previous next

Matteus 7

Julle moenie altyd sê ander mense doen verkeerd nie

(Ook Mark 4:24; Luk 6:37-38,41-42)

1 “Julle moenie altyd sê ander mense doen verkeerd en God moet hulle straf nie. As julle dit nie doen nie, dan sal God júlle ook nie straf nie.

2 God sal oor julle toordeel soos julle oor ander mense oordeel. Hy sal aan julle doen wat julle aan ander mense wil doen.
3 “Hoekom sien jy die klein stukkie hout in jou broer se oog, maar jy besef nie daar is ’n groot stuk hout in jou eie oog nie? Jy sien die bietjie wat jou broer verkeerd gedoen het, maar jy sien nie die baie wat jyself verkeerd gedoen het nie. 4 Jy kan nie vir jou broer sê jy wil die klein stukkie hout uit sy oog haal wanneer daar ’n groot stuk hout in jou eie oog is nie.

5 As jy dit doen, dan is jy ’n tskynheilige mens! Haal eers die groot stuk hout uit jou eie oog. Dan sal jy goed kan sien om die klein stukkie hout uit jou broer se oog te haal.

6 “’n Mens gooi nie dinge wat aan God behoort, vir die honde nie. Die honde sal omdraai en hulle sal jou kom byt. Jy gooi ook nie juwele voor varke nie. Die varke sal op die juwele trap met hulle pote. So moet julle nie aanhou om God se boodskap, wat tkosbaar is, na mense toe te bring wat die boodskap nie wil ontvang nie.”

Mense moet aanhou bid

(Ook Luk 11:9-13; 6:31)


7 “Julle moet aanhou bid, dan sal God vir julle gee wat julle vra. Julle moet aanhou soek, dan sal God vir julle laat kry wat julle soek. Julle moet aanhou klop, dan sal God die deur vir julle oopmaak. 8 Elke mens wat aanhou bid, sal ontvang. Elke mens wat aanhou soek, sal kry. Elke mens wat aanhou klop, vir hom sal God die deur oopmaak. 9 ’n Pa sal nooit vir sy seun ’n klip gee wanneer die seun vir hom brood vra nie. 10 En hy sal nie vir sy seun ’n slang gee wanneer die seun vir hom ’n vis vra nie. 11 Julle is slegte mense, maar julle weet om goeie dinge vir julle kinders te gee. Julle Vader in die hemel wil vir die mense wat dit vir Hom vra, dinge gee wat nog beter is.

12 Julle moet aan ander mense doen soos julle wil hê ander mense moet aan julle doen. Dit is wat die tWette van Moses en die boeke van die tprofete vir julle sê.”

Twee paaie

(Ook Luk 13:24)


13 “Julle moet by die klein hekkie ingaan. Want die hek na die hel is groot, en dit is maklik om op daardie pad te loop. Baie mense gaan deur die groot hek.

14 Maar die hek na die tewige lewe is klein, en dit is nie maklik om op hierdie pad te loop nie. Min mense kry hierdie pad en loop daarop.”

Twee bome

(Ook Luk 6:43-44)


15 “Pasop vir tvals profete. Hulle kom na julle toe en hulle lyk soos skape, maar hulle is nie skape nie, hulle is gevaarlike wolwe. 16 Wanneer jy ’n boom se vrugte sien, dan weet jy watter soort boom dit is. So sal julle ook kan sien watter soort mense dit is wanneer julle sien wat hulle doen. ’n Mens pluk nie druiwe van doringbome of vye van onkruid nie. 17 Nee, goeie bome dra goeie vrugte, en slegte bome dra slegte vrugte. 18 ’n Goeie boom dra nie slegte vrugte nie, en ’n slegte boom dra nie goeie vrugte nie. 19 ’n Mens kap elke boom af wat nie goeie vrugte dra nie, en jy gooi die boom in die vuur.

20 So sal julle weet watter soort mense die vals profete is wanneer julle sien wat hulle doen.”

Twee dissipels

(Ook Luk 6:46; 13:25-27)


21 “Dit is nie genoeg as iemand vir My sê: ‘Here, Here’ nie. Hy sal nie daarom by God kan kom nie, by God, die Koning wat in die hemel is. God is my Vader, en mense wat by Hom wil kom, moet doen wat Hy wil hê hulle moet doen.

