previous next

MATTEUS 28

Jesus het opgestaan!

1 Vroeg Sondagmôre, terwyl dit begin lig word, het Maria Magdalena en die ander Maria na die graf gaan kyk.2 Skielik was daar 'n geweldige aardbewing omdat daar 'n engel van die hemel af gekom, die klip voor die graf weggerol en daarop gaan sit het.3 Sy gesig het geblink soos weerlig en sy klere was sneeuwit.

4 Die wagte het van angs begin bewe oor die engel en toe soos dooies bewusteloos neergeslaan.
5 Daarop het die engel die vroue aangespreek met die woorde: "Julle hoef nie bang te wees nie. Ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.6 Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek uit die dood, presies soos Hy gesê het. Kom kyk, hier het sy liggaam gelê.

7 En gaan sê nou dadelik vir sy dissipels: 'Jesus is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle solank vooruit Galilea toe. Julle sal Hom dáár sien.' Julle kan reken op wat ek vir julle sê."
8 Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan. Oorstelp van skok, maar nog meer van 'n ontsaglike blydskap, het hulle gehardloop om die boodskap aan sy dissipels te gaan gee.9 En toe, meteens, daar staan Jesus voor die vroue, en Hy sê: "Goeiedag, almal!" Hulle hardloop na Hom toe, gryp sy voete vas en aanbid Hom.

10 Daarop sê Jesus vir hulle: "Julle hoef nie bang te wees nie. Gaan sê vir my broers hulle moet Galilea toe gaan en hulle sal My daar sien."

Die wagte versprei die storie dat Jesus se liggaam gesteel is

11 Terwyl die vroue op pad was, het sommige lede van die wag in die stad ingegaan en vir die priesterhoofde alles vertel wat gebeur het.12 Hulle het toe saam met die familiehoofde beraadslaag.13 Hulle het vir die soldate 'n groot som geld aangebied en vir hulle gesê: "Julle moet vir die mense vertel: 'Sy dissipels het mooi in die nag gekom terwyl ons aan die slaap was, en sy liggaam gesteel.'

14 As die goewerneur hiervan hoor, sal ons hom gerusstel. Ons sal sorg dat julle julle nie hoef te kwel nie."

15 Die wagte het toe die geld gevat en gedoen soos aan hulle voorgesê is. Hierdie storie is toe onder die Jode versprei en word oorvertel tot vandag toe.

Jesus gee sy finale opdrag aan sy dissipels

16 Die elf dissipels het toe na Galilea gegaan, na die berg soos Jesus hulle beveel het.

17 Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, alhoewel party van hulle nog getwyfel het.
18 Jesus kom toe nader en sê vir sy dissipels: "God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou.19 Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.

20 Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis."

MATTHEW 28

Jesus Is Alive

(Mark 16.1-8; Luke 24.1-12; John 20.1-10)

1 The Sabbath was over, and it was almost daybreak on Sunday when Mary Magdalene and the other Mary went to see the tomb. 2 Suddenly a strong earthquake struck, and the Lord's angel came down from heaven. He rolled away the stone and sat on it. 3 The angel looked as bright as lightning, and his clothes were white as snow.

4 The guards shook from fear and fell down, as though they were dead.
5 The angel said to the women, “Don't be afraid! I know you are looking for Jesus, who was nailed to a cross. 6 He isn't here! God has raised him to life, just as Jesus said he would. Come, see the place where his body was lying.

7 Now hurry! Tell his disciples he has been raised to life and is on his way to Galilee. Go there, and you will see him. This is what I came to tell you.”
8 The women were frightened and yet very happy, as they hurried from the tomb and ran to tell his disciples. 9 Suddenly Jesus met them and greeted them. They went near him, held on to his feet, and worshiped him.

10 Then Jesus said, “Don't be afraid! Tell my followers to go to Galilee. They will see me there.”

Report of the Guard


11 While the women were on their way, some soldiers who had been guarding the tomb went into the city. They told the chief priests everything that had happened. 12 So the chief priests met with the leaders and decided to bribe the soldiers with a lot of money. 13 They said to the soldiers, “Tell everyone that Jesus' disciples came during the night and stole his body while you were asleep. 14 If the governort hears about this, we will talk to him. You won't have anything to worry about.”

15 The soldiers took the money and did what they were told. The people of Judea still tell each other this story.

What Jesus' Followers //Must Do

(Mark 16.14-18; Luke 24.36-49; John 20.19-23; Acts 1.6-8)


16  t Jesus' eleven disciples went to a mountain in Galilee, where Jesus had told them to meet him.

17 They saw him and worshiped him, but some of them doubted.

18 Jesus came to them and said:
I have been given all authority in heaven and on earth!
19 t Go to the people of all nations and make them my disciples. Baptize them in the name of the Father, the Son, and the Holy Spirit, 20 and teach them to do everything I have told you. I will be with you always, even until the end of the world.