Openbaring 16
1 Toe hoor ek iemand wat baie hard praat. Die stem het uit God se blyplek gekom en met die sewe engele gepraat: "Weg is julle! Gaan maak die sewe bakke wat vol van die woede en die straf van God is, op die aarde leeg."
2 Die eerste een trek toe dadelik weg en gaan maak sy bak op die aarde leeg. Dadelik het die vieslikste swere wat jy jou kan voorstel op die mense uitgeslaan. Dit het egter net op daardie mense uitgeslaan wat die merk van die dier gedra en die beeld van die dier soos 'n god aanbid het.
3 Die tweede engel gooi sy bak toe op die see uit. Die water het bloederig geword asof dit uit 'n dooie man uitloop. Alles wat in die see geleef het, is daar en dan dood.
4 Toe volg die derde engel met sy bak. Sy bak se inhoud het op die riviere en fonteine beland. Al die water het in bloed verander.5 Die engel wat vir water moes sorg, sê toe: "U straf hierdie mense regverdig. Want U was altyd daar en is nog daar. U is die Gans Andere. Niemand is soos U nie! Hierdie slegte mense het die mense wat aan U behoort, doodgemaak.6 Hulle het die bloed laat vloei van mense wat ander van U vertel het. Daarom gee U juis vir hulle bloed om te drink - dit is hulle verdiende loon!"
7 Uit die rigting van die altaar hoor ek toe: "Ja, Here God. Daar is niks wat U nie kan doen nie en daar is niemand so sterk soos U nie. As U iets besluit, is dit soos dit moet wees. U maak nooit 'n fout met 'n oordeel nie."
8 Die vierde engel gooi toe sy bak op die son uit. Skielik het lang vuurtonge van die son die mense verskroei. Dit was geweldig warm.9 Die mense het gevloek en God uitgeskel. Hy is mos die een wat hierdie dinge laat gebeur. Tog het hulle God nie begin dien nie. Hulle wou nie erken dat Hy regtig die belangrikste van almal is nie.
10 Toe kom die vyfde engel aan die beurt. Die inhoud van sy bak het op die troon van die dier beland. Oral waar hy invloed uitgeoefen het, het dit so donker geword dat jy nie jou hand voor jou oë kon sien nie. Buite hulleself van pyn het die mense wat Satan dien hulle tonge gekou.11 Hulle het die God van die hemel gevloek en sleggesê oor hulle pyn en hulle sere. Tog wou hulle nie ophou om verkeerde dinge te doen nie. Hulle wou nie reg begin lewe soos God dit wil hê nie.
12 Toe slaan die sesde engel toe. Sy bak se inhoud beland op die Eufraatrivier. Dit was 'n groot, magtige rivier, maar elke druppel water het opgedroog. Nou kon die konings uit die ooste sonder moeite deur die rivier kom.13 Toe sien ek die duiwel, die draak, staan saam met die dier en dié een wat voorgee om almal van God te vertel, maar die hele tyd lieg. Hulle maak hulle monde oop, en daar kruip drie bose geeste uit. Hulle het net soos paddas gelyk.14 Hierdie geeste het reguit van die duiwel af gekom en vir hom gewerk. Hulle het allerhande dinge gedoen om die mense te beïndruk. Hulle is na al die leiers en konings toe. Hulle het nie een oorgeslaan nie, maar almal omgepraat om saam met hulle te kom oorlog maak teen God. Maar dié dag wanneer hulle God gaan aandurf, sal in die geskiedenis uitstaan as 'n geweldig belangrike dag. Dit gaan God se dag wees, want Hy is sterker as almal saam.
15 (Julle is natuurlik onseker wanneer die dag presies is. Luister wat sê God: "Wees wakker. My koms sal wees soos 'n dief s'n - as mense dit nie verwag nie. Die mense wat wakker en gereed is, sal gelukkig wees. Hulle sal te bly wees dat hulle vir My gewag het. Hulle sal nie rooi in die gesig en skaam uit die bed hoef op te spring omdat hulle nie reg was nie.")16 Die duiwel en sy helpers het al die leiers van die wêreld saamgetrek by 'n plek wat in Hebreeus Armageddon genoem word.
