previous next

Matteus 4

Die Satan probeer om Jesus verkeerd te laat doen

(Ook Mark 1:12-13; Luk 4:1-13)

1 Die Heilige Gees het daarna vir Jesus na die woestyn geneem sodat tdie duiwel kon probeer om Jesus verkeerd te laat doen. 2 Jesus het 40 dae en 40 nagte lank niks geëet nie. Hy het toe honger geword.

3 Die duiwel het na Jesus toe gekom en hy het probeer om Jesus verkeerd te laat doen. Die duiwel het vir Jesus gesê: “As Jy die Seun van God is, sê dan vir hierdie klippe hulle moet brode word.”

4 Maar Jesus antwoord hom: “In die Ou Testament is geskryf:
t’n Mens lewe nie net
van brood nie.
As jy waarlik wil lewe,
dan moet jy luister
na elke woord wat God sê.”
5 Daarna het die duiwel vir Jesus saamgeneem na die tgewyde stad en hy het Jesus op die hoogste plek by die ttempel laat staan.

6 Die duiwel sê toe vir Jesus: “As Jy die Seun van God is, spring dan hier af, want in die Ou Testament is geskryf:
tGod sal vir sy tengele sê
hulle moet jou beskerm,
en hulle sal jou op hulle hande dra
sodat jy nie jou voet sal stamp
teen ’n klip nie.”

7 Jesus sê toe vir die duiwel: “Daar is ook in die Ou Testament geskryf: ‘tJy moenie vir jou God die Here iets vra wat jy nie mag vra nie.’ ”
8 Die duiwel het daarna vir Jesus na ’n baie hoë berg geneem. Hy het vir Hom al die lande van die wêreld gewys en al die mooi dinge in die lande.

9 Die duiwel sê toe vir Jesus: “Ek sal dit alles vir Jou gee as Jy voor my kniel en my aanbid.”

10 Jesus het vir die duiwel gesê: “Gaan weg, tSatan, want in die Ou Testament is geskryf:
tJy moet jou God die Here aanbid
en net vir Hom dien.”

11 Die duiwel het toe weggegaan van Jesus. Daar het engele gekom en hulle het vir Jesus gesorg.

Jesus begin sy werk in die provinsie Galilea

(Ook Mark 1:14-15; Luk 4:14-15; Joh 4:1-3,43-45)


12 Koning tHerodes het vir Johannes die Doper laat vang en hy het Johannes in die tronk toegesluit. Toe Jesus dit hoor, het Hy na die provinsie Galilea gegaan. 13 Jesus het weggegaan van die stad Nasaret waar Hy eers gewoon het. Hy het gaan woon in die stad Kapernaum, by die See van Galilea. Kapernaum was in die deel van die land waar die tstamme Sebulon en Naftali voorheen gewoon het.

14 Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat die tprofeet Jesaja gesê het:

15 “tLand van Sebulon en Naftali,
langs die pad na die See
van Galilea,
naby die Jordaan-rivier,
Galilea, land van mense
wat nie Jode is nie.

16 Julle is die volk wat in
die donker lewe,
maar julle het ’n groot lig gesien.
Julle wat woon in die skaduwee
van die dood,
julle het gesien dit word lig.”

17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Julle moet nou begin lewe soos God wil hê, want God wat in die hemel is, is Koning oor almal, en van nou af sal almal dit weet.”

Jesus kies vier dissipels

(Ook Mark 1:16-20; Luk 5:1-11; Joh 1:40-42)


18 Jesus het langs die See van Galilea geloop. Hy sien toe twee broers, Simon en Andreas. Simon se ander naam was Petrus. Hulle was vissermanne en hulle het hulle visnet in die see gegooi.

19 Jesus sê toe vir hulle: “Kom hier, kom saam met My, Ek sal julle lewens verander: Julle sal nog vissermanne wees, maar julle sal nie meer visse vang nie, julle sal mense bymekaarmaak vir God.”
20 Simon en Andreas het dadelik hulle visnette gelos en hulle het saam met Jesus gegaan. 21 Jesus het verder gegaan en toe sien Hy twee ander broers, Jakobus en Johannes. Hulle was die seuns van Sebedeus. Hulle was in die boot saam met hulle pa en hulle was besig om hulle visnette reg te maak. Jesus het hulle geroep om saam met Hom te kom.

