Filippense 3
1 Liewe broers en susters, voor ek klaar is, is daar nog iets belangriks wat ek vir julle wil sê: moenie dat enigiets julle onderkry nie. Wees altyd oortuigend en opgeruimd. Julle is mos Christene wat die Here ken.
Dit pla my nie om dieselfde dinge weer 'n keer aan julle te skryf nie. Dit kan mos nie kwaad doen nie, maar so sal julle net sekerder van julle saak word.
2 Wees baie versigtig vir daardie skelms wat maak asof hulle vir Jesus werk, maar eintlik net die teenoorgestelde doen. Kyk hoe sleg tree hulle op. Dit wys mos vir julle wat hulle ware gedaante is. Oppas, al waarin daardie mense belangstel, is om julle te dwing om Joodse gebruike na te kom, soos om julle te laat besny. Moenie julle daaraan steur nie.3 Ons, die Christene, weet mos wat regtig saak maak. Dit hang nie af van wat mense aan jou doen nie, maar wat God aan jou doen. God self (en nie mense nie) het sy hand op ons gelê. Dit is nie sommer net iets fisieks wat met ons gebeur (soos met die Joodse gebruike) nie, maar God se Gees verander ons hart. Wanneer ons met God praat en Hom dien, weet ons dat dit sy Gees is wat ons help. Moenie my misverstaan nie. Ek sê nie dit is ons wat so goed is nie. Nee, ek sê dit omdat Jesus dit vir ons moontlik gemaak het.
As dit wat God aan jou doen iets is wat regtig saak maak, staan ek nie 'n duim vir die ander terug nie.4 Op menslike vlak kan ek 'n lang lys dinge opstel wat julle baie sal beïndruk. Luister net. Ek is deur en deur 'n Israeliet. Soos van elke goeie, gelowige Israeliet verwag word,5 is ek op die agtste dag besny. Dan is ek ook nog deel van die room van die Israeliete: ek is 'n Benjaminiet. Ek is vlot in die Hebreeus wat in die godsdienstige byeenkomste van die Jode gebruik word, en nie elkeen kan dit sê nie. Ek was ook 'n lid van die party van die Fariseërs, 'n groep wat die Joodse wet stiptelik nakom.
6 In daardie tyd was ek so ernstig oor my Joodse godsdiens dat ek al wat Christen was, ywerig vervolg het. Ja-nee, volgens die Joodse wet het ek nie 'n voet verkeerd gesit nie.
7 Al dié dinge was eers vir my ook baie belangrik. Maar Christus het my oë laat oopgaan. Dit het glad geen waarde meer vir my nie. Ek het besef hoe dit 'n mens se aandag kan aftrek van wat regtig belangrik is, en dit is dat ek Christus Jesus as my Here leer ken het.8 Dit het my laat besef dat al hierdie ander dinge eintlik niks in vergelyking daarmee is nie. Vandat my pad Jesus s'n gekruis het, het die hele manier waarop ek na dinge kyk, verander.
Al daardie dinge wat eers vir my so belangrik was, is nou vir my minder as niks werd, want Jesus het vir my alles geword. Hy is nou vir my belangriker as alle ander dinge tesame.
Daarom het ek alles gelos vir Hom. Wanneer God na my kyk, moet Hy sien dat ek in 'n intieme verhouding met Jesus staan. Jesus het mos my saak met God reggemaak. Dit was nie omdat ek so mooi na die wet geluister het nie,9 maar omdat ek Jesus vertrou. Vrede en goeie verhoudings tussen God en mens word ervaar deur almal wat in Jesus glo. God sorg daarvoor.10 Een ding wil ek nou regtig graag hê, en dit is om Jesus te ken. Daardie krag wat Jesus lewend uit die graf laat uitstap het, wil ek ook hê. Ek wil nie weghardloop vir lyding soos Jesus s'n nie, al beteken dit ook dat ek soos Hy moet sterf.11 Ek weet tog dat ek soos Hy eendag lewendig uit die kloue van die dood sal stap.
12 Ek wil nie voorgee dat ek geestelik al alles het of al geestelik by die wenpaal verby is nie. Ek span nou eers alles in my in om daardie doel te bereik, juis omdat Jesus sy hand na my uitgesteek en my vasgegryp het.13 Broers en susters, moenie my verkeerd verstaan nie. Ek wil nie maak asof ek die een is wat volmaak is nie. Allesbehalwe dit; maar ek gee alles om so te probeer wees. Daarom steur ek my nie meer aan my verlede en al die dinge wat toe skeefgeloop het nie.14 Soos 'n atleet wat sy oë net op die wenpaal hou, so span ek alles in my in: ek wíl die prys aan die einde kry. God self sal die prys uitdeel en my dan na Hom toe roep omdat ek aan Jesus behoort.
