MATTEUS 25
Die gelykenis van die tien meisies
1 "In daardie tyd sal dit met die koninkryk van God gaan soos met tien meisies wat met hulle lampe die bruidegom gaan inwag het.2 Vyf van hulle was dwaas, maar die ander vyf was verstandig.3 Die vyf dwase meisies het wel hulle lampe saamgeneem, maar geen ekstra olie nie.4 Die ander vyf daarenteen was verstandig genoeg om, afgesien van hulle lampe, ook nog ekstra olie in houers saam te vat.5 Toe die bruidegom lank wegbly, het almal vaak geword en aan die slaap geraak.
6 Dit was al teen middernag toe 'n geroep hulle wakker maak: 'Hier kom die bruidegom! Gaan verwelkom hom!'
7 "Daarop het al die meisies opgespring en hulle lampe begin regkry.8 Die dwases vra toe vir die verstandiges: 'Help ons asseblief met 'n bietjie van julle olie, want ons lampe is aan die doodgaan.'
9 Maar die verstandiges het geantwoord: 'Nee, ons kan nie. Daar is nie genoeg vir ons almal nie. Gaan koop liewer vir julle by die winkel.'
10 "Terwyl die onverstandiges weg was om olie te gaan koop, het die bruidegom opgedaag. Dié wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilofsfees en die deur van die feesvertrek is gesluit.11 Later kom die ander meisies toe ook en roep van buite af: 'Meneer, Meneer, maak asseblief vir ons oop!'
12 Maar hy het teruggeroep: 'Ek ken julle glad nie!'
13 "Wees dus altyd wakker en gereed, want julle ken nie die presiese datum of tyd van my koms nie."
Die gelykenis van die drie slawe en die goue muntstukke
14 "Verder is God se koningsheerskappy soos iemand wat op reis wou gaan. Hy roep toe sy slawe bymekaar en vertrou sy geld aan hulle toe om daarmee te woeker terwyl hy weg is.15 Vir die eerste slaaf het hy vyf kosbare goue muntstukke gegee, vir die tweede slaaf twee, en vir die derde slaaf een - vir elkeen volgens sy spesifieke bekwaamheid - en toe het hy vertrek. Dadelik16 het die een wat die vyf goue muntstukke ontvang het, daarmee aan die werk gespring en dit spoedig verdubbel.17 Net so het die een wat twee goue muntstukke ontvang het, ook sy geld verdubbel.
18 Maar die een wat net een goue muntstuk ontvang het, het 'n gat in die grond gaan grawe en sy eienaar se geld daarin weggesteek.
19 "Na 'n lang tyd het daardie slawe se eienaar van sy reis teruggekeer en hulle gevra om te rapporteer wat hulle met sy geld gedoen het.20 Die slaaf wat die vyf goue muntstukke ontvang het, verskyn toe voor hom en bring die vyf ekstra goue muntstukke saam. 'Meneer,' sê hy, 'u het vir my vyf goue muntstukke gegee. Kyk, ek het die bedrag verdubbel!'
21 Die eienaar het hom geprys en gesê: 'Uitstekend! Jy is 'n voortreflike slaaf; een op wie ek kan staatmaak. In die kleine het jy jou betroubaar bewys. Daarom gaan ek nog baie groter verantwoordelikhede aan jou toevertrou. Kom vier saam met my fees!'
22 "Die een wat die twee goue muntstukke ontvang het, verskyn toe ook voor hom en sê: 'Meneer, twee goue muntstukke het u aan my gegee. Kyk, ek het die bedrag verdubbel!'
23 Die eienaar het hom geprys en gesê: 'Uitstekend! Jy is 'n voortreflike slaaf; een op wie ek kan staatmaak. In die kleine het jy jou betroubaar bewys. Daarom gaan ek nog baie groter verantwoordelikhede aan jou toevertrou. Kom vier saam met my fees.'
24 "Daarna verskyn die een wat die een goue muntstuk ontvang het ook voor hom en sê: 'Meneer, ek het besef dat u 'n veeleisende persoon is wat wil oes waar u nie self gesaai het nie en wil insamel waar u niks ingesit het nie.