22 Hulle het dadelik die boot en hulle pa daar gelos en hulle het saam met Jesus gegaan.

Jesus leer vir die mense, Hy preek vir hulle en maak hulle gesond

(Ook Mark 1:39; 3:7-8; Luk 4:44; 6:17-18)


23 Jesus het deur die hele provinsie Galilea gegaan. Hy het vir die mense geleer in die tsinagoges en vir hulle vertel van die goeie boodskap dat God Koning is oor almal. Hy het ook al die mense gesond gemaak wat siek was. 24 Al die mense in die provinsie Sirië het gehoor wat Jesus gedoen het. Toe het hulle al die siek mense, mense met verskillende soorte pyne, na Hom toe gebring. Daar was ook tduiwels in party van die mense, party mense het tepileptiese aanvalle gekry, en party mense was verlam. Jesus het hulle gesond gemaak. 25 Baie mense het saam met Jesus gegaan. Hulle het gekom van die provinsie Galilea, van tDekapolis, van Jerusalem, en van die provinsie Judea en van die ander kant van die Jordaan-rivier.

Matthew 4

The Temptation of Jesus

(Mk 1.12–13; Lk 4.1–13)

1 Then the Spirit led Jesus into the desert to be tempted by the Devil.t 2 After spending 40 days and nights without food, Jesus was hungry.

3 Then the Devil came to him and said, “If you are God's Son, order these stones to turn into bread.”

4 But Jesus answered, “The scripture says, ‘Human beings cannot live on bread alone, but need every word that God speaks.’ ”t
5 Then the Devil took Jesus to Jerusalem, the Holy City, set him on the highest point of the Temple,

6 and said to him, “If you are God's Son, throw yourself down, for the scripture says:t
‘God will give orders to his angels about you;
they will hold you up with their hands,
so that not even your feet will be hurt on the stones.’ ”

7 Jesus answered, “But the scripture also says, ‘Do not put the Lord your God to the test.’ ”t
8 Then the Devil took Jesus to a very high mountain and showed him all the kingdoms of the world in all their greatness.

9 “All this I will give you,” the Devil said, “if you kneel down and worship me.”

10 Then Jesus answered, “Go away, Satan! The scripture says, ‘Worship the Lord your God and serve only him!’ ”t

11 Then the Devil left Jesus; and angels came and helped him.

Jesus Begins his Work in Galilee

(Mk 1.14–15; Lk 4.14–15)


12 When Jesus heard that John had been put in prison, he went away to Galilee.t 13 He did not stay in Nazareth, but went to live in Capernaum, a town by Lake Galilee, in the territory of Zebulun and Naphtali.t

14 This was done to make what the prophet Isaiah had said come true:

15 “Land of Zebulun and land of Naphtali,t
on the road to the sea, on the other side of the Jordan,
Galilee, land of the Gentiles!

16 The people who live in darkness
will see a great light.
On those who live in the dark land of death
the light will shine.”

17 From that time Jesus began to preach his message: “Turn away from your sins, because the Kingdom of heaven is near!”t

Jesus Calls Four Fishermen

(Mk 1.16–20; Lk 5.1–11)


18 As Jesus walked along the shore of Lake Galilee, he saw two brothers who were fishermen, Simon (called Peter) and his brother Andrew, catching fish in the lake with a net. 19 Jesus said to them, “Come with me, and I will teach you to catch people.”

20 At once they left their nets and went with him.
21 He went on and saw two other brothers, James and John, the sons of Zebedee. They were in their boat with their father Zebedee, getting their nets ready. Jesus called them,

22 and at once they left the boat and their father, and went with him.

Jesus Teaches, Preaches, and Heals

(Lk 6.17–19)


23 Jesus went all over Galilee, teaching in the synagogues, preaching the Good News about the Kingdom, and healing people who had all kinds of disease and sickness.t 24 The news about him spread through the whole country of Syria, so that people brought to him all those who were sick, suffering from all kinds of diseases and disorders: people with demons, and epileptics, and paralytics — and Jesus healed them all. 25 Large crowds followed him from Galilee and the Ten Towns, from Jerusalem, Judea, and the land on the other side of the Jordan.