Filippense 4
1 Ai, broers en susters, ek verlang so na julle, want ek het julle lief. Julle maak my bly en laat my soos 'n koning voel.
Daarom, my goeie vriende, is dit vir my so belangrik dat julle getrou op die pad sal bly wat die Here vir ons gewys het.
2 Euodia en Sintige, ek vra julle baie mooi: los julle geskille op. Julle behoort mos al twee aan die Here.3 En ek vra by name vir jou, getroue vriend wat so lekker met my saamwerk, om hierdie twee vroue te help. Hulle het baie saam met my gedoen en verduur om vir mense van die goeie boodskap te vertel. Hulle kan in een asem genoem word met Klemens en van die ander wat saam met my gewerk het. Hulle name staan opgeteken in die boek waarin almal se name opgeskryf is wat vir ewig saam met God sal lewe.
4 Julle hart behoort oor te loop van blydskap omdat julle aan die Here behoort. Ek sê weer, julle moet baie bly wees.5 Moenie vergeet om almal mooi te behandel nie. Die Here kom mos binnekort terug.
6 Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. Bespreek dit met Hom. Vertel Hom hoe jy daaroor voel. Sê dan vir Hom dankie dat jy met Hom daaroor kan praat en dat Hy die beste weet. Jy sal dan verlig en tevrede voel.
Jy sal hierdie verligte gevoel nie altyd kan verklaar of wetenskaplik kan uitlê nie. Omdat jy egter weet dat jy aan Jesus behoort, sal jy nie meer omgekrap voel nie.7 Hierdie wete dat Jesus by jou is, sal keer dat die bekommernisse weer met jou emosies weghardloop of dat jy jou weer van voor af begin bekommer.
8 Weet julle waaraan julle moet dink in plaas daarvan om julle te sit en bekommer? Dink aan dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is. Moenie julle tyd mors om aan allerhande nuttelose dinge te sit en dink nie. Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is en wat God in 'n goeie lig stel.9 Ek stel mos vir julle 'n goeie voorbeeld. Ek het baie dinge vir julle vertel. Julle het baie by my geleer. Wat julle my gesien doen en gehoor sê het, moet julle net so doen en sê. God sal julle nie los nie. Hy sal by julle bly. By Hom sal julle veilig en gelukkig voel.
10 Ek kan julle nie sê hoe bly ek is dat julle my nie vergeet het nie. Ek is saam met die Here daaroor bly. Vir 'n lang tyd het julle nie kans gehad om dit te wys nie. Maar ek weet dit het nie beteken dat julle nie vir my omgee nie. Daar was net nie vir julle 'n kans om iets te doen nie.11 Moet my nie verkeerd verstaan nie. Dit is nie omdat dit met my so swaar gaan dat ek nie sonder julle hulp kon klaarkom nie. Die lewe het my al geleer om klaar te kom met wat ek het, maak nie saak wat gebeur nie.12 Ek weet hoe dit voel om arm, nee, brandarm te wees, maar ek weet ook hoe dit voel om genoeg of selfs te veel geld te hê. Maar ek laat nie toe dat sulke dinge my onderkry of met my weghardloop nie. Ek is en bly altyd tevrede, wat my ook al tref. Dit maak nie saak of ek sonder 'n krieseltjie kos gaan slaap of soveel kos het dat ek dit nie alles kan opeet nie. Of ek net die klere aan my lyf het en of ek 'n huis vol goed op my naam het, vir my is dit eintlik maar om't ewe.
13 Vir alles in die lewe, die goeie of die slegte, sien ek kans omdat Jesus my bron van krag is.
14 Moet my asseblief nie misverstaan nie. Dit was baie mooi van julle om my te help toe dit maar sleg met my gegaan het.
15 My liewe mede-Christene in Filippi, julle onthou mos nog hoe dit in die begin gegaan het. Ek het die goeie boodskap oor Jesus daar in die noordelike deel van Griekeland versprei. Nie 'n enkele gemeente wou my toe help nie. Maar julle was daar! Julle was bereid om te help.16 Ek was al in Tessalonika toe het julle my nog steeds gehelp. Sommer 'n paar maal het julle vir my iets gestuur toe ek dit regtig nodig gehad het.17 Tog is die geld wat julle vir my gestuur het nie die belangrikste nie. Wat belangriker is, is dat God vir julle ook wonderlike dinge gaan teruggee omdat julle so goed vir my was.
18 Epafroditos het vir my alles gegee wat julle gestuur het. Nou het ek oorgenoeg, alles wat ek nodig het. God hou baie daarvan. Vir Hom is dit soos 'n wonderlike offer wat baie lekker ruik. Niemand is en kan ooit so ryk en belangrik wees soos God nie.19 Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort.20 Al die eer en respek en belangrikheid in hierdie wêreld is God s'n, vir ewig en altyd. So is dit en so sal dit wees.
21 Sê asseblief groete namens my aan al die Christene daar by julle.22 Die Christene hier stuur ook groete. Die Christene wat op die keiser se personeel is, sê spesiaal groete.
23 Mag ons Here Jesus Christus baie goed vir julle wees, ver meer as wat julle verdien. Mag julle hierdie goedheid diep in julle binneste ervaar.
Philippians 4
Christian Practices
1 So then, my brothers and sisters,t dear friends whom I long to see, my joy and crown, stand in the Lord in this way, my dear friends!
2 I appeal to Euodia and to Syntyche to agree in the Lord.3 Yes, I say also to you, true companion,t help them. They have struggled together in the gospel ministryt along with me and Clement and my other coworkers, whose names are in the book of life.4 Rejoice in the Lord always. Again I say, rejoice!5 Let everyone see your gentleness.t The Lord is near!6 Do not be anxious about anything. Instead, in every situation, through prayer and petition with thanksgiving, tell your requests to God.
7 And the peace of God that surpasses all understanding will guard your hearts and mindst in Christ Jesus.
8 Finally, brothers and sisters,t whatever is true, whatever is worthy of respect, whatever is just, whatever is pure, whatever is lovely, whatever is commendable, if something is excellent or praiseworthy, think about these things.
9 And what you learned and received and heard and saw in me, do these things. And the God of peace will be with you.
Appreciation for Support
10 I have great joy in the Lord because now at last you have again expressed your concern for me. (Now I know you were concerned before but had no opportunity to do anything.)t11 I am not saying this because I am in need, for I have learned to be content in any circumstance.12 I have experienced times of need and times of abundance. In any and every circumstance I have learned the secret of contentment,t whether I go satisfied or hungry, have plenty or nothing.13 I am able to do all thingst through the ones who strengthens me.
14 Nevertheless, you did well to share with me in my trouble.
15 And as you Philippians know, at the beginning of my gospel ministry, when I left Macedonia, no church shared with me in this matter of giving and receiving except you alone.16 For even in Thessalonicas on more than one occasiont you sent something for my need.17 I do not say this because I am seeking a gift.t Rather, I seek the credit that abounds to your account.18 For I have received everything, and I have plenty. I have all I need because I received from Epaphroditus what you sent – a fragrant offering, an acceptable sacrifice, very pleasing to God.19 And my God will supply your every need according to his glorious richest in Christ Jesus.
20 May glory be given to God our Father forever and ever. Amen.
Final Greetings
21 Give greetings to all the saints in Christ Jesus. The brotherst with me here send greetings.22 All the saints greet you, especially those who belong to Caesar’s household.
23 The grace of the Lord Jesus Christ be with your spirit.s