previous next

Openbaring 12

1 In die hemel sien ek toe iets gebeur waaruit ons 'n belangrike les kan leer. Ek het 'n vrou gesien. Haar klere was so helder soos die son self en sy het op die maan gestaan, so belangrik was sy. Op haar kop was 'n kroon wat net mense kry wat wen en nie verloor nie. Die kroon was van twaalf sterre gemaak.2 Sy het 'n baba verwag. Omdat sy op die punt was om die baba te kry, het sy van die pyn geskree.
3 Maar dit was nie al nie. Ek sien toe 'n groot draak in die lug met 'n bloeddorstige rooi kleur. Hy het sewe koppe en tien horings gehad. Op elke kop was daar ook 'n kroon soos 'n koning sou dra. Dit was duidelik dat hierdie draak sterk was en dat baie aardse leiers agter hom aangeloop het. Hy was vernietigend.4 Hy swaai sy stert en slaan 'n derde van die sterre uit die hemel uit dat hulle tot op die aarde val. Die draak het reg voor die vrou gaan staan om die kind te verslind wat sy besig was om te kry.5 Die kind word toe gebore. Dit was 'n seun, maar nie sommer enige seun nie. Hy is die Een wat oor al die mense in hierdie wêreld sal regeer. Wie nie na Hom luister nie, sal onder sy verskriklike straf deurloop. Die draak was te stadig. Toe die Seun gebore is, is Hy opgeraap en na God toe, wat oor alles heers, gevat.6 Die vrou het die woestyn in gevlug waar God vir haar 'n spesiale plek reggemaak het. Sy het so lank as wat dit nodig was (omtrent so 1 260 dae) daar gebly. God het vir haar alles gegee wat sy nodig gehad het.
7  Daar breek toe 'n oorlog in die hemel uit. Die oorlogsgeneraal van God, Migael, en sy engele pak toe die draak in 'n oorlog. Die draak en sy engele het hulle bes probeer, maar tevergeefs.8 Hulle het liederlik verloor. Daar was toe nie meer vir hulle 'n plek in die hemel nie. Hulle is verbied om hulle voete daar te sit. So is die groot draak uit die hemel uitgesmyt.9 Ek praat nou van die slang van wie ons lank terug al in die Bybel lees. Sy ander name is duiwel en Satan. Hy het al die mense wat op die aarde bly heeltemal op die verkeerde pad gelei. Juis hy is saam met sy engele uit die hemel gegooi.10 Ek hoor toe iemand wat hard praat sodat almal dit kan hoor: "Nou het God ons gered. Nou het Hy sy krag bewys. Ons God heers oor almal en sy Messias het al die mag.
"Kyk net, die een wat gedurig God se kinders oor hulle foute aangekla het, is uit die hemel uitgegooi. Ja, hy het God se mense mos sonder ophou, dag en nag, voor God beskuldig.
11 Hulle het hom behoorlik gewen. Hulle wapens was die bloed van die Lam en die boodskap wat hulle met soveel oortuiging aan ander vertel het. Alles het nie net vir hulle om hulleself gedraai nie. Hulle was bereid om tot die dood toe met hierdie wapens te veg.12 Daarom moet almal wat in die hemel bly van blydskap oorloop. Maar, o genugtig, arme aarde en arme see! Julle gaan swaarkry! Weet julle hoekom? Die duiwel het na julle toe afgekom. Hy is buite homself van woede. Maar sy tydjie is min en hy weet dit!"
13 Toe die draak tot verhaal kom en agterkom dat hy op die aarde neergegooi is, het hy die vrou verwoed agternagesit. (Dit is die vrou wat die seun gehad het.)14 God gee toe vir die vrou twee vlerke sodat sy soos 'n groot arend kon vlieg. Sy het toe die woestyn in gevlieg na die plek toe wat spesiaal vir haar reggemaak is. Daar is sy versorg met alles wat sy nodig gehad het so lank as wat sy dit nodig gehad het, en dit was nie te lank nie. Daar was sy buite die bereik van die duiwel.
15 Toe maak die duiwel 'n ander plan. Hy laat uit sy mond 'n geweldige stroom water kom. Soos 'n bruisende rivier is hierdie water agter die vrou aan. Die draak het gehoop om so die vrou te verswelg.16 Maar die aarde was daar om haar te help. Die aarde het oopgeskeur en die water het in die skeur verdwyn.
17 Dit het die draak nog kwater gemaak. Hy was blind van woede vir die vrou. Hy is toe daar weg en het begin oorlog maak en baklei teen al wat kinders van die vrou is. Hy het dadelik begin oorlog maak teen almal wat gehoorsaam aan God se wil is of wat openlik en met oortuiging van Jesus praat.18 Die draak het toe by die see op die strand gaan staan.

Revelation 12

The Woman, the Child, and the Dragon

1 Thent a great sign appeared in heaven: a woman clothed with the sun, and with the moon under her feet, and on her head was a crown of twelve stars.s2 Shet was pregnant and was screaming in labor pains, strugglingt to give birth.3 Thent another sign appeared in heaven: a huge red dragon that had seven heads and ten horns, and on its heads were seven diadem crowns.ts4 Nowt the dragon’st tail swept away a third of the stars in heaven and hurled them to the earth. Thent the dragon stood before the woman who was about to give birth, so that he might devour her child as soon as it was born.5 Sot the woman gave birth to a son, a male child,t who is going to ruletover all the nationstwith an iron rod.ts Hert child was suddenly caught up to God and to his throne,

6 and shet fled into the wildernesst where a place had been prepared for hert by God, so she could be taken care oft for 1,260 days.

War in Heaven

7 Thent war broke out in heaven: Michaels and his angels fought against the dragon, and the dragon and his angels fought back.8 Butt the dragon was not strong enough to prevail,t so there was no longer any place leftt in heaven for him and his angels.t9 Sot that huge dragon – the ancient serpent, the one called the devil and Satan, who deceives the whole world – was thrown down to the earth, and his angels along with him.

10 Thent I heard a loud voice in heaven saying,
“The salvation and the power
and the kingdom of our God,
and the ruling authorityt of his Christ,t have now come,
because the accuser of our brothers and sisters,t
the one who accuses them day and nightt before our God,
has been thrown down.

11 Butt they overcame him
by the blood of the Lamb
and by the word of their testimony,
and they did not love their livess so much that they were afraid to die.

12 Therefore you heavens rejoice, and all who reside in them!
Butt woe to the earth and the sea
because the devil has come down to you!
Het is filled with terrible anger,
for he knows that he only has a little time!”
13 Nowt when the dragon realizedt that he had been thrown down to the earth, he pursued the woman who had given birth to the male child.14 Butt the woman was given the two wings of a giant eagle so that she could fly out into the wilderness,t to the place Godt prepared for her, where she is taken care of – away from the presence of the serpent – for a time, times, and half a time.ss15 Thent the serpent spouted water like a river out of his mouth after the woman in an attempt tot sweep her away by a flood,16 butt the earth came to her rescue;t the ground opened upt and swallowed the river that the dragon had spewed from his mouth.17 Sot the dragon became enraged at the woman and went away to make war on the rest of her children,t those who keept God’s commandments and hold tot the testimony about Jesus.t

18 And the dragont stoods on the sandt of the seashore.s

About the Die Boodskap (DB)

2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.