previous next

MATTEUS 25

Die profetiese rede: die gelykenis van die tien meisies

1 “Dan sal dit met die koninkryk van die hemel gaan soos met tien meisies wat hulle lampe gevat het om die bruidegom te gaan inwag. 2 Vyf van hulle was onverstandig en vyf verstandig. 3 Die onverstandiges het hulle lampe gevat maar nie ekstra olie met hulle saamgevat nie, 4 terwyl die verstandiges saam met hulle lampe ook nog olie in houers gevat het. 5 Toe die bruidegom lank wegbly, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.

6 “In die middel van die nag was daar 'n geroep: ‘Hier kom die bruidegom! Gaan hom tegemoet!’ 7 Toe staan al die meisies op en maak hulle lampe reg. 8 Die onverstandiges sê toe vir die verstandiges: ‘Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan dood.’ 9 Maar die verstandiges antwoord: ‘Nee, daar is nie genoeg vir ons en vir julle nie. Gaan liewer winkel toe en koop vir julle olie.’

10 “Terwyl die onverstandiges olie gaan koop het, het die bruidegom gekom. Dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof toe, en die deur is gesluit.

11 “Later kom die ander meisies ook daar aan en roep: ‘Meneer, Meneer, maak vir ons oop!’ 12 Maar die bruidegom antwoord: ‘Ek sê vir julle: Ek ken julle nie!’

13 “Waak dan, omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie.”

Die profetiese rede: die gelykenis van die muntstukke

(Luk. 19:11-27)

14 “Verder gaan dit soos met 'n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou. 15 Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir 'n ander twee, en vir 'n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan.

16 “Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, het dadelik daarmee gaan werk en 'n wins gemaak van nog vyf. 17 So ook die een wat twee gekry het: hy het 'n wins gemaak van nog twee. 18 Maar die slaaf wat een gekry het, het 'n gat in die grond gaan grawe en sy eienaar se geld daarin weggesteek.

19 “Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra. 20 Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, kom toe en bring die ander vyf saam, en sê: ‘Meneer, vyf goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met vyf ander wat ek wins gemaak het.’ 21 Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’

22 “Toe kom die een met die twee goue muntstukke en sê: ‘Meneer, twee goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met twee ander wat ek wins gemaak het.’ 23 Sy eienaar sê toe vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’

24 “Toe kom die een wat een goue muntstuk ontvang het, en sê: ‘Meneer, ek ken u en weet dat u 'n harde man is, wat oes waar u nie gesaai het nie, en pluk waar u nie geplant het nie. 25 Omdat ek bang was, het ek u muntstuk in die grond gaan begrawe. Hier het u u geld terug.’ 26 Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Jy is 'n slegte en 'n lui slaaf! Jy het geweet dat ek oes waar ek nie gesaai het nie, en pluk waar ek nie geplant het nie. 27 Dan moes jy my geld in die bank gesit het, en ek sou dit by my koms met rente teruggekry het. 28 Vat die muntstuk van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien het. 29 Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. 30 En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.’ ”

Die profetiese rede: die laaste oordeel

31 “Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 32 Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos 'n wagter die skape van die bokke skei. 33 Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan.

34 “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, 35 want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My gehuisves; 36 Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ 37 Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? 38 En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? 39 Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’ 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

41 “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, 42 want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; 43 Ek was 'n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’ 44 Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of 'n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’ 45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’ 46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”

