previous next

Matteus 7

1 "Moenie so gou foutvind nie.2 As jy ander mense links en regs veroordeel, gaan God eendag presies dieselfde met jou doen.
3 "Waarom is jy so haastig om foute in ander mense se lewe uit te snuffel terwyl jy blind is vir al die sondes in jou eie lewe? Waarom sien jy so gou die kleinste splintertjie in jou vriend se oog raak terwyl jy blind is vir die groot houtstomp wat in jou eie oog vassit?4 En dan waag jy dit so ewe om vir jou vriend te sê: 'My ou broer, kom laat ek gou daardie splintertjie uit jou lewe wegvat sodat jy weer reg kan leef,' maar jy sien nie die groot foute in jou eie lewe raak nie.5 Jou skynheilige! Haal eers die houtstomp uit jou eie oog uit, dan sal jy goed genoeg kan sien om daardie klein splintertjie uit jou vriend se oog te haal.
6 "Wees versigtig wanneer julle tussen mense is wat geen respek vir God het nie. Hulle verstaan glad nie hoe groot en heilig Hy is nie. Moenie julle tyd mors om met hulle oor God te praat nie. Soos 'n trop varke sal hulle sy goedheid onder hulle voete vertrap. Boonop gaan hulle julle ook nog beledig en vervolg."
7  "Julle moet nooit moeg word om te bid nie. Vra en God sal vir julle gee. Soek en julle sal kry. Klop aan God se hemelse deur en Hy sal vir julle kom oopmaak.8 Want elkeen wat vra, ontvang; elkeen wat soek, kry, en elkeen wat klop, tref uiteindelik 'n oop hemelse deur aan.
9 "Jou hemelse Vader wil net die beste dinge vir jou gee. As jy 'n pa is, behoort jy dit goed te verstaan. Jy wil mos graag net goeie dinge vir jou kinders gee, nie waar nie?10 As jou kind vir jou 'n stukkie brood kom vra om te eet, sal jy tog nie vir hom 'n klip gee nie. Jy sal ook nie vir hom iets slegs soos 'n slang gee as hy vis wil hê om te eet nie. Nou ja, God maak ook nie so met sy kinders nie.11 As julle klomp slegte mense net goeie dinge vir julle eie kinders gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader dit dan nie doen nie? Ek verseker julle: Hy sal net die beste dinge gee vir diegene wat Hom daarvoor vra."
12  "As daar een goue reël is waarvolgens julle moet lewe, is dit die volgende: vra julle elke dag af hoe julle wil hê ander mense teenoor julle moet optree. Gaan tree dan eerste so teenoor hulle op. As julle so leef, doen julle alles wat die Bybel van julle vra.
13 "Natuurlik is dit nie maklik om te doen wat die Bybel vra nie.14 Die pad wat na God se nuwe wêreld toe lei, is baie moeilik en ook bitter smal. Min mense loop daarop omdat dit groot opofferings vra. Aan die ander kant is die pad wat na die hel toe lei, maklik om op te loop en baie breed. Baie mense loop daarop. Span julle daarom in om op God se smal pad te bly stap."
15  "Julle moet lig loop vir mense wat die goeie nuus verdraai. Hulle kom na julle toe met allerhande mooi godsdienstige praatjies, maar eintlik is hulle so gevaarlik soos 'n spul wolwe.16 Dit is maklik om hierdie mense uit te ken. Kyk maar net hoe hulle leef. As hulle heeltyd verkeerde dinge doen, wys dit dat hulle 'n spul leuenaars is.
17 "'n Mens se lewe is soos 'n vrugteboom: goeie vrugtebome dra goeie vrugte en slegte bome dra slegte vrugte.18 'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie en 'n slegte boom kan ook nie goeie vrugte oplewer nie.19 Daar wag groot probleme op alle bome wat slegte vrugte dra. Hulle word eenvoudig afgekap en in die vuur gegooi. Dus, as julle wil weet watter mense die goeie nuus verdraai, moet julle maar net gaan kyk hoe hulle leef. Hulle lewens wys watter soort vrugte hulle dra.
20 "Daar is baie mense wat maak asof hulle My dien. Hulle noem My om elke hoek en draai 'Here en Meester'. Daar wag egter 'n groot verrassing op hulle. My Vader gaan glad nie vir hulle plek hê in sy nuwe wêreld nie. Net daardie mense wat doen wat Hy vra, sal by Hom welkom wees.
21 "Wanneer die laaste dag op die aarde aanbreek, sal Ek self kom om oor almal te oordeel.22 Dan sal al hierdie skynheilige mense voor My kom staan en vir My sê: 'Here en Meester, onthou U dan nie watter groot dinge ons alles in u Naam gedoen het nie? Ons het gepreek, duiwels uit mense verdryf en allerhande magtige dade gedoen.'
23 "Weet julle wat Ek dan sal antwoord? Ek sal dan vir hulle sê: 'Ek ken julle van g'n kant af nie. Julle spul slegte mense verdien die hel. Gee dadelik pad voor My!'"
24  "Ek het julle nou baie dinge oor God geleer. As julle my woorde ter harte neem en dit doen, tree julle reg op. Dan is julle lewens op 'n stewige fondament gebou.25 Wanneer die reëns en storms oor julle losbreek, sal julle lewenshuis nooit inmekaarstort nie. Want julle lewens is gebou op die Rots wat nooit kan padgee nie.26 Aan die ander kant: as julle my woorde hoor en dit nie doen nie, is julle regtig dom. Dan is julle lewens op 'n hoop sand gebou.27 Wanneer die reëns en die storms oor julle losbreek, sal julle lewens uiteindelik inmekaarstort. Dan is die doderyk julle voorland."
28 Toe Jesus klaar was met sy lering op die berg, was die skare stom van verbasing. Hulle was vol lof oor sy aangrypende woorde.29 Jesus se woorde het heeltemal anders geklink as dié van hulle leermeesters. Hy het met groot gesag en oortuiging gepraat.

