MATTEUS 6
Sonder groot vertoon uitreik na mense in nood
1 "Wees versigtig! Moenie julle praktiese godsdiens in die openbaar beoefen sodat almal julle bewonder nie. Anders gaan julle julle beloning by julle hemelse Vader misloop.2 Wanneer jy iemand in nood help, moenie 'n groot okkasie daarvan maak nie. Dis wat die skynheiliges in die sinagoges en op die strate doen om deur die mense opgehemel te word. Ek verseker julle, dis al beloning wat hulle ooit sal kry.3 Maar as jy mense in nood help, doen dit sonder groot vertoon.
4 So sal jou hulpbetoon geheim bly, en jou Vader wat alle geheime ken, sal jou beloon."
Hoe julle moet bid
5 "En nou wat die gebed betref: Moenie soos die skynheiliges wees wat daarvan hou om in die sinagoges en op die straathoeke te bid sodat die mense hulle kan sien nie. Ek verseker julle, dit is al beloning wat hulle ooit sal kry.
6 Wanneer jy bid, gaan na die stilste vertrek in die huis en maak die deur agter jou toe sodat jy daar in jou alleenheid tot jou Vader kan bid. En jou Vader wat alles weet, sal jou beloon.
7 "Wanneer julle bid, moenie met woorde mors soos die ongelowiges nie. Hulle dink hulle stortvloed woorde sal maak dat hulle gebede beantwoord word.8 Moenie soos hulle maak nie, want julle Vader weet presies wat julle behoeftes is, selfs nog voordat julle Hom vra!9 Bid dan soos volg:
Ons Vader in die hemel,
laat u Naam geheilig word.
10 Laat u koninkryk kom.
Laat u wil hier op aarde
uitgevoer word soos in die hemel.
11 Gee ons die porsie brood
wat ons vir vandag nodig het.
12 En vergeef ons ons sondeskuld
soos ons ook óns skuldenaars
vergewe het.
13 Bewaar ons sodat ons
nie aan verleiding sal toegee nie;
maar bevry ons van die greep
van die Bose.
14 "As julle die mense vergewe wat teen julle oortree, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
15 Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.
16 "Wanneer julle vas, moenie soos die skynheiliges 'n martelaarshouding aanneem nie. Hulle loop met lang gesigte rond sodat die mense duidelik kan sien dat hulle vas. Ek verseker julle, dit is al beloning wat hulle ooit sal kry.17 Maar wanneer jy vas, versorg jou hare, was jou gesig.
18 Dan sal niemand agterkom dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat alle geheime ken. En jou Vader wat alle geheime ken, sal jou beloon."
Aardse skatte of kos en klere moenie prioriteit wees nie
19 "Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie.20 Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie.
21 Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.
22 "Jou oog is 'n lamp vir jou liggaam. 'n Suiwer oog laat die lig instroom sodat jou binneste geheel en al lig word.
23 Maar as jou oog vuil en sleg is, versper dit die lig en jou binneste bly geheel en al donker. As die lig wat jy gedink het jy het, in werklikheid donkerte is, hoe pikswart is jou donker dan nie!
24 "Niemand kan tegelyk twee base dien nie. Hy sal óf 'n renons in die een hê en van die ander een hou; óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een geringskat. Om God én die geldgod saam te dien, is onmoontlik.
25 "Daarom sê Ek vir julle, hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe - wat julle sal eet of drink; of oor julle liggame - wat julle sal aantrek. Is die lewe nie baie belangriker as kos nie? En is 'n mens se liggaam nie baie belangriker as klere nie?
26 Hou die voëls wat daar vlieg dop. Hulle saai nie, hulle oes nie, en hulle maak nie in skure bymekaar nie. Dit is onnodig, want julle hemelse Vader gee aan hulle hulle kos. Besef julle dan nie dat julle vir God nog baie kosbaarder is as hulle nie?
27 "Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek?
28 "En wat klere betref - wat bekommer julle julle daaroor? Leer hierdie les van die veldlelies wat so pragtig in die blom staan. Hulle sloof hulle nie af om vir hulleself klere te maak nie.