Matthew 25

1 THEN shall the kingdom of heaven be like to ten virgins, who taking their lamps went out to meet the bridegroom and the bride.2 And five of them were foolish, and five wise.3 But the five foolish, having taken their lamps, did not take oil with them:4 But the wise took oil in their vessels with the lamps.5 And the bridegroom tarrying, they all slumbered and slept.6 And at midnight there was a cry made: Behold the bridegroom cometh, go ye forth to meet him.7 Then all those virgins arose and trimmed their lamps.8 And the foolish said to the wise: Give us of your oil, for our lamps are gone out.9 The wise answered, saying: Lest perhaps there be not enough for us and for you, go ye rather to them that sell, and buy for yourselves.10 Now whilst they went to buy, the bridegroom came: and they that were ready, went in with him to the marriage, and the door was shut.11 But at last come also the other virgins, saying: Lord, Lord, open to us.12 But he answering said: Amen I say to you, I know you not.13 Watch ye therefore, because you know not the day nor the hour.14 For even as a man going into a far country, called his servants, and delivered to them his goods;15 And to one he gave five talents, and to another two, and to another one, to every one according to his proper ability: and immediately he took his journey.16 And he that had received the five talents, went his way, and traded with the same, and gained other five.17 And in like manner he that had received the two, gained other two.18 But he that had received the one, going his way digged into the earth, and hid his lord's money.19 But after a long time the lord of those servants came, and reckoned with them.20 And he that had received the five talents coming, brought other five talents, saying: Lord, thou didst deliver to me five talents, behold I have gained other five over and above.21 His lord said to him: Well done, good and faithful servant, because thou hast been faithful over a few things, I will place thee over many things: enter thou into the joy of thy lord.22 And he also that had received the two talents came and said: Lord, thou deliveredst two talents to me: behold I have gained other two.23 His lord said to him: Well done, good and faithful servant: because thou hast been faithful over a few things, I will place thee over many things: enter thou into the joy of thy lord.24 But he that had received the one talent, came and said: Lord, I know that thou art a hard man; thou reapest where thou hast not sown, and gatherest where thou hast not strewed.25 And being afraid I went and hid thy talent in the earth: behold here thou hast that which is thine.26 And his lord answering, said to him: Wicked and slothful servant, thou knewest that I reap where I sow not, and gather where I have not strewed:27 Thou oughtest therefore to have committed my money to the bankers, and at my coming I should have received my own with usury.28 Take ye away therefore the talent from him, and give it to him that hath ten talents.29 For to every one that hath shall be given, and he shall abound: but from him that hath not, that also which he seemeth to have shall be taken away.30 And the unprofitable servant cast ye out into the exterior darkness. There shall be weeping and gnashing of teeth.31 And when the Son of man shall come in his majesty, and all the angels with him, then shall he sit upon the seat of his majesty.32 And all nations shall be gathered together before him, and he shall separate them one from another, as the shepherd separateth the sheep from the goats:33 And he shall set the sheep on his right hand, but the goats on his left.34 Then shall the king say to them that shall be on his right hand: Come, ye blessed of my Father, possess you the kingdom prepared for you from the foundation of the world.35 For I was hungry, and you gave me to eat; I was thirsty, and you gave me to drink; I was a stranger, and you took me in:36 Naked, and you covered me: sick, and you visited me: I was in prison, and you came to me.37 Then shall the just answer him, saying: Lord, when did we see thee hungry, and fed thee; thirsty, and gave thee drink?38 And when did we see thee a stranger, and took thee in? or naked, and covered thee?39 Or when did we see thee sick or in prison, and came to thee?40 And the king answering, shall say to them: Amen I say to you, as long as you did it to one of these my least brethren, you did it to me.41 Then he shall say to them also that shall be on his left hand: Depart from me, you cursed, into everlasting fire which was prepared for the devil and his angels.42 For I was hungry, and you gave me not to eat: I was thirsty, and you gave me not to drink.43 I was a stranger, and you took me not in: naked, and you covered me not: sick and in prison, and you did not visit me.44 Then they also shall answer him, saying: Lord, when did we see thee hungry, or thirsty, or a stranger, or naked, or sick, or in prison, and did not minister to thee?45 Then he shall answer them, saying: Amen I say to you, as long as you did it not to one of these least, neither did you do it to me.46 And these shall go into everlasting punishment: but the just, into life everlasting.