Matteus 6
1 "Wanneer julle besluit om goeie dinge vir ander mense te doen, moet julle eers seker maak hoekom julle dit doen. Moenie 'n openbare skouspel daarvan maak sodat ander julle kan raaksien nie. As julle op soek is na die applous van ander mense, skuld God julle niks meer nie. Dan het julle klaar julle beloning gekry.
2 "Moenie 'n ophef daarvan maak as jy 'n arm persoon help nie. Net skynheilige mense doen dit. Hulle maak 'n groot bohaai wanneer hulle die armes help sodat almal dit kan raaksien en mooi dinge oor hulle kan sê. Onthou: God skuld hulle nou niks meer nie.
3 "Wanneer jy mense help, mag niemand daarvan weet nie.4 Jy moet dit stil-stil doen. Jou linkerhand moet nie eens weet wat jou regterhand doen nie. Onthou: jou hemelse Vader sien wat jy vir ander doen. Hy sal wel sorg dat jy jou hemelse beloning kry."
5 "As jy bid, moet jy nie soos die skynheiliges maak nie. Hulle bid graag voor ander mense tydens godsdienstige byeenkomste sodat hulle moet hoor hoe mooi hulle bid. God skuld sulke mense niks meer nie. Hulle het mos klaar hulle prys hier op aarde gekry.
6 "As jy bid, gaan dan na 'n stil plek toe waar niemand jou kan sien nie. Trek die deur agter jou toe en praat daar eenkant opreg met jou hemelse Vader. Hy sal sorg dat jy jou hemelse beloning kry.
7 "Moet ook nie dieselfde rympie oor en oor sê wanneer jy bid nie. Party mense wat God nie reg ken nie, bid so. Hulle dink dat hulle Hom met 'n stortvloed woorde kan ompraat om na hulle te luister.8 Moenie soos hulle maak nie. Onthou: jou Vader in die hemel weet presies wat jy nodig het. Nog voordat jy bid, weet Hy al lankal wat in jou kop aangaan.
9 "Hier is 'n voorbeeld hoe jy moet bid:
Ons Vader in die hemel, laat almal op aarde groot eerbied vir u heilige Naam hê.10 Laat u nuwe wêreld tog gou aanbreek. Almal in die hemel doen wat U sê. Gee dat almal hier op die aarde ook doen wat U wil hê.11 Gee ons vandag genoeg om van te leef.12 Vergeef ons waar ons nie doen wat U van ons vra nie, net soos ons ander mense vergeef wat nie reg teenoor ons optree nie.13 Help ons om nooit te swig voor versoekings nie, en pas ons op wanneer die duiwel ons wil verlei om verkeerde dinge te doen.
14 "As julle ander mense vergewe wanneer hulle iets verkeerds teen julle gedoen het, sal julle hemelse Vader ook julle sondes vergeef.15 Moet egter nie dink God sal julle sondes vergewe as julle nie bereid is om ander mense te vergeef nie."
16 "Wanneer julle julle so ernstig aan God toewy dat julle nie eens wil kos eet nie, moet julle nie soos die skynheiliges maak nie. In sulke tye loop hulle met 'n lang gesig rond sodat almal kan sien hulle vas. Ek sê weer: sulke mense het klaar hulle beloning weg.17 Moenie 'n spektakel van julle godsdiens maak nie. Gaan normaalweg aan met julle lewe wanneer julle vas: kam julle hare, was julle gesigte. Lyk netjies sodat niemand agterkom dat julle besig is om ernstig te bid nie.18 Slegs julle hemelse Vader hoef dit te weet. Hy sal wel sorg dat julle julle hemelse beloning kry."
19 "Hou op om van die oggend tot die aand agter geld aan te hardloop. Niks hou hier vir altyd nie. Diewe breek oral in en steel, motte en goggas vreet alles op en ouderdom laat dinge vergaan.20 Maak eerder vir julle 'n bankrekening daar by God in die hemel oop. Geen dief kan ooit daar inbreek om iets te probeer steel nie.
21 "Die dinge waarmee jy jou van vroeg tot laat besig hou, sê wat die belangrikste in jou lewe is. Jou lewe wys waar jy jou 'rekening' oopgemaak het.
22 "As jy hemelse skatte wil opgaar, sorg dan dat jy jou oë deur die Here laat instel sodat jy op die regte manier daarmee kan kyk. Jou oë is soos 'n lig. As jy op die regte manier daarmee kyk, maak dit alles in jou lewe helder.23 Maar as jy jou oë nie deur God laat instel nie, maak jou oë jou hele lewe pikdonker. As daar geen goddelike lig in jou lewe skyn nie, is dit regtig nag binne-in jou.
24 "Niemand kan vir twee base werk nie. Jy sal lojaal teenoor een wees en die ander een afskeep. Moet daarom nie eens daaraan dink om God en die geldgod saam te probeer dien nie. Jy moet kies in wie se diens jy wil staan."
