DIE OPENBARING 12
Die vrou en die draak
1 Toe het daar 'n groot teken in die hemel verskyn: daar was 'n vrou met die son as kleed om haar, die maan onder haar voete, en op haar kop 'n kroon van twaalf sterre. 2 Sy was swanger en het geskree van die pyn, want die geboortepyne was daar.
3 Daar het ook 'n ander teken in die hemel verskyn: daar was 'n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe was daar sewe heerserskrone. 4 Sy stert het 'n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi. Die draak het voor die vrou gestaan wat op die punt was om 'n kind te kry. Hy wou haar kind verslind sodra sy hom in die wêreld bring.
5 Sy het 'n kind in die wêreld gebring, 'n seun, bestem om al die nasies met 'n ystersepter te regeer. Haar kind is egter weggeruk na God en na sy troon toe, 6 en die vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir haar 'n plek gereed gemaak het, sodat die mense haar daar twaalf honderd en sestig dae lank kon versorg.
7 Daar het toe oorlog gekom in die hemel: Migael en sy engele moes oorlog voer teen die draak. Die draak en sy engele het oorlog gevoer, 8 maar hulle is verslaan. In die hemel was daar geen spoor meer van hulle te vind nie, 9 want die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi. Hy is op die aarde gegooi en sy engele saam met hom.
10 Toe het ek 'n stem in die hemel gehoor wat hard uitgeroep het: “Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde! Die aanklaer van ons medegelowiges is uit die hemel uit gegooi, hy wat hulle dag en nag voor ons God aangekla het.
11 Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so lief gehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie.
12 Daarom, hemel en dié wat daarin bly, verheug julle. Maar vir julle, land en see, wag daar ellende omdat die duiwel na julle toe gekom het met groot woede en met die wete dat hy min tyd het.”
13 Toe die draak sien dat hy op die aarde gegooi is, het hy die vrou agtervolg wat die seun in die wêreld gebring het. 14 Maar aan die vrou is twee groot arendsvlerke gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek toe, kon vlieg. Daar word sy die hele vasgestelde tyd, weg van die slang af, versorg.
15 Die slang het toe 'n stroom water soos 'n rivier uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, sodat sy deur die stroom meegesleur kon word, 16 maar die aarde het die vrou te hulp gekom. Dit het oopgegaan en die stroom opgesluk wat die draak uit sy bek uitgespoeg het.
17 Die draak was woedend oor die vrou en hy het weggegaan om oorlog te maak teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God nakom en aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het. 18 Die draak het toe op die seestrand gaan staan.
Revelation 12
1 And a great sign appeared in heaven: A woman clothed with the sun, and the moon under her feet, and on her head a crown of twelve stars:2 And being with child, she cried travailing in birth, and was in pain to be delivered.3 And there was seen another sign in heaven: and behold a great red dragon, having seven heads, and ten horns: and on his head seven diadems:4 And his tail drew the third part of the stars of heaven, and cast them to the earth: and the dragon stood before the woman who was ready to be delivered; that, when she should be delivered, he might devour her son.5 And she brought forth a man child, who was to rule all nations with an iron rod: and her son was taken up to God, and to his throne.6 And the woman fled into the wilderness, where she had a place prepared by God, that there they should feed her a thousand two hundred sixty days.7 And there was a great battle in heaven, Michael and his angels fought with the dragon, and the dragon fought and his angels:8 And they prevailed not, neither was their place found any more in heaven.9 And that great dragon was cast out, that old serpent, who is called the devil and Satan, who seduceth the whole world; and he was cast unto the earth, and his angels were thrown down with him.10 And I heard a loud voice in heaven, saying: Now is come salvation, and strength, and the kingdom of our God, and the power of his Christ: because the accuser of our brethren is cast forth, who accused them before our God day and night.11 And they overcame him by the blood of the Lamb, and by the word of the testimony, and they loved not their lives unto death.12 Therefore rejoice, O heavens, and you that dwell therein. Woe to the earth, and to the sea, because the devil is come down unto you, having great wrath, knowing that he hath but a short time.13 And when the dragon saw that he was cast unto the earth, he persecuted the woman, who brought forth the man child:14 And there were given to the woman two wings of a great eagle, that she might fly into the desert unto her place, where she is nourished for a time and times, and half a time, from the face of the serpent.15 And the serpent cast out of his mouth after the woman, water as it were a river; that he might cause her to be carried away by the river.16 And the earth helped the woman, and the earth opened her mouth, and swallowed up the river, which the dragon cast out of his mouth.17 And the dragon was angry against the woman: and went to make war with the rest of her seed, who keep the commandments of God, and have the testimony of Jesus Christ.18 And he stood upon the sand of the sea.