previous next

Matteus 6

Hoe mense die Here moet dien

1 “Julle moet seker maak: Wanneer julle die Here dien, dan moet julle dit nie doen sodat al die mense kan sien wat julle doen nie. As julle dit doen en julle wil hê al die mense moet dit sien, dan sal julle Vader in die hemel nie daaroor goed wees vir julle nie.”

Hoe mense die Here moet dien: Hoe om arm mense te help


2 “Wanneer jy arm mense help, dan moet jy dit nie vir almal in die tsinagoges en op die strate vertel nie. Die tskynheilige mense doen dit, sodat al die mense moet sê hulle is goed. Ek sê vir julle, en dit is seker: Hulle het al klaar gekry wat hulle wou gehad het. God sal nie daaroor goed wees vir hulle nie. 3 Wanneer jy arm mense help, dan moet jy dit so doen dat ander mense nie daarvan weet nie.

4 Ander mense moenie sien dat jy arm mense help nie. En jou Vader wat alles kan sien wat die mense nie kan sien nie, Hy sal goed wees vir jou.”

Hoe mense die Here moet dien: Hoe om te bid

(Ook Luk 11:2-4)


5 “Wanneer julle bid, dan moet julle nie soos die tskynheilige mense bid nie. Hulle hou daarvan om in die tsinagoges en op die hoeke van die strate te bid. Hulle doen dit sodat die mense hulle kan sien. Ek sê vir julle, en dit is seker: Hulle het al klaar gekry wat hulle wou gehad het. God sal nie vir hulle daaroor goed wees nie. 6 Maar wanneer jy bid, moet jy na jou kamer gaan. Maak dan die deur toe sodat niemand jou kan sien nie, en bid tot jou Vader. En jou Vader wat alles kan sien wat die mense nie kan sien nie, sal goed wees vir jou. 7 Wanneer julle bid, moenie ’n klomp woorde sê en weer en weer dieselfde dinge vra nie. Mense wat nie vir God ken nie, bid so. Hulle dink hulle tafgode sal luister na hulle as hulle baie woorde gebruik en lank bid. 8 Julle moenie soos hulle bid nie. Want julle Vader weet wat julle nodig het, Hy weet dit voordat julle dit vir Hom vra.

9 Julle moet só bid:
“Ons Vader wat in die hemel is,
ons bid dat al die mense
u theilige Naam sal teer
omdat U God is.

10 Ons bid dat die tyd moet kom
wanneer almal sal weet
U is Koning.
Ons bid dat al die mense
op die aarde sal doen
wat U wil hê hulle moet doen,
soos die tengele in die hemel
dit doen.

11 Gee vir ons vandag die kos
wat ons vandag nodig het.

12 En vergewe ons alles wat ons
verkeerd gedoen het teen U,
soos ons ook ander mense vergewe
wat verkeerd gedoen het
teen ons.

13 En help ons dat niks sal gebeur
wat ons sal laat sonde doen nie.
Maar beskerm ons
teen tdie duiwel.t
14 “Wanneer ander mense verkeerd doen teen julle, dan moet julle hulle vergewe. Dan sal julle Vader in die hemel julle ook vergewe.

15 Maar as julle ander mense nie vergewe nie, dan sal julle Vader in die hemel julle ook nie vergewe wanneer julle verkeerd gedoen het nie.”

Hoe mense die Here moet dien: Hoe om te vas

(Ook Luk 5:33)


16 “Wanneer julle tvas omdat julle God wil teer, dan moet julle nie doen wat die tskynheilige mense doen nie. Hulle wys hulle kry swaar, hulle was nie hulle gesigte nie en kam nie hulle hare nie. Hulle doen dit sodat die mense moet sien hulle is besig om te vas. Ek sê vir julle, en dit is seker: Hulle het al klaar gekry wat hulle wou gehad het. God sal nie goed wees vir hulle omdat hulle dit doen nie. 17 Maar jy, wanneer jy vas, moet jy jou gesig was en jou hare kam

18 sodat die mense nie kan sien dat jy vas nie. Net jou Vader moet sien dat jy vas. Die mense kan nie jou Vader sien nie. En jou Vader in die hemel wat alles kan sien wat die mense nie kan sien nie, sal goed wees vir jou.”

