previous next

MATTEUS 4

Jesus weerstaan die duiwel

1 Daarop het die Gees Jesus die woestyn ingelei om deur die duiwel versoek te word.2 Nadat Hy vir 40 dae en 40 nagte gevas het, het Hy naderhand baie honger begin word.

3 Toe kom die versoeker na Hom toe en sê vir Hom: "As jy dan die Seun van God is, beveel hierdie klippe om brode te word."
4 Maar Jesus het hom geantwoord: "Nee! Daar staan in die Skrif geskryf:
''n Mens het meer as brood nodig
om van te lewe.
Wat jy eintlik nodig het,
is om te leef van elke woord
uit God se mond.'"
5 Daarna neem die duiwel Hom Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste spits van die tempel staan.6 Toe sê hy vir Hom: "As jy regtig die Seun van God is, spring dan hier af. Daar staan mos in die Skrif geskryf:
'God sal aan sy engele opdrag gee
om jou te beskerm.
En hulle sal jou op die hande
dra
sodat jy nie dalk jou voet
teen 'n klip stamp nie.'"
7 Jesus het hom geantwoord: "Daar staan ook geskrywe:
'Jy mag die Here jou God
nie versoek nie.
En Hom alleen moet jy dien.'"
8 Vervolgens neem die duiwel Hom na die top van 'n baie hoë berg en wys vir Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en praal.

9 Daarop sê hy vir Jesus: "Dit alles sal ek vir jou gee. Al wat jy moet doen, is om neer te kniel en my te aanbid."
10 Toe sê Jesus vir hom: "Trap, Satan! Daar staan in die Skrif: 'Jy moet die Here jou God aanbid en Hom alleen dien.'"

11 Daarna het die duiwel die aftog geblaas. En daar het engele na Hom toe gekom en Hom versorg.

Jesus begin met sy bediening

12 Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes gearresteer het, het Hy Judea verlaat en na Galilea teruggekeer.13 Hy het uit Nasaret weggetrek en gaan woon in Kapernaum aan die See van Galilea, in die gebied van Sebulon en Naftali.

14 So is die woord van die profeet Jesaja vervul:
15 "Die land van Sebulon
en die land van Naftali
langs die See van Galilea
en die Transjordaan:
Galilea waar so baie
nie-Jode woon -
16 die volk wat in die donker sit,
het 'n helder lig gesien.
En vir dié in die skemerland
van die dood -
vir hulle het 'n lig
opgegaan."

17 Van toe af het Jesus begin om God se boodskap aan te kondig met die woorde: "Kom tot inkeer! God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin!"

Jesus kies sy eerste dissipels

18 Op 'n dag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers, Simon, ook bekend as Petrus, en sy broer Andreas. Hulle was besig om nette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep.19 Daarop sê Hy vir hulle: "Kom! Word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak."

20 Dadelik het hulle hulle nette gelos en Jesus se dissipels geword.
21 'n Entjie verder het Hy twee ander broers gesien: Jakobus, die seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in die boot besig om saam met hulle pa aan hulle nette te werk. Daarop roep Hy hulle om ook te kom.

22 Sommer net daar het hulle die boot en hulle pa gelos en Jesus se dissipels geword.

23 Jesus het deur die hele Galilea rondgegaan. Hy het die mense in hulle sinagoges onderrig, die Goeie Nuus van God se koningsheerskappy aangekondig en elke siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.
24 Kort voor lank het die nuus oor Hom oor die hele provinsie van Sirië versprei. Die mense het almal wat siek was na Hom toe gebring: dié wat geteister was deur allerhande siektes en pyne, dié in wie daar duiwels was, epileptici, verlamdes - en Hy het hulle gesond gemaak.

25 'n Groot skare uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en die Transjordaan het Hom begin volg.

MATTHEW 4

Jesus and the Devil

(Mark 1.12,13; Luke 4.1-13)

1  t The Holy Spirit led Jesus into the desert, so that the devil could test him. 2 After Jesus had gone without eatingt for 40 days and nights, he was very hungry.

3 Then the devil came to him and said, “If you are God's Son, tell these stones to turn into bread.”

4  t Jesus answered, “The Scriptures say:
‘No one can live only on food.
People need every word
that God has spoken.’ ”
5 Next, the devil took Jesus into the holy city to the highest part of the temple.

6 t The devil said, “If you are God's Son, jump off. The Scriptures say:
‘God will give his angels
orders about you.
They will catch you
in their arms,
and you won't hurt
your feet on the stones.’ ”

7  t Jesus answered, “The Scriptures also say, ‘Don't try to test the Lord your God!’ ”
8 Finally, the devil took Jesus up on a very high mountain and showed him all the kingdoms on earth and their power.

9 The devil said to him, “I will give all this to you, if you will bow down and worship me.”

10  t Jesus answered, “Go away Satan! The Scriptures say:
‘Worship the Lord your God
and serve only him.’ ”

11 Then the devil left Jesus, and angels came to help him.

Jesus Begins His Work

(Mark 1.14,15; Luke 4.14,15)


12  t When Jesus heard that John had been put in prison, he went to Galilee. 13 t But instead of staying in Nazareth, Jesus moved to Capernaum. This town was beside Lake Galilee in the territory of Zebulun and Naphtali.t

14 So God's promise came true, just as the prophet Isaiah had said,

15  t “Listen, lands of Zebulun
and Naphtali,
lands along the road
to the sea
and across the Jordan.
Listen Galilee,
land of the Gentiles!

16 Although your people
live in darkness,
they will see
a bright light.
Although they live
in the shadow of death,
a light will shine
on them.”

17  t Then Jesus started preaching, “Turn back to God! The kingdom of heaven will soon be here.”t

Jesus Chooses //Four Fishermen

(Mark 1.16-20; Luke 5.1-11)


18 While Jesus was walking along the shore of Lake Galilee, he saw two brothers. One was Simon, also known as Peter, and the other was Andrew. They were fishermen, and they were casting their net into the lake. 19 Jesus said to them, “Follow me! I will teach you how to bring in people instead of fish.”

20 Right then the two brothers dropped their nets and went with him.
21 Jesus walked on until he saw James and John, the sons of Zebedee. They were in a boat with their father, mending their nets. Jesus asked them to come with him.

22 At once they left the boat and their father and went with Jesus.

Jesus Teaches, Preaches, //and Heals

(Luke 6.17-19)


23  t Jesus went all over Galilee, teaching in their synagogues and preaching the good news about God's kingdom. He also healed every kind of disease and sickness.

24 News about him spread all over Syria, and people with every kind of sickness or disease were brought to him. Some of them had a lot of demons in them, others were thought to be crazy, t and still others could not walk. But Jesus healed them all.
25 Large crowds followed Jesus from Galilee and the region around the ten cities known as Decapolis.t They also came from Jerusalem, Judea, and from across the Jordan River.