previous next

MATTEUS 5

Jesus se Bergpreek

1 Toe Jesus die groot skare mense bymekaar sien, het Hy teen die berg uitgeklim. Toe Hy gaan sit, kom sy dissipels na Hom toe.

2 Hy het begin om hulle soos volg te onderrig:

Hoe burgers van God se koninkryk lyk

3 "Gelukkig is dié mense
wat weet hoe nodig hulle God
het,
want die koninkryk van die
hemele is húlle deel.
4 Gelukkig is die treurendes,
want God sal self hulle trane
afvee.
5 Gelukkig is dié wat sag van hart is,
want die nuwe aarde
sal hulle erfporsie wees.
6 Gelukkig is dié wat honger
en dors na wat voor God reg is,
want Hy sal hulle
hartsverlange bevredig.
7 Gelukkig is dié wat met ontferming
uitreik na mense in nood,
want God sal Hom
oor húlle ontferm.
8 Gelukkig is dié wie se harte
volkome op God gerig is,
want hulle sal vir God sien.
9 Gelukkig is die vredemakers,
want God sal vir hulle sê:
'Julle is mý kinders.'
10 Gelukkig is dié wat vervolg word
ter wille van wat voor God reg is,
want die koninkryk van die
hemele is húlle deel.
11 "Gelukkig is julle wanneer julle bespot en vervolg word en allerhande leuens oor julle versprei word omdat julle my dissipels is.

12 Wees bly, ja, jubel daaroor, want God sal julle ryklik daarvoor beloon. Onthou, so het hulle die profete voor julle ook vervolg."

Die taak van Jesus se volgelinge

13 "Julle is die sout wat die aarde 'n beter plek moet maak. Maar as die sout verslaan het, kry jy dit op geen manier weer sout nie. Dit is totaal onbruikbaar. Al waarvoor dit goed is, is om buite op die straat uitgegooi en deur die mense platgetrap te word.14 Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie!15 'n Mens steek ook nie 'n lamp op en maak dit onder 'n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op 'n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis.

16 Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle 'n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!"

Jesus se volgelinge en God se wet

17 "Julle moenie die rede vir my koms misverstaan nie. Ek het nie gekom om 'n streep deur die wet of die profete te trek nie. Ek het gekom om die ware bedoeling van God se wet te laat uitkom.

18 Ek verseker julle, al sou die hemel en aarde ophou bestaan, sal die wet definitief tot in sy fynste detail geldig bly totdat God se bedoeling daarmee bereik is.

19 "As jy dus die kleinste van God se opdragte opsy sou skuif en ander leer om dit ook te doen, sal jy die kleinste wees in God se koninkryk. Maar as jy God se wet tot in sy kleinste detail respekteer en gehoorsaam, sal jy groot wees in sy koninkryk.

20 "Want Ek sê vir julle, as julle nie die skrifkenners en die Fariseërs oortref in hoe julle God se wil uitleef nie, sal julle beslis nie toegelaat word in sy koninkryk nie."

Oor kwaad word en vrede maak

21 "Julle het gehoor dat vir ons voorouers gesê is: 'Jy mag nie moord pleeg nie. As jy moord pleeg, sal jy voor die regbank rekenskap moet gee.'

22 Maar Ek sê vir julle, elkeen wat vir sy medemens kwaad bly, sal al klaar voor die regbank moet verantwoording doen. As jy vir iemand sê 'jou gek', sal jy jou voor die hoogste regbank moet verantwoord. En as jy vir iemand sê 'jou onnosel', sal jy jou in die hel moet verantwoord.
23 "As jy dus jou offer na die altaar toe bring en dit val jou daar by dat jou medemens 'n grief teen jou koester,

24 los jou offer net daar voor die altaar en gaan maak eers vrede met daardie persoon. Kom dan terug en bring jou offer.

25 "Sorg dat jy baie gou op goeie voet met jou teenstander kom; anders gaan daardie persoon jou aan die regter oorhandig, en die regter oorhandig jou aan die hofbeampte en jy word in die tronk gegooi.

26 "Ek verseker jou, jy gaan beslis nie daar uitkom voordat jy elke sent afbetaal het nie."

