previous next

MATTEUS 4

Die versoeking in die woestyn

(Mark. 1:12-13; Luk. 4:1-13)

1 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. 2 Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.

3 Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.”

4 Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.t

5 Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan 6 en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele oor jou opdrag geet “en: “Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.t

7 Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.t

8 Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag 9 en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.”

10 Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.t

11 Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.

Die eerste optrede van Jesus

(Mark. 1:14-15; Luk. 4:14-15)

12 Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. 13 Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali. 14 So moes vervul word wat deur die profeet Jesaja gesê is:

15 “Jy, gebied van Sebulon en gebied van Naftali, aan die seekant en oorkant die Jordaan, Galilea waar die heidene woon!

16 Die volk wat in duisternis woon, het 'n groot lig gesien; hulle wat in die skemerland van die dood lewe, vir hulle het die lig opgegaan.”t

17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Die roeping van die eerste dissipels

(Mark. 1:16-20; Luk. 5:1-11)

18 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. 19 Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

20 Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

21 Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, 22 en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.

Weldade aan baie mense

(Luk. 6:17-19)

23 Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. 24 En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak. 25 Groot menigtes uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en van oorkant die Jordaan af het Hom gevolg.

Matthew 4

1 THEN Jesus was led by the spirit into the desert, to be tempted by the devil.2 And when he had fasted forty days and forty nights, afterwards he was hungry.3 And the tempter coming said to him: If thou be the Son of God, command that these stones be made bread.4 Who answered and said: It is written, Not in bread alone doth man live, but in every word that proceedeth from the mouth of God.5 Then the devil took him up into the holy city, and set him upon the pinnacle of the temple,6 And said to him: If thou be the Son of God, cast thyself down, for it is written: That he hath given his angels charge over thee, and in their hands shall they bear thee up, lest perhaps thou dash thy foot against a stone.7 Jesus said to him: It is written again: Thou shalt not tempt the Lord thy God.8 Again the devil took him up into a very high mountain, and shewed him all the kingdoms of the world, and the glory of them,9 And said to him: All these will I give thee, if falling down thou wilt adore me.10 Then Jesus saith to him: Begone, Satan: for it is written, The Lord thy God shalt thou adore, and him only shalt thou serve.11 Then the devil left him; and behold angels came and ministered to him.12 And when Jesus had heard that John was delivered up, he retired into Galilee:13 And leaving the city Nazareth, he came and dwelt in Capharnaum on the sea coast, in the borders of Zabulon and Nephthalim;14 That it might be fulfilled which was said by Isaias the prophet:15 Land of Zabulon and land of Nephthalim, the way of the sea beyond the Jordan, Galilee of the Gentiles:16 The people that sat in darkness, hath seen great light: and to them that sat in the region of the shadow of death, light is sprung up.17 From that time Jesus began to preach, and to say: Do penance, for the kingdom of heaven is at hand.18 And Jesus walking by the sea of Galilee, saw two brethren, Simon who is called Peter, and Andrew his brother, casting a net into the sea (for they were fishers).19 And he saith to them: Come ye after me, and I will make you to be fishers of men.20 And they immediately leaving their nets, followed him.21 And going on from thence, he saw other two brethren, James the son of Zebedee, and John his brother, in a ship with Zebedee their father, mending their nets: and he called them.22 And they forthwith left their nets and father, and followed him.23 And Jesus went about all Galilee, teaching in their synagogues, and preaching the gospel of the kingdom: and healing all manner of sickness and every infirmity, among the people.24 And his fame went throughout all Syria, and they presented to him all sick people that were taken with divers diseases and torments, and such as were possessed by devils, and lunatics, and those that had palsy, and he cured them:25 And much people followed him from Galilee, and from Decapolis, and from Jerusalem, and from Judea, and from beyond the Jordan.