OPENBARING 12
Die draak bedreig die geboorte van die Christuskind
1 'n Groot teken het in die hemel sigbaar geword: 'n vrou wat met die son omklee is, die maan onder haar voete, en op haar kop 'n kroon met twaalf sterre.
2 Sy was verwagtend en het geskreeu van die geboortepyne en die benoudheid.
3 Daar het ook 'n ander teken in die hemel sigbaar geword: Kyk net - 'n groot rooi draak met sewe koppe en tien horings en op sy koppe was daar sewe koningskrone.
4 Sy stert het 'n derde van die sterre van die hemel meegesleur en hulle op die aarde neergegooi. Die draak het reg voor die vrou wat op die punt was om geboorte te skenk, gaan staan om wanneer sy geboorte skenk, haar kind op te vreet.
5 Sy het geboorte geskenk aan 'n manlike kind, wat al die nasies met 'n ysterstaf sal beheer. Haar kind is weggeruk van die draak af, na God en na sy troon toe.
6 Die vrou het na die woestyn toe gevlug, waar sy 'n plek gehad het wat deur God vir haar voorberei is sodat hulle haar daar 1 260 dae lank kan versorg.
7 Daar het toe oorlog uitgebreek in die hemel: Migael en die engele onder sy beheer het oorlog gemaak teen die draak. Die draak en die engele onder sy beheer het aan die oorlog deelgeneem,8 maar hy is verslaan. In die hemel was daar geen plek meer vir die draak en die engele onder sy beheer te vind nie.
9 Die reuse draak is uitgegooi, dit is die slang van die oertyd wat ook die duiwel en Satan genoem word, en wat die hele bewoonde wêreld verlei. Hy is op die aarde neergegooi, asook sy bose engele saam met hom.
10 Toe het ek 'n kragtige stem in die hemel hoor sê:
"Nou het die verlossing en die krag
en die koninklike heerskappy
van ons God aangebreek,
asook die mag van sy Christus.
Die aanklaer van ons
medegelowiges
is neergegooi,
hy wat hulle dag en nag
voor ons God aangekla het.
11 En hulle het hom self oorwin
op grond van die bloed
van die Lam
en die boodskap
waaroor hulle getuig het.
Hulle het hulle lewens
nie so liefgehad
dat hulle onwillig was
om vir Hom te sterf nie.
12 Daarom, juig daaroor, hemele
en dié wat daarin 'n woonplek
het!
Hoe vreeslik tog
vir die land en die see,
omdat die duiwel
na julle afgekom het
met fel woede
en met die besef
dat hy net 'n kort tydjie het."
13 Toe die draak sien dat hy op die aarde neergegooi is, het hy die vrou wat geboorte gegee het aan die manlike kind, agtervolg.
14 Aan die vrou is egter twee groot arendsvlerke gegee sodat sy na haar plek in die woestyn kon vlieg. Dáár word sy versorg vir 'n tyd, tye en 'n halwe tyd, heeltemal buite bereik van die slang.
15 Die slang het toe uit sy bek 'n boog water soos 'n rivier agter die vrou aan uitgespoeg sodat sy deur die stroom meegesleur kon word,16 maar die aarde het die vrou te hulp gesnel. Die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier wat die draak uit sy bek uitgespoeg het, ingesluk.17 Die draak het toe woedend geword vir die vrou en vertrek om oorlog te gaan maak teen die res van haar afstammelinge wat die gebooie van God gehoorsaam en vashou aan die getuienis wat Jesus gegee het.
18 Die draak het toe op die sand van die see gaan staan.
REVELATION 12
The Woman and the Dragon
1 Something important appeared in the sky. It was a woman whose clothes were the sun. The moon was under her feet, and a crown made of twelve stars was on her head.
2 She was about to give birth, and she was crying because of the great pain.
3 t Something else appeared in the sky. It was a huge red dragon with seven heads and ten horns, and a crown on each of its seven heads.
4 t With its tail, it dragged a third of the stars from the sky and threw them down to the earth. Then the dragon turned toward the woman, because it wanted to eat her child as soon as it was born.
5 t The woman gave birth to a son, who would rule all nations with an iron rod. The boy was snatched away. He was taken to God and placed on his throne.
6 The woman ran into the desert to a place that God had prepared for her. There she would be taken care of for 1,260 days.Michael Fights the Dragon
7 t A war broke out in heaven. Michael and his angels were fighting against the dragon and its angels. 8 But the dragon lost the battle. It and its angels were forced out of their places in heaven 9 t and were thrown down to the earth. Yes, that old snake and his angels were thrown out of heaven! That snake, who fools everyone on earth, is known as the devil and Satan.
10 t Then I heard a voice from heaven shout,
“Our God has shown
his saving power,
and his kingdom has come!
God's own Chosen One
has shown his authority.
Satan accused our people
in the presence of God
day and night.
Now he has been thrown out!
11 “Our people defeated Satan
because of the bloodt
of the Lamb
and the message of God.
They were willing
to give up their lives.
12 “The heavens should rejoice,
together with everyone
who lives there.
But pity the earth
and the sea,
because the devil
was thrown down
to the earth.
He knows his time is short,
and he is very angry.”
13 When the dragon realized it had been thrown down to the earth, it tried to make trouble for the woman who had given birth to a son.
14 t But the woman was given two wings like those of a huge eagle, so she could fly into the desert. There she would escape from the snake and be taken care of for a time, two times, and half a time.
15 The snake then spewed out water like a river to sweep the woman away. 16 But the earth helped her and swallowed the water that had come from the dragon's mouth. 17 This made the dragon terribly angry with the woman. So it started a war against the rest of her children. They are the people who obey God and are faithful to what Jesus did and taught. 18 The dragont stood on the beach beside the sea.