Huweliksontrou begin by jou oog

27 "Julle het gehoor dat daar gesê is: 'Jy mag nie egbreuk pleeg nie.'28 Maar Ek sê vir julle, elke man wat met 'n wellustige oog na 'n ander vrou kyk, het al klaar in sy hart egbreuk gepleeg.29 En as jou regteroog jou laat struikel, pluk dit liewer uit en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter dat een van jou liggaamsdele tot niet gaan as dat jou hele liggaam in die hel eindig.

30 Net so, as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om net een van jou liggaamsdele te verloor as dat jou hele liggaam in die hel eindig."

Egskeiding is 'n uiters ernstige saak

31 "Daar is gesê: 'Al wat 'n man nodig het om van sy vrou te skei is om aan haar 'n skeisertifikaat te oorhandig.'

32 Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor huweliksontrou, veroorsaak dat sy egbreuk pleeg. En elkeen wat met so 'n geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk."

Wees mense van julle woord

33 "Verder het julle gehoor dat daar vir ons voorouers gesê is: 'Jy mag nie 'n vals eed aflê nie. Jy moet 'n eed wat jy voor die Here gesweer het, nakom.'

34 Maar Ek sê vir julle, julle moet glad nie sweer nie.
"As jy sê: 'Ek sweer by die hemel,' dan is dit nog steeds 'n heilige eed omdat die hemel God se troon is.
35 As jy sê 'by die aarde', is dit heilig omdat die aarde 'n rusplek vir God se voet is. En as jy sê 'by Jerusalem', is dit heilig omdat Jerusalem die stad van God, die groot Koning, is.

36 Moet selfs nie sê: 'Ek sweer by my kop' nie, want jy kan nie eers een haar daarvan wit of swart maak nie.

37 "Sorg dat julle ja altyd ja bly en julle nee altyd nee. Enigiets meer as dit is uit die bose."

Moenie wraak neem nie - oorwin die kwaad met die goeie

38 "Julle het gehoor dat daar gesê is: ''n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand.'39 Maar Ek sê vir julle, julle moet julle nie teen 'n slegte mens verset nie. As mense jou op jou regterwang klap, draai vir hulle ook jou ander wang.40 En gee vir hulle wat jou hof toe wil vat omdat hulle jou onderkleed wil hê, ook jou bo-kleed.

41 As 'n soldaat jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer ver.

42 "Géé vir die een wat iets van jou vra, en moenie jou rug draai op iemand wat by jou wil leen nie."

Julle liefde moet sonder grense wees

43 "Julle het gehoor dat gesê is: 'Jy moet jou eie mense liefhê, maar jy hoef nie jou vyand lief te hê nie.'44 Maar Ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg.

45 Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader. Hy laat immers sy son opgaan oor slegtes en goeies. En Hy laat sy reën val op dié wat reg doen, maar ook op dié wat verkeerd doen.
46 "As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter beloning is daar dan vir julle? Selfs korrupte tollenaars doen presies dieselfde.

47 En as julle net julle eie mense groet, wat besonders doen julle dan? Doen die ongelowiges nie ook maar dieselfde nie?

48 "Wees julle dan volkome in julle liefde, soos julle hemelse Vader volkome in sý liefde is. Hy het mos álle mense lief."

MATTHEW 5

The Sermon on the Mount

1 When Jesus saw the crowds, he went up on the side of a mountain and sat down.t

Blessings

(Luke 6.20-23)


Jesus' disciples gathered around him,

2 and he taught them:

3 God blesses those people
who depend only on him.
They belong to the kingdom
of heaven!t

4  t God blesses those people
who grieve.
They will find comfort!

5  t God blesses those people
who are humble.
The earth will belong
to them!

6  t God blesses those people
who want to obey himt
more than to eat or drink.
They will be given
what they want!

7 God blesses those people
who are merciful.
They will be treated
with mercy!

8  t God blesses those people
whose hearts are pure.
They will see him!

9 God blesses those people
who make peace.
They will be called
his children!

10  t God blesses those people
who are treated badly
for doing right.
They belong to the kingdom
of heaven.t
11  t God will bless you when people insult you, mistreat you, and tell all kinds of evil lies about you because of me.

