Filippense 1
1 Paulus en Timoteus, twee mense wat Christus Jesus dien met alles wat hulle het, het hierdie brief geskryf.
Die brief is bedoel vir al die mense in Filippi wat God s'n is omdat hulle Christus Jesus ken. Dit is ook bedoel vir die gemeente se leiers en dié wat aangewys is om die gemeente te help versorg.
2 Ons groet julle met die wens dat God ons Vader en die Here Jesus Christus vir julle baie goed sal wees; mag julle die vrede beleef wat net God kan gee.
3 Elke keer wanneer ek aan julle dink en met God oor julle praat, sê ek vir Hom baie dankie vir gelowiges soos julle.4 In geen gebed slaan ek oor om spesifiek aan julle te dink nie, en dit is ook baie lekker vir my om vir julle te bid.5 Julle staan mos soos een man saam agter God se goeie boodskap met nog presies dieselfde vuur en oortuiging as aan die begin.
6 Van een ding is ek seker: dit is God wat al hierdie goeie dinge met julle laat gebeur. Hy sal dit vir julle bly doen tot op die dag wanneer Christus Jesus weer kom. Hy sal julle nooit in die steek laat nie, daarvan kan julle seker wees.
7 Ek het rede om so oor julle almal te voel. Ek het nog altyd 'n baie besondere plekkie vir julle gehad. Julle was mos van die begin af aan my kant, soos nou nog steeds. Dit het vir julle nie saak gemaak of ek in die tronk gegooi is of soos 'n misdadiger in die hof moes veg en beledig is omdat ek vir mense van Jesus vertel het nie. God was egter deur dit alles goed vir my, en dit het julle die hele tyd saam met my ervaar.8 Ek verlang baie na julle, gaan vra maar vir God self; Hy sal julle kan sê hoe baie ek verlang. Julle weet hoe baie Christus vir julle omgee. Nou ja, ek gee net soveel vir julle om.
9 Weet julle waarvoor bid ek? Ek bid dat julle al hoe nader aan Jesus sal leef. Dit is moontlik as julle bereid is om uit julle geestelike ervaring te leer.10 Dan sal julle altyd die beste keuses kan maak. Dit sal sorg dat wanneer Jesus weer kom, niemand 'n vinger na julle sal kan wys en julle van swakhede beskuldig nie. In alles wat julle doen, sal mense kan sien dat julle verhouding met God reg is.
11 Jesus Christus sal julle help om reg te lewe. So sal mense aan julle kan sien hoe wonderlik God is.
Dan sal hulle met opgewondenheid oor sy grootheid praat.
12 My liewe vriende, ek wil julle graag iets vertel. Al die dinge wat so met my gebeur, lyk of dit sleg is, maar eintlik is dit goed. Hoekom is dit goed? Dit help die verkondiging van die evangelie aan.13 Nie net al die wagte in die paleis nie, maar ook al die ander mense sien duidelik dat ek hier in die tronk is net omdat ek 'n Christen is.14 Dit het bowendien 'n goeie invloed op die meeste ander mense wat ook die Here dien. Hulle sien dat daar selfs iets goeds van kan kom om in die tronk te sit. Dit laat hulle moed skep. Hulle is nie meer bang om oor Jesus te praat nie. Waar hulle vroeër maar stilgebly het omdat hulle te bang was, begin hulle nou al hoe meer oor Hom praat.
15-17 Onder julle is daar party mense wat ook graag op die kansel klim. Hulle is egter jaloers op my en wil wys dat hulle beter as ek is. Hulle probeer dit vir my moeilik maak terwyl ek hier in die tronk is. Hulle wil net graag aandag trek en stel nie regtig in ander mense belang nie. Maar daar is gelukkig ook mense wat baie goed met my oor die weg kom. Hulle is lojaal teenoor my en het my lief. Hulle weet mos dat ek in die tronk is omdat die verspreiding van God se goeie nuus vir my baie, baie belangrik is.18 Maar wat maak dit nou alles saak? Vir my is die belangrikste dat mense van Christus moet hoor. Dit maak eintlik nie soveel saak of mense met skoon bedoelings ander mense van Jesus vertel of nie. Solank dit net gedoen word, maak dit my hart al klaar bly.
En dit is nie al wat my bly maak nie.19 Ek weet dat julle vir my bid en dat die Gees van Jesus Christus vir my gee wat ek nodig het. Daarom het ek geen twyfel dat alles uiteindelik vir my goed sal afloop nie.20 Ek is seker dat ek nie skaam sal wees oor wat ek gedoen het nie. Ek maak Christus mos groot deur wat ek inderdaad doen, en ek doen niks skelms nie. Wat ek in die verlede gedoen het, bly ek steeds doen, maak nie saak of ek daarvoor moet sterf en of ek moet bly lewe nie.
