previous next

FILIPPENSE 4

1 Daarom, my broers, moet julle vas staan en getrou bly aan die Here. Ek het julle baie lief en verlang na julle. Julle is my blydskap en my kroon.

Die Christelike lewenswandel

2 Ek vermaan vir Euodia en ek vermaan vir Sintige om eensgesind te wees in die Here. 3 Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, wees hierdie vroue behulpsaam. Hulle het saam met my die stryd gevoer in diens van die evangelie, net soos Klemens ook en my ander medewerkers, wie se name in die boek van die lewe staan.

4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5 Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is — watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees — daarop moet julle julle gedagtes rig. 9 En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

Dank vir liefdegawes van die gemeente

10 Ek was baie bly in die Here dat julle na so 'n lang tyd weer gewys het dat julle nog aan my dink. Nie dat julle my ooit vergeet het nie, julle het net nie die kans gehad om iets te doen nie. 11 Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. 12 Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. 13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. 14 Nietemin het julle goed gedoen deur my in my moeilike omstandighede by te staan.

15 Julle in Filippi weet ook dat in die begin van my evangelieprediking, na my vertrek uit Masedonië, geen enkele gemeente behalwe julle 'n aandeel gehad het aan my rekening van inkomste en uitgawe nie. 16 Ook toe ek in Tessalonika was, het julle meer as een maal iets vir my behoeftes gestuur. 17 Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. 18 Maar ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg. Noudat ek van Epafroditos ontvang het wat julle gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. 19 En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. 20 Aan ons God en Vader behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

Groete

21 Groete aan almal wat aan God behoort deur Christus Jesus. Die broers hier by my stuur vir julle groete. 22 Ook al die gelowiges en veral dié wat aan die huis van die keiser verbonde is, stuur vir julle groete. 23 Die genade van die Here Jesus Christus sal by julle wees.

Philippians 4

1 Therefore, my dearly beloved brethren, and most desired, my joy and my crown; so stand fast in the Lord, my dearly beloved.2 I beg of Evodia, and I beseech Syntyche, to be of one mind in the Lord.3 And I entreat thee also, my sincere companion, help those women who have laboured with me in the gospel, with Clement and the rest of my fellow labourers, whose names are in the book of life.4 Rejoice in the Lord always; again, I say, rejoice.5 Let your modesty be known to all men. The Lord is nigh.6 Be nothing solicitous; but in every thing, by prayer and supplication, with thanksgiving, let your petitions be made known to God.7 And the peace of God, which surpasseth all understanding, keep your hearts and minds in Christ Jesus.8 For the rest, brethren, whatsoever things are true, whatsoever modest, whatsoever just, whatsoever holy, whatsoever lovely, whatsoever of good fame, if there be any virtue, if any praise of discipline, think on these things.9 The things which you have both learned, and received, and heard, and seen in me, these do ye, and the God of peace shall be with you.10 Now I rejoice in the Lord exceedingly, that now at length your thought for me hath flourished again, as you did also think; but you were busied.11 I speak not as it were for want. For I have learned, in whatsoever state I am, to be content therewith.12 I know both how to be brought low, and I know how to abound: (everywhere, and in all things I am instructed) both to be full, and to be hungry; both to abound, and to suffer need.13 I can do all these things in him who strengtheneth me.14 Nevertheless you have done well in communicating to my tribulation.15 And you also know, O Philippians, that in the beginning of the gospel, when I departed from Macedonia, no church communicated with me as concerning giving and receiving, but you only:16 For unto Thessalonica also you sent once and again for my use.17 Not that I seek the gift, but I seek the fruit that may abound to your account.18 But I have all, and abound: I am filled, having received from Epaphroditus the things you sent, an odour of sweetness, an acceptable sacrifice, pleasing to God.19 And may my God supply all your want, according to his riches in glory in Christ Jesus.20 Now to God and our Father be glory world without end. Amen.21 Salute ye every saint in Christ Jesus.22 The brethren who are with me, salute you. All the saints salute you; especially they that are of Caesar's household.23 The grace of our Lord Jesus Christ be with your spirit. Amen.