DIE OPENBARING 16
Die eerste vier bakke
1 Toe het ek uit die tempel 'n harde stem vir die sewe engele hoor sê: “Gaan gooi die sewe bakke, gevul met die toorn van God, op die aarde uit!”
2 Die eerste engel het toe gegaan en sy bak op die land uitgegooi. Daar het kwaadaardige en pynlike swere uitgekom aan die mense wat die merk van die dier aan hulle het en wat sy beeld aanbid.
3 Die tweede engel het sy bak in die see uitgegooi. Dit het bloed geword soos die bloed van 'n dooie, en alles wat in die see lewe, het doodgegaan.
4 Die derde engel het sy bak in die riviere en die waterbronne uitgegooi. Dit het ook bloed geword.
5 Toe het ek die engel wat oor die water toesig hou, hoor sê: “U is regverdig, U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel voltrek het;
6 want hulle het die bloed van die gelowiges en van die profete vergiet, en U het hulle self bloed laat drink. Dit het hulle verdien.”
7 Toe het ek die engel wat oor die altaar toesig hou, hoor sê: “Ja, Here God, Almagtige, betroubaar en reg is u oordele.”
8 Die vierde engel het toe sy bak op die son uitgegooi. Daardeur is aan die son die vermoë verleen om die mense met vuur te brand. 9 Die mense is deur 'n groot hitte gebrand, en hulle het die Naam gelaster van God wat die mag oor hierdie plae het. En hulle het hulle nie bekeer nie en aan Hom nie die eer gegee nie.
Die vyfde bak
10 Die vyfde engel het toe sy bak op die troon van die dier uitgegooi, en daar het duisternis oor die koninkryk van die dier gekom. Die mense het hulle tonge stukkend gebyt van die pyn 11 en het die God van die hemel gelaster oor die pyn wat hulle moet verduur, en oor die swere. En hulle het hulle nie bekeer van hulle verkeerde praktyke nie.
Die sesde bak
12 Die sesde engel het toe sy bak op die groot Eufraatrivier uitgegooi. Die water daarvan het opgedroog om 'n pad vir die konings uit die ooste oop te maak. 13 Toe sien ek uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die vals profeet drie onrein geeste kom wat soos paddas lyk. 14 Hierdie geeste, wat wondertekens doen, is bose geeste. Hulle gaan na die konings van die hele wêreld toe om hulle byeen te bring vir die oorlog op die groot dag van God, die Almagtige.
15 “Kyk, Ek kom onverwags soos 'n dief. Geseënd is die een wat wakker bly en sy klere reghou, sodat hy nie kaal hoef te loop en die mense sy skande sien nie.”
16 Die geeste het die konings byeengebring op die plek wat in Hebreeus Armageddon genoem word.
Die sewende bak
17 Die sewende engel het toe sy bak in die lug uitgegooi. Van die troon in die tempel af het daar 'n stem hard uitgeroep: “Dit is verby!”
18 Toe het daar weerligstrale, dreunings en donderslae gekom. Daar was ook 'n groot aardbewing soos daar nog nie was vandat die mens op die aarde gekom het nie, so 'n geweldige groot aardbewing was dit. 19 Die groot stad het in drie dele geskeur, en die stede van die nasies het inmekaargestort. God het ook nie vergeet om vir die grote Babilon die beker met die wyn van sy gloeiende toorn te gee nie. 20 Al die eilande het verdwyn, en berge was daar ook nie meer nie. 21 Groot haelstene, elkeen omtrent vyftig kilogram swaar, het van die hemel af op die mense geval. En die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat die plaag verskriklik groot was.
Revelation 16
1 And I heard a great voice out of the temple, saying to the seven angels: Go, and pour out the seven vials of the wrath of God upon the earth.2 And the first went, and poured out his vial upon the earth, and there fell a sore and grievous wound upon men, who had the character of the beast; and upon them that adored the image thereof.3 And the second angel poured out his vial upon the sea, and there came blood as it were of a dead man; and every living soul died in the sea.4 And the third poured out his vial upon the rivers and the fountains of waters; and there was made blood.5 And I heard the angel of the waters saying: Thou art just, O Lord, who art, and who wast, the Holy One, because thou hast judged these things:6 For they have shed the blood of saints and prophets, and thou hast given them blood to drink; for they are worthy.7 And I heard another, from the altar, saying: Yea, O Lord God Almighty, true and just are thy judgments.8 And the fourth angel poured out his vial upon the sun, and it was given unto him to afflict men with heat and fire:9 And men were scorched with great heat, and they blasphemed the name of God, who hath power over these plagues, neither did they penance to give him glory.10 And the fifth angel poured out his vial upon the seat of the beast; and his kingdom became dark, and they gnawed their tongues for pain:11 And they blasphemed the God of heaven, because of their pains and wounds, and did not penance for their works.12 And the sixth angel poured out his vial upon that great river Euphrates; and dried up the water thereof, that a way might be prepared for the kings from the rising of the sun.13 And I saw from the mouth of the dragon, and from the mouth of the beast, and from the mouth of the false prophet, three unclean spirits like frogs.14 For they are the spirits of devils working signs, and they go forth unto the kings of the whole earth, to gather them to battle against the great day of the Almighty God.15 Behold, I come as a thief. Blessed is he that watcheth, and keepeth his garments, lest he walk naked, and they see his shame.16 And he shall gather them together into a place, which in Hebrew is called Armagedon.17 And the seventh angel poured out his vial upon the air, and there came a great voice out of the temple from the throne, saying: It is done.18 And there were lightnings, and voices, and thunders, and there was a great earthquake, such an one as never had been since men were upon the earth, such an earthquake, so great.19 And the great city was divided into three parts; and the cities of the Gentiles fell. And great Babylon came in remembrance before God, to give her the cup of the wine of the indignation of his wrath.20 And every island fled away, and the mountains were not found.21 And great hail, like a talent, came down from heaven upon men: and men blasphemed God for the plague of the hail: because it was exceeding great.