12 t Be happy and excited! You will have a great reward in heaven. People did these same things to the prophets who lived long ago.

Salt and Light

(Mark 9.50; Luke 14.34,35)


13  t You are the salt for everyone on earth. But if salt no longer tastes like salt, how can it make food salty? All it is good for is to be thrown out and walked on.
14  t You are the light for the whole world. A city built on top of a hill cannot be hidden, 15 t and no one lights a lamp and puts it under a clay pot. Instead, it is placed on a lampstand, where it can give light to everyone in the house.

16 t Make your light shine, so others will see the good you do and will praise your Father in heaven.

The Law of Moses


17 Don't suppose I came to do away with the Law and the Prophets.t I did not come to do away with them, but to give them their full meaning.

18 t Heaven and earth may disappear. But I promise you not even a period or comma will ever disappear from the Law. Everything written in it must happen.
19 If you reject even the least important command in the Law and teach others to do the same, you will be the least important person in the kingdom of heaven. But if you obey and teach others its commands, you will have an important place in the kingdom.

20 You must obey God's commands better than the Pharisees and the teachers of the Law obey them. If you don't, I promise you will never get into the kingdom of heaven.

Anger


21  t You know our ancestors were told, “Do not murder” and “A murderer must be brought to trial.”

22 But I promise you if you are angry with someone, t you will have to stand trial. If you call someone a fool, you will be taken to court. And if you say that someone is worthless, you will be in danger of the fires of hell.
23 So if you are about to place your gift on the altar and remember that someone is angry with you,

24 leave your gift there in front of the altar. Make peace with that person, then come back and offer your gift to God.
25 Before you are dragged into court, make friends with the person who has accused you of doing wrong. If you don't, you will be handed over to the judge and then to the officer who will put you in jail.

26 I promise you will not get out until you have paid the last cent you owe.

Marriage


27  t You know the commandment which says, “Be faithful in marriage.” 28 But I tell you if you look at another woman and want her, you are already unfaithful in your thoughts. 29 t If your right eye causes you to sin, poke it out and throw it away. It is better to lose one part of your body, than for your whole body to end up in hell.

30 t If your right hand causes you to sin, chop it off and throw it away! It is better to lose one part of your body, than for your whole body to be thrown into hell.

Divorce

(Matthew 19.9; Mark 10.11,12; Luke 16.18)


31  t You have been taught that a man who divorces his wife must write out divorce papers for her.t

32 t But I tell you not to divorce your wife unless she has committed some terrible sexual sin.t If you divorce her, you will cause her to be unfaithful, just as any man who marries her is guilty of taking another man's wife.

Promises


33  t You know our ancestors were told, “Don't use the Lord's name to make a promise unless you are going to keep it.” 34 t But I tell you not to swear by anything when you make a promise! Heaven is God's throne, so don't swear by heaven. 35 t The earth is God's footstool, so don't swear by the earth. Jerusalem is the city of the great king, so don't swear by it. 36 Don't swear by your own head. You cannot make one hair white or black.

37 When you make a promise, say only “Yes” or “No.” Anything else comes from the devil.

Revenge

(Luke 6.29,30)


38  t You know you have been taught, “An eye for an eye and a tooth for a tooth.” 39 But I tell you not to try to get even with a person who has done something to you. When someone slaps your right cheek, t turn and let that person slap your other cheek. 40 If someone sues you for your shirt, give up your coat as well. 41 If a soldier forces you to carry his pack one kilometer , carry it two kilometers .t

42 When people ask you for something, give it to them. When they want to borrow money, lend it to them.

Love

(Luke 6.27,28,32-36)


43  t You have heard people say, “Love your neighbors and hate your enemies.” 44 But I tell you to love your enemies and pray for anyone who mistreats you. 45 t Then you will be acting like your Father in heaven. He makes the sun rise on both good and bad people. And he sends rain for the ones who do right and for the ones who do wrong. 46 If you love only those people who love you, will God reward you for this? Even tax collectorst love their friends. 47 If you greet only your friends, what's so great about this? Don't even unbelievers do that? 48 t But you must always act like your Father in heaven.