previous next

Matteus 5

1 Eendag, toe Jesus sien hoe baie mense na Hom toe kom, het Hy teen 'n berg opgeklim sodat Hy hulle kon leer. Sy volgelinge het saam met Hom teen die berg opgeklim.2 Nadat Hy gaan sit het, sê Hy vir hulle:3 "Gelukkig is almal wat van God se goedheid en sorg afhanklik is. Hulle sal definitief 'n plek kry in sy nuwe wêreld.
4 "Gelukkig is almal wat hartseer is oor al die pyn en swaarkry in hierdie wêreld. God self sal hulle trane afdroog.
5 "Gelukkig is almal wat nie dink dat hulle belangriker as ander mense is nie. God sal sorg dat elke stukkie grond in sy nuwe wêreld aan hulle behoort.
6 "Gelukkig is almal wat met alles in hulle daarna streef om te doen wat God vra. Hy sal binnekort hulle verlange na Hom vir altyd wegvat.
7 "Gelukkig is almal wat regtig vir ander mense omgee. God sal binnekort vir hulle wys presies hoeveel Hy vir hulle omgee.
8 "Gelukkig is almal wie se lewe van binne af nuut geword het. God sal sorg dat hulle Hom met hul eie oë sien.
9 "Gelukkig is almal wat vrede maak tussen mense wat in vyandskap met mekaar leef. God sal op die laaste dag voor almal sê dat hulle sy kinders is.
10 "Gelukkig is almal wat deur ander mense beledig en vervolg word omdat hulle doen wat God vra. Hy sal sorg dat daar vir hulle plek is in sy nuwe wêreld.
11 "Gelukkig is julle wanneer ander mense julle te lyf gaan, julle slegsê en 'n klomp leuens oor julle vertel omdat julle my volgelinge is.12 Wanneer dit gebeur, moet julle sommer baie bly wees. Spring op en dans rond van vreugde! Want dan wag daar 'n baie groot beloning op julle in die hemel.
"Wanneer hierdie dinge met julle gebeur, moet julle nie moed opgee nie. Onthou: God se boodskappers het nog altyd deurgeloop onder ander mense se haat. Lank voor julle tyd is die profete al vervolg."
13  "Julle is sout wat smaak moet gee aan hierdie smaaklose wêreld waarin almal in sonde leef. As julle dit nie doen nie, beteken julle net mooi niks vir God nie. Dan kan Hy julle net sowel op die ashoop weggooi.
14 "Julle is 'n lig vir die donker wêreld rondom julle. Almal moet kan sien dat julle glo.
"Julle geloof moet net so sigbaar wees soos 'n stad wat hoog bo-op 'n berg gebou is.
15 "Geen mens sit 'n lig aan en gaan steek dit dan onder 'n bed weg nie. Nee, 'n lig word in die middel van 'n vertrek neergesit sodat almal kan sien wat om hulle aangaan. Dit is presies wat julle ook moet doen. Moenie iewers in die donker gaan wegkruip nie.16 Julle moet soos 'n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig 'n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig grootgemaak."
17  "Moenie dink Ek is hier om die wet van Moses en die profete af te skaf nie. Glad nie! Ek is juis hier sodat julle presies kan weet hoe julle die wet moet gehoorsaam.18 Ek sê weer: Ek kom nie om God se wet tot niet te maak nie. Dit sal altyd bly voortbestaan, tot aan die einde van die tyd; elke stukkie daarvan. So lank as wat hier nog mense op aarde is en daar nog sterre in die hemelruim is, sal die wet van God bly bestaan. So belangrik is dit.
