Matteus 4
1 Kort na sy doop het die Heilige Gees Jesus na die woestyn toe laat gaan. Daar moes Hy deur die duiwel op die proef gestel word.2 Veertig dae lank het Jesus niks geëet nie. Hy het toe honger geword. Dit was natuurlik net die geleentheid waarop die duiwel gewag het.3 Hy het vir Jesus kom sê: "Kyk, as jy regtig God se Seun is, sê dan vir hierdie klippe om in brood te verander."
4 Jesus het egter dadelik 'n antwoord vir Satan gereed gehad: "Daar staan in die Bybel geskryf: ''n Mens leef nie net van brood nie. Nee, 'n mens leef van alles wat God sê.'"
5 Daarna het die duiwel Jesus na Jerusalem toe gevat. Daar het hy Hom op die hoogste punt van die tempel laat staan.6 Hy sê toe vir Jesus: "Bewys dat jy regtig God se Seun is. Spring hier af! Daar staan mos in die Bybel geskryf: 'God het vir sy engele gesê dat hulle jou moet beskerm. Hulle sal jou op hulle hande dra sodat jy nie eens jou voet teen 'n klip sal stamp nie.'"
7 Toe sê Jesus vir die duiwel: "Ja, maar daar staan ook in die Bybel geskryf: 'Jy mag nie die Here jou God uittart nie.'"
8 Die duiwel was egter nog nie klaar met sy versoekings nie. Hy het Jesus na die top van 'n baie hoë berg gevat. Van daar af het hy Hom al die lande van die wêreld gewys met al hulle glans en rykdom.9 Toe sê hy vir Jesus: "Dit alles is joune. Ek gee jou al hierdie lande op 'n skinkbord. Daar is egter net een voorwaarde: buig gou voor my en aanbid my as jou god."
10 Daarop het Jesus skerp gereageer: "Gee dadelik pad van My af, Satan! Die Bybel sê: 'Jy moet net die Here as jou God aanbid. Hom alleen moet jy dien.'"
11 Na hierdie woorde het die duiwel Jesus uitgelos. Baie engele het toe na Jesus toe gekom. Hulle het Hom versorg met alles wat Hy nodig gehad het.
12 Later, nadat Jesus uit die woestyn teruggekeer het, het Hy gehoor dat Johannes die Doper in die tronk gegooi is. Hy het toe teruggegaan Galilea toe.13 Jesus het egter besluit om nie langer in Nasaret te bly nie. Sy nuwe woonplek was Kapernaum. Dit is by die See van Galilea, in die omgewing van Sebulon en Naftali.14 So het die profetiese woorde van Jesaja waar geword toe hy gesê het:
15 "Sebulon en Naftali, wat op pad na die see toe lê, daar oorkant die Jordaan, daar by julle in Galilea bly baie volke.16 Maar hulle almal leef in die donker. Nou het hulle egter 'n groot lig gesien! Hulle bly in 'n land waar die dood se skaduwee oor almal val, maar nou het die son oor hulle opgekom."
17 Van toe af het Jesus ook begin preek. Hy het vir die mense gesê: "Julle moet julle lewe radikaal verander, want God se nuwe wêreld is hier!"
18 Eendag het Jesus by die See van Galilea gaan stap. Hy kom toe af op twee broers, Simon en Andreas. (Simon is later Petrus genoem.) Hulle twee was vissermanne. Hulle was juis besig om hulle nette in die see te gooi toe Jesus vir hulle sê:19 "Laat staan julle nette. Kom agter My aan! Word my volgelinge. Dan sal Ek julle wys hoe om op 'n nuwe manier vis te vang. Ek sal julle leer om van nou af mense te vang wat in sonde leef sodat hulle deel kan kry aan God se nuwe wêreld."
20 Dadelik het Simon en Andreas hulle visnette neergesit en agter Jesus begin aanstap.
21 'n Entjie verder het Jesus op nog twee broers afgekom, Johannes en Jakobus. Saam met hulle pa, Sebedeus, was hulle hard aan die werk om hulle visnette heel te maak. Jesus het by hulle gaan staan en ook vir hulle gesê om alles net so te los en sy volgelinge te word.22 Hulle het uit hulle boot geklim, hulle pa gegroet en agter Jesus aangestap.