21 Om te lewe beteken vir my om vir Christus te lewe. Ek kan nog soveel goeie dinge vir Hom doen. Maar om te sterf sal aan die ander kant ook nie vir my sleg wees nie.22 Ek moet regtig erken, as ek tussen lewe en dood moet kies, weet ek nie watter een ek sou kies nie.23 Ek voel soos iemand wat in twee verdeel is. Aan die een kant wil ek graag by Christus wees. Wat kan nou beter en lekkerder wees as dit?
24 Maar aan die ander kant is dit vir julle beter en selfs nodig dat ek eers nog 'n rukkie bly lewe.25 Inderwaarheid is ek seker dat ek nie nou al sal doodgaan nie. Ek sal nog 'n ruk lank vir julle gespaar bly. Ek moet julle eers verder op die pad van die geloof help sodat julle net al hoe blyer kan word omdat julle Christene is.26 Ek weet mos, as ek binnekort weer daar by julle aangestap kom, sal julle net nie uitgepraat kan raak oor wat Christus Jesus alles vir my gedoen het nie.
27 Gedra julle altyd so dat julle 'n advertensie vir Christus is. Daarmee moet julle regtig moeite doen. Ek wil net goeie dinge van julle hoor, of ek nou na julle toe kom of nie. Ek wil hoor dat julle soos een man saamstaan en alles doen om ander mense te oortuig dat die goeie boodskap regtig goed is.
28 Moenie dat die ander wat van julle verskil, julle senuagtig of bang maak nie. Die feit dat julle nie sommer weghardloop nie, sal vir hulle wys dat hulle op die verkeerde pad en julle op die regte pad is. Julle pad loop na God toe. Hy is die Een wat julle red omdat julle in Christus glo. Ons het dit nie verdien nie, maar God het dit ter wille van Christus vir ons gedoen.29 Daarom is dit nie te veel gevra om ter wille van Christus ook swaar te kry nie. Kyk maar na my. Ek is nie al een wat ter wille van Jesus swaarkry nie.30 Ek en julle stap sy aan sy as Christene, en daarom lê daar soms ook vir julle 'n moeilike, opdraande pad voor.
Philippians 1
Salutation
1 From Pault and Timothy, slavests of Christ Jesus, to all the saints in Christ Jesus who are in Philippi,s with the overseerss and deacons.
2 Grace and peace to yout from God our Father and the Lord Jesus Christ!
Prayer for the Church
3 I thank my God every time I remember you.t4 I always pray with joy in my every prayer for all of you5 because of your participations in the gospel from the first day until now.t6 For I am sure of this very thing,t that the onet who began a good work int you will perfect itt until the day of Christ Jesus.7 Fort it is right for me to think this about all of you, because I have you in my heart,t since both in my imprisonmentt and in the defense and confirmation of the gospel all of you became partners in God’s gracet together with me.8 For God is my witness that I long for all of you with the affection of Christ Jesus.9 And I pray this, that your love may abound even more and more in knowledge and every kind of insight10 so that you can decide what is best, and thus be sincere and blameless for the day of Christ,
11 filled with the fruit of righteousness that comes through Jesus Christ to the glory and praise of God.
Ministry as a Prisoner
12 I want you to know, brothers and sisters,t that my situation has actually turned out to advance the gospel:t13 Thet whole imperial guards and everyone else knowst that I am in prisont for the sake of Christ,
14 and most of the brothers and sisters,t having confidence in the Lordt because of my imprisonment, now more than evert dare to speak the words fearlessly.
15 Some, to be sure, are preaching Christ from envy and rivalry, but others from goodwill.16 The latter do so from love because they know that I am placed here for the defense of the gospel.17 The former proclaim Christ from selfish ambition, not sincerely, because they think they can cause trouble for me in my imprisonment.t
18 What is the result? Only that in every way, whether in pretense or in truth, Christ is being proclaimed, and in this I rejoice.
Yes,t and I will continue to rejoice,19 for I know that this will turn out for my deliverancets through your prayers and the help of the Spirit of Jesus Christ.20 My confident hopet is that I will in no way be ashamedt but that with complete boldness, even now as always, Christ will be exalted in my body, whether I live or die.t21 For to me, living is Christ and dying is gain.22 Now if I am to go on living in the body,t this will mean productive workt for me, yet I don’t know which I prefer:ts23 I feel torn between the two,t because I have a desire to depart and be with Christ, which is better by far,24 but it is more vital for your sake that I remaint in the body.t25 And since I am sure of this, I know that I will remain and continue with all of you for the sake of your progresst and joy in the faith,s
26 so that what you can be proud of may increaset because of me in Christ Jesus, when I come back to you.t
27 Only conduct yourselvests in a manner worthy of the gospel of Christ so that – whether I come and see you or whether I remain absent – I should hear thatt you are standing firm in one spirit, with one mind, by contending side by side for the faith of the gospel,t28 and by not being intimidated in any way by your opponents. This ists a sign of theirts destruction, but of your salvation – a sign whicht is from God.29 For it has been granted to yout not only to believe in Christ but also to suffer for him,
30 since you are encounteringt the same conflict that you saw me face and now hear that I am facing.t