25 Daarom was ek te bang om iets te waag en het maar liewer u muntstuk in die grond gaan wegsteek. Hier is u geld nou.'
26 "Maar sy eienaar het hom geantwoord: 'Jou slegte slaaf! Jou lamsak! So, jy het geweet dat ek 'n veeleisende mens is wat wil oes waar ek nie self gesaai het nie en wil insamel waar ek niks ingesit het nie?
27 Dan moes jy mos my geld in die bank belê het en ek sou by my terugkoms ten minste my geld met rente kon terugkry.'
28 "Hy sê toe vir die ander: 'Vat die muntstuk by hom en gee dit vir die een wat die tien muntstukke het.29 Aan hulle wat dit wat aan hulle toevertrou is goed gebruik, sal nog meer gegee word. Ja, hulle sal oorvloed hê. Maar van hulle wat niks kan wys nie, sal selfs die bietjie wat hulle het, ook nog weggeneem word.
30 En daardie nikswerd slaaf - gooi hom uit in die donkerte daar buite. Dáár sal hulle bitterlik huil en van selfverwyt op die tande kners.'"
Die gelykenis van die bokke en skape by die eindoordeel
31 "Wanneer die Seun van die Mens in sy heerlikheid kom en al sy engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit.
32 "Al die nasies sal voor Hom bymekaargebring word en Hy sal hulle van mekaar skei soos 'n skaapwagter die skape van die bokke skei.33 Hy sal die skape aan sy regterkant laat staan en die bokke aan sy linkerkant.34 Daarop sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: 'Kom julle, want my Vader het julle geseën. Kom ontvang julle erfenis - die koninkryk wat my Vader reeds van voor die begin van die wêreld af vir julle gereed gemaak het.35 Want toe Ek honger was, het julle vir My kos gegee; toe Ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink; toe Ek 'n hawelose vreemdeling was, het julle My in julle huise ontvang;
36 toe Ek niks gehad het om aan te trek nie, het julle vir My klere gegee; toe Ek siek was, het julle na My omgesien; toe Ek in die tronk was, het julle My opgesoek.'
37 "Daarop sal dié wat God se wil uitgevoer het Hom antwoord: 'Maar wanneer het ons U dan honger gesien, en vir U kos gegee? Of dors, en vir U iets gegee om te drink?38 En wanneer het ons gesien dat U 'n hawelose vreemdeling was, en U in ons huise ontvang? Of dat U niks gehad het om aan te trek nie, en ons het vir U klere gegee?39 En wanneer het ons U siek gesien of in die tronk, en U opgesoek?'
40 En die Koning sal vir hulle antwoord: 'Ek verseker julle: As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen.'
41 "Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: 'Gaan weg van My af, want God het julle vervloek! Gaan na die ewige vuur wat gereed gemaak is vir die duiwel en sy bose engele!42 Want toe Ek honger was, het julle nie vir My kos gegee nie; toe Ek dors was, het julle nie vir My iets gegee om te drink nie;
43 toe Ek 'n hawelose vreemdeling was, het julle My nie in julle huise ontvang nie; toe Ek niks gehad het om aan te trek nie, het julle nie vir My klere gegee nie; toe Ek siek en in die tronk was, het julle nie na My omgesien nie.'
44 "Daarop sal hulle vra: 'Here, wanneer het ons U ooit honger of dors of haweloos of sonder klere of siek of in die tronk gesien, en nagelaat om U te versorg?'
45 Dan sal Hy hulle antwoord: 'Ek verseker julle, as julle versuim het om een van die eenvoudigstes van my broers of susters te help, het julle versuim om Mý te help.'
46 "Hulle sal dan in die ewige straf ingaan, maar dié wat God se wil uitgevoer het, in die ewige lewe."
MATTHEW 25
A Story about Ten Young Women
1 t The kingdom of heaven is like what happened one night when ten young women took their oil lamps and went to a wedding to meet the groom.t 2 Five of them were foolish and five were wise. 3 The foolish ones took their lamps, but no extra oil.
4 The ones who were wise took along extra oil for their lamps.
5 The groom was late arriving, and the young women became drowsy and fell asleep.
6 Then in the middle of the night someone shouted, “Here's the groom! Come to meet him!”
7 When the women got up and started getting their lamps ready,
8 the foolish ones said to the others, “Let us have some of your oil! Our lamps are going out.”
