Matteus 28
1 Die Sondagoggend vroeg, net toe dit begin lig word, is Maria Magdalena en die ander Maria af graf toe.2 Hulle was net by die graf toe die aarde skielik begin bewe. Verskrik kyk hulle op en sien 'n engel van die Here uit die hemel na hulle toe kom. Hy rol toe die groot klip voor die graf weg en gaan sit daarop.
3-4 Toe die wagte hom sien, het hulle hulle byna doodgeskrik. Soos iemand wat flou word, slaan hulle neer, veral toe hulle die engel se gesig sien. Dit het gelyk of daar weerligstrale uitkom, so het dit gestraal. Sy klere was skitterend blink.
5 Die engel praat toe met die vroue: "Moenie vir my bang wees nie. Ek weet julle soek Jesus, die Een wat hulle gekruisig het. Hy is nie meer hier nie.6 Hy het mos self gesê Hy gaan opgewek word. Presies dit het gebeur! Maar staan nader; kom kyk self na die plek waar Hy gelê het.7 As julle klaar gekyk het, maak so gou as wat julle kan en gaan vertel vir sy dissipels dat Hy uit die dood opgewek is. Sê vir hulle Hy is op pad Galilea toe. Julle almal moet Hom daar gaan kry. Dit is my boodskap aan julle."
8 Die vroue het nie op hulle laat wag nie. Hulle hardloop toe so vinnig as wat hulle kon huis toe om vir die dissipels te gaan vertel. Van skrik het hulle bene nog maar gebewe, maar hulle harte het van pure blydskap vinnig geklop.9 Terwyl hulle afsit huis toe, kom hulle skielik vir Jesus self teë. Daar het Hy gestaan.
10 "Goeiemôre!" het Hy gesê. Die vroue was totaal uit die veld geslaan. Hulle het voor Jesus neergeval en sy voete vasgegryp. Woorde van aanbidding het oor hulle lippe gestroom.
Jesus sê vir hulle: "Moenie bang wees nie. Gaan sê vir my broers dat Ek hulle in Galilea sal kry."
11 Die wagte het intussen die hasepad gekies. Party van hulle is terug stad toe om vir die hoëpriester te gaan vertel wat alles gebeur het.12 Die Joodse leiers het dadelik weer 'n noodvergadering belê. Hulle het ooreengekom om wat gebeur het stil te probeer hou. Maar hulle moes by die soldate verbykom en bied toe vir hulle 'n aardige bedrag aan.13 "Vertel asseblief vir almal dat julle deur die nag aan die slaap geraak het. Jesus se vriende het toe die kans gebruik om sy liggaam te steel. Moet julle nie verder oor iets bekommer nie. Ons sal vir alles sorg.14 As die goewerneur vra waarom julle aan diens geslaap het, sal ons wel 'n storie uitdink wat sal keer dat iets met julle gebeur."
15 Die soldate het die omkoopgeld gretig gevat. Hulle het die storie wat die Joodse leiers versin het oral gaan rondvertel. Die Jode glo die storie tot vandag toe nog.
16 Die elf dissipels is van Jerusalem af terug Galilea toe. Daar het hulle Jesus op die berg gaan soek, soos Hy gevra het.17 Hulle het Hom ook daar gekry. Party het nog maar baie onseker gevoel oor alles wat gebeur het. Tog het hulle Hom geloof en aanbid.
18 Jesus het nader gestaan. "God het aan My al die mag gegee wat daar is. Niemand is magtiger as Ek nie.19 Ek wil hê julle moet iets vir My doen: "Die wêreld is nou julle sendingveld. Gaan oral na almal toe en daag hulle uit om My sonder enige voorwaardes of verskonings te volg. As hulle bereid is om My met hulle hele lewe te volg, moet julle hulle doop op gesag van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. So sal julle hulle inlyf om deel van God se familie te wees. Maar dan is julle nog nie klaar nie.20 Leer hulle en lei hulle dan in alles wat Ek vir julle geleer het. Vertel hulle hoe belangrik dit is om aan My gehoorsaam te wees en te doen wat Ek vra.
"En wees verseker: Ek verwag nie dat julle dit alleen moet doen nie. Elke dag, tot met die wederkoms, sal Ek self by julle wees."
Matthew 28
The Resurrection
1 Now after the Sabbath, at dawn on the first day of the week, Mary Magdalene and the other Mary went to look at the tomb.2 Suddenly there was a severe earthquake, for an angel of the Lordt descending from heaven came and rolled away the stone and sat on it.3 Hist appearance was like lightning, and his clothes were white as snow.4 Thet guards were shaken and became like dead men because they were so afraid of him.5 But the angel saidt to the women, “Do not be afraid; I knowt that you are looking for Jesus, who was crucified.s6 He is not here, for he has been raised,t just as he said. Come and see the place where hes was lying.7 Then go quickly and tell his disciples, ‘He has been raised from the dead. Het is going ahead of you into Galilee. You will see him there.’ Listen, I have told you!”8 Sot they left the tomb quickly, with fear and great joy, and ran to tell his disciples.9 Butt Jesus met them, saying, “Greetings!” Theyt came to him, held on to his feet and worshiped him.
10 Then Jesus said to them, “Do not be afraid. Go and tell my brothers to go to Galilee. They will see me there.”
The Guards’ Report
11 Whilet they were going, somet of the guard went into the city and told the chief priests everything that had happened.12 Aftert they had assembled with the elders and formed a plan, they gave a large sum of money to the soldiers,13 telling them, “You are to say, ‘His disciples came at night and stole his bodyt while we were asleep.’14 Ift this matter is heard before the governor,t we will satisfy hims and keep you out of trouble.”t
15 So they took the money and did as they were instructed. And this story is told among the Jews to this day.s
The Great Commission
16 Sot the eleven disciples went to Galilee to the mountain Jesus had designated.17 Whent they saw him, they worshiped him,t but some doubted.t18 Then Jesus came up and said to them,t “All authority in heaven and on earth has been given to me.19 Therefore got and make disciples of all nations, baptizing them in the name of the Father and the Son and the Holy Spirit,s
20 teaching them to obey everything I have commanded you. And remember,t I am with yous always, to the end of the age.”s