19 "As jy dit sou waag om een van die voorskrifte in die wet te ignoreer, hoe onbenullig dit ook al is, is jy in groot moeilikheid by God. Jy is nog dieper in die moeilikheid as jy ander mense leer om hierdie voorskrifte te ignoreer. As jy sulke dinge doen, moet jy nie dink dat daar vir jou 'n plek in God se nuwe wêreld sal wees nie. Aan die ander kant: as jy alles doen wat die wet sê en ook ander mense leer om presies dieselfde as jy te doen, sal jy definitief 'n plek kry in God se nuwe wêreld.
20 "Maar nou moet julle baie mooi luister. Julle moenie die fout maak om die wet van God op dieselfde manier te probeer gehoorsaam as julle godsdienstige leiers nie. Nee, julle sal die wet nog baie strenger as hulle moet gehoorsaam as julle 'n plek wil hê in God se nuwe wêreld. Kom Ek gee julle 'n paar voorbeelde hoe julle dit moet doen."
21  "Julle onthou mos dat die godsdienstige leiers aan julle ouers gesê het: ''n Mens mag nie moord pleeg nie. Alle moordenaars moet hof toe gesleep word en die doodstraf kry.'
22 "Maar Ek sê vir julle dat iemand wat vir sy medemens kwaad is al klaar 'n moordenaar is. So iemand behoort in die hof aangekla te word. Iemand wat sy medemens uitskel vir 'n gek moet selfs voor die hooggeregshof gedaag word. En iemand wat so ver gaan om sy medemens 'n idioot te noem moet in die vuur van die hel gaan brand.
23 "Kom Ek verduidelik met 'n voorbeeld wat Ek bedoel: as jy na die tempel toe gaan om 'n offer aan God te bring en jy onthou skielik dat 'n vriend of 'n familielid van jou om die een of ander rede vir jou kwaad is,24 moet jy jou offer net daar laat staan. Gaan dadelik terug en maak reg wat verkeerd is tussen julle. Daarna kan jy terugkom en jou offer aan God bring.
25 "Nog 'n voorbeeld: as iemand jou hof toe wil vat, moet jy gou-gou vrede gaan maak. Moenie eers wag totdat dinge handuit ruk en jy later in die hof moet verskyn, of totdat die polisie jou kom vang en jy in die tronk beland nie. Nee, gaan maak dinge tussen julle betyds reg.26 Anders moet jy dalk 'n lang tyd in die tronk gaan sit."
27  "Julle ken ook die volgende wet: 'Moenie by iemand slaap met wie jy nie getroud is nie.'
28 "Ek sê egter vandag vir julle dat slegte begeertes reeds in 'n mens se kop begin, nie in dit wat 'n mens doen nie. As jy byvoorbeeld op so 'n manier na 'n ander vrou kyk dat jy haar in jou gedagtes seksueel begeer, het jy eintlik al klaar by haar geslaap. En dan het jy God se voorskrif oortree.
29 "Moenie dink dis maklik om te doen wat God vra nie. Nee, as jy wil doen wat Hy sê, is dit net so moeilik soos om een van jou ledemate af te kap. Jy moet as't ware jou oog uitpluk as jy agterkom dat jy op 'n verkeerde manier na iemand anders kyk. Leef eerder met net een oog, al is dit hoe swaar. Al daardie verkeerde gedagtes gaan in elk geval net maak dat jy in die hel beland. En wat help twee gesonde oë jou daar?
30 "Kap dadelik jou hand af as jy agterkom dat jy dinge doen waarvan God niks hou nie. Leef liewer met net een hand, hoe moeilik dit ook al is, as om te doen wat jy wil. Onthou: sulke verkeerde dade gaan nog maak dat jy in die hel beland. En wat help twee gesonde hande jou in die hel?"
31  "Nog een van die bevele wat julle voorouers gereeld moes hoor, is die volgende: 'As jy van jou vrou wil skei, moet jy maar net sorg dat jy al die wetlike prosedures nakom. Sorg dat jy 'n wettige skeibrief aan haar gee.'
