previous next

Openbaring 12

Die vrou en die draak

1 Ek het ’n groot tteken in die hemel gesien: Daar was ’n vrou. Die son was haar klere, die maan was onder haar voete, en op haar kop was ’n tkroon van twaalf sterre. 2 Die vrou was swanger en sy het geskree, want sy was besig om ’n baba te kry en sy het baie pyn gehad. 3 En ek het gekyk en ek het nog ’n teken in die hemel gesien: Daar was ’n groot tdraak! Die draak was baie rooi en hy het sewe koppe en tien horings gehad. Daar was sewe krone op sy koppe. 4 Die draak het sy stert gebruik en hy het een derde van die sterre in die lug afgeruk en op die grond gegooi. Hy het gaan staan voor die vrou wat besig was om ’n kind te kry. Die draak wou die kind opvreet wanneer die kind gebore word.

5 Die vrou het ’n seun gekry. God het besluit dat die seun die volke met ’n tyster-septer moet regeer. En God het die kind vinnig weggeneem na die hemel, na God se ttroon.

6 Toe het die vrou na die woestyn gevlug. Daar was ’n plek in die woestyn, ’n plek wat God vir haar gereedgemaak het. Daar het God 1 260 dae lank vir haar gesorg.
7 Toe was daar oorlog in die hemel. Migael en sy tengele het oorlog gemaak teen die draak, en die draak en sy tengele het oorlog gemaak teen Migael en sy engele. 8 Maar die draak en sy engele het verloor. Daar was nie meer plek vir hulle in die hemel nie.

9 God het die groot draak uit die hemel gegooi. Die draak is die ou slang, die mense noem hom “tdie duiwel” en “tSatan.” Hy tbedrieg al die mense van die wêreld. God het hom en sy engele op die aarde gegooi.

10 Toe het ek gehoor iemand skree hard in die hemel en hy sê:
“Ons God het ons gered!
Hy is baie sterk!
Hy is ons Koning en Hy regeer!
Ja, tdie Christus van God
regeer oor alles en almal!
Want God het die Satan
uit die hemel gegooi,
die Satan wat elke dag
en elke nag
die mense beskuldig
wat saam met ons glo.

11 Maar die tgelowiges
het die Satan oorwin
omdat die tLam gesterf het
en omdat hulle vir almal
vertel het wat hulle geglo het.
Ja, hulle was nie bang
toe die mense hulle
doodgemaak het nie.

12 Daarom moet die hemel
bly wees,
almal wat in die hemel woon,
moet bly wees!
Maar die mense op die aarde
sal baie swaar kry,
en die see sal baie swaar kry.
Want die duiwel het afgekom
na julle toe
en hy is baie kwaad,
want hy weet hy het min tyd.”
13 En toe die draak sien dat God hom op die aarde gegooi het, het hy die vrou gevolg en gejaag, die vrou wat die seun gekry het. 14 Maar God het vir die vrou twee vlerke van ’n groot arend gegee sodat sy kon wegvlieg van die slang, sy kon vlieg na haar plek in die woestyn. Daar sal God vir haar sorg, drie en ’n half jaar lank. 15 Toe het die slang baie water gespoeg na die vrou toe, so baie water soos ’n rivier. Hy wou hê dat die water die vrou moet wegspoel. 16 Maar die aarde het die vrou gehelp. Die aarde het oopgegaan en die water het in die aarde ingevloei, die water wat die draak gespoeg het.

17 Die draak was baie kwaad vir die vrou en hy het weggegaan om oorlog te gaan maak teen die vrou se ander kinders. Haar ander kinders is die mense wat doen wat God se wette sê en wat Jesus gesê het.

Die dier wat uit die see gekom het


18 Die tdraak het op die strand gaan staan.

Revelation 12

The Woman and the Dragon

1 Then a great and mysterious sight appeared in the sky. There was a woman, whose dress was the sun and who had the moon under her feet and a crown of twelve stars on her head.

2 She was soon to give birth, and the pains and suffering of childbirth made her cry out.
3 Another mysterious sight appeared in the sky. There was a huge red dragon with seven heads and ten horns and a crown on each of his heads.t 4 With his tail he dragged a third of the stars out of the sky and threw them down to the earth. He stood in front of the woman, in order to eat her child as soon as it was born.t 5 Then she gave birth to a son, who will rule over all nations with an iron rod. But the child was snatched away and taken to God and his throne.t

6 The woman fled to the desert, to a place God had prepared for her, where she will be taken care of for 1,260 days.
7 Then war broke out in heaven. Michael and his angels fought against the dragon, who fought back with his angels;t 8 but the dragon was defeated, and he and his angels were not allowed to stay in heaven any longer.

9 The huge dragon was thrown out — that ancient serpent, called the Devil, or Satan, that deceived the whole world. He was thrown down to earth, and all his angels with him.t
10 Then I heard a loud voice in heaven saying, “Now God's salvation has come! Now God has shown his power as King! Now his Messiah has shown his authority! For the one who stood before our God and accused our brothers and sisters day and night has been thrown out of heaven.t 11 Our brothers and sisters won the victory over him by the blood of the Lamb and by the truth which they proclaimed; and they were willing to give up their lives and die.

12 And so be glad, you heavens, and all you that live there! But how terrible for the earth and the sea! For the Devil has come down to you, and he is filled with rage, because he knows that he has only a little time left.”
13 When the dragon realized that he had been thrown down to the earth, he began to pursue the woman who had given birth to the boy. 14 She was given the two wings of a large eagle in order to fly to her place in the desert, where she will be taken care of for three and a half years, safe from the dragon's attack.t 15 And then from his mouth the dragon poured out a flood of water after the woman, so that it would carry her away. 16 But the earth helped the woman; it opened its mouth and swallowed the water that had come from the dragon's mouth. 17 The dragon was furious with the woman and went off to fight against the rest of her descendants, all those who obey God's commandments and are faithful to the truth revealed by Jesus. 18 And the dragon stoodt on the seashore.