MATTEUS 7
Moenie met 'n vergrootglas na ander se foute kyk nie
1 "Hou op om 'n oordeel oor ander uit te spreek. Dan sal God ook nie 'n oordeel oor julle uitspreek nie.2 Hy sal julle beoordeel soos julle ander beoordeel. Die kriterium waarmee julle oordeel, sal ook vir júlle gebruik word.3 En hoe sien jy die splintertjie in jou medemens se oog raak, maar jy merk die yslike stomp in jou eie oog nie op nie?4 Of hoe sal jy vir jou medemens sê: 'Kom, laat ek daardie splintertjie uit jou oog haal,' terwyl daar 'n yslike stomp in jou eie oog sit?
5 Jou skynheilige, haal eers die stomp uit jou eie oog uit. Dan sal jy ook duidelik kan sien om die splinter uit jou medemens se oog te haal.
6 "Moenie wat heilig is vir onheilige mense gee nie. Hulle sal dit nie respekteer nie. Hulle sal soos honde omspring en julle verskeur. Moet ook nie julle kosbare pêrels vir elke morsige hierjy aanbied nie. Hulle sal dit nie waardeer nie, maar dit vertrap soos varke onder hulle pote."
Wees seker van gebedsverhoring
7 "Hou aan met vra en God sal vir julle gee. Hou aan met soek en julle sal kry. Hou aan klop en God sal die deur vir julle oopmaak.8 Elkeen wat so volhardend vra, ontvang; en wie aanhou soek, kry; en vir elkeen wat aanhou klop, sal God oopmaak.9 Julle as ouers sal tog nie vir julle kinders as hulle brood vra, klippe gee nie.10 Of as hulle vis vra, vir hulle slange gee nie.
11 As sondige mense soos julle dan goed weet om goeie dinge aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader goeie dinge gee aan hulle wat dit van Hom vra!"
Die goue lewensreël
12 "Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen. Dit is die kern van die wet en die profete."
Die twee lewenspaaie
13 "Gaan die koninkryk deur die nou poort binne. Want wyd is die poort, en breed is die pad wat na ondergang lei, en daar is massas mense wat daar ingaan.
14 Hoe nou is die poort, en hoe smal is die pad na die lewe nie! Min is die mense wat dit kry!"
Loop wakker vir vals profete
15 "Pas op vir die vals profete. Op die oog af lyk hulle soos onskuldige lammetjies, maar in werklikheid is hulle gulsige wolwe.16 Julle sal hulle aan hulle optrede uitken, net soos 'n mens 'n boom aan sy vrugte kan uitken. 'n Mens pluk tog nie druiwetrosse van doringbosse, of vye van dissels nie.17 'n Gesonde boom dra immers goeie vrugte en 'n siek boom slegte vrugte.18 'n Gesonde boom kan nie slegte vrugte dra nie en 'n siek boom nie goeie vrugte nie.
19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
20 "So sal julle hierdie mense aan hulle vrugte uitken."
Vroom praatjies tel nie in God se koninkryk nie
21 "Nie almal wat vir My 'Here, Here' sê, sal in God se koninkryk ingaan nie. Wat die deurslag sal gee, is of hulle aan my hemelse Vader gehoorsaam was.22 Baie sal vir My op die oordeelsdag sê: 'Here, Here, ons het dan in u Naam gepreek en in u Naam duiwels uitgedryf en in u Naam baie wonders verrig!'
23 Dan sal Ek hulle antwoord: 'Julle was nog nooit werklik mý mense nie. Gaan weg van My af! Julle het nie gedoen wat voor God reg is nie.'"
Bou op 'n soliede fondament
24 "Elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, is soos 'n verstandige persoon wie se huis op rots gebou is.25 Al val daar 'n stortbui, en al kom die vloedwater af, en al woed daar stormwinde teen die huis, sal dit nie inmekaarstort nie, want sy fondament is stewig op die rots vas.26 Maar elkeen wat na my woorde luister en dit nie doen nie, sal wees soos 'n dwaas wie se huis op die sand gebou is.
27 Wanneer daar 'n stortbui val, en die vloedwater afkom, en die stormwinde waai, sal daardie huis heeltemal inmekaarstort."
28 Toe Jesus sy rede voltooi het, was die skare diep onder die indruk van sy onderrig.
29 Dit was immers gesagvol - heeltemal anders as dié van hulle eie skrifkenners.
MATTHEW 7
Judging Others
(Luke 6.37,38,41,42)
1 Don't condemn others, and God won't condemn you.
2 t God will be as hard on you as you are on others! He will treat you exactly as you treat them.
3 You can see the speck in your friend's eye, but you don't notice the log in your own eye. 4 How can you say, “My friend, let me take the speck out of your eye,” when you don't see the log in your own eye?
5 You're nothing but show-offs! First, take the log out of your own eye; then you can see how to take the speck out of your friend's eye.
6 Don't give to dogs what belongs to God. They will only turn and attack you. Don't throw pearls down in front of pigs. They will trample all over them.Ask, Search, Knock
(Luke 11.9-13)
7 t Ask, and you will receive. Search, and you will find. Knock, and the door will be opened for you.
8 Everyone who asks will receive. Everyone who searches will find. And the door will be opened for everyone who knocks.
9 Would any of you give your hungry child a stone, if the child asked for some bread? 10 Would you give your child a snake if the child asked for a fish?
11 As bad as you are, you still know how to give good gifts to your children. But your heavenly Father is even more ready to give good things to people who ask.
12 t Treat others as you want them to treat you. This is what the Law and the Prophetst are all about.The Narrow Gate
(Luke 13.24)
13 t Go in through the narrow gate. The gate to destruction is wide, and the road that leads there is easy to follow. A lot of people go through that gate.
14 But the gate to life is very narrow. The road that leads there is so hard to follow that only a few people find it.A Tree and Its Fruit
(Luke 6.43-45)
15 Watch out for false prophets! They dress up like sheep, but inside they are wolves who have come to attack you. 16 t You can tell what they are by what they do. No one picks grapes or figs from thornbushes. 17 A good tree produces good fruit, and a bad tree produces bad fruit. 18 A good tree cannot produce bad fruit, and a bad tree cannot produce good fruit. 19 t Every tree producing bad fruit will be chopped down and burned.
20 t You can tell who the false prophets are by their deeds.A Warning
(Luke 13.26,27)
21 Not everyone who calls me their Lord will get into the kingdom of heaven. Only the ones who obey my Father in heaven will get in. 22 On the day of judgment many will call me their Lord. They will say, “We preached in your name, and in your name we forced out demons and worked many miracles.”
23 t But I will tell them, “I will have nothing to do with you! Get out of my sight, you evil people!”Two Builders
(Luke 6.47-49)
24 Anyone who hears and obeys these teachings of mine is like a wise person who built a house on solid rock.
25 Rain poured down, rivers flooded, and winds beat against that house. But it was built on solid rock, and so it did not fall.
26 Anyone who hears my teachings and doesn't obey them is like a foolish person who built a house on sand.
27 Rain poured down, rivers flooded, and the winds blew and beat against that house. Finally, it fell with a crash.
28 t When Jesus finished speaking, the crowds were surprised at his teaching. 29 He taught them like someone with authority, and not like their teachers of the Law of Moses.