32 "Ek sê egter vandag vir julle: julle mag glad nie skei nie. Dis teen God se wil. Jy mag net van jou vrou skei as sy by iemand anders geslaap het. As jy oor enige ander rede van haar skei, maak jy dat jou vrou owerspel pleeg as sy later weer trou. Omdat haar eerste huwelik nog steeds in God se oë voortgaan, is sy en haar nuwe man dan skuldig aan egbreuk."
33  "Julle voorouers moes gereeld uitsprake aanhoor soos: 'Jy mag nooit 'n belofte verbreek wat jy voor God gemaak het nie. Jy moet al jou beloftes wat jy aan die Here gemaak het, nakom.'
34 "Ek sê egter vandag vir julle dat julle nooit 'n belofte in die Naam van God moet maak nie. Wanneer julle by allerhande heilige plekke sweer om gesag aan julle woorde te gee, maak julle God se groot Naam goedkoop.35 Onthou: Hy is in die hemel, maar ook hier op die aarde. En Hy hoor elke woord wat julle sê; ook al daardie vinnige beloftes wat julle in sy Naam aflê om meer gesag aan julle eie woorde te gee. Hou dadelik op daarmee!
36 "Dit help ook nie dat julle by julleself sweer nie. Dit kan tog niks aan julle omstandighede verander nie. Julle kan nie eens 'n enkele haar op julle kop se kleur verander deur hierdie soort beloftes nie.37 Sê net ja en gaan doen dit. Of sê nee en doen dit. As julle enigiets meer as dit sê om te wys julle praat die waarheid, doen julle verkeerd. Dan praat julle nie soos God wil hê julle moet praat nie."
38  "Nog 'n bevel wat julle goed ken, is die volgende: ''n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.' Oftewel: oortredings moet regverdig gestraf word.
39 "Ek sê egter vandag vir julle: julle moenie mense wat julle sleg behandel probeer terugkry nie. As iemand jou deur die gesig klap om jou te verneder moet jy dit maar vat. Moenie terugslaan nie.40 En as iemand jou hof toe wil vat oor iets wat jy hom skuld, gee dit dadelik vir hom terug. Sluit ook sommer 'n groot geskenk daarby in om die vrede te bewaar.
41 "As 'n soldaat na jou toe kom en jou beveel om sy rugsak 'n kilometer ver te dra, moet jy sommer uit jou eie aanbied om dit twee kilometer ver te dra.
42 "Julle moet vrygewig wees. Deel julle besittings met mense wat julle vra om hulle te help. Moenie mense wegjaag as hulle iets by julle wil leen nie."
43  "Julle ken ook die ou opvatting: 'Wees lief vir jou naaste. Haat jou vyand.'
44 "Wel, dit is nie waar nie. Ek sê vandag vir julle dat julle ook julle vyande moet liefhê. Bid vir almal wat julle swaar laat kry en julle vervolg.45 Dan leef julle regtig soos kinders van God. Want Hy doen goeie dinge vir almal. Hy laat die son skyn oor goeie mense en oor slegte mense. Hy laat dit ook reën oor goeie mense se grond en oor slegte mense se grond.
46 "As julle net daardie mense liefhet met wie julle goed oor die weg kom, moet julle nie verwag om daarvoor 'n medalje vir goeie diens by God te kry nie. Almal doen dit tog, ook slegte mense wat nie in God glo nie.47 As julle net julle familie en vriende groet, het julle nog niks spesiaals gedoen nie. Selfs die grootste sondaars groet ook hulle vriende.
48 "Julle moet soos julle hemelse Vader wees. Hy het almal hier op die aarde lief. As julle ook vol liefde en respek optree teenoor almal met wie julle te doen kry, doen julle presies wat die wet van julle vra. Dan stap julle in julle hemelse Vader se voetspore. Dan is julle net soos Hy!"