25 "Moenie gedurig loop en julle bekommer nie. Moenie van vroeg tot laat vra: 'Gaan ek genoeg hê om te eet?' of: 'Gaan ek genoeg hê om aan te trek?' nie. Die lewe gaan tog oor baie meer as kos en klere.26 Kyk 'n slag na die voëls: hulle het nie groot skure waarin hulle elke dag hulle kos bêre nie. Tog is hulle nooit honger nie. God sorg dat hulle elke dag genoeg het om te eet. Weet julle, julle is baie meer werd vir God as al die voëls in die hemel.27 Daarom help al julle bekommernis net mooi niks. Dit gaan nie julle lewe met een enkele dag verleng nie. Allesbehalwe!
28 "Julle moet ook nie sit en tob oor wat julle elke dag moet aantrek nie. Kyk gerus 'n bietjie in die veld hoe mooi die lelies lyk wat daar groei. Hulle werk nie van vroeg tot laat om so deftig te lyk nie.29 Tog was nie eens daardie skatryk koning Salomo ooit so mooi aangetrek soos een van hulle nie.
30 "As God soveel aandag gee aan hoe die veldgras lyk, wat vandag nog groei en môre weer dood is, sal Hy mos vir julle ook sorg.31 Hou dan op om so kleingelowig te wees! Hy sal sorg dat julle genoeg het om aan te trek. Hou op om te sê: 'Wat gaan ons vandag eet en drink?' of: 'Wat gaan ons vandag aantrek?'32 As julle dit doen, tree julle op soos mense wat God glad nie ken nie. Julle het mos 'n Vader in die hemel wat presies weet wat julle nodig het. Hy sal sorg dat julle dit alles kry.
33 "Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee. En los môre se probleme vir die dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!"
Matthew 6
Pure-hearted Giving
1 “Bes careful not to display your righteousness merely to be seen by people.t Otherwise you have no reward with your Father in heaven.2 Thus whenever you do charitable giving,t do not blow a trumpet before you, as the hypocrites do in synagoguess and on streets so that people will praise them. I tell you the truth,t they have their reward.3 But when you do your giving, do not let your left hand know what your right hand is doing,
4 so that your gift may be in secret. And your Father, who sees in secret, will reward you.s
Private Prayer
5 “Whenever you pray, do not be like the hypocrites, because they love to pray while standing in synagoguess and on street corners so that people can see them. Truly I say to you, they have their reward.6 But whenever you pray, go into your room,s close the door, and pray to your Father in secret. And your Father, who sees in secret, will reward you.ss7 Whent you pray, do not babble repetitiously like the Gentiles, because they think that by their many words they will be heard.8 Dot not be like them, for your Father knows what you need before you ask him.
9 So pray this way:s
Our Fathers in heaven, may your name be honored,t
10 may your kingdom come,s
may your will be done on earth as it is in heaven.
11 Give us today our daily bread,t
12 and forgive us our debts, as we ourselvest have forgiven our debtors.
13 And do not lead us into temptation,ts but deliver us from the evil one.st
14 “For if you forgive otherst their sins, your heavenly Father will also forgive you.
15 But if you do not forgive others, your Father will not forgive you your sins.
Proper Fasting
16 “Whent you fast, do not look sullen like the hypocrites, for they make their faces unattractivet so that people will see them fasting. I tell you the truth,t they have their reward.17 Whent you fast, put oil on your head and wash your face,
18 so that it will not be obvious to others when you are fasting, but only to your Father who is in secret. And your Father, who sees in secret, will reward you.
Lasting Treasure
19 “Do not accumulate for yourselves treasures on earth, where motht and rust destroy and where thieves break in and steal.20 But accumulate for yourselves treasures in heaven, where moth and rust do not destroy, and thieves do not break in and steal.
21 For where yourt treasures is, there your heart will be also.
22 “The eye is the lamp of the body. If then your eye is healthy,t your whole body will be full of light.
23 But if your eye is diseased,ts your whole body will be full of darkness. If then the light in you is darkness, how great is the darkness!
24 “No one can serve two masters, for either he will hates the one and love the other, or he will be devoted to the one and despiset the other. You cannot serve God and money.ts
Do Not Worry
25 “Therefore I tell you, do not worryt about your life, what you will eat or drink, or about your body, what you will wear. Isn’t there more to life than food and more to the body than clothing?26 Look at the birds in the sky:t They do not sow, or reap, or gather into barns, yet your heavenly Father feedst them. Aren’t you more valuablet than they are?27 And which of you by worrying can add even one hour to his life?t28 Why do you worry about clothing? Think about how the flowerst of the field grow; they do not workt or spin.29 Yet I tell you that not even Solomon in all his glory was clothed like one of these!30 And if this is how God clothes the wild grass,t which is here today and tomorrow is tossed into the fire to heat the oven,ts won’t he clothe you even more,s you people of little faith?31 So then, don’t worry saying, ‘What will we eat?’ or ‘What will we drink?’ or ‘What will we wear?’32 For the unconvertedt pursue these things, and your heavenly Father knows that you need them.33 But above all pursue his kingdomss and righteousness, and all these things will be given to you as well.
34 So then, do not worry about tomorrow, for tomorrow will worry about itself. Today has enough trouble of its own.t