Die belangrikste dinge

(Ook Luk 12:33-34)


19 “Dit moenie vir julle belangrik wees om mooi en duur goed bymekaar te maak hier op die aarde nie. Motte vreet dit en dit roes, diewe breek in by huise en steel dit. 20 Dit is beter om vir julle goed bymekaar te maak in die hemel en om daar ryk te wees by God. Daar kan motte dit nie vreet nie en dit kan nie roes nie, en diewe kan nie daar inbreek en dit steel nie.

21 Die dinge wat in die hemel by God is, moet vir jou die belangrikste wees. Dan sal jy net dink aan God wat in die hemel is.”

’n Mens se oog wys hoe hy is

(Ook Luk 11:34-36)


22 “Jou oog wys hoe jy is. As jou oog reg kyk en jy sien wanneer mense swaarkry en jy help hulle, dan is jy vol lig.

23 Maar as jou oog verkeerd kyk en jy sien wanneer mense swaarkry maar jy help hulle nie, dan is daar nie lig in jou nie. As daar nie lig in jou is nie, dan is dit baie donker rondom jou.”

Geld en baie goed

(Ook Luk 16:13; 12:22-32)


24 “’n Mens kan nie vir twee persone werk nie, want hy sal niks hou van die een persoon nie en hy sal baie hou van die ander persoon, óf hy sal hard werk vir die een persoon en hy sal niks vir die ander persoon wil doen nie. Julle kan nie vir God dien en óók dink geld en baie ander dinge is so belangrik soos Hy nie.
25 “Daarom sê Ek vir julle: Julle moenie bekommerd wees oor hoe julle sal lewe nie, oor wat julle sal eet en drink nie. En julle moenie bekommerd wees oor julle liggaam nie, oor die klere wat julle moet aantrek nie. Die lewe is belangriker as kos en die liggaam is belangriker as klere. 26 Kyk na die voëls. Hulle saai nie, hulle sny nie koring af nie, hulle pluk nie vrugte nie en hulle maak nie kos bymekaar in ’n stoorkamer nie. Maar julle Vader in die hemel gee elke dag vir hulle kos. En julle is baie belangriker as die voëls. 27 Dit sal niks help as julle bekommerd is nie. Dit sal julle nie langer laat lewe nie, nie een uur langer nie. 28 En hoekom is julle bekommerd oor die klere wat julle moet aantrek? Kyk hoe groei die blomme in die veld. Hulle werk nie hard nie en hulle maak nie klere nie. 29 Maar Ek sê vir julle: Koning Salomo was ryk en hy het mooi aangetrek, maar sy klere was nie so mooi soos een van hierdie blomme nie.

30 God maak al die plante in die veld mooi, maar hulle lewe nie lank nie. Hulle groei vandag, en môre gooi iemand die plante in die vuur. God sal julle baie mooier aantrek en Hy sal beter sorg vir julle as vir die plante, ook vir julle wat so min glo.
31 “Daarom moet julle nie bekommerd wees nie. Julle moenie vra: ‘Wat moet ons eet?’ of ‘Wat moet ons drink?’ of ‘Wat moet ons aantrek?’ nie. 32 Want al hierdie dinge is belangrik vir die mense wat nie vir God ken nie. Julle Vader in die hemel weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 33 Nee, dit moet vir julle die belangrikste wees dat God julle Koning is. Julle moet gehoorsaam wees aan Hom en doen wat Hy wil hê. Dan sal Hy al hierdie ander dinge ook vir julle gee. 34 En julle moenie vandag bekommerd wees oor wat môre sal gebeur nie. Môre sal sy eie probleme hê waaroor julle bekommerd sal wees. So sal elke dag sy eie probleme hê.”

