MATTHÉÜS 7
Bergpredikasie (einde). Die oordeel uit die hoogte. Die heilige vir die honde gee. Die aanhoudende gebed. Die nou en die wye poort. Valse profete. Hoor en doen.
1 tMOENIE oordeel nie, tsodat julle nie geoordeel word nie.
2 Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; ten met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
3 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
4 Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
5 Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.
6 tMoenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
7 tBid, en tvir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ’n klip sal gee;
10 en as hy ’n vis vra, aan hom ’n slang sal gee?
11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal tjulle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!
12 tAlles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; twant dit is die wet en die profete.
13 tGaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
15 tMaar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
16 tAan hulle vrugte sal julle hulle ken. ’n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ’n slegte boom dra slegte vrugte.
18 ’n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ’n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
19 tElke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
21 tNie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam tduiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
24 tElkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met t’n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.
26 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ’n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
27 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
28 En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, twas die skare verslae oor sy leer;
29 twant Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.
Matthew 7
1 DO NOT judge and criticize and condemn others, so that you may not be judged and criticized and condemned yourselves.2 For just as you judge and criticize and condemn others, you will be judged and criticized and condemned, and in accordance with the measure you [use to] deal out to others, it will be dealt out again to you.3 Why do you stare from without at the very small particle that is in your brother’s eye but do not become aware of and consider the beam of timber that is in your own eye?4 Or how can you say to your brother, Let me get the tiny particle out of your eye, when there is the beam of timber in your own eye?5 You hypocrite, first get the beam of timber out of your own eye, and then you will see clearly to take the tiny particle out of your brother’s eye.6 Do not give that which is holy (the sacred thing) to the dogs, and do not throw your pearls before hogs, lest they trample upon them with their feet and turn and tear you in pieces.7 Keep on asking and it will be given you; keep on seeking and you will find; keep on knocking [reverently] and [the door] will be opened to you.8 For everyone who keeps on asking receives; and he who keeps on seeking finds; and to him who keeps on knocking, [the door] will be opened.9 Or what man is there of you, if his son asks him for a loaf of bread, will hand him a stone?10 Or if he asks for a fish, will hand him a serpent?11 If you then, evil as you are, know how to give good and advantageous gifts to your children, how much more will your Father Who is in heaven [perfect as He is] give good and advantageous things to those who keep on asking Him!12 So then, whatever you desire that others would do to and for you, even so do also to and for them, for this is (sums up) the Law and the Prophets.13 Enter through the narrow gate; for wide is the gate and spacious and broad is the way that leads away to destruction, and many are those who are entering through it.14 But the gate is narrow (contracted by pressure) and the way is straitened and compressed that leads away to life, and few are those who find it. 15 Beware of false prophets, who come to you dressed as sheep, but inside they are devouring wolves. 16 You will fully recognize them by their fruits. Do people pick grapes from thorns, or figs from thistles?17 Even so, every healthy (sound) tree bears good fruit [worthy of admiration], but the sickly (decaying, worthless) tree bears bad (worthless) fruit.18 A good (healthy) tree cannot bear bad (worthless) fruit, nor can a bad (diseased) tree bear excellent fruit [worthy of admiration].19 Every tree that does not bear good fruit is cut down and cast into the fire.20 Therefore, you will fully know them by their fruits.21 Not everyone who says to Me, Lord, Lord, will enter the kingdom of heaven, but he who does the will of My Father Who is in heaven.22 Many will say to Me on that day, Lord, Lord, have we not prophesied in Your name and driven out demons in Your name and done many mighty works in Your name?23 And then I will say to them openly (publicly), I never knew you; depart from Me, you who act wickedly [disregarding My commands]. 24 So everyone who hears these words of Mine and acts upon them [obeying them] will be like a sensible (prudent, practical, wise) man who built his house upon the rock.25 And the rain fell and the floods came and the winds blew and beat against that house; yet it did not fall, because it had been founded on the rock.26 And everyone who hears these words of Mine and does not do them will be like a stupid (foolish) man who built his house upon the sand.27 And the rain fell and the floods came and the winds blew and beat against that house, and it fell--and great and complete was the fall of it.28 When Jesus had finished these sayings [the Sermon on the Mount], the crowds were astonished and overwhelmed with bewildered wonder at His teaching,29 For He was teaching as One Who had [and was] authority, and not as [did] the scribes.