedoen het vir een van hierdie mense wat die minste belangrik is nie, toe het julle dit ook nie vir My gedoen nie.’ 46 God sal hierdie mense vir altyd straf, maar die mense wat gehoorsaam was aan die wette van die Here, sal die tewige lewe kry.”
Matthew 25
The Parable of the Ten Young Women
1 “At that time the Kingdom of heaven will be like this. Once there were ten young women who took their oil lamps and went out to meet the bridegroom. t 2 Five of them were foolish, and the other five were wise. 3 The foolish ones took their lamps but did not take any extra oil with them, 4 while the wise ones took containers full of oil for their lamps.
5 The bridegroom was late in coming, so the women began to nod and fall asleep.
6 “It was already midnight when the cry rang out, ‘Here is the bridegroom! Come and meet him!’ 7 The ten women woke up and trimmed their lamps. 8 Then the foolish ones said to the wise ones, ‘Let us have some of your oil, because our lamps are going out.’ 9 ‘No, indeed,’ the wise ones answered, ‘there is not enough for you and for us. Go to the shop and buy some for yourselves.’
10 So the foolish women went off to buy some oil; and while they were gone, the bridegroom arrived. The five who were ready went in with him to the wedding feast, and the door was closed.
11 “Later the other women arrived. ‘Sir, sir! Let us in!’ they cried out. t
12 ‘Certainly not! I don't know you,’ the bridegroom answered.”
13 And Jesus concluded, “Be on your guard, then, because you do not know the day or the hour. The Parable of the Three Servants
(Lk 19.11–27)
14 “At that time the Kingdom of heaven will be like this. Once there was a man who was about to go on a journey; he called his servants and put them in charge of his property. 15 He gave to each one according to his ability: to one he gave 5,000 gold coins, to another he gave two thousand, and to another he gave 1,000. Then he left on his journey. 16 The servant who had received 5,000 coins went at once and invested his money and earned another five thousand. 17 In the same way the servant who had received 2,000 coins earned another 2,000.
18 But the servant who had received 1,000 coins went off, dug a hole in the ground, and hid his master's money.
19 “After a long time the master of those servants came back and settled accounts with them. 20 The servant who had received 5,000 coins came in and handed over the other five thousand. ‘You gave me 5,000 coins, sir,’ he said. ‘Look! Here are another 5,000 that I have earned.’
21 ‘Well done, you good and faithful servant!’ said his master. ‘You have been faithful in managing small amounts, so I will put you in charge of large amounts. Come on in and share my happiness!’
22 “Then the servant who had been given 2,000 coins came in and said, ‘You gave me 2,000 coins, sir. Look! Here are another 2,000 that I have earned.’
23 ‘Well done, you good and faithful servant!’ said his master. ‘You have been faithful in managing small amounts, so I will put you in charge of large amounts. Come on in and share my happiness!’
24 “Then the servant who had received 1,000 coins came in and said, ‘Sir, I know you are a hard man; you reap harvests where you did not sow, and you gather crops where you did not scatter seed.
25 I was afraid, so I went off and hid your money in the ground. Look! Here is what belongs to you.’
26 “ ‘You bad and lazy servant!’ his master said. ‘You knew, did you, that I reap harvests where I did not sow, and gather crops where I did not scatter seed? 27 Well, then, you should have deposited my money in the bank, and I would have received it all back with interest when I returned. 28 Now, take the money away from him and give it to the one who has 10,000 coins. 29 For to every person who has something, even more will be given, and he will have more than enough; but the person who has nothing, even the little that he has will be taken away from him. t
30 As for this useless servant — throw him outside in the darkness; there he will cry and grind his teeth.’tThe Final Judgement
31 “When the Son of Man comes as King and all the angels with him, he will sit on his royal throne, t 32 and the people of all the nations will be gathered before him. Then he will divide them into two groups, just as a shepherd separates the sheep from the goats. 33 He will put the righteous people on his right and the others on his left. 34 Then the King will say to the people on his right, ‘Come, you that are blessed by my Father! Come and possess the kingdom which has been prepared for you ever since the creation of the world. 35 I was hungry and you fed me, thirsty and you gave me a drink; I was a stranger and you received me in your homes,
36 naked and you clothed me; I was sick and you took care of me, in prison and you visited me.’
37 “The righteous will then answer him, ‘When, Lord, did we ever see you hungry and feed you, or thirsty and give you a drink? 38 When did we ever see you a stranger and welcome you in our homes, or naked and clothe you? 39 When did we ever see you sick or in prison, and visit you?’
40 The King will reply, ‘I tell you, whenever you did this for one of the least important of these members of my family, you did it for me!’
41 “Then he will say to those on his left, ‘Away from me, you that are under God's curse! Away to the eternal fire which has been prepared for the Devil and his angels! 42 I was hungry but you would not feed me, thirsty but you would not give me a drink;
43 I was a stranger but you would not welcome me in your homes, naked but you would not clothe me; I was sick and in prison but you would not take care of me.’
44 “Then they will answer him, ‘When, Lord, did we ever see you hungry or thirsty or a stranger or naked or sick or in prison, and would not help you?’ 45 The King will reply, ‘I tell you, whenever you refused to help one of these least important ones, you refused to help me.’ 46 These, then, will be sent off to eternal punishment, but the righteous will go to eternal life.” t