Matthew 6

Teaching about Charity

1  “Make certain you do not perform your religious duties in public so that people will see what you do. If you do these things publicly, you will not have any reward from your Father in heaven. t
2  “So when you give something to a needy person, do not make a big show of it, as the hypocrites do in the houses of worship and on the streets. They do it so that people will praise them. I assure you, they have already been paid in full. 3  But when you help a needy person, do it in such a way that even your closest friend will not know about it.

4  Then it will be a private matter. And your Father, who sees what you do in private, will reward you.

Teaching about Prayer

(Lk 11.2–4)


5  “When you pray, do not be like the hypocrites! They love to stand up and pray in the houses of worship and on the street corners, so that everyone will see them. I assure you, they have already been paid in full. t

6 But when you pray, go to your room, close the door, and pray to your Father, who is unseen. And your Father, who sees what you do in private, will reward you.
7  “When you pray, do not use a lot of meaningless words, as the pagans do, who think that their gods will hear them because their prayers are long. 8  Do not be like them. Your Father already knows what you need before you ask him.

9  This, then, is how you should pray:
‘Our Father in heaven:
May your holy name be honoured;

10  may your Kingdom come;
may your will be done on earth as it is in heaven.

11  Give us today the food we need. t

12  Forgive us the wrongs we have done,
as we forgive the wrongs that others have done to us.

13  Do not bring us to hard testing,
but keep us safe from the Evil One.’ t
14  “If you forgive others the wrongs they have done to you, your Father in heaven will also forgive you. t

15 But if you do not forgive others, then your Father will not forgive the wrongs you have done.

Teaching about Fasting


16  “And when you fast, do not put on a sad face as the hypocrites do. They neglect their appearance so that everyone will see that they are fasting. I assure you, they have already been paid in full. 17  When you go without food, wash your face and comb your hair,

18  so that others cannot know that you are fasting — only your Father, who is unseen, will know. And your Father, who sees what you do in private, will reward you.

Riches in Heaven

(Lk 12.33–34)


19  “Do not store up riches for yourselves here on earth, where moths and rust destroy, and robbers break in and steal. t 20 Instead, store up riches for yourselves in heaven, where moths and rust cannot destroy, and robbers cannot break in and steal.

21 For your heart will always be where your riches are.

The Light of the Body

(Lk 11.34–36)


22  “The eyes are like a lamp for the body. If your eyes are sound, your whole body will be full of light;

23  but if your eyes are no good, your body will be in darkness. So if the light in you is darkness, how terribly dark it will be!

God and Possessions

(Lk 16.13; 12.22–31)


24  “No one can be a slave of two masters; he will hate one and love the other; he will be loyal to one and despise the other. You cannot serve both God and money.
25  “This is why I tell you not to be worried about the food and drink you need in order to stay alive, or about clothes for your body. After all, isn't life worth more than food? And isn't the body worth more than clothes? 26  Look at the birds: they do not sow seeds, gather a harvest and put it in barns; yet your Father in heaven takes care of them! Aren't you worth much more than birds?

27  Can any of you live a bit longer t by worrying about it?
28  “And why worry about clothes? Look how the wild flowers grow: they do not work or make clothes for themselves. 29  But I tell you that not even King Solomon with all his wealth had clothes as beautiful as one of these flowers. t

30 It is God who clothes the wild grass — grass that is here today and gone tomorrow, burnt up in the oven. Won't he be all the more sure to clothe you? How little faith you have!
31  “So do not start worrying: ‘Where will my food come from? or my drink? or my clothes?’ 32  (These are the things the pagans are always concerned about.) Your Father in heaven knows that you need all these things. 33  Instead, be concerned above everything else with the Kingdom of God and with what he requires of you, and he will provide you with all these other things. 34  So do not worry about tomorrow; it will have enough worries of its own. There is no need to add to the troubles each day brings.