Matthew 5

The Beatitudes

1 Whent he saw the crowds, he went up the mountain.ts After he sat down his disciples came to him.

2 Thent he began to teacht them by saying:

3 “Blesseds are the poor in spirit,s for the kingdom of heaven belongss to them.

4 “Blessed are those who mourn, for they will be comforted.s

5 “Blessed are the meek, for they will inherit the earth.

6 “Blessed are those who hungers and thirst for righteousness, for they will be satisfied.

7 “Blessed are the merciful, for they will be shown mercy.

8 “Blessed are the pure in heart, for they will see God.

9 “Blessed are the peacemakers, for they will be called the childrent of God.

10 “Blessed are those who are persecuted for righteousness, for the kingdom of heaven belongs to them.
11 “Blessed are you when peoplet insult you and persecute you and say all kinds of evil things about you falselys on account of me.

12 Rejoice and be glad because your reward is great in heaven, for they persecuted the prophets before you in the same way.

Salt and Light

13 “You are the salts of the earth. But if salt loses its flavor,s how can it be made salty again? It is no longer good for anything except to be thrown out and trampled on by people.14 You are the light of the world. A city located on a hill cannot be hidden.15 Peoplet do not light a lamp and put it under a baskett but on a lampstand, and it gives light to all in the house.

16 In the same way, let your light shine before people, so that they can see your good deeds and give honor to your Father in heaven.

Fulfillment of the Law and Prophets

17 “Do not think that I have come to abolish the law or the prophets. I have not come to abolish these things but to fulfill them.t18 It tell you the truth,t until heaven and earth pass away not the smallest letter or stroke of a letterts will pass from the law until everything takes place.19 So anyone who breaks one of the least of these commands and teaches otherst to do so will be called least in the kingdom of heaven, but whoever obeys them and teaches others to do so will be called great in the kingdom of heaven.

20 For I tell you, unless your righteousness goes beyond that of the experts in the lawt and the Pharisees,s you will never enter the kingdom of heaven.

Anger and Murder

21 “You have heard that it was said to an older generation,t ‘Do not murder,’s and ‘whoever murders will be subjected to judgment.’22 But I say to you that anyone who is angry with a brothers will be subjected to judgment. And whoever insultst a brother will be brought beforet the council,t and whoever says ‘Fool’t will be sentt to fiery hell.ts23 So then, if you bring your gift to the altar and there remember that your brother has something against you,24 leave your gift there in front of the altar. First go and be reconciled to your brother and then come and present your gift.25 Reach agreementt quickly with your accuser while on the way to court,t or het may hand you over to the judge, and the judge hand you over to the warden, and you will be thrown into prison.

26 I tell you the truth,t you will never get out of there until you have paid the last penny!ts

Adultery

27 “You have heard that it was said, ‘Do not commit adultery.’s28 But I say to you that whoever looks at a woman to desire her has already committed adultery with her in his heart.29 If your right eye causes you to sin, tear it out and throw it away! It is better to lose one of your members than to have your whole body thrown into hell.s

30 If your right hand causes you to sin, cut it off and throw it away! It is better to lose one of your members than to have your whole body go into hell.

Divorce

31 “It was said, ‘Whoever divorces his wife must give her a legal document.’s

32 But I say to you that everyone who divorces his wife, except for immorality, makes her commit adultery, and whoever marries a divorced woman commits adultery.

Oaths

33 “Again, you have heard that it was said to an older generation,t ‘Do not break an oath, but fulfill your vows to the Lord.’s34 But I say to you, do not take oaths at all – not by heaven, because it is the throne of God,35 not by earth, because it is his footstool, and not by Jerusalem,s because it is the city of the great King.36 Do not take an oath by your head, because you are not able to make one hair white or black.

37 Let your word be ‘Yes, yes’ or ‘No, no.’ More than this is from the evil one.t

Retaliation

38 “You have heard that it was said, ‘An eye for an eye and a tooth for a tooth.’s39 But I say to you, do not resist the evildoer.t But whoever strikes you on thes right cheek, turn the other to him as well.40 And if someone wants to sue you and to take your tunic,t give him your coat also.41 And if anyone forces you to go one mile,s go with him two.

42 Give to the one who asks you,s and do not rejectt the one who wants to borrow from you.

Love for Enemies

43 “You have heard that it was said, ‘Love your neighbor’s and ‘hate your enemy.’44 But I say to you, love your enemy ands pray for those who persecute you,45 so that you may be liket your Father in heaven, since he causes the sun to rise on the evil and the good, and sends rain on the righteous and the unrighteous.46 For if you love those who love you, what reward do you have? Even the tax collectorss do the same, don’t they?47 And if you only greet your brothers, what more do you do? Even the Gentiles do the same, don’t they?

48 So then, be perfect, as your heavenly Father is perfect.s

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.