previous next

Filippense 2

1 As julle Christenskap vir julle enigiets beteken; as julle liefde vir mekaar julle deur moeilike tye gedra het; as die teenwoordigheid van die Gees enige verskil in julle lewe gemaak het; as julle weet wat dit beteken om iets vir mekaar te voel, ja, om vir mekaar om te gee, wil ek julle 'n groot guns vra.
2 Moenie gedurig met mekaar stry en baklei nie. Konsentreer liewer op die dinge waaroor julle saamstem. Wees lojaal teenoor mekaar. Voel saam, streef saam, doen saam. As julle dit doen, sal julle my regtig baie bly maak.3 Moenie net aan julleself dink of heeltyd aandag soek nie. Wees liewer maar die minste sodat ander die meeste kan wees.4 Niemand moet net aan homself dink nie. Elkeen moet ook aan die ander om hom dink.
5 Julle moet Christus Jesus se voorbeeld volg. Soos Hy oor dinge gedink en gevoel het, so moet julle ook daaroor dink en voel. Laat ek verduidelik wat ek bedoel.
6  Jesus staan in status op gelyke voet met God. Hy was egter nie so vol van Homself dat Hy tot elke prys aan dié status wou vasklou nie.7 Toe die tyd ryp was, het Hy die status en eer wat Hy gehad het eenkant toe geskuif. Hy het 'n mens tussen mense geword. Asof dit nie genoeg was nie, het Hy sommer 'n gewone mens geword wat op die oog af nie uitsonderlik gelyk het nie, ja, iemand van wie baie ander mense niks gedink het nie.8 As mens onder mense het Hy die pad van vernedering nog verder geloop. Dit sou Hom uiteindelik by die dood aan die kruis uitbring. Wat 'n vernedering! God het dit egter van Hom gevra en Hy het die pad van vernedering gehoorsaam enduit geloop.
9 Maar God het Hom uit die diepte van vernedering gehaal en Hom die hoogste eer gegee wat God iemand kan gee. Nou is niks en niemand belangriker as Hy nie en niks en niemand kan ook belangriker as Hy wees nie. God self het so besluit.10 Net mooi almal sal voor die grote Christus moet buig, maak nie saak wie hulle is of waar hulle vandaan kom nie. Selfs dié wat lankal dood is, sal voor Jesus moet buig.11 Hulle almal sal met oortuiging vir mekaar sê: "Jesus Christus is die Here." So sal almal ook besef hoe groot en belangrik God die Vader is.
12  My liewe broers en susters, dit wat ek nou net gesê het, is belangrik. Toe ek by julle was, het julle altyd gedoen wat ek gevra het. Hoeveel te meer moet julle dit doen noudat ek nie meer daar by julle is nie! Onthou, God hou julle dop.
Doen daarom alles wat julle kan om te lewe soos mense wat aan God behoort. God self is by julle lewe betrokke.
13 Hy is met julle besig as julle voel julle wil iets doen wat Hom gelukkig sal maak, en as julle dit uiteindelik doen, is Hy steeds by julle. Ja, dit is Hy wat so in julle werk.
14 Doen alles sonder om te kla of te stry.15 Dan sal niemand julle kan beskuldig van agterbaksheid of verkeerde motiewe nie. Niemand sal oor julle as kinders van God kan kla nie - al bly julle tussen mense wat korrup en sonder gewete is.16 Juis tussen hulle moet julle soos helder ligte in 'n donker wêreld skyn. Vir hierdie mense in die geestelike donker moet julle van Christus vertel sodat hulle ook die ware lewe kan kry. Hoe trots sal ek dan nie op julle wees wanneer Christus weer kom nie! Dit sal wys dat ek nie alles verniet gedoen en my tyd gemors het nie.17 Selfs al word ek nou doodgemaak, sal dit my ook nie pla nie, want ek het dan iets om vir God te gee. My dood kan só selfs vir julle help om God nog beter te dien.18 Dit sal my baie bly maak, soos ook vir julle. Julle moet bly wees saam met my. Ja, my vreugde moet julle s'n wees en julle s'n myne.
19  Ek hoop om Timoteus gou na julle toe te stuur, want dit is wat die Here Jesus wil hê.20 Ek kan aan niemand anders dink wat soveel vir julle omgee as hy nie.21 Al die ander is so besig met hulle eie dinge dat wat Jesus Christus wil hê vir hulle van minder belang is.22 Boonop ken julle Timoteus en weet wat daar in hom steek. Hy het die toets mos deeglik deurstaan. Soos 'n seun skouer aan skouer saam met sy pa werk, so het hy hom afgesloof om saam met my die mense van Jesus Christus te vertel. Ek moet erken dat ek ook baie bly sal wees om te hoor hoe dit met julle gaan.23 Nou ja, sodra die dinge hier afgehandel is en ek weet wat die toekoms vir my inhou, beplan ek om hom na julle toe te stuur.24 En ek hoop en bid dat die Here my sal toelaat om sommer kort op sy hakke na julle toe te kom.
25 Ek dink ook die tyd het gekom om Epafroditos na julle toe terug te stuur. Hy het saam met my geswoeg en gesweet. Julle het hom mos na my toe gestuur om my te help. Nou stuur ek hom na julle toe terug.26 Hy verlang baie na julle.27 Dit het hom ook gepla dat julle van sy siekte gehoor het. Glo my, hy was baie siek. Hy het by die dood omgedraai. Maar God het nie van hom vergeet nie en hom gesond gemaak. God was nie net vir hom goed nie, maar ook vir my. As hy gesterf het, sou die hartseer vir my byna te veel gewees het.28 Ek sal hom so gou moontlik na julle toe terugstuur. Ek kan my nogal voorstel hoe bly julle gaan wees wanneer julle hom weer in lewende lywe sien. Vir my sal dit ook goed wees, want dan hoef ek my nie meer oor hom te bekommer nie.29 Gee hom 'n verwelkoming wat hy nie sommer sal vergeet nie, soos net ons Christene dit kan doen. Mense soos hy verdien dit.30 Hy was nie bang om selfs sy lewe te waag om alles vir Jesus te doen wat hy kon nie. Hy was amper dood, en dit om vir my te doen wat julle nie kon nie omdat julle so ver is.