Matthew 7

Do Not Judge

1 “Do not judge so that you will not be judged.s2 For by the standard you judge you will be judged, and the measure you use will be the measure you receive.t3 Whyt do you see the specks in your brother’s eye, but fail to seet the beam of woods in your own?4 Or how can you sayt to your brother, ‘Let me remove the speck from your eye,’ while there is a beam in your own?5 You hypocrite! First remove the beam from your own eye, and then you can see clearly to remove the speck from your brother’s eye.

6 Do not give what is holy to dogs or throw your pearls before pigs; otherwise they will trample them under their feet and turn around and tear you to pieces.t

Ask, Seek, Knock

7 “Asks and it will be given to you; seek and you will find; knock and the doort will be opened for you.8 For everyone who askss receives, and the one who seeks finds, and to the one who knocks, the door will be opened.9 Ist there anyone among you who, if his son asks for bread, will give him a stone?10 Or if he asks for a fish, will give him a snake?s11 If you then, although you are evil,t know how to give good gifts to your children, how much more will your Father in heaven give good giftss to those who ask him!

12 Int everything, treat others as you would want themt to treat you,s for this fulfillst the law and the prophets.

The Narrow Gate

13 “Enter through the narrow gate, because the gate is wide and the way is spacious that leads to destruction, and there are many who enter through it.

14 But the gate is narrow and the way is difficult that leads to life, and there are few who find it.

A Tree and Its Fruit

15 “Watch out for false prophets, who come to you in sheep’s clothing but inwardly are voracious wolves.s16 You will recognize them by their fruit. Grapes are not gatheredt from thorns or figs from thistles, are they?s17 In the same way, every good tree bears good fruit, but the badt tree bears bad fruit.18 A good tree is not able to bear bad fruit, nor a bad tree to bear good fruit.19 Every tree that does not bear good fruit is cut down and thrown into the fire.

20 So then, you will recognize them by their fruit.

Judgment of Pretenders

21 “Not everyone who says to me, ‘Lord, Lord,’s will enter into the kingdom of heaven – only the one who does the will of my Father in heaven.22 On that day, many will say to me, ‘Lord, Lord, didn’t we prophesy in your name, and in your name cast out demons and dot many powerful deeds?’

23 Then I will declare to them, ‘I never knew you. Go away from me, you lawbreakers!’t

Hearing and Doing

24 “Everyonet who hears these words of mine and does them is liket a wise mant who built his house on rock.25 The rain fell, the floodt came, and the winds beat against that house, but it did not collapse because it had been founded on rock.26 Everyone who hears these words of mine and does not do them is like a foolish man who built his house on sand.

27 The rain fell, the flood came, and the winds beat against that house, and it collapsed; it was utterly destroyed!”t
28 Whent Jesus finished saying these things, the crowds were amazed by his teaching,

29 because he taught them like one who had authority,s not like their experts in the law.t

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.