MATTEUS 28
Jesus het opgestaan
(Mark. 16:1-8; Luk. 24:1-12; Joh. 20:1-8)
1 Na die sabbatdag, toe dit die Sondagmôre begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk.
2 Skielik was daar 'n geweldige aardbewing. 'n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit. 3 Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu. 4 Van skrik vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.
5 Toe sê die engel vir die vroue: “Julle moet nie bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. 6 Hy is nie hier nie, want Hy is uit die dood opgewek, soos Hy gesê het. Kom nader en kyk: daar is die plek waar Hy gelê het. 7 Gaan gou en sê vir sy dissipels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.’ Dit is wat ek vir julle moes sê.”
8 Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan, bang maar baie bly, en hulle het gehardloop om dit aan die dissipels te vertel.
9 Skielik het Jesus daar voor die vroue gestaan en hulle gegroet. Hulle het nader gekom, sy voete gegryp en Hom aanbid. 10 Toe sê Jesus vir hulle: “Moenie bang wees nie. Gaan sê vir my broers hulle moet na Galilea toe gaan, en daar sal hulle My sien.”
Die berig van die wagte
11 Terwyl die vroue op pad was, kom party van die wagte in die stad aan en vertel vir die priesterhoofde alles wat gebeur het. 12 Die priesterhoofde het saam met die familiehoofde vergader en die volgende plan gemaak. Hulle het vir die soldate 'n groot som geld gegee 13 en gesê: “Julle moet sê: ‘Sy dissipels het in die nag gekom en sy liggaam gesteel terwyl ons geslaap het.’ 14 En as die goewerneur daarvan hoor, sal ons hom tevrede stel en sorg dat julle nie bekommerd hoef te wees nie.”
15 Die wagte het toe die geld gevat en gemaak soos hulle voorgesê is.
Hierdie storie word tot vandag toe onder die Jode vertel.
Jesus se opdrag aan die dissipels
(Mark. 16:14-18; Luk. 24:36-49; Joh. 20:19-23; vgl. Hand. 1:6-8)
16 Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. 17 Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het. 18 Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”
Matthew 28
1 AND in the end of the sabbath, when it began to dawn towards the first day of the week, came Mary Magdalen and the other Mary, to see the sepulchre.2 And behold there was a great earthquake. For an angel of the Lord descended from heaven, and coming, rolled back the stone, and sat upon it.3 And his countenance was as lightning, and his raiment as snow.4 And for fear of him, the guards were struck with terror, and became as dead men.5 And the angel answering, said to the women: Fear not you; for I know that you seek Jesus who was crucified.6 He is not here, for he is risen, as he said. Come, and see the place where the Lord was laid.7 And going quickly, tell ye his disciples that he is risen: and behold he will go before you into Galilee; there you shall see him. Lo, I have foretold it to you.8 And they went out quickly from the sepulchre with fear and great joy, running to tell his disciples.9 And behold Jesus met them, saying: All hail. But they came up and took hold of his feet, and adored him.10 Then Jesus said to them: Fear not. Go, tell my brethren that they go into Galilee, there they shall see me.11 Who when they were departed, behold some of the guards came into the city, and told the chief priests all things that had been done.12 And they being assembled together with the ancients, taking counsel, gave a great sum of money to the soldiers,13 Saying: Say you, His disciples came by night, and stole him away when we were asleep.14 And if the governor shall hear this, we will persuade him, and secure you.15 So they taking the money, did as they were taught: and this word was spread abroad among the Jews even unto this day.16 And the eleven disciples went into Galilee, unto the mountain where Jesus had appointed them.17 And seeing them they adored: but some doubted.18 And Jesus coming, spoke to them, saying: All power is given to me in heaven and in earth.19 Going therefore, teach ye all nations; baptizing them in the name of the Father, and of the Son, and of the Holy Ghost.20 Teaching them to observe all things whatsoever I have commanded you: and behold I am with you all days, even to the consummation of the world.