previous next

Matteus 28

Jesus lewe weer

(Ook Mark 16:1-2,5-8; Luk 24:1-10; Joh 20:1-2,16-17)

1 Die tSabbatdag was verby. Toe dit die Sondag-oggend begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die tgraf gaan kyk. 2 Skielik was daar ’n groot aardbewing, want ’n tengel van die Here het afgekom uit die hemel. Hy het na die graf gegaan, die klip weggerol en op die klip gaan sit. 3 Hy het geblink soos weerlig en sy klere was so wit soos sneeu. 4 Die soldate wat die graf opgepas het, het groot geskrik. Hulle het gebewe en hulle het geword soos mense wat dood is. 5 Die engel sê toe vir die vroue: “Julle moenie bang wees nie. Ek weet julle soek vir Jesus wat tgekruisig is. 6 Hy is nie hier nie, want Hy lewe weer. Hy het gesê dit sal gebeur. Kom kyk, hier is die plek waar Hy gelê het.

7 Gaan gou en sê vir sy tdissipels Hy lewe weer. Dit is wat sal gebeur: Jesus gaan voor julle na Galilea, en julle moet ook gaan. Julle sal Hom daar sien. Dit is wat ek vir julle moes kom sê.”
8 Die vroue het gou weggegaan van die graf. Hulle was bang en baie bly en hulle het gehardloop om dit vir die dissipels te vertel.

9 Skielik het Jesus daar voor hulle gestaan en Hy het vir hulle gesê: “Ek groet julle!”
Die vroue kom toe na Jesus toe. Hulle het aan sy voete geraak en Hom aanbid.

10 Jesus het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie. Gaan sê vir my vriende dat hulle na Galilea moet gaan. Hulle sal My daar sien.”

Die soldate vertel wat gebeur het


11 Die vroue het gegaan om te doen wat Jesus gesê het. Party van die soldate wat die tgraf opgepas het, het toe ook na Jerusalem gegaan. Hulle het vir die tpriesterleiers gaan vertel wat alles by die graf gebeur het. 12 Die priesterleiers en die familieleiers het toe bymekaargekom en hulle het planne gemaak. Hulle het baie geld vir die soldate gegee 13 en vir hulle gesê: “Julle moet vir die mense sê: ‘Jesus se tdissipels het in die nag sy liggaam kom steel terwyl ons geslaap het.’

14 As die tgoewerneur dit hoor, dan sal ons vir hom sê julle is tonskuldig. Julle moenie bekommerd wees nie.”

15 Die soldate het toe die geld gevat en hulle het gedoen wat die Joodse leiers vir hulle gesê het. Die Jode vertel tot vandag toe nog hierdie storie wat die soldate oral vertel het.

Jesus sê wat sy dissipels moet doen


16 Die elf tdissipels het na Galilea gegaan, Jesus het gesê hulle moet daar na ’n berg gaan. 17 Toe hulle vir Jesus sien, het hulle voor Hom gekniel en Hom aanbid. Hulle het dit gedoen, maar hulle was nie heeltemal seker dat dit Jesus was nie. 18 Jesus het na hulle toe gekom en vir hulle gesê: “God het gesê Ek moet regeer oor alles in die hemel en op die aarde. 19 Daarom moet julle gaan en julle moet die mense van al die volke my dissipels maak. Julle moet hulle doop tin die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. 20 Julle moet vir hulle leer om gehoorsaam te wees aan alles wat Ek vir julle gesê het. En onthou: Ek is altyd by julle, tot die einde van die wêreld.”

Matthew 28

The Resurrection

(Mk 16.1–10; Lk 24.1–12; Jn 20.1–10)

1 After the Sabbath, as Sunday morning was dawning, Mary Magdalene and the other Mary went to look at the tomb. 2 Suddenly there was a violent earthquake; an angel of the Lord came down from heaven, rolled the stone away, and sat on it. 3 His appearance was like lightning, and his clothes were white as snow.

4 The guards were so afraid that they trembled and became like dead men.
5 The angel spoke to the women. “You must not be afraid,” he said. “I know you are looking for Jesus, who was crucified. 6 He is not here; he has been raised, just as he said. Come here and see the place where he was lying.

7 Go quickly now, and tell his disciples, ‘He has been raised from death, and now he is going to Galilee ahead of you; there you will see him!’ Remember what I have told you.”

8 So they left the tomb in a hurry, afraid and yet filled with joy, and ran to tell his disciples.
9 Suddenly Jesus met them and said, “Peace be with you.” They came up to him, took hold of his feet, and worshipped him.

10 “Do not be afraid,” Jesus said to them. “Go and tell my brothers to go to Galilee, and there they will see me.”

The Report of the Guard


11 While the women went on their way, some of the soldiers guarding the tomb went back to the city and told the chief priests everything that had happened. 12 The chief priests met with the elders and made their plan; they gave a large sum of money to the soldiers 13 and said, “You are to say that his disciples came during the night and stole his body while you were asleep.

14 And if the Governor should hear of this, we will convince him that you are innocent, and you will have nothing to worry about.”

15 The guards took the money and did what they were told to do. And so that is the report spread round by the Jews to this very day.

Jesus Appears to his Disciples

(Mk 16.14–18; Lk 24.36–49; Jn 20.19–23; Acts 1.6–8)


16 The eleven disciples went to the hill in Galilee where Jesus had told them to go.t 17 When they saw him, they worshipped him, even though some of them doubted. 18 Jesus drew near and said to them, “I have been given all authority in heaven and on earth. 19 Go, then, to all peoples everywhere and make them my disciples: baptize them in the name of the Father, the Son, and the Holy Spirit,t 20 and teach them to obey everything I have commanded you. And I will be with you always, to the end of the age.”