22 Op die tdag van die Here sal baie mense vir My sê: ‘Here, Here, ons het u Naam gebruik om God se boodskap te bring, ons het u Naam gebruik om tduiwels uit te jaag uit mense, ons het u Naam gebruik om baie twonderwerke te doen.’

23 “Maar dan sal Ek vir hulle sê: ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle het nie gedoen wat my wette sê nie.’ ”

Twee bouers

(Ook Luk 6:47-49)


24 “Elke mens wat weet wat Ek gesê het en wat dit doen, is soos ’n twyse man wat sy huis op ’n rots gebou het. 25 Dit het gereën en die riviere het vol water geword. Die winde het hard gewaai en dit het die huis geruk. Maar die huis het nie omgeval nie, want die man het sy huis op die rots gebou. 26 Maar elkeen wat weet wat Ek sê en wat dit nie doen nie, is soos ’n tdwase mens wat sy huis gebou het op sand.

27 Dit het gereën en die riviere het vol water geword. Die wind het hard gewaai en dit het die huis baie geruk. Die huis het omgeval, en daar het niks oorgebly nie.”
28 Toe Jesus klaar gepraat het, was al die mense verbaas oor hoe Hy vir hulle geleer het, 29 want hulle het besef dit kom van God. Jesus het nie vir hulle geleer soos hulle tskrifgeleerdes dit gedoen het nie.

Matthew 7

Judging Others

(Lk 6.37–38, 41–42)

1  “Do not judge others, so that God will not judge you, 2  for God will judge you in the same way as you judge others, and he will apply to you the same rules you apply to others. t 3 Why, then, do you look at the speck in your brother's eye, and pay no attention to the log in your own eye? 4 How dare you say to your brother, ‘Please, let me take that speck out of your eye,’ when you have a log in your own eye?

5 You hypocrite! First take the log out of your own eye, and then you will be able to see clearly to take the speck out of your brother's eye.

6  “Do not give what is holy to dogs — they will only turn and attack you. Do not throw your pearls in front of pigs — they will only trample them underfoot.

Ask, Seek, Knock

(Lk 11.9–13)


7  “Ask, and you will receive; seek, and you will find; knock, and the door will be opened to you. 8  For everyone who asks will receive, and anyone who seeks will find, and the door will be opened to those who knock. 9  Would any of you who are fathers give your son a stone when he asks for bread? 10  Or would you give him a snake when he asks for a fish?

11  Bad as you are, you know how to give good things to your children. How much more, then, will your Father in heaven give good things to those who ask him!

12  “Do for others what you want them to do for you: this is the meaning of the Law of Moses and of the teachings of the prophets. t

The Narrow Gate

(Lk 13.24)


13  “Go in through the narrow gate, because the gate to hell is wide and the road that leads to it is easy, and there are many who travel it.

14  But the gate to life is narrow and the way that leads to it is hard, and there are few people who find it.

A Tree and its Fruit

(Lk 6.43–44)


15  “Be on your guard against false prophets; they come to you looking like sheep on the outside, but on the inside they are really like wild wolves. 16  You will know them by what they do. Thorn bushes do not bear grapes, and briars do not bear figs. 17  A healthy tree bears good fruit, but a poor tree bears bad fruit. 18  A healthy tree cannot bear bad fruit, and a poor tree cannot bear good fruit. 19  And any tree that does not bear good fruit is cut down and thrown in the fire. t

20 So then, you will know the false prophets by what they do.t

I Never Knew You

(Lk 13.25–27)


21  “Not everyone who calls me ‘Lord, Lord’ will enter the Kingdom of heaven, but only those who do what my Father in heaven wants them to do. 22  When Judgement Day comes, many will say to me, ‘Lord, Lord! In your name we spoke God's message, by your name we drove out many demons and performed many miracles!’

23  Then I will say to them, ‘I never knew you. Get away from me, you wicked people!’ t

The Two House Builders

(Lk 6.47–49)


24  “So then, anyone who hears these words of mine and obeys them is like a wise man who built his house on rock.

25  The rain poured down, the rivers overflowed, and the wind blew hard against that house. But it did not fall, because it was built on rock.
26  “But anyone who hears these words of mine and does not obey them is like a foolish man who built his house on sand.

27  The rain poured down, the rivers overflowed, the wind blew hard against that house, and it fell. And what a terrible fall that was!”

The Authority of Jesus


28 When Jesus finished saying these things, the crowd was amazed at the way he taught.t 29 He wasn't like the teachers of the Law; instead, he taught with authority.