9 Those who were wise answered, “There's not enough oil for all of us! Go and buy some for yourselves.”
10 While the foolish ones were on their way to get some oil, the groom arrived. The five who were ready went into the wedding, and the doors were closed.
11 t Later the others returned and shouted, “Sir, sir! Open the door for us!”
12 But the groom replied, “I don't even know you!”
13 So, my disciples, always be ready! You don't know the day or the time when all this will happen.A Story //about Three Servants
(Luke 19.11-27)
14 t The kingdom is also like what happened when a man went away and put his three servants in charge of all he owned.
15 The man knew what each servant could do. So he handed 5,000 coins to the first servant, 2,000 to the second, and 1,000 to the third. Then he left the country.
16 As soon as the man had gone, the servant with the 5,000 coins used them to earn 5,000 more. 17 The servant who had 2,000 coins did the same with his money and earned 2,000 more.
18 But the servant with 1,000 coins dug a hole and hid his master's money in the ground.
19 Some time later the master of those servants returned. He called them in and asked what they had done with his money.
20 The servant who had been given 5,000 coins brought them in with the 5,000 that he had earned. He said, “Sir, you gave me 5,000 coins, and I have earned 5,000 more.”
21 “Wonderful!” his master replied. “You are a good and faithful servant. I left you in charge of only a little, but now I will put you in charge of much more. Come and share in my happiness!”
22 Next, the servant who had been given 2,000 coins came in and said, “Sir, you gave me 2,000 coins, and I have earned 2,000 more.”
23 “Wonderful!” his master replied. “You are a good and faithful servant. I left you in charge of only a little, but now I will put you in charge of much more. Come and share in my happiness!”
24 The servant who had been given 1,000 coins then came in and said, “Sir, I know that you are hard to work for. You harvest what you don't plant and gather crops where you haven't scattered seed.
25 I was frightened and went out and hid your money in the ground. Here is every single coin!”
26 The master of the servant told him, “You are lazy and good-for-nothing! You know I harvest what I don't plant and gather crops where I haven't scattered seed.
27 You could have at least put my money in the bank, so I could have earned interest on it.”
28 Then the master said, “Now your money will be taken away and given to the servant with 10,000 coins! 29 t Everyone who has something will be given more, and they will have more than enough. But everything will be taken from those who don't have anything.
30 t You are a worthless servant, and you will be thrown out into the dark where people will cry and grit their teeth in pain.”The Final Judgment
31 t When the Son of Man comes in his glory with all his angels, he will sit on his royal throne.
32 The people of all nations will be brought before him, and he will separate them, as shepherds separate their sheep from their goats.
33 He will place the sheep on his right and the goats on his left. 34 Then the king will say to those on his right, “My father has blessed you! Come and receive the kingdom that was prepared for you before the world was created. 35 t When I was hungry, you gave me something to eat, and when I was thirsty, you gave me something to drink. When I was a stranger, you welcomed me,
36 and when I was naked, you gave me clothes to wear. When I was sick, you took care of me, and when I was in jail, you visited me.”
37 Then the ones who pleased the Lord will ask, “When did we give you something to eat or drink? 38 When did we welcome you as a stranger or give you clothes to wear
39 or visit you while you were sick or in jail?”
40 The king will answer, “Whenever you did it for any of my people, no matter how unimportant they seemed, you did it for me.”
41 Then the king will say to those on his left, “Get away from me! You are under God's curse. Go into the everlasting fire prepared for the devil and his angels! 42 I was hungry, but you did not give me anything to eat, and I was thirsty, but you did not give me anything to drink.
43 I was a stranger, but you did not welcome me, and I was naked, but you did not give me any clothes to wear. I was sick and in jail, but you did not take care of me.”
44 Then the people will ask, “Lord, when did we fail to help you when you were hungry or thirsty or a stranger or naked or sick or in jail?”
45 The king will say to them, “Whenever you failed to help any of my people, no matter how unimportant they seemed, you failed to do it for me.”
46 t Then Jesus said, “Those people will be punished forever. But the ones who pleased God will have eternal life.”