15 So behoort volwasse Christene oor dinge te dink. As party van julle op sekere punte van my verskil, laat God vir julle wys wat julle regtig moet dink.16 Hoe ook al, laat ons nie nou die verkeerde pad vat nie. Laat ons op die regte pad bly.
17 My broers en susters, doen wat ek gedoen het. Wees my navolgers. Terwyl ek nie daar is nie, moet julle die mense se voorbeeld volg wat die wedloop net soos ek hardloop. Dit is belangrik dat julle die regte mense volg.18 Ek het dit al baie vir julle gesê en dit maak my eintlik seer om dit weer te moet sê: daar is baie mense wat niks van Jesus hou en van wat Hy alles vir ons gedoen het nie.19 Mense wat agter daardie klomp aanloop, gaan saam met hulle die afgrond afstort waar hulle vir ewig van God af weg sal wees. Hulle stel mos meer belang daarin om hulleself en hulle eie begeertes te dien as vir God. Hulle spog oor dinge waaroor 'n mens jou eintlik bloedrooi behoort te skaam. Aan God dink hulle nie eens nie, want al wat vir hulle waarde het, is aardse dinge.
20 Hoe anders is ons nie! Wat vir ons saak maak, is die hemelse dinge. Daar lê ons ware vaderland. Uit daardie vaderland sal ons Redder kom.
Uit die hemel verwag ons ons Here, Jesus Christus. Hy gaan ons swak menslike liggaam verander.21 Hy gaan ons liggaam nuut maak soos sy liggaam is na sy opstanding, verhewe en heerlik. Hy sal dit doen omdat Hy baie sterk is, want sy krag oortref alle ander krag. Wat Hy wil, dit kan Hy doen.
Philippians 3
True and False Righteousness
1 Finally, my brothers and sisters,t rejoice in the Lord! To write this again is no trouble to me, and it is a safeguard for you.
2 Beware of the dogs,s beware of the evil workers, beware of those who mutilate the flesh!t3 For we are the circumcision,t the ones who worship by the Spirit of God,s exult in Christ Jesus, and do not rely on human credentialst4 – though mine too are significant.t If someone thinks he has good reasons to put confidence in human credentials,t I have more:5 I was circumcised on the eighth day, from the people of Israel and the tribe of Benjamin, a Hebrew of Hebrews. I lived according to the law as a Pharisee.s6 In my zeal for God I persecuted the church. According to the righteousness stipulated in the law I was blameless.7 But these assets I have come to regard as liabilities because of Christ.8 More than that, I now regard all things as liabilities compared to the far greater value of knowing Christ Jesus my Lord, for whom I have suffered the loss of all things – indeed, I regard them as dung!t – that I may gain Christ,9 and be found in him, not because I have my own righteousness derived from the law, but because I have the righteousness that comes by way of Christ’s faithfulnessts – a righteousness from God that is in factt based on Christ’st faithfulness.t10 My aim is to know him,t to experience the power of his resurrection, to share in his sufferings,t and to be like him in his death,
11 and so, somehow,t to attain to the resurrection from the dead.
Keep Going Forward
12 Not that I have already attained this – that is, I have not already been perfected – but I strive to lay hold of that for which Christ Jesus also laid hold of me.t13 Brothers and sisters,t I do not consider myself to have attained this. Instead I am single-minded:t Forgetting the things that are behind and reaching out for the things that are ahead,14 with this goal in mind,t I strive toward the prize of the upward call of Godt in Christ Jesus.15 Therefore let those of us who are “perfect” embrace this point of view.ts If you think otherwise, God will reveal to you the error of your ways.t
16 Nevertheless, let us live up to the standards that we have already attained.t
17 Be imitators of me,t brothers and sisters,t and watch carefully those who are living this way, just as you have us as an example.18 For many live, about whom I have often told you, and now, with tears, I tell you that they are the enemies of the cross of Christ.19 Their end is destruction, their god is the belly, they exult in their shame, and they think about earthly things.t20 But our citizenship is in heaven – and we also await a savior from there, the Lord Jesus Christ,
21 who will transform these humble bodies of ourst into the likeness of his glorious body by means of that power by which he is able to subject all things to himself.