Philippians 2

Christian Unity and Christ’s Humility

1 Therefore, if there is any encouragement in Christ, any comfort provided by love, any fellowship in the Spirit,t any affection or mercy,t2 complete my joy and be of the same mind,t by having the same love, being united in spirit,t and having one purpose.3 Instead of being motivated by selfish ambitiont or vanity, each of you should, in humility, be moved to treat one another as more important than yourself.4 Each of you should be concernedt not onlyt about your own interests, but about the interests of others as well.st

5 You should have the same attitude toward one another that Christ Jesus had,t

6 s who though he existed in the form of Gods
did not regard equality with God
as something to be grasped,

7 but emptied himself
by taking on the form of a slave,t
by looking like other men,ts
and by sharing in human nature.ts

8 He humbled himself,
by becoming obedient to the point of death
– even death on a cross!

9 As a result God exalted him
and gave him the name
that is above every name,

10 so that at the name of Jesus
every knee will bow
– in heaven and on earth and under the earth –

11 and every tongue confess
that Jesus Christ is Lord
to the glory of God the Father.

Lights in the World

12 So then, my dear friends, just as you have always obeyed, not only in my presence but even more in my absence, continue working out your salvation with awe and reverence,t13 for the one bringing forth in you both the desire and the effort – for the sake of his good pleasure – is God.14 Do everything without grumbling or arguing,15 so that you may be blameless and pure, children of God without blemish though you live in a crooked and perverse society, in which you shine as lights in the worldt16 by holding on tot the word of life so that on the day of Christ I will have a reason to boast that I did not run in vain nor labor in vain.17 But even if I am being poured out like a drink offering on the sacrifice and service of your faith, I am glad and rejoice together with all of you.

18 And in the same way you also should be glad and rejoice together with me.

Models for Ministry

19 Now I hope in the Lord Jesus to send Timothy to you soon, so that I too may be encouraged by hearing news about you.20 For there is no one here like him who will readily demonstrate his deep concern for you.t21 Others are busy with their own concerns, not those of Jesus Christ.22 But you know his qualifications, that like a son working with his father, he served with me in advancing the gospel.23 So I hope to send him as soon as I know more about my situation,

24 though I am confident in the Lord that I too will be coming to see yout soon.
25 But for nowt I have considered it necessary to send Epaphroditus to you. For he is my brother,ts coworker and fellow soldier, and your messengert and ministert to me in my need.t26 Indeed, he greatly missed all of you and was distressed because you heard that he had been ill.27 In fact he became so ill that he nearly died.t But God showed mercy to him – and not to him only, but also to me – so that I would not have grief on top of grief.28 Therefore I am all the more eager to send him,t so that when you see him again you can rejoicet and I can be free from anxiety.29 So welcome him in the Lord with great joy, and honor people like him,

30 since it was because of the work of Christ that he almost died. He risked his life so that he could make up for your inability to serve me.t

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.