29 En tog sê Ek vir julle, selfs Salomo in al sy glorie was nie so pragtig aangetrek soos een van hulle nie.
30 "As God dan die veldplante wat vandag daar is en môre verbrand word, so mooi aantrek, hoeveel te meer sal Hy nie vir julle sorg nie? Is julle geloof dan so klein?
31 "Moet julle dus nie bekommer en vra: 'Wat sal ons tog eet?' of: 'Wat sal ons drink?' of: 'Wat sal ons aantrek?' nie.
32 Dit is die ongelowiges wat oor hierdie soort dinge begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.
33 "Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.
34 "Moet julle daarom nie oor môre bekommer nie. Môre sal sy eie bekommernisse bring. Vandag se moeilikhede is vir een dag heeltemal genoeg."
MATTHEW 6
Giving
1 t When you do good deeds, don't try to show off. If you do, you won't get a reward from your Father in heaven.
2 When you give to the poor, don't blow a loud horn. That's what show-offs do in the synagogues and on the street corners, because they are always looking for praise. I can assure you that they already have their reward.
3 When you give to the poor, don't let anyone know about it.t
4 Then your gift will be given in secret. Your Father knows what is done in secret and will reward you.Prayer
(Luke 11.2-4)
5 t When you pray, don't be like those show-offs who love to stand up and pray in the synagogues and on the street corners. They do this just to look good. I can assure you that they already have their reward.
6 When you pray, go into a room alone and close the door. Pray to your Father in private. He knows what is done in private and will reward you.
7 t When you pray, don't talk on and on as people do who don't know God. They think God likes to hear long prayers.
8 Don't be like them. Your Father knows what you need even before you ask.
9 You should pray like this:
Our Father in heaven,
help us to honor
your name.
10 Come and set up
your kingdom,
so that everyone on earth
will obey you,
as you are obeyed
in heaven.
11 Give us our food for today.t
12 Forgive us for doing wrong,
as we forgive others.
13 Keep us from being temptedt
and protect us from evil.t
14 t t If you forgive others for the wrongs they do to you, your Father in heaven will forgive you.
15 But if you don't forgive others, your Father will not forgive your sins.Worshiping God //by Going without Eating
16 When you go without eating, t don't try to look gloomy as those show-offs do when they go without eating. I can assure you that they already have their reward. 17 t Instead, comb your hair and wash your face.
18 Then others won't know you are going without eating. But your Father sees what is done in private, and he will reward you.Treasures in Heaven
(Luke 12.33,34)
19 t Don't store up treasures on earth! Moths and rust can destroy them, and thieves can break in and steal them. 20 t Instead, store up your treasures in heaven, where moths and rust cannot destroy them, and thieves cannot break in and steal them.
21 Your heart will always be where your treasure is.Light
(Luke 11.34-36)
22 Your eyes are a window for your body. When they are good, you have all the light you need.
23 But when your eyes are bad, everything is dark. If the light inside you is dark, you surely are in the dark.Money
(Luke 16.13)
24 You cannot be the slave of two masters! You will like one more than the other or be more loyal to one than the other. You cannot serve both God and money.Worry
(Luke 12.22-31)
25 I tell you not to worry about your life. Don't worry about having something to eat, drink, or wear. Isn't life more than food or clothing?
26 Look at the birds in the sky! They don't plant or harvest. They don't even store grain in barns. Yet your Father in heaven takes care of them. Aren't you worth much more than birds?
27 Can worry make you live longer?t 28 Why worry about clothes? Look how the wild flowers grow. They don't work hard to make their clothes. 29 t But I tell you that Solomon with all his wealtht wasn't as well clothed as one of them.
30 God gives such beauty to everything that grows in the fields, even though it is here today and thrown into a fire tomorrow. God will surely do even more for you! Why do you have such little faith?
31 Don't worry and ask yourselves, “Will we have anything to eat? Will we have anything to drink? Will we have any clothes to wear?” 32 Only people who don't know God are always worrying about such things. Your Father in heaven knows you need all of these.
33 But more than anything else, put God's work first and do what he wants. Then the other things will be yours as well.
34 Don't worry about tomorrow. It will take care of itself. You have enough to worry about today.