Openbaring 16
Die eerste vier bakke
1 Toe het ek Iemand hard hoor praat uit die ttempel wat in die hemel is. Ek het gehoor Hy sê vir die sewe tengele: “Julle moet gaan en julle moet die tsewe bakke op die aarde gaan uitgooi, my straf is in daardie sewe bakke!”
2 Die eerste engel het gegaan en hy het sy bak op die aarde uitgegooi. Toe het daar lelike en slegte sere gekom op al die mense wat tdie merk van die dier het en wat sy tbeeld aanbid.
3 Die tweede engel het sy bak op die see gegooi, en die water in die see het bloed geword, dit was soos die bloed van ’n mens wat dood is. En alles wat in die see gelewe het, het doodgegaan.
4 Die derde engel het sy bak op die riviere en die fonteine uitgegooi, en die water het bloed geword.
5 Toe hoor ek die engel wat regeer oor die water, praat. Hy het gesê:
“O tHeilige God,
U is daar en U was altyd daar!
U doen altyd wat reg is,
want U het almal tge-oordeel!
6 Hulle het die mense
wat aan U behoort,
en ook die tprofete doodgemaak,
maar U het die mense wat dit
gedoen het, doodgemaak!
Dit is reg dat dit met hulle
gebeur het.”
7 En ek het gehoor iemand by die taltaar in die hemel sê:
“Ja, Here God,
U wat alles kan doen,
die dinge wat U besluit,
is altyd waar en reg!”
8 Die vierde engel het sy bak op die son uitgegooi. En God het gesê die son mag die mense brand met vuur.
9 Die son was baie warm en dit het die mense baie seer gebrand. Maar hulle het vir God tgelaster, vir God wat al die strawwe gestuur het. En hulle het nie gelewe soos God wil hê nie en hulle het nie vir God tgeëer nie.Die vyfde bak
10 Die vyfde tengel het sy tbak uitgegooi op die t ttroon van die dier. God se straf was in die bak. Toe het dit donker geword op al die plekke waar die dier koning was, en die mense op daardie plekke het so baie pyn gehad dat hulle almal hulle tonge stukkend gebyt het.
11 Hulle was kwaad omdat hulle pyn en sere gehad het, en hulle het vir God tgelaster, die God van die hemel. Maar hulle het nie begin lewe soos God wil hê nie, hulle het gedoen wat hulle altyd doen.Die sesde bak
12 Die sesde tengel het sy tbak uitgegooi op die groot Eufraat-rivier. God se straf was in die bak. Al die water van die rivier het opgedroog, en toe was die pad gereed vir die konings wat van die Ooste kom. 13 En ek het drie tonrein geeste gesien. Hulle het gekom uit die bekke van die tdraak en die tdier en tdie vals profeet. Die drie onrein geeste het gelyk soos paddas
14 en hulle was die geeste van tduiwels. Die drie geeste het ttekens gedoen en hulle het na al die konings op die aarde gegaan en gesê die konings moet saamkom om oorlog te maak op die belangrike dag, die tdag van God, God wat alles kan doen.
15 Ja, die Here Jesus het gesê: “Ek sal weer kom! Ek sal kom soos ’n dief kom, niemand sal weet wanneer Ek kom nie. As jy gereed is wanneer Ek kom, dan is jy ’n gelukkige mens! Ja, jy moet gereed wees! Jy moenie wees soos iemand wat sonder klere rondloop nie, want almal sal sien jy is kaal.”
16 Die drie onrein geeste het die konings bymekaargebring by die plek Armageddon. Armageddon is ’n tHebreeuse naam.Die sewende bak
17 Die sewende tengel het sy tbak uitgegooi in die lug. God se straf was in die bak. God wat op die ttroon sit, het hard gepraat. Hy het uit die ttempel in die hemel gesê: “Ek het die mense klaar gestraf!”
18 Toe kom daar weerligstrale en donderweer, dit het baie geraas. Daar was ook ’n groot aardbewing. Dit was die grootste aardbewing wat op die aarde was vandat daar mense op die aarde is. 19 Die aardbewing het die groot stad, tBabilon, in drie stukke laat breek, en die stede van die volke is tverwoes. God het onthou dat die mense van die stad Babilon sonde gedoen het. Hy was baie kwaad vir hulle en Hy het hulle gestraf, Hy het vir hulle die tbeker van swaarkry gegee om te drink. 20 En al die eilande en die berge het verdwyn. 21 Daar het groot stukke hael uit die lug op die mense geval. Elke stuk hael het een ttalent geweeg. Toe die hael op die mense val, het hulle vir God tgelaster, want dit was ’n swaar straf wat God vir hulle gegee het.
Revelation 16
The Bowls of God's Anger
1 Then I heard a loud voice speaking from the temple to the seven angels: “Go and pour out the seven bowls of God's anger on the earth!”
2 The first angel went and poured out his bowl on the earth. Terrible and painful sores appeared on those who had the mark of the beast and on those who had worshipped its image.t
3 Then the second angel poured out his bowl on the sea. The water became like the blood of a dead person, and every living creature in the sea died.
4 Then the third angel poured out his bowl on the rivers and the springs of water, and they turned into blood.t 5 I heard the angel in charge of the waters say, “The judgements you have made are just, O Holy One, you who are and who were! 6 They poured out the blood of God's people and of the prophets, and so you have given them blood to drink. They are getting what they deserve!”
7 Then I heard a voice from the altar saying, “Lord God Almighty! True and just indeed are your judgements!”
8 Then the fourth angel poured out his bowl on the sun, and it was allowed to burn people with its fiery heat.
9 They were burnt by the fierce heat, and they cursed the name of God, who has authority over these plagues. But they would not turn from their sins and praise his greatness.
10 Then the fifth angel poured out his bowl on the throne of the beast. Darkness fell over the beast's kingdom, and people bit their tongues because of their pain,t
11 and they cursed the God of heaven for their pains and sores. But they did not turn from their evil ways.
12 Then the sixth angel poured out his bowl on the great river Euphrates. The river dried up, to provide a way for the kings who come from the east.t 13 Then I saw three unclean spirits that looked like frogs. They were coming out of the mouth of the dragon, the mouth of the beast, and the mouth of the false prophet.
14 They are the spirits of demons that perform miracles. These three spirits go out to all the kings of the world, to bring them together for the battle on the great Day of Almighty God.
15 “Listen! I am coming like a thief! Happy is he who stays awake and guards his clothes, so that he will not walk around naked and be ashamed in public!” t
16 Then the spirits brought the kings together in the place that in Hebrew is called Armageddon.t
17 Then the seventh angel poured out his bowl in the air. A loud voice came from the throne in the temple, saying, “It is done!” 18 There were flashes of lightning, rumblings and peals of thunder, and a terrible earthquake. There has never been such an earthquake since the creation of the human race; this was the worst earthquake of all!t 19 The great city was split into three parts, and the cities of all countries were destroyed. God remembered great Babylon and made her drink the wine from his cup — the wine of his furious anger.t 20 All the islands disappeared, all the mountains vanished.t 21 Huge hailstones, each weighing as much as fifty kilogrammes, fell from the sky on people, who cursed God on account of the plague of hail, because it was such a terrible plague.t