17 Net toe strooi die sewende engel sy bak in die lug uit. Uit die rigting van die troon in God se woonplek, sy tempel, hoor ek toe 'n harde geskree: "Alles is klaar; dit is verby!"18 Toe begin die hele aarde ruk en bewe soos nooit tevore nie. Die blitse het geslaan en die dreuning van die donder was verskriklik.19 Met die groot aardbewing is die belangrikste stad, Babilon, met al die bose mense in stukke geruk. Dit het in drie gebreek. Van die stede en mense wat God nie gedien het nie, het niks oorgebly nie. Ja, so sal dit gaan. God vergeet nie wat die klomp slegte mense van Babilon alles teen Hom gedoen het nie. Hulle sal moet betaal, daarvoor sal God sorg. Elke stukkie van God se straf en woede sal Babilon tref.20 So verskriklik sal dit wees dat eilande sal verdwyn en berge sal platval.21 Hael so groot soos rotse sal uit die hemel op die mense neerreën. Wat 'n verskriklike ramp gaan dit nie wees nie! Mense gaan God daaroor beledig en vloek.
Revelation 16
The Bowls of God’s Wrath
1 Thent I heard a loud voice from the temple declaring to the seven angels: “Go and pour out on the earth the seven bowls containing God’s wrath.”t
2 Sot the first angelt went and poured out his bowl on the earth. Thent ugly and painful sorest appeared on the peoplet who had the mark of the beast and who worshiped his image.
3 Next,t the second angelt poured out his bowl on the sea and it turned into blood, like that of a corpse, and every living creature that was in the sea died.
4 Thent the third angelt poured out his bowl on the rivers and the springs of water, and they turned into blood.
5 Nowt I heard the angel of the waters saying:
“You are justt – the one who is and who was,
the Holy One – because you have passed these judgments,t
6 because they poured out the blood of your saints and prophets,
sot you have given them blood to drink. They got what they deserved!”t
7 Thent I heard the altar reply,t “Yes, Lord God, the All-Powerful,t your judgments are true and just!”
8 Thent the fourth angelt poured out his bowl on the sun, and it was permitted to scorch peoplet with fire.
9 Thust peoplet were scorched by the terrible heat,t yett they blasphemed the name of God, who has ruling authorityt over these plagues, and they would not repent and give him glory.
10 Thent the fifth angelt poured out his bowl on the throne of the beast so thatt darkness covered his kingdom,t and peoplet began to bitet their tongues becauset of their pain.
11 They blasphemed the God of heaven because of their sufferingst and because of their sores,t but neverthelesst they still refused to repentt of their deeds.
12 Thent the sixth angelt poured out his bowl on the great river Euphrates and dried up its watert to prepare the wayt for the kings from the east.t13 Thent I saw three unclean spiritss that looked like frogs coming out of the mouth of the dragon, out of the mouth of the beast, and out of the mouth of the false prophet.
14 For they are the spirits of the demons performing signs who go out to the kings of the eartht to bring them together for the battle that will take place on the great day of God, the All-Powerful.t
15 (Look! I will come like a thief!
Blessed is the one who stays alert and does not loset his clothes so that he will not have to walk around naked and his shameful conditiont be seen.)s
16 Nowt the spiritst gathered the kings and their armiest to the place that is called Armageddonst in Hebrew.
17 Finallyt the seventh angelt poured out his bowl into the air and a loud voice came out of the temple from the throne, saying: “It is done!”18 Thent there were flashes of lightning, roaring,t and crashes of thunder, and there was a tremendous earthquake – an earthquake unequaled since humanityt has been on the earth, so tremendous was that earthquake.19 Thet great city was split into three parts and the cities of the nationst collapsed.t Sot Babylon the great was remembered before God, and was given the cupt filled with the wine made of God’s furious wrath.t20 Everyt island fled awayt and no mountains could be found.s
21 And gigantic hailstones, weighing about a hundred poundst each, fell from heavent on people,t but theyt blasphemed God because of the plague of hail, since itt was so horrendous.t