23 Nadat Jesus sy eerste dissipels geroep het, het Hy oral in Galilea begin preek. In die sinagoges waar die Jode bymekaargekom het om God te aanbid, het Hy die mense geleer. Jesus het baie goeie nuus vir hulle gehad: Hy het vir hulle gesê dat God se splinternuwe wêreld aangebreek het. Om te wys dat Hy die waarheid praat, het Jesus elke siekte en kwaal waaraan hulle gely het, gesond gemaak.
24 Jesus was gou-gou groot nuus. Kort voor lank het omtrent almal in die provinsie Sirië van Hom geweet omdat Hy sulke groot wonderwerke gedoen het. Mense het hulle siekes na Hom toe gebring. Duiwelbesetenes, verstandelik versteurdes en verlamdes - almal wat na Jesus toe gebring is, het Hy gesond gemaak.25 Dwarsdeur Palestina het mense van Jesus begin praat. Hulle het in 'n groot massa na Hom toe gestroom: uit Galilea, uit die gebied van die Tien Stede daar oos van die Jordaan, uit Jerusalem en selfs uit die gebied van Judea ver oorkant die Jordaan.
Matthew 4
The Temptation of Jesus
1 Then Jesus was led by the Spirit into the wildernesst to be tempted by the devil.2 After he fasted forty days and forty nights he was famished.t3 The tempter came and said to him, “If you are the Son of God, command these stones to become bread.”t4 But he answered,t “It is written, ‘Mantdoes not livetby bread alone, but by every word that comes from the mouth of God.’”s5 Then the devil took him to the holy city,s had him standt on the highest points of the temple,6 and said to him, “If you are the Son of God, throw yourself down. For it is written, ‘He will command his angels concerning you’s and ‘with their hands they will lift you up, so that you will not strike your foot against a stone.’”s7 Jesus said to him, “Once again it is written: ‘You are not to put the Lord your God to the test.’”s8 Again, the devil took him to a very high mountain, and showed him all the kingdoms of the world and their grandeur.t9 And he said to him, “I will give you all these things if you throw yourself to the ground and worshipt me.”10 Then Jesus said to him, “Go away,s Satan! For it is written: ‘You are to worship the Lord your God and serve only him.’”s
11 Then the devil left him, and angelst came and began ministering to his needs.
Preaching in Galilee
12 Now when Jesust heard that John had been imprisoned,t he went into Galilee.13 While in Galilee, he moved from Nazareths to make his home in Capernaumtss by the sea,ts in the region of Zebulun and Naphtali,
14 so that what was spoken by Isaiah the prophet would be fulfilled:t
15 “Land of Zebulun and land of Naphtali,
the way by the sea, beyond the Jordan, Galilee of the Gentiles –
16 the people who sit in darkness have seen a great light,
and on those who sit in the region and shadow of death a light has dawned.”s
17 From that time Jesus began to preach this message:t “Repent, for the kingdom of heaven is near.”
The Call of the Disciples
18 Ast he was walking by the Sea of Galilee he saw two brothers, Simon (called Peter) and Andrew his brother, casting a net into the sea (for they were fishermen).t19 He said to them, “Follow me, and I will turn you into fishers of people.”ts20 Theyt left their nets immediately and followed him.s21 Going on from there he saw two other brothers, James the son of Zebedee and John his brother, in a boatt with Zebedee their father, mending their nets. Thent he called them.
22 Theyt immediately left the boat and their father and followed him.
Jesus’ Healing Ministry
23 Jesust went throughout all of Galilee, teaching in their synagogues,s preaching the gospel of the kingdom, and healing all kinds of disease and sickness among the people.24 So a report about him spread throughout Syria. Peoplet brought to him all who suffered with various illnesses and afflictions, those who had seizures,t paralytics, and those possessed by demons,t and he healed them.
25 And large crowds followed him from Galilee, the Decapolis,ts Jerusalem,s Judea, and beyond the Jordan River.t